Skool Vakansie Sorg Bring die kinders om te kom SPEEL. Ons pas u kind op terwyl u werk.

Size: px
Start display at page:

Download "Skool Vakansie Sorg Bring die kinders om te kom SPEEL. Ons pas u kind op terwyl u werk."

Transcription

1 Skool Vakansie Sorg Bring die kinders om te kom SPEEL. Ons pas u kind op terwyl u werk. Skool Vakansie Sorg Datums (slegs weeksdae Maandae tot Vrydae): Publieke Vakansie is ons gesluit. Besprekings is n moet. Vertel vir al jul vriende van ons Skool Vakansie Sorg, ons kan tot 65 kinders per dag akkommodeer. Ouderdom: Kinders van 4½ jaar tot 13 jaar is welkom om ons te besoek. Ongelukkig kan ons nie kinders wat nog nie 4½ jaar oud is akkommodeer nie, want ons het nie die personeel om na hulle om te sien nie, al is daar n ouer boetie of sussie wat ons besoek, die kleiner kinders wil nie of kan nie deelneem aan die aktiwiteite nie en die ouer boetie en sussie kan nie altyd na die kleiner kind kyk nie. Ons doen baie groeps aktiwiteite waaraan almal moet deelneem en kan deelneem, behalwe as daar n geldige verskoning is. Die personeel is direk betrokke by die aktiwiteite en kan nie net na 1 kind omsien wat nie wil of kan deelneem nie. Indien u wel n kind jonger as 4½ jaar wil bring, moet u asb vooraf met ons reel en u MOET n oppasser (nanny) vir daardie kind saam bring. Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir daardie kind of die oppasser nie, maar die oppasser asook die kind betaal R60 elk per besoek, want hulle kry etes en gebruik die geriewe op die terrein en hulle is veilig by ons. Die Tye en Kostes: Maandae Vrydae soos datum gelys hierbo Kostes: R90.00 p/kind (4½ 13 jaar) p/dag ( n 2de Kind uit die selfde gesin betaal R85) AFLAAI: 7:00-8:00 vm (Die hek sal oop wees vanaf 7:00 tot 8:00 vm). Indien u na 8:00 vm u kind bring, druk net die toeter. (Ons bedien Oats pap of Mielie slap pap om 8:30, maar u is welkom om vir u kind kossies in te pak, wat hy deur die dag as n snack kan geniet). Laat weet ons asb indien u kind reeds ontbyt geëet het, die kinders word nie verplig om te eet as hulle nie wil eet nie, maar die dag is lank. OPLAAI: 13:00 17:00 met grasie tot 17:30 ( n Boete van R300 sal gehef word indien laat) (Kinders wat voor 12:30 opgelaai word, verbeur middag ete, maar sal R15 afslag kry. Indien die kind sy middagete in n wegneem pakkie saam neem, kry hy/sy geen afslag nie) Toelaatbaarheid: Ons het plek vir tot 65 kinders per dag, so boek asb jou plek vroegtydig. Bring Saam: Jou eie fiets of skoeter. Jou fiets mag hier bly tydens die skool vakansie, maar gaan saam met jou terug huistoe Vrydae en op die laaste dag van jou besoek. Neem asb kennis dat ons nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige fiets of persoonlike items wat breek terwyl u kind ons besoek nie. Ons het ook nie die toerusting om stukkende fietse te herstel nie. Handoeke, Sonbrand middel, Swemklere Neem asb kennis dat alle klere, skoene, handoeke en enige items wat u saam met u kind na Maskmountain toe stuur, baie duidelik gemerk moet wees. Ons aanvaar GEEN verantwoordelikheid vir verlore items nie. Indien n item of kledingstuk nie teen die laaste dag van die skool vakansie opgeeis word nie, sal dit aan welsynsorganisasies geskenk word.

2 2 Snoepie Geld Elke kind se snoepie geld word ingeneem met aankoms en aangeteken en rekord word gehou van hoe dit gebruik word. Indien u kind snoepie geld oor het op die laaste dag van sy/haar besoek, sal dit aan u terug betaal word, of die kind kan ietsie daarvoor koop of u is welkom om dit aan ons te skenk vir die diere kos. Kuns Klas Ons het nie n spesifieke dag vir kuns nie, maar Inkleurboeke en potlode kan elke dag saam gebring word. Verdere Inligting oor kuns sal aan u deurgegee word sodra ons iets spesiaals gaan doen. Die volgende is hierby aangeheg: Reëls en Notas. Bespreking / Vrywaring / Betalingsooreenkoms vorm. Die vorm moet asb. volledig voltooi en geteken word en aan ons terug g of gefaks word om sodoende u kind se plek te bespreek. Bring asb die oorspronklik getekende vorm saam met u betaling of die bewys indien u eft betaal op die 1ste dag wat u die kinders bring. U kan per kredietkaart of kontant ook betaal. Indien u nie n getekende vorm saam bring of vooraf gestuur het nie, sal u n vorm moet invul sodra u die kind vir die eerste keer bring. Die vorms is net geldig vir die huidige vakansie. n Nuwe registrasie moet gedoen word vir elke vakansie. Dit is verpligtend om u kind se plek vooraf te bespreek om sodoende telleurstelling te voorkom. Kontak nommers: Sel: Annetjie Epos: playpark@maskmountain.com; ajlab01@gmail.com / Web: Betalings & Vrywarings vorms: Alle besoeke aan Maskmountain gedurende die Skool Vakansie is STRENG VOORUIT BETAALBAAR. Geen AF betalings of LAAT betalings is toelaatbaar nie. Geen kind sal op skuld toegelaat word nie. U is welkom om vooruit te betaal of daagliks soos u bespreek het. Ons aanvaar Kredietkaart betalings, Eft betalings of Kontant. Bankbesonderhede: Bank: Capitec Spaar Rek Rekening Naam: A Labuschagne Rekening No: Tak kode: Verwysing: Kind se Naam en Van Direksies en Pad aanwysings: Besoek asb ons webtuiste

