Skool Vakansie Sorg Bring die kinders om te kom SPEEL. Ons pas u kind op terwyl u werk.

Similar documents
D A MüLLERKOSHUIS. KOSHUISREëLS

DAAR IS NOG 15 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS

CHISTIANA DELWERSFEES

VENUE CHECKLIST. Venue pas in by julle tema (bv rustic- plaas, city-chic en modern, natuurlik, klassiek, medieval of iets heeltemal uniek ens)

OpenStax-CNX module: m Lees en Woordorde * Siyavula Uploaders

Van hier tot daar - 05 *

OpenStax-CNX module: m Gedigte * Siyavula Uploaders

Primêre Skool Jordania

Stap 3 : Sorg dat die laaste periode van Augustus 2016 gedoen en gepos is.

KEURINGSHANDLEIDING 1 INLEIDING INTRODUCTION 2 KEURDERS INSPECTORS 3 TIPES KEURING TYPES OF INSPECTION 4 ADMINISTRATIEWE VOORBEREIDING VIR KEURING

DAAR IS NOG 15 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS

JERSEY SA. Nuusbrief

SEKTORALE VASSTELLING 13 VIR PLAASWERKER SEKTOR GEPUBLISEER IN STAATSKOERANT VAN 17 FEBRUARY 2006

Karoofees. 28 Feb - 2 Mrt MINé OLIVIER KANTOOR: FAKS: SELFOON:

Spreek pizza so uit: pietsa. bak: to bake; om iets in n oond gaar te maak

Gmail - Fw: BOLAND REELS VIR LIGA WEDSTRYDE

DE VETTE MOSSEL STRAND GROOTBRAKRIVIER

Marieta van Bladeren Nigella se aartappel blini. Maar ek dress hom soos die foto

DIE QUINTUS PORK BELLY

NAAM EN VAN VAN LEERDER:

SLAAI UITDAGING SALAD CHALLENGE

SUMMARY. diseases on mango plants and fruit and cause major economic losses to this industry.

Afstand * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Bonnie en Tommie gaan see toe 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

GRONDBOONBOTTER FIX KOEKIE

GRAAD R OOREENKOMSVORM 2018

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Per Serving: 310 Calories; 16g Fat; 36g Protein; Carbohydrate; 1g Dietary Fiber; 2g Net Carbs

Ligte gedigte en dinge

Die volgende dokumente moet die inskrywingsvorm vergesel:

AANSOEK OM NIE-LID REKENING. Aangeheg vind u die ondergenoemde relevante vorms vir voltooiing van u aansoek:

ONTBYTE/BREAKFASTS. Sonskyn Ontbyt/Sunshine Breakfast. Plaas Ontbyt/Farmhouse Breakfast. Mega Ontbyt/Mega Breakfast

DE KRANS. 16 tot 28 Desember perskepluk, Sarel-taaipitperskes by De Krans, teen R8/kg. 4 tot 28 Februarie 2017, Hanepootpluk by De Krans

VETKOEK OR BREAD DOUGH

Mushroom and Blue Cheese on Toasted Ciabatta

Karamel Brownies. Karamel: 32 cream caramels (daardie caramel toffies wat in die lang boksies is) ½ k. botter 1 blik kondensmelk.

AFLEWERING VAN DG/G WYNE DELIVERY OF DG/GOLD WINES BEOORDELING - JUDGING. 8 Aug Inskrywings sluit/entries close Oct

Kos en advertensies. Luister- en praattyd: Wat sal jy koop? Voorbeeld: Ek sal koeldrank, brood,... koop. appels. tee. aartappels.

MONIQUE SE LEKKER PEANUT BUTTER FUDGE

Welkom by Koekela Huiskafee

FACULTY OF ECONOMIC AND MANAGEMENT SCIENCES DEPARTMENT OF ECONOMICS ECONOMICS 110 Semester test 1 14 March 2008 Total: 50 marks Time: 60 minutes

Belastingvrye Effektetrust Aansoekvorm Individuele beleggers (slegs nuwe beleggers)

Beleid oor die aanmelding van wanbestuur en ongerymdhede en die beskerming van bekendmaking daarvan

MADELEINES MADELEINES

ALGEMENE INLIGTING GENERAL INFORMATION 1. DATUM VAN FEES DATE OF FESTIVAL 2. LIGGING LOCATION 3. TARIEWE TARIFFS

Van hier tot daar - 02 *

Handleiding. Saamgestel deur. Leslie Bergh & Tim Pauw. Kopiereg voorbehou deur BenguelaSoft BK. Weergawe

TAMELETJIES GIDEON SE TAMELETJIE

KOMPAS. N.G. Kerk Kraggakamma. Wat almal van ons nou in ons lewenslêer moet reg hê. 'n Handleiding vir wanneer 'n geliefde sterf.

