KEURINGSHANDLEIDING 1 INLEIDING INTRODUCTION 2 KEURDERS INSPECTORS 3 TIPES KEURING TYPES OF INSPECTION 4 ADMINISTRATIEWE VOORBEREIDING VIR KEURING

Similar documents
Primêre Skool Jordania

Stap 3 : Sorg dat die laaste periode van Augustus 2016 gedoen en gepos is.

JERSEY SA. Nuusbrief

Skool Vakansie Sorg Bring die kinders om te kom SPEEL. Ons pas u kind op terwyl u werk.

VENUE CHECKLIST. Venue pas in by julle tema (bv rustic- plaas, city-chic en modern, natuurlik, klassiek, medieval of iets heeltemal uniek ens)

Gmail - Fw: BOLAND REELS VIR LIGA WEDSTRYDE

Verslag oor die droëbone strookproewe: 2016/17 Report on the dry bean strip trials: 2016/17. September 2017

Van hier tot daar - 05 *

SEKTORALE VASSTELLING 13 VIR PLAASWERKER SEKTOR GEPUBLISEER IN STAATSKOERANT VAN 17 FEBRUARY 2006

Beleid oor die aanmelding van wanbestuur en ongerymdhede en die beskerming van bekendmaking daarvan

OpenStax-CNX module: m Lees en Woordorde * Siyavula Uploaders

AFLEWERING VAN DG/G WYNE DELIVERY OF DG/GOLD WINES BEOORDELING - JUDGING. 8 Aug Inskrywings sluit/entries close Oct

SERTIFISERINGSHANDLEIDING VIR DEELNEMERS AAN DIE WYN VAN OORSPRONG-SKEMA

CHISTIANA DELWERSFEES

OpenStax-CNX module: m Gedigte * Siyavula Uploaders

SUMMARY. diseases on mango plants and fruit and cause major economic losses to this industry.

Handleiding. Saamgestel deur. Leslie Bergh & Tim Pauw. Kopiereg voorbehou deur BenguelaSoft BK. Weergawe

VERITAS TOEKENNINGS / AWARDS INSKRYWINGS INLIGTING / ENTRY DETAILS

FACULTY OF ECONOMIC AND MANAGEMENT SCIENCES DEPARTMENT OF ECONOMICS ECONOMICS 110 Semester test 1 14 March 2008 Total: 50 marks Time: 60 minutes

Afstand * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Bonnie en Tommie gaan see toe 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Happiness is a cup of coffee. July 2016 Newsletter

Karoofees. 28 Feb - 2 Mrt MINé OLIVIER KANTOOR: FAKS: SELFOON:

KOMPAS. N.G. Kerk Kraggakamma. Wat almal van ons nou in ons lewenslêer moet reg hê. 'n Handleiding vir wanneer 'n geliefde sterf.

Belastingvrye Effektetrust Aansoekvorm Individuele beleggers (slegs nuwe beleggers)

DE VETTE MOSSEL STRAND GROOTBRAKRIVIER

DAAR IS NOG 15 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS

Potential of the 'Hall s Avoscan' as a Tool to Identify Soft Fruit during Packing for Export

DAAR IS NOG 15 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS

NAAM EN VAN VAN LEERDER:

D A MüLLERKOSHUIS. KOSHUISREëLS

AANSOEK OM NIE-LID REKENING. Aangeheg vind u die ondergenoemde relevante vorms vir voltooiing van u aansoek:

ALGEMENE INLIGTING GENERAL INFORMATION 1. DATUM VAN FEES DATE OF FESTIVAL 2. LIGGING LOCATION 3. TARIEWE TARIFFS

Before using this product read the label carefully MAXIBOOST. Reg. No. B3815, Act No. 36 of 1947 Namibian Reg. No. N-F 237 Botswana Reg. No.

Ligte gedigte en dinge

No. R November MARKETING OF AGRICULTURAL PRODUCTS ACT, 1996 (ACT No. 47 OF 1996)

RIGLYNE VIR DIE KEUSE EN GEBRUIK VAN SPRINKELAARS

Charolais. Waarom n. kalwers groei vinnig, dus laer mortaliteit. Charolaiskoeie beskik oor genoeg melk om van die swaarste kalwers te speen.