3 3 Reels: Neem asb n oomblik en lees die Reels: Vakansie Tye:- Maandae Vrydae met Skool Vakansies 07:00 17:00. n Fooi van R300 is betaalbaar indien u kind later as 17:30 opgelaai word. Ons neem geen kinders jonger as 4½ jaar nie. Boek vooruit om telleurstelling te voorkom, ons het plek vir slegs 65 kinders. n Maaitjie, niggie of nefie is welkom om vir ons te kom kuier, maar geen addissionele kinders mag sommer net saam met jou opdaag sonder dat daar vooraf met Maskmountain Personeel gereel is nie. n Vrywarings vorm moet voltooi word en betaling moet gedoen word met die aflaai van so n kind. Ons volg nie n spesifieke program nie, net etens tye bly meestal dieselfde. Elke kind moet asb n tassie of sak saam bring met sy Naam daarop gemerk, om sy/haar klere, handoeke, ens. in te bêre as dit uitgetrek word, anders lê dit rond en dis altyd n soektog. Indien verlore goed nie opgeëis word teen die laaste dag van die vakansie nie, sal dit aan die welsyn vir behoewende kinders geskenk word, want in meeste gevalle is n kledingstuk te klein vir u kind teen die volgende vakansie. Gemerkte items word gehou en u word gekontak. Sonbrand room moet asb daagliks saam met u kind gestuur word, wat ook gemerk is. Trek vir jou kind ou klere aan, want die kinders speel en word lekker vuil. U kind se besittings en klere moet duidelik GEMERK wees. Indien n kind seerkry of ongelukkig is oor iets, sal die ouer van daardie kind onmiddelik geskakel word om die kind te kom haal. Geen kind sal enige medikasie of pleisters van enige van Maskmountain se personeel ontvang nie. Indien n kind wel seerkry, sal die wond slegs ontsmet word en as dit baie ernstig is, sal die ouers gekontak word om die kind te kom haal. Indien u kind voorgeskrewe of kroniese medikasies moet ontvang vir allergië of iets nie te ernstigs nie, moet dit asb skriftelik onder Maskmountain personeel se aandag gebring word sodra u die Medikasie aan ons oorhandig EN dit moet ook in die register aangeteken word. Indien u kind siek is, moet hy/sy asb nie Maskmountain toe kom nie. Indien n kind nie met ons wil saam werk of die program wil volg nie, en ons kry niks uitgerig met so n kind nie, sal daardie kind se ouer geskakel word om die kind te kom haal. Geen terug betaling sal gedoen word indien daar wel so n geval is. Laat weet ons asb indien u kind enige allergieë het, of indien daar enige voorskrifte is oor melk en suiker gebruik, ens. Dit moet ook in die register aangeteken word. Gedurende die skool vakansie kry die kinders water en koeldrank wat vrylik beskikbaar is gedurende die hele dag. Ons gebruik boorgat water wat ons filter en dis baie veilig om te drink, maar u is welkom om vir u kind geld saam te gee om water te koop uit die Snoepie of vars Vrugte sappies of Ystee. Geen gas blikkies koeldrank sal aan die kinders verkoop word nie. Ontbyt is n warm pap soos Mieliepap of Oats of Kellogs gemeng met Rice Crispies bedien met melk en suiker en word voorgesit om 8:30 daagliks. Indien u kind laat afgelaai word, verbeur hy/sy ontbyt. Stel ons asb in kennis indien u kind reeds ontbyt geëet het. Kinders wat nie ontbyt wil eet nie, word nie gedwing om te eet nie, maar ons verkies dat die kinders ontbyt eet, want die dag is lank en hulle word baie besig gehou en hulle is altyd honger of lus vir ietsie na n aktiwiteit. Verduidelik dit asb so aan u kind dat dit belangrik is om by Maskmountain te eet. Ons probeer ons beste om die etes vir die kinders lekker en voedsaam te maak. Middag ete bestaan uit toe broodjies of n vleis gereg met groente en stysel (rys of aartappel). Indien daar sekere kosse is wat u kind nie mag eet nie, laat weet ons daarvan asb. U is welkom om vir u kind kos vir middag ete in te pak indien die kind sekere kosse nie mag eet nie. Stel ons asb in kennis van so n geval sodat ons dit indie yskas kan bêre indien nodig. Die kosblik moet asb gemerk wees. Die dag is baie lank, dus vra ons dat u asb vir u kind n ekstra vrug of snackie inpak, wat u kind na 15:00 kan nuttig as hy/sy wil, want die kinders speel en swem baie as die weer dit toelaat, en dan raak hulle gewoonlik 15:30 honger of lus vir ietsie. Ons het ook 2 Snoepie Sessies deur die dag omtrent n uur na die etes. Geen siek kinders mag Maskmountain Play Park besoek gedurende die Skool Vakansie nie.

4 4 NB: Geen kind mag enige Elektroniese Speelgoed of Selfone saam bring nie. U kind mag nie sy/haar gunsteling speelding saam bring nie, die ander kinders baklei daaroor. Enige speelgoed wat saam kom Maskmountain Play Park toe, word geskenk aan Maskmountain Play Park. U is welkom om enige speelgoed, balle, karretjies, blokkies, diertjies, ens., teddiebere, poppe of boeke wat rond lê en nie meer gebruik word nie, aan ons te skenk. Geen voetuie mag binne die voetgangers area van die speel park parkeer nie. Alle voertuie parkeer agter die hout heining of waar parkering aangewys word. Die hek staan oop as volg: 7:00 tot 8:00 en 16:00 tot 17:30. Indien die hek toe is, is u welkom om die toeter te druk sodat ons vir u kan oopmaak of u kan die Reception knoppie by die hek druk. MOET asb nie voor 7vm die toeter druk nie, die hek open stiptelik om 7vm. Moet asb nie u kind net aflaai en ry nie. Maak asb seker dat n personeellid u kind aangeteken het in die register boek. NB: Elke vakansie moet n nuwe Registrasie en Vrywarings vorm ingevul en geteken word. Notas Maskmountain Play Park & Coffee Shop is Saterdae oop vir die publiek vir partytjies en ook om sommer net te kom ontspan en die kinders te bring om te kom speel. Daar sal egter geen Kinder Oppassers wees op Saterdae nie, u is dus self vir u kinders verantwoordelik en kan hulle nie net aflaai en ry nie. Sondae is ons oop van 11vm tot 3nm en Publieke Vakansie dae kan u ons net kontak om te hoor of ons wel oop is. Gedurende Skool tye is ons daagliks oop vir die Publiek ook. Die Lodge is daagliks oop vir gaste wat oorslaap en wil inboek of uitboek. Ingang is Gratis, dus is dit nie toelaatbaar om enige drinkgoed of eetgoed in te bring nie, (behalwe vir Skool Vakansie Kinders soos gereël). Ons voorwaarde is dat u ons ondersteun met iets te ete of te drinke in die Coffee Shop. Ons verkoop warm en koue drankies en ook ligte etes. n Donasie vir die diere kos is welkom. U kan n kos pakkie by ons koop om die diere te voer. Maskmountain Lodge en Play Park bied allerlei funksies en byeenkomste aan. Ons het n dag Venue en n Aand Venue. Ons bied Akkommodasie aan asook Massering en Slimming Treatments Vir Kinder Funksies kontak u vir Annetjie by playpark@maskmountain.com Vir Volwasse Funksies kontak u vir Floris of Santie by info@maskmountain.com Vir Akkommodasie kontak u vir Santie by stay@maskmountain.com Vir verdere inligting is u welkom ons ons webtuiste te besoek.

5 5 Ouer(s) neem verantwoordelikheid: Vul asb in en voltooi die volgende: Ouer(s) Inligting Ouer(s) naam en Van: ID #: Sel #: Alternatiewe kontak nommer(s) (In geval van nood): Woon Adres & Dorp: E-pos Adres: Werks Adres: Werks Tel Number: Kind(ers) Inligting Bywoning - Skool Vakansie Datums: (Jaar: ) Vakansie 1: 2: 3: 4: Dae: Vrywaring Met die ondertekening van hierdie dokument, onderneem en bevestig ek om nie meer kinders in te bring as waarvoor geboek is nie indien nie vooraf gereel is met die Bestuur van Maskmountain Play Park nie. Alle kinders en ouers betree die terein en maak gebruik van die fasiliteite op eie risiko. Kinders speel op eie risiko, maar hulle sal onder toesig wees te alle tye gedurende die skool vakansie. Indien enige kind nie met Maskmountain reelings wil saam werk nie, sal die kind se ouer geskakel word om so n kind te kom haal sonder enige terug betaling. Die Personeel van Maskmountain sal nie toegelaat word om vir enige kind enige medikasie toe te dien wat nie skriftelik deur die ouers of n mediese voorskrif van n dokter voorgeskryf is nie. Die eienaars en personeel van Maskmountain sal nie verantwoordelik gehou word vir enige besering, siektes of enige verliese of beskadiging van persoonlike eiendom of enige iets wat n persoon wat hierdie perseel betree, direk of indirek mag ondervind nie, vir watter rede ookal. Hiermee kom ek ooreen dat ek alle Reëls en Vrywarings op die perseel verstaan en aanvaar. Betaling Hiermee kom ek ooreen dat ek volle verantwoordelikheid aanvaar vir die vooruit betaling van besoeke van die kinders soos genoem in hierdie dokument. HANDTEKENING: DATUM:

D A MüLLERKOSHUIS. KOSHUISREëLS

D A MüLLERKOSHUIS. KOSHUISREëLS D A MüLLERKOSHUIS A. ALGEMENE REëLS VIR LEERLINGE KOSHUISREëLS 1. Slaaplokale 1.1 Slaaplokale moet te alle tye netjies gehou word. 1.2 Handdoeke moet oor die voorkant van die bed gehang word. 1.3 Kaste

More information

DAAR IS NOG 15 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS

DAAR IS NOG 15 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS DAAR IS NOG 15 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS INDIEN JUL NIE HIERDIE BRIEWE WIL ONTVANG NIE, LAAT WEET MY DAN STUUR EK NIE VERDER VIR JULLE NUUS NIE. DAMES EN DIE HANDJIE VOL MANS ASSEBLIEF INDIEN

More information

CHISTIANA DELWERSFEES

CHISTIANA DELWERSFEES CHISTIANA DELWESFEES 12-15 APIL 2018 Beste Stalletjiehouer, Aangeheg vind asb die volgende: * Aansoek vorm * `n Brief van die Distriks Munisipaliteit in verband met `equirements for food stalls. * `n Aansoek

More information

VENUE CHECKLIST. Venue pas in by julle tema (bv rustic- plaas, city-chic en modern, natuurlik, klassiek, medieval of iets heeltemal uniek ens)

VENUE CHECKLIST. Venue pas in by julle tema (bv rustic- plaas, city-chic en modern, natuurlik, klassiek, medieval of iets heeltemal uniek ens) VENUE CHECKLIST VENUE CHECKLIST *print en neem saam na venues ALGEMENE OORWEGINGS & PRYSE: *Van hierdie dinge kan jy dalk reeds uitvind en invul voordat jy enige venues besoek sodoende elimineer jy alreeds

More information

OpenStax-CNX module: m Lees en Woordorde * Siyavula Uploaders

OpenStax-CNX module: m Lees en Woordorde * Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m25753 1 Lees en Woordorde * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 AFRIKAANS HUISTAAL Graad 4 Module

More information

Van hier tot daar - 05 *

Van hier tot daar - 05 * OpenStax-CNX module: m26927 1 Van hier tot daar - 05 * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Van

More information

OpenStax-CNX module: m Gedigte * Siyavula Uploaders

OpenStax-CNX module: m Gedigte * Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m26270 1 Gedigte * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL Graad

More information

Primêre Skool Jordania

Primêre Skool Jordania Primêre Skool Jordania Posbus 474, Bethlehem, 9700 Tel: 058 303 4116 / Faks: 058 303 4264 Epos: jordania@jordaniapri.co.za www.jordaniaprimer.co.za Nr. 34/2018 16 November 2018 Die belangrikheid van lees

More information

Stap 3 : Sorg dat die laaste periode van Augustus 2016 gedoen en gepos is.

Stap 3 : Sorg dat die laaste periode van Augustus 2016 gedoen en gepos is. ORANJE LONE IRP5 PROSEDURE VIR AUGUSTUS 2016 Stap 1 : Werk altyd op die heel nuutste Oranje Lone opdatering. Daar mag gereelde opdaterings verskyn om u werk makliker te maak of om indien nog bestaan, program

More information

KEURINGSHANDLEIDING 1 INLEIDING INTRODUCTION 2 KEURDERS INSPECTORS 3 TIPES KEURING TYPES OF INSPECTION 4 ADMINISTRATIEWE VOORBEREIDING VIR KEURING

KEURINGSHANDLEIDING 1 INLEIDING INTRODUCTION 2 KEURDERS INSPECTORS 3 TIPES KEURING TYPES OF INSPECTION 4 ADMINISTRATIEWE VOORBEREIDING VIR KEURING INHOUD INDEX 1 INLEIDING INTRODUCTION 2 KEURDERS INSPECTORS 3 TIPES KEURING TYPES OF INSPECTION 4 ADMINISTRATIEWE VOORBEREIDING VIR KEURING ADMINISTRATIVE PREPARATION FOR INSPECTION 5 AANSOEK OM KEURING

More information

DAAR IS NOG 15 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS

DAAR IS NOG 15 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS DAAR IS NOG 15 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS INDIEN JUL NIE HIERDIE BRIEWE WIL ONTVANG NIE, LAAT WEET MY DAN STUUR EK NIE VERDER VIR JULLE NUUS NIE. Dankie vir Lorraine 1971 inname wat gehelp het

More information

JERSEY SA. Nuusbrief

JERSEY SA. Nuusbrief JERSEY SA Nuusbrief Januarie - 2014 Jersey SA Kontak besonderhede: Tel: 051 430 8020 Faks: 051 430 7719 Epos: info@jerseysa.co.za ABS Nasionale Jersey Jeugskou 2014 Die jaar merk die 10de Nasionale ABS

More information

SEKTORALE VASSTELLING 13 VIR PLAASWERKER SEKTOR GEPUBLISEER IN STAATSKOERANT VAN 17 FEBRUARY 2006

SEKTORALE VASSTELLING 13 VIR PLAASWERKER SEKTOR GEPUBLISEER IN STAATSKOERANT VAN 17 FEBRUARY 2006 SEKTORALE VASSTELLING 13 VIR PLAASWERKER SEKTOR GEPUBLISEER IN STAATSKOERANT 289518 VAN 17 FEBRUARY 2006 MIMIMUM LONE RSA 1.3.2010 28.2.2011 UURLIKS WEEKLIKS DAAGLIKS R11,66 R 525,00 R 150,00 PLAASWERKERS

More information

Karoofees. 28 Feb - 2 Mrt MINé OLIVIER KANTOOR: FAKS: SELFOON:

Karoofees. 28 Feb - 2 Mrt MINé OLIVIER KANTOOR: FAKS: SELFOON: 28 Feb - 2 Mrt 2019 MINé OLIVIER KANTOOR: 053 631 3691 FAKS: 053 631 0964 SELFOON: 071 689 0938 info@karoofees.org BAIE BELANGRIK OM HIERDIE VORM SO GOU MOONTLIK TERUG TE STUUR. IMPORTANT TO SEND THIS

More information

Spreek pizza so uit: pietsa. bak: to bake; om iets in n oond gaar te maak

Spreek pizza so uit: pietsa. bak: to bake; om iets in n oond gaar te maak 6 Mm-Mm, dis lekker Woordpret: Ontdek die woorde Jy gaan n storie oor n pizza lees: Die grootste pizza Wil jy weet wat n pizza is? Wil jy ook weet watter ander woorde in die storie is? Kyk na die foto

More information

Gmail - Fw: BOLAND REELS VIR LIGA WEDSTRYDE

Gmail - Fw: BOLAND REELS VIR LIGA WEDSTRYDE 1 of 6 2011/04/09 05:39 PM Karen Müller Fw: BOLAND REELS VIR LIGA WEDSTRYDE Kalie van Heerden To: Sekretaris.uspluimbal@gmail.com, Voorsitter.uspluimbal@gmail.com

More information

DE VETTE MOSSEL STRAND GROOTBRAKRIVIER

DE VETTE MOSSEL STRAND GROOTBRAKRIVIER English version below - with more photos. 05/2018 DE VETTE MOSSEL STRAND SEEKOSRESTAURANT @ GROOTBRAKRIVIER ALGEMENE VRAE EN ANTWOORDE VIR TROUES EN ONTHALE TE DE VETTE MOSSEL STRAND-SEEKOSRESTAURANT Baie

More information

Marieta van Bladeren Nigella se aartappel blini. Maar ek dress hom soos die foto

Marieta van Bladeren Nigella se aartappel blini. Maar ek dress hom soos die foto Potato blini Marieta van Bladeren Nigella se aartappel blini. Maar ek dress hom soos die foto Potato blini Ingredients 3 eggs 1/2 cup full fat milk 2 spring onions/scallions finely sliced 2 tablespoons