Cheesy Bacon Ranch Pull Apart Bread

sweetcorn tert Metode:

Hoe het Coke ontstaan? *

WINDMEUL KELDER KERRIE AFVAL

8. If the cookies still seem a little soft don t worry it will set more as they cool. 9. Enjoy!!! 10. PS Very delicious with coffee and tea!

Happiness is a cup of coffee. July 2016 Newsletter

Verslag oor die droëbone strookproewe: 2016/17 Report on the dry bean strip trials: 2016/17. September 2017

Potential of the 'Hall s Avoscan' as a Tool to Identify Soft Fruit during Packing for Export

2016 VERITAS CLASSES / KLASSE

NATIONAL STUDENT FINANCIAL AID SCHEME

VERITAS TOEKENNINGS / AWARDS INSKRYWINGS INLIGTING / ENTRY DETAILS

SERTIFISERINGSHANDLEIDING VIR DEELNEMERS AAN DIE WYN VAN OORSPRONG-SKEMA

Kerrie perskes. Pickled Fish

Before using this product read the label carefully MAXIBOOST. Reg. No. B3815, Act No. 36 of 1947 Namibian Reg. No. N-F 237 Botswana Reg. No.

Chocolate Chip Peanut Butter

SPINASIE, SAMPIOEN, SPEK EN FETA QUICHE

Witblaarvlek (ook bekend as Grysstam) PJA Lombard en L Nowers Wes-Kaapse Departement van Landbou, Direktoraat Plantwetenskappe

Vark wors VARKWORS METODE: Nota

BANKET INLIGTING 2008

IDEES VIR FONDANT IN VORMS

Sjokolade-mousse-terrien

SELFGEMAAKTE DEEG VIR SAMOOSAS

Heide-Mari Dissel Tamatie en uie slaai gebottel heerlik oor en in ENIGE gereg.

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. In die saak tussen:- ANNA SUSANNA ELIZABETH VAN DER MERWE

Muffins Steak & Ale Tin Pies

Bacon Wrapped BBQ Chicken Bundles

Page 1 of 8

Fruitcare. Reg. No.: L 9204 Act No. 36 of 1947 Reg. Nr.: L 9204 Wet Nr. 36 van 1947 Namibian Reg. No. N-AR 1513 Namibiese Reg. Nr.

Pork belly roast. Ingredients. Method

Indicate client(s) to whom this final report is submitted. Replace any of these with other relevant clients if required. FINAL REPORT FOR 2001/2002

Hussar Grill - Going from strength to strength


AANHANGSEL 1/ANNEXURE 1 TABEL 1/TABLE 1 TOELAATBARE KULTIVARS EN KORRELGROOTTE (ALLE KLASSE)/ PERMISSIBLE CULTIVARS AND BERRY SIZE (ALL CLASSES)

COCONUT WAFERS. Variation Omit the coconut and add choc chips/ cherries

AMARULA Sjokoladekoek

Suurlemoengegeurde malvapoeding

Packaging / Verpakking: 1 L CAUTION VERSIGTIG SIEN INGESLOTE PAMFLET VIR VOLLEDIGE BESONDERHEDE SEE ENCLOSED PAMPHLET FOR FULL PARTICULARS

No-Blite. No-Blite. Packaging / Verpakking: 5 kg

Focaccia met baba-aartappels en geroosterde knoffel

ReTain. Reg No./Nr. L 6141 Act/Wet No./Nr.36 of/van 1947 WATER SOLUBLE POWDER / WATEROPLOSBARE POEIER. Active Ingredient / Aktiewe bestanddeel