1. PROPOSED DEMARCATION OF CAPE COASTAL AND AMENDMENT OF COASTAL REGION AND OLIFANTS RIVER 2. MANDATORY CALCULATION OF CARBON EMISSIONS

AANHANGSEL 1/ANNEXURE 1 TABEL 1/TABLE 1 TOELAATBARE KULTIVARS/VARIëTEIT (ALLE KLASSE)/ PERMISSIBLE CULTIVARS/VARIETY (ALL CLASSES)

WET OP DIE INDIENSNEMING VAN OPVOEDERS 76 VAN 1998 i * [GOEDGEKEUR OP 30 SEPTEMBER 1998][DATUM VAN INWERKINGTREDING: 2 OKTOBER 1998] (Engelse teks

DEPARTEMENT VAN LANDBOU

Makadamia bemesting beginsels

Droëboonkultivaraanbevelings Dry Bean Cultivar Recommendations

Page 1 of 8

UTZ CERTIFIED Good Inside Gedragskode. Vir Rooibosproduksie Weergawe 1.0 Februarie 2011

Indicate client(s) to whom this final report is submitted. Replace any of these with other relevant clients if required. FINAL REPORT FOR 2001/2002

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 03 SEPTEMBER 2010 / 03 SEPTEMBER GENERAL NOTICE LIQUOR NOTICE NO. 02 OF 2010 LIQUOR ACT, NO. 6 OF 201

Die volgende dokumente moet die inskrywingsvorm vergesel:

Witblaarvlek (ook bekend as Grysstam) PJA Lombard en L Nowers Wes-Kaapse Departement van Landbou, Direktoraat Plantwetenskappe

2016 VERITAS CLASSES / KLASSE

CULTIVAR INFO : RUBY STAR * (PR00-33) ARC

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 RELIGIESTUDIES V1

Packaging / Verpakking: 1 L CAUTION VERSIGTIG SIEN INGESLOTE PAMFLET VIR VOLLEDIGE BESONDERHEDE SEE ENCLOSED PAMPHLET FOR FULL PARTICULARS

AANHANGSEL 1/ANNEXURE 1 TABEL 1/TABLE 1 TOELAATBARE KULTIVARS EN KORRELGROOTTE (ALLE KLASSE)/ PERMISSIBLE CULTIVARS AND BERRY SIZE (ALL CLASSES)

Marieta van Bladeren Nigella se aartappel blini. Maar ek dress hom soos die foto

NATIONAL STUDENT FINANCIAL AID SCHEME

SLAAI UITDAGING SALAD CHALLENGE

Van hier tot daar - 02 *

INMAAKVRUGTE PERSPEKTIEF 2 AD COLLINS TOEKENNING 3 VERBRUIKERSTUDIES OLIMPIADE 4 VRUGMONSTER NEMING VIR RESIDU ONTLEDING 4

WINE INDUSTRY STRATEGIC EXERCISE (WISE) Survey Feedback

ReTain. Reg No./Nr. L 6141 Act/Wet No./Nr.36 of/van 1947 WATER SOLUBLE POWDER / WATEROPLOSBARE POEIER. Active Ingredient / Aktiewe bestanddeel

Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Grondslagfase Graad R-3

Reg. No. L3945 Act No. 36 of 1947 Reg. Nr. L3945 Wet Nr. 36 van 1947 INSECTICIDE GROUP CODE 1A INSEKDODER GROEP KODE

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. In die saak tussen:- ANNA SUSANNA ELIZABETH VAN DER MERWE

Per Serving: 310 Calories; 16g Fat; 36g Protein; Carbohydrate; 1g Dietary Fiber; 2g Net Carbs

GRAAD R OOREENKOMSVORM 2018

Hoe het Coke ontstaan? *

FOLPAN 500 SC. Reg. No. / Nr. L 4662 Act No. / Wet No. 36 of / van 1947 N AR g / l NET VOLUME / NETTO VOLUME

WYN- EN SPIRITUSRAAD. Skema vir Geïntegreerde Produksie van Wyn. Geïntegreerde Produksie Van Wyn: Handleiding vir die Plaas.

GEDRAGSKODE ROOIBOS MODULE. Weergawe 1.1

'N STOCHASTIESE BESLUITNEMINGSMODEL VIR TAFELDRUIFPRODUKSIE TOEGEPAS IN DIE WES- KAAP

DIE QUINTUS PORK BELLY

Seisoene - 03 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Seisoene 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

BOER. want boere is die beste. GRATIS Uitgawe Januarie

Fruitcare. Reg. No.: L 9204 Act No. 36 of 1947 Reg. Nr.: L 9204 Wet Nr. 36 van 1947 Namibian Reg. No. N-AR 1513 Namibiese Reg. Nr.