More information

DIE QUINTUS PORK BELLY

DIE QUINTUS PORK BELLY DIE QUINTUS PORK BELLY DIE QUINTUS PORK BELLY Verhit oond op die hoogste rooster stelling. Sny die vet in klein blokkies sonder om die vleis raak te sny. (gebruik maar n lekker skerp mes) Sprinkel bietjie

More information

NAAM EN VAN VAN LEERDER:

NAAM EN VAN VAN LEERDER: KOSHUISAANSOEK 2019 NAAM EN VAN VAN LEERDER: GRAAD IN 2019: HUIDIGE SKOOL: INSKRYWINGSDATUM: (Voltooi asseblief alle besonderhede volledig) BESONDERHEDE VAN LEERDER Van: Volle name: Noemnaam: Geslag: Geboortedatum:

More information

SLAAI UITDAGING SALAD CHALLENGE

SLAAI UITDAGING SALAD CHALLENGE SLAAI UITDAGING SALAD CHALLENGE SLAAI UITDAGING SALAD CHALLENGE Ek het n lekker uitdaging vir julle, almal begin slaaie maak en ons soek altyd na iets nuuts, hier is 25 heerlike resepte, maar sonder foto

More information

SUMMARY. diseases on mango plants and fruit and cause major economic losses to this industry.

SUMMARY. diseases on mango plants and fruit and cause major economic losses to this industry. SUMMARY In Chapter one of this thesis, the literature on Botryosphaeria spp. associated with mango is reviewed. From this review, it is clear that Botryosphaeria spp. are responsible for diseases on mango

More information

Afstand * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Bonnie en Tommie gaan see toe 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Afstand * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Bonnie en Tommie gaan see toe 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum OpenStax-CNX module: m32005 1 Afstand * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Bonnie en Tommie gaan see toe

More information

GRONDBOONBOTTER FIX KOEKIE

GRONDBOONBOTTER FIX KOEKIE GRONDBOONBOTTER FIX KOEKIE Voorverhit oond @ 180 2k fyn grondboonbotter 1½k strooisuiker 2,5ml sout 3 eiers geklits *Meng alles *Maak bolletjies *Druk platter met n garetolletjie *Bak 15min Lewer 5dosyn

More information

GRAAD R OOREENKOMSVORM 2018

GRAAD R OOREENKOMSVORM 2018 GRAAD R OOREENKOMSVORM 2018 VOLTOOI MET 'N SWART PEN ASSEBLIEF HET U ENIGE LEERDERS TANS IN HIERDIE SKOOL? Ja Nee LEERDERINLIGTING LEERDER Geboortedatum: Naam van ander leerder(s) : SLEGS VIR KANTOORGEBRUIK

More information

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 MODEL 2014 PUNTE: 180 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye en 'n aparte inligtingsblad. Rekenaartoepassingstegnologie/V1

More information

Per Serving: 310 Calories; 16g Fat; 36g Protein; Carbohydrate; 1g Dietary Fiber; 2g Net Carbs

Per Serving: 310 Calories; 16g Fat; 36g Protein; Carbohydrate; 1g Dietary Fiber; 2g Net Carbs PIZZA CHICKEN 1 boneless chicken breast, pounded flat if thick Salt, pepper, garlic powder and Italian seasoning, to taste 1 tablespoon pizza sauce 4 1 2 2 1 slices pepperoni teaspoon butter or oil fresh

More information

Ligte gedigte en dinge

Ligte gedigte en dinge 2 Ligte gedigte en dinge Luister en praat: n Gedig Luister en praat Pre-luister: Probeer voorspel waaroor die gedig gaan deur na die titel te kyk. Tydens luister: Luister na die gedig waarin die spreker

More information

Die volgende dokumente moet die inskrywingsvorm vergesel:

Die volgende dokumente moet die inskrywingsvorm vergesel: INSKRYWINGSVORM 2017 Die volgende dokumente moet die inskrywingsvorm vergesel: Afskrifte van beide ouers se ID dokumente Geboortesertifikaat (Graad RR 7) Immuniseringskaart (Graad RR 3) Oorplasingskaart

More information

AANSOEK OM NIE-LID REKENING. Aangeheg vind u die ondergenoemde relevante vorms vir voltooiing van u aansoek:

AANSOEK OM NIE-LID REKENING. Aangeheg vind u die ondergenoemde relevante vorms vir voltooiing van u aansoek: AANSOEK OM NIE-LID REKENING Aangeheg vind u die ondergenoemde relevante vorms vir voltooiing van u aansoek: 1. Persoonlike/Besigheid Besonderhede, Krediet verwysings en Kredietterme ooreenkoms 2. Gesamentlike

More information

ONTBYTE/BREAKFASTS. Sonskyn Ontbyt/Sunshine Breakfast. Plaas Ontbyt/Farmhouse Breakfast. Mega Ontbyt/Mega Breakfast

ONTBYTE/BREAKFASTS. Sonskyn Ontbyt/Sunshine Breakfast. Plaas Ontbyt/Farmhouse Breakfast. Mega Ontbyt/Mega Breakfast ONTBYTE/BREAKFASTS Sonskyn Ontbyt/Sunshine Breakfast Boerewors, 2 x spek, 2 x eiers, tamatie, roosterbrood en skyfies. Boerewors, 2 x bacon, 2 x eggs, tomato slice, toast and chips. R49.95 Plaas Ontbyt/Farmhouse

More information

DE KRANS. 16 tot 28 Desember perskepluk, Sarel-taaipitperskes by De Krans, teen R8/kg. 4 tot 28 Februarie 2017, Hanepootpluk by De Krans

DE KRANS. 16 tot 28 Desember perskepluk, Sarel-taaipitperskes by De Krans, teen R8/kg. 4 tot 28 Februarie 2017, Hanepootpluk by De Krans Newsletter 15 December 2016 Tel: (044) 213-3775 E-mail: tourism@calitzdorp.org.za Website: www.calitzdorp.org.za Facebook: https://www.facebook.com/calitzdorptourism/ Gebeurtenisse in en om Calitzdorp:

More information

VETKOEK OR BREAD DOUGH

VETKOEK OR BREAD DOUGH VETKOEK OR BREAD DOUGH VETKOEK OR BREAD DOUGH Hi everyone. Just want to share my husbands baking skills. 3 cups white cake flour 3 cups brown bread flour 4 tsp sugar 3 tsp salt 1 pkt yeast (purple) 700

More information

Mushroom and Blue Cheese on Toasted Ciabatta

Mushroom and Blue Cheese on Toasted Ciabatta Mushroom and Blue Cheese on Toasted Ciabatta Ingredients for about 4 open sandwiches 250g mushrooms sliced 1 tbsp olive oil 1 clove of garlic crushed 125ml cream blue cheese use as mush as you like I used

More information

Karamel Brownies. Karamel: 32 cream caramels (daardie caramel toffies wat in die lang boksies is) ½ k. botter 1 blik kondensmelk.

Karamel Brownies. Karamel: 32 cream caramels (daardie caramel toffies wat in die lang boksies is) ½ k. botter 1 blik kondensmelk. Karamel Brownies 1 kop botter 2 kop suiker 3 eiers 2 teelepel. vanielje ½ kop kakao ½ tl sout 2 kop meel 1 kop melk 1 kop gekapte pekanneute (opsioneel) Karamel: 32 cream caramels (daardie caramel toffies

More information

AFLEWERING VAN DG/G WYNE DELIVERY OF DG/GOLD WINES BEOORDELING - JUDGING. 8 Aug Inskrywings sluit/entries close Oct

AFLEWERING VAN DG/G WYNE DELIVERY OF DG/GOLD WINES BEOORDELING - JUDGING. 8 Aug Inskrywings sluit/entries close Oct 2017 BEOORDELING - JUDGING 8 Aug Inskrywings sluit/entries close 17 Aug Laat inskrywings sluit/closing date for late entries 14-30 Aug Afhaal van monsters/samples to be collected 4-8 Sept Beoordeling/Judging:

More information

Kos en advertensies. Luister- en praattyd: Wat sal jy koop? Voorbeeld: Ek sal koeldrank, brood,... koop. appels. tee. aartappels.