BOER. want boere is die beste. GRATIS Uitgawe Januarie

VOORWOORD VOORWOORD. Kos en samesyn gaan hand aan hand. Gesellige. Together. Die reuk van moerkoffie op die stoof, saam met die van eiers, spek en

Celtis Africana May The environmental awareness publication of Sterkfontein Country Estates

FOLPAN 500 SC. Reg. No. / Nr. L 4662 Act No. / Wet No. 36 of / van 1947 N AR g / l NET VOLUME / NETTO VOLUME

INMAAKVRUGTE PERSPEKTIEF 2 AD COLLINS TOEKENNING 3 VERBRUIKERSTUDIES OLIMPIADE 4 VRUGMONSTER NEMING VIR RESIDU ONTLEDING 4

No. R November MARKETING OF AGRICULTURAL PRODUCTS ACT, 1996 (ACT No. 47 OF 1996)

TWO-MINUTE MICROWAVE FUDGE

INTERACTIVITY GUIDE. Kalahari Water is an interactive electronic magazine. Every article is packed

AANHANGSEL 1/ANNEXURE 1 TABEL 1/TABLE 1 TOELAATBARE KULTIVARS/VARIëTEIT (ALLE KLASSE)/ PERMISSIBLE CULTIVARS/VARIETY (ALL CLASSES)

GEDRAGSKODE ROOIBOS MODULE. Weergawe 1.1

MOZAMBIQUE PERI PERI CHICKEN

INTERACTIVITY GUIDE. Kalahari Water is an interactive electronic magazine. Every article is packed

Transcription:

Skool Vakansie Sorg Bring die kinders om te kom SPEEL. Ons pas u kind op terwyl u werk. Skool Vakansie Sorg Datums (slegs weeksdae Maandae tot Vrydae): Publieke Vakansie is ons gesluit. Besprekings is n moet. Vertel vir al jul vriende van ons Skool Vakansie Sorg, ons kan tot 65 kinders per dag akkommodeer. Ouderdom: Kinders van 4½ jaar tot 13 jaar is welkom om ons te besoek. Ongelukkig kan ons nie kinders wat nog nie 4½ jaar oud is akkommodeer nie, want ons het nie die personeel om na hulle om te sien nie, al is daar n ouer boetie of sussie wat ons besoek, die kleiner kinders wil nie of kan nie deelneem aan die aktiwiteite nie en die ouer boetie en sussie kan nie altyd na die kleiner kind kyk nie. Ons doen baie groeps aktiwiteite waaraan almal moet deelneem en kan deelneem, behalwe as daar n geldige verskoning is. Die personeel is direk betrokke by die aktiwiteite en kan nie net na 1 kind omsien wat nie wil of kan deelneem nie. Indien u wel n kind jonger as 4½ jaar wil bring, moet u asb vooraf met ons reel en u MOET n oppasser (nanny) vir daardie kind saam bring. Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir daardie kind of die oppasser nie, maar die oppasser asook die kind betaal R60 elk per besoek, want hulle kry etes en gebruik die geriewe op die terrein en hulle is veilig by ons. Die Tye en Kostes: Maandae Vrydae soos datum gelys hierbo Kostes: R90.00 p/kind (4½ 13 jaar) p/dag ( n 2de Kind uit die selfde gesin betaal R85) AFLAAI: 7:00-8:00 vm (Die hek sal oop wees vanaf 7:00 tot 8:00 vm). Indien u na 8:00 vm u kind bring, druk net die toeter. (Ons bedien Oats pap of Mielie slap pap om 8:30, maar u is welkom om vir u kind kossies in te pak, wat hy deur die dag as n snack kan geniet). Laat weet ons asb indien u kind reeds ontbyt geëet het, die kinders word nie verplig om te eet as hulle nie wil eet nie, maar die dag is lank. OPLAAI: 13:00 17:00 met grasie tot 17:30 ( n Boete van R300 sal gehef word indien laat) (Kinders wat voor 12:30 opgelaai word, verbeur middag ete, maar sal R15 afslag kry. Indien die kind sy middagete in n wegneem pakkie saam neem, kry hy/sy geen afslag nie) Toelaatbaarheid: Ons het plek vir tot 65 kinders per dag, so boek asb jou plek vroegtydig. Bring Saam: Jou eie fiets of skoeter. Jou fiets mag hier bly tydens die skool vakansie, maar gaan saam met jou terug huistoe Vrydae en op die laaste dag van jou besoek. Neem asb kennis dat ons nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige fiets of persoonlike items wat breek terwyl u kind ons besoek nie. Ons het ook nie die toerusting om stukkende fietse te herstel nie. Handoeke, Sonbrand middel, Swemklere Neem asb kennis dat alle klere, skoene, handoeke en enige items wat u saam met u kind na Maskmountain toe stuur, baie duidelik gemerk moet wees. Ons aanvaar GEEN verantwoordelikheid vir verlore items nie. Indien n item of kledingstuk nie teen die laaste dag van die skool vakansie opgeeis word nie, sal dit aan welsynsorganisasies geskenk word.

2 Snoepie Geld Elke kind se snoepie geld word ingeneem met aankoms en aangeteken en rekord word gehou van hoe dit gebruik word. Indien u kind snoepie geld oor het op die laaste dag van sy/haar besoek, sal dit aan u terug betaal word, of die kind kan ietsie daarvoor koop of u is welkom om dit aan ons te skenk vir die diere kos. Kuns Klas Ons het nie n spesifieke dag vir kuns nie, maar Inkleurboeke en potlode kan elke dag saam gebring word. Verdere Inligting oor kuns sal aan u deurgegee word sodra ons iets spesiaals gaan doen. Die volgende is hierby aangeheg: Reëls en Notas. Bespreking / Vrywaring / Betalingsooreenkoms vorm. Die vorm moet asb. volledig voltooi en geteken word en aan ons terug gemail of gefaks word om sodoende u kind se plek te bespreek. Bring asb die oorspronklik getekende vorm saam met u betaling of die bewys indien u eft betaal op die 1ste dag wat u die kinders bring. U kan per kredietkaart of kontant ook betaal. Indien u nie n getekende vorm saam bring of vooraf gestuur het nie, sal u n vorm moet invul sodra u die kind vir die eerste keer bring. Die vorms is net geldig vir die huidige vakansie. n Nuwe registrasie moet gedoen word vir elke vakansie. Dit is verpligtend om u kind se plek vooraf te bespreek om sodoende telleurstelling te voorkom. Kontak nommers: Sel: 082 460 8773 - Annetjie Epos: playpark@maskmountain.com; ajlab01@gmail.com / Web: www.maskmountain.com Betalings & Vrywarings vorms: Alle besoeke aan Maskmountain gedurende die Skool Vakansie is STRENG VOORUIT BETAALBAAR. Geen AF betalings of LAAT betalings is toelaatbaar nie. Geen kind sal op skuld toegelaat word nie. U is welkom om vooruit te betaal of daagliks soos u bespreek het. Ons aanvaar Kredietkaart betalings, Eft betalings of Kontant. Bankbesonderhede: Bank: Capitec Spaar Rek Rekening Naam: A Labuschagne Rekening No: 1609241965 Tak kode: 470010 Verwysing: Kind se Naam en Van Direksies en Pad aanwysings: Besoek asb ons webtuiste www.maskmountain.com