Kos en advertensies. Luister- en praattyd: Wat sal jy koop? Voorbeeld: Ek sal koeldrank, brood,... koop. appels. tee. aartappels. 11 Kos en advertensies Luister- en praattyd: Wat sal jy koop? Voorbeeld: Ek sal koeldrank, brood,... koop. brood koeldrank aartappels tee appels pampoen suiker sjokolade pasta lekkers kaas piesang boontjies

More information

MONIQUE SE LEKKER PEANUT BUTTER FUDGE

MONIQUE SE LEKKER PEANUT BUTTER FUDGE DIAMANT-KRISPIES DIAMANT-KRISPIES 200 g malva lekkers 1 385 g blik kondensmelk 30 ml botter 5 X 250 ml rysvlokkies ( rice Krispies ) 50 g donker sjokolade Smelt die malva lekkers, kondensmelk en botter

More information

Welkom by Koekela Huiskafee

Welkom by Koekela Huiskafee Welkom by Koekela Huiskafee Ek vertel graag die Koekela storie Koekela se deure het geopen in Junie 2010, Carol-Anne het n droom laat waar word, die wonderlike juweel blink gevryf en ander mooi krale bygevoeg.

More information

FACULTY OF ECONOMIC AND MANAGEMENT SCIENCES DEPARTMENT OF ECONOMICS ECONOMICS 110 Semester test 1 14 March 2008 Total: 50 marks Time: 60 minutes

FACULTY OF ECONOMIC AND MANAGEMENT SCIENCES DEPARTMENT OF ECONOMICS ECONOMICS 110 Semester test 1 14 March 2008 Total: 50 marks Time: 60 minutes FACULTY OF ECONOMIC AND MANAGEMENT SCIENCES DEPARTMENT OF ECONOMICS ECONOMICS 110 Semester test 1 14 March 2008 Total: 50 marks Time: 60 minutes Internal examiners: Mr CJ Lotter Mr R de Lange Mr FJ Scholtz

More information

Belastingvrye Effektetrust Aansoekvorm Individuele beleggers (slegs nuwe beleggers)

Belastingvrye Effektetrust Aansoekvorm Individuele beleggers (slegs nuwe beleggers) Belastingvrye Effektetrust Aansoekvorm Individuele beleggers (slegs nuwe beleggers) Slegs individuele SA burgers mag aansoek doen. Oordrag van belastingvrye eenheidstrust tussen produkverskaffers is beskikbaar

More information

Beleid oor die aanmelding van wanbestuur en ongerymdhede en die beskerming van bekendmaking daarvan

Beleid oor die aanmelding van wanbestuur en ongerymdhede en die beskerming van bekendmaking daarvan Beleid oor die aanmelding van wanbestuur en ongerymdhede en die beskerming van bekendmaking daarvan Verwysingsnommer Verantwoordbare uitvoerende bestuurder Beleideienaar Verantwoordelike afdeling Status

More information

MADELEINES MADELEINES

MADELEINES MADELEINES MADELEINES MADELEINES Sponge cake cookie in shell shaped molds. Ingredients 2 eggs 3/4 teaspoon vanilla extract 1/8 teaspoon salt 1/3 cup white sugar 1/2 cup all-purpose flour 1 tablespoon lemon zest 1/4

More information

ALGEMENE INLIGTING GENERAL INFORMATION 1. DATUM VAN FEES DATE OF FESTIVAL 2. LIGGING LOCATION 3. TARIEWE TARIFFS

ALGEMENE INLIGTING GENERAL INFORMATION 1. DATUM VAN FEES DATE OF FESTIVAL 2. LIGGING LOCATION 3. TARIEWE TARIFFS ALGEMENE INLIGTING GENERAL INFORMATION 1. DATUM VAN FEES DATE OF FESTIVAL Vrydag 27 Oktober 2017 Friday Saterdag 28 October 2017 Saturday Sluitingsdatum vir aansoeke : Closing date for applications : Vrydag

More information

Van hier tot daar - 02 *

Van hier tot daar - 02 * OpenStax-CNX module: m26924 1 Van hier tot daar - 02 * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Van

More information

Handleiding. Saamgestel deur. Leslie Bergh & Tim Pauw. Kopiereg voorbehou deur BenguelaSoft BK. Weergawe

Handleiding. Saamgestel deur. Leslie Bergh & Tim Pauw.   Kopiereg voorbehou deur BenguelaSoft BK. Weergawe Handleiding Weergawe 24-11-2018 Saamgestel deur Leslie Bergh & Tim Pauw www.bengufarm.co.za Kopiereg voorbehou deur BenguelaSoft BK 1 INHOUD: Bladsy DEEL A HOE OM TE BEGIN: 1. Installeer BenguFarm 4 2.

More information

TAMELETJIES GIDEON SE TAMELETJIE

TAMELETJIES GIDEON SE TAMELETJIE TAMELETJIES TAMELETJIES 250g pine kernels/dennepitte 1 piece dried ginger root/1stul droe Gemmerwortel 12.5ml butter/botter 750ml sugar/suiker 375ml water 1. Rapidly boil together sugar, butter ginger

More information

KOMPAS. N.G. Kerk Kraggakamma. Wat almal van ons nou in ons lewenslêer moet reg hê. 'n Handleiding vir wanneer 'n geliefde sterf.

KOMPAS. N.G. Kerk Kraggakamma. Wat almal van ons nou in ons lewenslêer moet reg hê. 'n Handleiding vir wanneer 'n geliefde sterf. KOMPAS N.G. Kerk Kraggakamma Wat almal van ons nou in ons lewenslêer moet reg hê. 'n Handleiding vir wanneer 'n geliefde sterf. Die grootste deel van hierdie dokument is opgestel deur die N.G. Kerk Elarduspark.

More information

Cheesy Bacon Ranch Pull Apart Bread

Cheesy Bacon Ranch Pull Apart Bread Cheesy Bacon Ranch Pull Apart Bread Ingredients adapted from How Sweet Eats 1 3/4 cups all-purpose flour 1 cup whole wheat flour 1 tablespoon sugar 2 1/4 teaspoons instant yeast 1 teaspoon salt 1 packet

More information

sweetcorn tert Metode:

sweetcorn tert Metode: sweetcorn tert 4 eetlepels botter 4 eetlepels suiker 4 eiers 3 eetlepels mazena 2 teelepels bakpoeier 1 teelepel aromat 375 ml melk 2 blikkies sweet corn Metode: 1.Klits die botter, suiker en eiers tot

More information

Hoe het Coke ontstaan? *

Hoe het Coke ontstaan? * OpenStax-CNX module: m23728 1 Hoe het Coke ontstaan? * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE

More information

WINDMEUL KELDER KERRIE AFVAL

WINDMEUL KELDER KERRIE AFVAL WINDMEUL KELDER KERRIE AFVAL WINDMEUL KELDER KERRIE AFVAL 1 Skoon skaap afval 2 Medium uie in ringe gesny 8 Medium aartappels 20ml Matige Kerrie poeier 10ml Borrie 750ml Sterk getrekte Rooibos tee 5 Eetlepels

More information

8. If the cookies still seem a little soft don t worry it will set more as they cool. 9. Enjoy!!! 10. PS Very delicious with coffee and tea!