3 Reels: Neem asb n oomblik en lees die Reels: Vakansie Tye:- Maandae Vrydae met Skool Vakansies 07:00 17:00. n Fooi van R300 is betaalbaar indien u kind later as 17:30 opgelaai word. Ons neem geen kinders jonger as 4½ jaar nie. Boek vooruit om telleurstelling te voorkom, ons het plek vir slegs 65 kinders. n Maaitjie, niggie of nefie is welkom om vir ons te kom kuier, maar geen addissionele kinders mag sommer net saam met jou opdaag sonder dat daar vooraf met Maskmountain Personeel gereel is nie. n Vrywarings vorm moet voltooi word en betaling moet gedoen word met die aflaai van so n kind. Ons volg nie n spesifieke program nie, net etens tye bly meestal dieselfde. Elke kind moet asb n tassie of sak saam bring met sy Naam daarop gemerk, om sy/haar klere, handoeke, ens. in te bêre as dit uitgetrek word, anders lê dit rond en dis altyd n soektog. Indien verlore goed nie opgeëis word teen die laaste dag van die vakansie nie, sal dit aan die welsyn vir behoewende kinders geskenk word, want in meeste gevalle is n kledingstuk te klein vir u kind teen die volgende vakansie. Gemerkte items word gehou en u word gekontak. Sonbrand room moet asb daagliks saam met u kind gestuur word, wat ook gemerk is. Trek vir jou kind ou klere aan, want die kinders speel en word lekker vuil. U kind se besittings en klere moet duidelik GEMERK wees. Indien n kind seerkry of ongelukkig is oor iets, sal die ouer van daardie kind onmiddelik geskakel word om die kind te kom haal. Geen kind sal enige medikasie of pleisters van enige van Maskmountain se personeel ontvang nie. Indien n kind wel seerkry, sal die wond slegs ontsmet word en as dit baie ernstig is, sal die ouers gekontak word om die kind te kom haal. Indien u kind voorgeskrewe of kroniese medikasies moet ontvang vir allergië of iets nie te ernstigs nie, moet dit asb skriftelik onder Maskmountain personeel se aandag gebring word sodra u die Medikasie aan ons oorhandig EN dit moet ook in die register aangeteken word. Indien u kind siek is, moet hy/sy asb nie Maskmountain toe kom nie. Indien n kind nie met ons wil saam werk of die program wil volg nie, en ons kry niks uitgerig met so n kind nie, sal daardie kind se ouer geskakel word om die kind te kom haal. Geen terug betaling sal gedoen word indien daar wel so n geval is. Laat weet ons asb indien u kind enige allergieë het, of indien daar enige voorskrifte is oor melk en suiker gebruik, ens. Dit moet ook in die register aangeteken word. Gedurende die skool vakansie kry die kinders water en koeldrank wat vrylik beskikbaar is gedurende die hele dag. Ons gebruik boorgat water wat ons filter en dis baie veilig om te drink, maar u is welkom om vir u kind geld saam te gee om water te koop uit die Snoepie of vars Vrugte sappies of Ystee. Geen gas blikkies koeldrank sal aan die kinders verkoop word nie. Ontbyt is n warm pap soos Mieliepap of Oats of Kellogs gemeng met Rice Crispies bedien met melk en suiker en word voorgesit om 8:30 daagliks. Indien u kind laat afgelaai word, verbeur hy/sy ontbyt. Stel ons asb in kennis indien u kind reeds ontbyt geëet het. Kinders wat nie ontbyt wil eet nie, word nie gedwing om te eet nie, maar ons verkies dat die kinders ontbyt eet, want die dag is lank en hulle word baie besig gehou en hulle is altyd honger of lus vir ietsie na n aktiwiteit. Verduidelik dit asb so aan u kind dat dit belangrik is om by Maskmountain te eet. Ons probeer ons beste om die etes vir die kinders lekker en voedsaam te maak. Middag ete bestaan uit toe broodjies of n vleis gereg met groente en stysel (rys of aartappel). Indien daar sekere kosse is wat u kind nie mag eet nie, laat weet ons daarvan asb. U is welkom om vir u kind kos vir middag ete in te pak indien die kind sekere kosse nie mag eet nie. Stel ons asb in kennis van so n geval sodat ons dit indie yskas kan bêre indien nodig. Die kosblik moet asb gemerk wees. Die dag is baie lank, dus vra ons dat u asb vir u kind n ekstra vrug of snackie inpak, wat u kind na 15:00 kan nuttig as hy/sy wil, want die kinders speel en swem baie as die weer dit toelaat, en dan raak hulle gewoonlik 15:30 honger of lus vir ietsie. Ons het ook 2 Snoepie Sessies deur die dag omtrent n uur na die etes. Geen siek kinders mag Maskmountain Play Park besoek gedurende die Skool Vakansie nie.

4 NB: Geen kind mag enige Elektroniese Speelgoed of Selfone saam bring nie. U kind mag nie sy/haar gunsteling speelding saam bring nie, die ander kinders baklei daaroor. Enige speelgoed wat saam kom Maskmountain Play Park toe, word geskenk aan Maskmountain Play Park. U is welkom om enige speelgoed, balle, karretjies, blokkies, diertjies, ens., teddiebere, poppe of boeke wat rond lê en nie meer gebruik word nie, aan ons te skenk. Geen voetuie mag binne die voetgangers area van die speel park parkeer nie. Alle voertuie parkeer agter die hout heining of waar parkering aangewys word. Die hek staan oop as volg: 7:00 tot 8:00 en 16:00 tot 17:30. Indien die hek toe is, is u welkom om die toeter te druk sodat ons vir u kan oopmaak of u kan die Reception knoppie by die hek druk. MOET asb nie voor 7vm die toeter druk nie, die hek open stiptelik om 7vm. Moet asb nie u kind net aflaai en ry nie. Maak asb seker dat n personeellid u kind aangeteken het in die register boek. NB: Elke vakansie moet n nuwe Registrasie en Vrywarings vorm ingevul en geteken word. Notas Maskmountain Play Park & Coffee Shop is Saterdae oop vir die publiek vir partytjies en ook om sommer net te kom ontspan en die kinders te bring om te kom speel. Daar sal egter geen Kinder Oppassers wees op Saterdae nie, u is dus self vir u kinders verantwoordelik en kan hulle nie net aflaai en ry nie. Sondae is ons oop van 11vm tot 3nm en Publieke Vakansie dae kan u ons net kontak om te hoor of ons wel oop is. Gedurende Skool tye is ons daagliks oop vir die Publiek ook. Die Lodge is daagliks oop vir gaste wat oorslaap en wil inboek of uitboek. Ingang is Gratis, dus is dit nie toelaatbaar om enige drinkgoed of eetgoed in te bring nie, (behalwe vir Skool Vakansie Kinders soos gereël). Ons voorwaarde is dat u ons ondersteun met iets te ete of te drinke in die Coffee Shop. Ons verkoop warm en koue drankies en ook ligte etes. n Donasie vir die diere kos is welkom. U kan n kos pakkie by ons koop om die diere te voer. Maskmountain Lodge en Play Park bied allerlei funksies en byeenkomste aan. Ons het n dag Venue en n Aand Venue. Ons bied Akkommodasie aan asook Massering en Slimming Treatments Vir Kinder Funksies kontak u vir Annetjie by playpark@maskmountain.com Vir Volwasse Funksies kontak u vir Floris of Santie by info@maskmountain.com Vir Akkommodasie kontak u vir Santie by stay@maskmountain.com Vir verdere inligting is u welkom ons ons webtuiste www.maskmountain.com te besoek.

5 Ouer(s) neem verantwoordelikheid: Vul asb in en voltooi die volgende: Ouer(s) Inligting Ouer(s) naam en Van: ID #: Sel #: Alternatiewe kontak nommer(s) (In geval van nood): Woon Adres & Dorp: E-pos Adres: Werks Adres: Werks Tel Number: Kind(ers) Inligting Bywoning - Skool Vakansie Datums: (Jaar: ) Vakansie 1: 2: 3: 4: Dae: Vrywaring Met die ondertekening van hierdie dokument, onderneem en bevestig ek om nie meer kinders in te bring as waarvoor geboek is nie indien nie vooraf gereel is met die Bestuur van Maskmountain Play Park nie. Alle kinders en ouers betree die terein en maak gebruik van die fasiliteite op eie risiko. Kinders speel op eie risiko, maar hulle sal onder toesig wees te alle tye gedurende die skool vakansie. Indien enige kind nie met Maskmountain reelings wil saam werk nie, sal die kind se ouer geskakel word om so n kind te kom haal sonder enige terug betaling. Die Personeel van Maskmountain sal nie toegelaat word om vir enige kind enige medikasie toe te dien wat nie skriftelik deur die ouers of n mediese voorskrif van n dokter voorgeskryf is nie. Die eienaars en personeel van Maskmountain sal nie verantwoordelik gehou word vir enige besering, siektes of enige verliese of beskadiging van persoonlike eiendom of enige iets wat n persoon wat hierdie perseel betree, direk of indirek mag ondervind nie, vir watter rede ookal. Hiermee kom ek ooreen dat ek alle Reëls en Vrywarings op die perseel verstaan en aanvaar. Betaling Hiermee kom ek ooreen dat ek volle verantwoordelikheid aanvaar vir die vooruit betaling van besoeke van die kinders soos genoem in hierdie dokument. HANDTEKENING: DATUM: www.maskmountain.com