8. If the cookies still seem a little soft don t worry it will set more as they cool. 9. Enjoy!!! 10. PS Very delicious with coffee and tea! MALT COOKIES MALT COOKIES Hey julle ek het op die lekker koekie resep afgekom! As julle nie dalk weet wat is malt nie dit kom voor in Whispers en malt extract kan gekry word by DisChem! Hoop julle geniet

More information

Happiness is a cup of coffee. July 2016 Newsletter

Happiness is a cup of coffee. July 2016 Newsletter Happiness is a cup of coffee July 2016 Newsletter 1 CONTENTS Editor s Note 3 Eldoglen Office / Kantoor: Eldoglen Welcomes Magda Cloete 4 A Double Knot In The Ear 5 Shed Light on It / Werp Lig daarop Building

More information

Verslag oor die droëbone strookproewe: 2016/17 Report on the dry bean strip trials: 2016/17. September 2017

Verslag oor die droëbone strookproewe: 2016/17 Report on the dry bean strip trials: 2016/17. September 2017 77 Verslag oor die droëbone strookproewe: 2016/17 Report on the dry bean strip trials: 2016/17 September 2017 D Fourie LNR-Instituut vir Graangewasse / ARC-Grain Crops Institute Inleiding/Introduction

More information

Potential of the 'Hall s Avoscan' as a Tool to Identify Soft Fruit during Packing for Export

Potential of the 'Hall s Avoscan' as a Tool to Identify Soft Fruit during Packing for Export South African Avocado Growers Association Yearbook 1998. 21:97-99 Potential of the 'Hall s Avoscan' as a Tool to Identify Soft Fruit during Packing for Export F.J. Kruger 1 & A.W. Rowell 2 1 ARC-lnstitute

More information

2016 VERITAS CLASSES / KLASSE

2016 VERITAS CLASSES / KLASSE 2016 VERITAS CLASSES / KLASSE A DRY WHITE WINE DROë WITWYN 1 Cultivar blend - Non-Muscat Kultivarversnit - Nie-muskaat Max RS 5g/l 2 Cultivar blend Non-muscat (wooded) Kultivarversnit - Nie-muskaat (met

More information

NATIONAL STUDENT FINANCIAL AID SCHEME

NATIONAL STUDENT FINANCIAL AID SCHEME NATIONAL STUDENT FINANCIAL AID SCHEME FINANSIËLE STEUNDIENSTE BELANGRIKE INLIGTING TEN OPSIGTE VAN n NSFAS LENING Die National Student Financial Aid Scheme (NSFAS) is n leningskema wat daar gestel is om

More information

VERITAS TOEKENNINGS / AWARDS INSKRYWINGS INLIGTING / ENTRY DETAILS

VERITAS TOEKENNINGS / AWARDS INSKRYWINGS INLIGTING / ENTRY DETAILS VERITAS TOEKENNINGS / AWARDS 2018 INSKRYWINGS INLIGTING / ENTRY DETAILS SUID-AFRIKAANSE NASIONALE WYNSKOUVERENIGING (SANWSV) SOUTH AFRICAN NATIONAL WINE SHOW ASSOCIATION (SANWSA) Suite 151, Private Bag

More information

SERTIFISERINGSHANDLEIDING VIR DEELNEMERS AAN DIE WYN VAN OORSPRONG-SKEMA

SERTIFISERINGSHANDLEIDING VIR DEELNEMERS AAN DIE WYN VAN OORSPRONG-SKEMA SERTIFISERINGSHANDLEIDING VIR DEELNEMERS AAN DIE WYN VAN OORSPRONG-SKEMA NOVEMBER 2015 Navrae: Blackie Cronjé Tel: (021) 807 5706 E-pos: cronjec@sawis.co.za Carin Stemmet Tel: (021) 807 5732 E-pos: carin@sawis.co.za

More information

Kerrie perskes. Pickled Fish

Kerrie perskes. Pickled Fish Kerrie perskes Koringslaai met Kerrie Perskes: 200gram koring, 50ml olie, 1grt soetrissie gekap, 3ml borrie, 6ml matige of sterk kerrie na smaak, 1grt ui gekap, 1grt blik perskes gedreineer, 25ml bladjan,25ml

More information

Before using this product read the label carefully MAXIBOOST. Reg. No. B3815, Act No. 36 of 1947 Namibian Reg. No. N-F 237 Botswana Reg. No.

Before using this product read the label carefully MAXIBOOST. Reg. No. B3815, Act No. 36 of 1947 Namibian Reg. No. N-F 237 Botswana Reg. No. MAXIBOOST Reg. No. B3815, Act No. 36 of 1947 Namibian Reg. No. N-F 237 Botswana Reg. No. LIQUID MICRO NUTRIENT MIXTURE FERTILIZER GROUP 2 ACTIVE INGREDIENTS: Magnesium (Mg)... 9,9 g/kg (11.3 g/l) Iron*

More information

Chocolate Chip Peanut Butter

Chocolate Chip Peanut Butter chocklate koek 3 k Melk 200 gm botter 1/2 koppie olie 1 k kokao 2 koppies Self Raising 2 eiers 1 t baking soda ( weet nie wat is in Afr. nie ) 2 koppies suiker 2 eetlepels koffie verhit oond. 180. Verhit

More information

SPINASIE, SAMPIOEN, SPEK EN FETA QUICHE

SPINASIE, SAMPIOEN, SPEK EN FETA QUICHE SPINASIE, SAMPIOEN, SPEK EN FETA QUICHE Kors: 240 g Koekmeel 230 g Botter 150 g Cheddarkaas Vulsel: 500g Spinasie 45 ml olie 250 g Spek 1 groot Ui 1 Knoffelhuisie 300 g Sampioene Sout, peper en aromat

More information

Witblaarvlek (ook bekend as Grysstam) PJA Lombard en L Nowers Wes-Kaapse Departement van Landbou, Direktoraat Plantwetenskappe

Witblaarvlek (ook bekend as Grysstam) PJA Lombard en L Nowers Wes-Kaapse Departement van Landbou, Direktoraat Plantwetenskappe Junie 2016 No. 64 Witblaarvlek (ook bekend as Grysstam) PJA Lombard en L Nowers Wes-Kaapse Departement van Landbou, Direktoraat Plantwetenskappe Witblaarvlek word veroorsaak deur die swam Pseudocercosporella

More information

Vark wors VARKWORS METODE: Nota

Vark wors VARKWORS METODE: Nota Vark wors VARKWORS 3kg Varkvleis 30g fyn sout (25ml) 5ml varsgemaalde witpeper 2ml fyn naeltjies 15ml heel koljander 2ml gerasperde Neutmuskaat 150ml asyn 90g derms METODE: Skroei eers die koljander, maal

More information

BANKET INLIGTING 2008

BANKET INLIGTING 2008 BANKET INLIGTING 2008 TROUES VERJAARDAE WERKSWINKELS KINDER PARTYTJIES SPANBOU KONFERENSIES CORPARATIEWE FUNKSIES JAAR EIND FUNKSIES Celeste2004@jerseymail.co.uk www.tryhou.co.za 1 of 18 Geagte Klient,

More information

IDEES VIR FONDANT IN VORMS

IDEES VIR FONDANT IN VORMS IDEES VIR FONDANT IN VORMS IDEES VIR FONDANT IN VORMS Janine Stander: Hi ek wil graag weet ek wil fondant in n mould gebruik. Watter fondant werk die beste: die fondant wat klaar gekleur is of die poeier

More information

Sjokolade-mousse-terrien

Sjokolade-mousse-terrien Sjokolade-mousse-terrien Maak die poeding die vorige dag sodat dit oornag in die yskas kan stol. maak 1 x 32 cm-terrien Koek: 280 g (500 ml) koekmeel 400 g (500 ml) suiker 80 g (200 ml) kakao 10 ml bakpoeier

More information

SELFGEMAAKTE DEEG VIR SAMOOSAS

SELFGEMAAKTE DEEG VIR SAMOOSAS SELFGEMAAKTE DEEG VIR SAMOOSAS (maak 3 4 ) ½ k koekmeel ½ k bruismeel ¼ k karringmelk ¼ k groente-olie ¼ t sout Meng al die bestanddele saam totdat dit n deeg vorm en knie 5 minute. Laat rus 15 minute.

More information

Heide-Mari Dissel Tamatie en uie slaai gebottel heerlik oor en in ENIGE gereg.

Heide-Mari Dissel Tamatie en uie slaai gebottel heerlik oor en in ENIGE gereg. MARKDAG IDEES MARKDAG IDEES Rina Kleinhans Ek het een tyd so mooi materiaal sakkie met so paar mooi velletjies skryfpapier en 5 klein kaartjie met koeverte in gekoop, en op die materiaal sakkie was n pragtige

More information

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. In die saak tussen:- ANNA SUSANNA ELIZABETH VAN DER MERWE

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. In die saak tussen:- ANNA SUSANNA ELIZABETH VAN DER MERWE VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA Saaknommer: 7475/2008 In die saak tussen:- ANNA SUSANNA ELIZABETH VAN DER MERWE Eiser en PADONGELUKKEFONDS Verweerder UITSPRAAK DEUR: KRUGER,

More information

Muffins Steak & Ale Tin Pies

Muffins Steak & Ale Tin Pies Muffins Steak & Ale Tin Pies 1.7 pounds stewing beef, diced 3 tbsp plain flour 1 tbsp salt 1 bottle pale ale 1 tin chopped tomatoes Small bunch of thyme 2 carrots 3 sticks of celery 1 onion, halved How

More information

Bacon Wrapped BBQ Chicken Bundles

Bacon Wrapped BBQ Chicken Bundles Bacon Wrapped BBQ Chicken Bundles Ingredients: 1 lb of boneless skinless chicken breast cut in half or in thirds (depending on how large your breasts are) 1 cup of your favorite BBQ sauce (I like Sweet

More information

Page 1 of 8

Page 1 of 8 COMPULSORY MONTHLY RETURN - 2018 TO 2021 By virtue of Notice 1397 of 15.12.2017 published i.t.o. the Marketing of Agricultural Products Act, 1996 (Act No 47 of 1996) VERPLIGTE MAANDELIKSE OPGAWE - 2018

More information

Fruitcare. Reg. No.: L 9204 Act No. 36 of 1947 Reg. Nr.: L 9204 Wet Nr. 36 van 1947 Namibian Reg. No. N-AR 1513 Namibiese Reg. Nr.

Fruitcare. Reg. No.: L 9204 Act No. 36 of 1947 Reg. Nr.: L 9204 Wet Nr. 36 van 1947 Namibian Reg. No. N-AR 1513 Namibiese Reg. Nr. Fruitcare Reg. No.: L 9204 Act No. 36 of 1947 Reg. Nr.: L 9204 Wet Nr. 36 van 1947 Namibian Reg. No. N-AR 1513 Namibiese Reg. Nr. N-AR 1513 An emulsifiable concentrate insecticide with contact and stomach

More information

Pork belly roast. Ingredients. Method

Pork belly roast. Ingredients. Method Pork belly roast Ingredients 1.3 kg higher-welfare pork belly 15 g fennel seeds 5 g sea salt 100 ml olive oil carrots celery onions garlic cloves, skin on fresh thyme 1 bottle white wine 75 g plain flour

More information

Indicate client(s) to whom this final report is submitted. Replace any of these with other relevant clients if required. FINAL REPORT FOR 2001/2002

Indicate client(s) to whom this final report is submitted. Replace any of these with other relevant clients if required. FINAL REPORT FOR 2001/2002 CFPA Canning Fruit Producers' Assoc. Submit to: Wiehahn Victor PO Box 426 Paarl, 7620 Tel:+27(0)21 872 1501 DFPT Deciduous Fruit Producers' Tmst Submit to: Louise Kotzé Suite 275, Postnet X5061 Stellenbosch,

More information

Hussar Grill - Going from strength to strength

Hussar Grill - Going from strength to strength 4th Year - Our Birthday Edition! SEPTEMBER 2015 GRAHAM S Tel:021-872 1418/9 Fax:021-872 9489 38 WESTHOVEN STR. PAARL Email:info@grahamsautobody.co.za www.grahamsautobody.co.za 24hr BREAKDOWN SERVICE TEL:

More information

19999 Hot Wheels Radio-controlled car Size scale 1:24 19999 per stel Matchbox Gietyster-motorstel 9-stuk EARLY CHRISTMAS SAVINGS 44999 elk Platinum 4-sny vlekvrye staal toebroodjiepers 26cm 149 99 ninety9cents

More information

AANHANGSEL 1/ANNEXURE 1 TABEL 1/TABLE 1 TOELAATBARE KULTIVARS EN KORRELGROOTTE (ALLE KLASSE)/ PERMISSIBLE CULTIVARS AND BERRY SIZE (ALL CLASSES)

AANHANGSEL 1/ANNEXURE 1 TABEL 1/TABLE 1 TOELAATBARE KULTIVARS EN KORRELGROOTTE (ALLE KLASSE)/ PERMISSIBLE CULTIVARS AND BERRY SIZE (ALL CLASSES) EXPORT STANDARDS AND REQUIREMENTS: TABLE GRAPES Page 24 of 90 1998-15 AANHANGSEL 1/ANNEXURE 1 TABEL 1/TABLE 1 TOELAATBARE KULTIVARS EN KORRELGROOTTE (ALLE KLASSE)/ PERMISSIBLE CULTIVARS AND BERRY SIZE

More information

COCONUT WAFERS. Variation Omit the coconut and add choc chips/ cherries

COCONUT WAFERS. Variation Omit the coconut and add choc chips/ cherries COCONUT WAFERS 1¾ Cup flour 125 gram margarine or butter (soft) 1 Cup sugar 1 teaspoon vanilla 1 egg ¾ Cup coconut ½ teaspoon salt 1 ½ teaspoons baking powder Method Cream margarine and sugar until light

More information

AMARULA Sjokoladekoek

AMARULA Sjokoladekoek AMARULA Sjokoladekoek Poplap se Lekkerbek resepte with Barney Lambrechts 60 ml Kakao 125 ml kookwater 3 eiers 220 ml suiker 60 ml olie 250 ml koekmeel 10 ml bakpoeier 2 ml sout STROOP 200 ml suiker 250

More information

Suurlemoengegeurde malvapoeding

Suurlemoengegeurde malvapoeding Suurlemoengegeurde malvapoeding Manda Kahts Badenhorst Die TUKKA Spens ivm Ozziekaners Remix Suurlemoengegeurde malvapoeding Genoeg vir 8 mense Bereidingstyd: 15 minute Gaarmaaktyd: 30-35 minute POEDING

More information

Packaging / Verpakking: 1 L CAUTION VERSIGTIG SIEN INGESLOTE PAMFLET VIR VOLLEDIGE BESONDERHEDE SEE ENCLOSED PAMPHLET FOR FULL PARTICULARS

Packaging / Verpakking: 1 L CAUTION VERSIGTIG SIEN INGESLOTE PAMFLET VIR VOLLEDIGE BESONDERHEDE SEE ENCLOSED PAMPHLET FOR FULL PARTICULARS SEE ENCLOSED PAMPHLET FOR FULL PARTICULARS Reg. No. L8997 (Act No. 36 of 1947) Namibian Registration No. Reg. No. N-AR 1374 A suspension concentrate trans laminar fungicide for the control of Botrytis

More information

No-Blite. No-Blite. Packaging / Verpakking: 5 kg

No-Blite. No-Blite. Packaging / Verpakking: 5 kg Reg. No. L6681 (Act No. 36 of 1947) A contact fungicide with translaminar and systemic action in new growth, formulated as a water dispersible granule, for the control of: Early and late blight in potatoes

More information

Focaccia met baba-aartappels en geroosterde knoffel

Focaccia met baba-aartappels en geroosterde knoffel Focaccia met baba-aartappels en geroosterde knoffel Genoeg vir: 4-6 Bereidingstyd: 40 minute, plus rystyd Bak: 40 minute Oondtemperatuur: 220 C 500g (900ml) witbroodmeel 10g droë kitsgis 20ml suiker 10ml

More information

ReTain. Reg No./Nr. L 6141 Act/Wet No./Nr.36 of/van 1947 WATER SOLUBLE POWDER / WATEROPLOSBARE POEIER. Active Ingredient / Aktiewe bestanddeel

ReTain. Reg No./Nr. L 6141 Act/Wet No./Nr.36 of/van 1947 WATER SOLUBLE POWDER / WATEROPLOSBARE POEIER. Active Ingredient / Aktiewe bestanddeel ReTain Reg No./Nr. L 6141 Act/Wet No./Nr.36 of/van 1947 WATER SOLUBLE POWDER / WATEROPLOSBARE POEIER A natural occurring plant growth regulator for use on pome fruit and stone fruit as indicated which

More information

BOER. want boere is die beste. GRATIS Uitgawe Januarie

BOER. want boere is die beste. GRATIS Uitgawe Januarie BOER want boere is die beste GRATIS Uitgawe 39 21 Januarie 2019 www.boerhier.co.za is Inhoud 2 Volhard en pluk die vrugte 4 Sien die kleure van die lewe raak 7 CLAAS: Never look back ever again! 11 Statistiek:

More information

VOORWOORD VOORWOORD. Kos en samesyn gaan hand aan hand. Gesellige. Together. Die reuk van moerkoffie op die stoof, saam met die van eiers, spek en

VOORWOORD VOORWOORD. Kos en samesyn gaan hand aan hand. Gesellige. Together. Die reuk van moerkoffie op die stoof, saam met die van eiers, spek en COFFEE SHOP VOORWOORD VOORWOORD Hitios nis doluptat illuption rest, ut vendist que volupta sum est, corrovit volum haria vent voluptate porpori taesciis millorp orerum et volorecust, odis aditatem utem

More information

Celtis Africana May The environmental awareness publication of Sterkfontein Country Estates

Celtis Africana May The environmental awareness publication of Sterkfontein Country Estates Celtis africana Sterkfontein Country Estates May/Mei 2016 Good day Celtis friends! Early mornings and late afternoons have become rather nippy, but the clear blue skies - so typical of the Highveld at

More information

FOLPAN 500 SC. Reg. No. / Nr. L 4662 Act No. / Wet No. 36 of / van 1947 N AR g / l NET VOLUME / NETTO VOLUME

FOLPAN 500 SC. Reg. No. / Nr. L 4662 Act No. / Wet No. 36 of / van 1947 N AR g / l NET VOLUME / NETTO VOLUME FOLPAN 500 SC Reg. No. / Nr. L 4662 Act No. / Wet No. 36 of / van 1947 N AR 0505 A suspension concentrate organic based fungicide for the preventive control of anthracnose, downy mildew, deadarm disease

More information

INMAAKVRUGTE PERSPEKTIEF 2 AD COLLINS TOEKENNING 3 VERBRUIKERSTUDIES OLIMPIADE 4 VRUGMONSTER NEMING VIR RESIDU ONTLEDING 4

INMAAKVRUGTE PERSPEKTIEF 2 AD COLLINS TOEKENNING 3 VERBRUIKERSTUDIES OLIMPIADE 4 VRUGMONSTER NEMING VIR RESIDU ONTLEDING 4 NR/NO. 220 SEPTEMBER 2015 INHOUDSOPGAWE CONTENT BLADSY / PAGE INMAAKVRUGTE PERSPEKTIEF 2 AD COLLINS TOEKENNING 3 VERBRUIKERSTUDIES OLIMPIADE 4 VRUGMONSTER NEMING VIR RESIDU ONTLEDING 4 ONDERSTAMME VIR

More information

No. R November MARKETING OF AGRICULTURAL PRODUCTS ACT, 1996 (ACT No. 47 OF 1996)

No. R November MARKETING OF AGRICULTURAL PRODUCTS ACT, 1996 (ACT No. 47 OF 1996) 22 No. 38189 GOVERNMENT GAZETTE, 14 NOVEMBER 2014 No. R. 884 14 November 2014 MARKETING OF AGRICULTURAL PRODUCTS ACT, 1996 (ACT No. 47 OF 1996) ESTABLISHMENT OF STATUTORY MEASURE - RECORDS AND RETURNS

More information

TWO-MINUTE MICROWAVE FUDGE

TWO-MINUTE MICROWAVE FUDGE TWO-MINUTE MICROWAVE FUDGE Ingredients 1 lb powdered sugar 2/3 cup cocoa 1/4 teaspoon salt 1/4 cup milk 2 teaspoons vanilla 1/2 cup butter or 1/2 cup margarine 1/2 cup chopped nuts (optional) Directions

More information

INTERACTIVITY GUIDE. Kalahari Water is an interactive electronic magazine. Every article is packed

INTERACTIVITY GUIDE. Kalahari Water is an interactive electronic magazine. Every article is packed APRIL '17 INTERACTIVITY GUIDE Kalahari Water is an interactive electronic magazine. Every article is packed Hover over the icons to learn more about their functions. with interactive content designed to

More information

AANHANGSEL 1/ANNEXURE 1 TABEL 1/TABLE 1 TOELAATBARE KULTIVARS/VARIëTEIT (ALLE KLASSE)/ PERMISSIBLE CULTIVARS/VARIETY (ALL CLASSES)

AANHANGSEL 1/ANNEXURE 1 TABEL 1/TABLE 1 TOELAATBARE KULTIVARS/VARIëTEIT (ALLE KLASSE)/ PERMISSIBLE CULTIVARS/VARIETY (ALL CLASSES) DRAFT EXPORT STANDARDS AND REQUIREMENTS: PEARS Page 1 of 72 1998-15 AANHANGSEL 1/ANNEXURE 1 TABEL 1/TABLE 1 TOELAATBARE KULTIVARS/VARIëTEIT (ALLE KLASSE)/ PERMISSIBLE CULTIVARS/VARIETY (ALL CLASSES) Kultivars/Cultivars

More information

GEDRAGSKODE ROOIBOS MODULE. Weergawe 1.1

GEDRAGSKODE ROOIBOS MODULE. Weergawe 1.1 EDRASKODE ROOIBOS MODULE Weergawe 1.1 Afskrifte en vertalings van hierdie dokument is beskikbaar in elektroniese formaat op die UTZ-webwerf: www.utz.org Hierdie dokument is uit Engels vertaal. Indien daar

More information

MOZAMBIQUE PERI PERI CHICKEN

MOZAMBIQUE PERI PERI CHICKEN MOZAMBIQUE PERI PERI CHICKEN Take your chickens and cut them through the breast flatten them out and cut under the wing and slice through the thigh to the bone and leg score the breasts. Then make a simple

More information

INTERACTIVITY GUIDE. Kalahari Water is an interactive electronic magazine. Every article is packed

INTERACTIVITY GUIDE. Kalahari Water is an interactive electronic magazine. Every article is packed FEBRUARY '17 INTERACTIVITY GUIDE Kalahari Water is an interactive electronic magazine. Every article is packed Hover over the icons to learn more about their functions. with interactive content designed

More information