GRONDBOONBOTTER FIX KOEKIE

No-Blite. No-Blite. Packaging / Verpakking: 5 kg

VOORWOORD. Lallemand: Natural solutions that add value to the world of winemaking DIE GESKIEDENIS EN AGTERGROND DIE LALLEMAND FILOSOFIE

Gevaarlike afval in huishoudelike afval: n gevallestudie

BIOMECTIN. Reg. No. L 7979 Act/Wet No. 36 of/van 1947 N-AR 1112

MONIQUE SE LEKKER PEANUT BUTTER FUDGE


AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL

Leseenheid 10. Aktiwiteit 1: Kom ons luister. Aktiwiteit 2: Ons skryf. Opdrag. Prettige Pizza Plek. Groepopdrag. Doughie moet invul:

Bruin gesinne se belewenisse van die negatiewe uitwerking van ouerlike alkoholmisbruik

Spreek pizza so uit: pietsa. bak: to bake; om iets in n oond gaar te maak

2015/2016 VKB LANDBOU-ONTWIKKELING NAVORSINGSVERSLAG

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL VAN SUID-AFRIKA

FERTIFLO (19) 96 g/kg 63 g/kg 32 g/kg 10 g/kg mg/kg 500 mg/kg 500 mg/kg 500 mg/kg 200 mg/kg 5 mg/kg

SAND DUNES OVERRUNNING BRANDER STREET AND REPAIRS TO THE SLANG RIVER MOUTH

Nuusbrief / Newsletter

SA Terroir Wine Awards 2008 Concept and Catalogue (catalogue, contact details on pages 3, 4)

Moet nie agter. gelaat word nie. Ons is in vlug, is jy aan boord?

VOORWOORD. Lallemand Inc. is n private. Lallemand Inc. is n Kanadese. Lallemand Inc. glo dat GESKIEDENIS & AGTERGROND VISIE & MISSIE LALLEMAND

Chlorpyrifos 480 EC. Reg. No.:L6272 Act /Wet No. 36 of/van 1947

Cheesy Bacon Ranch Pull Apart Bread

FINALE NAVORSINGSVERSLAG (2000/2001): WINETECH

DIE INVLOED VAN MELKSUURVORMENDE BAKTERIE~ OP DIE KWALITEIT EN SAMESTELLING VAN. DROe ROOIWYN

MEDIAVRYSTELLING (English below) 24 Maart 2018 Vir onmiddellike vrystelling. Woolworths se kaas maak geskiedenis met twee in n ry

Transcription:

INHOUD INDEX 1 INLEIDING INTRODUCTION 2 KEURDERS INSPECTORS 3 TIPES KEURING TYPES OF INSPECTION 4 ADMINISTRATIEWE VOORBEREIDING VIR KEURING ADMINISTRATIVE PREPARATION FOR INSPECTION 5 AANSOEK OM KEURING APPLICATIONS FOR INSPECTIONS 6 DIE KEURINGSPROSES THE INSPECTION PROCESS 7 TERUGVOER NA KEURING FEED BACK AFTER INSPECTION 8 APPèL AANSOEKE APPEAL AAPLICATIONS 9 ONDERNEMING DEUR DIE EIENAAR VAN DIE PERD UNDERTAKING BY THE OWNER OF THE HORSE 1. INLEIDING 1.1 Algemeen Keurders gebruik nie die keuringsproses om enige perd te benadeel of te bevoordeel nie. Die plig van die keurders is om ʼn perd te evalueer volgens die minimum rasstandaard en kriteria soos uiteengesit in die Konstitusie van die SA Boerperd Telersgenootskap. Daar kan met trots na ʼn gebrande SA Boerperd verwys word as ʼn verteenwoordiger en ambassadeur van die SA Boerperd ras. Hingste en Merries is die teelmateriaal van die Genootskap en die reunperde die resultate. 1.2 Minimum vereistes t.o.v. hoogtemaat Die amptelike minimum hoogtemaat van volwasse SA Boerperde (1hand = 10,1cm), is soos volg: Hingste : 14.2h (143cm) Merries : 13.3h (134cm) 1.3 Minimum slaagvereistes t.o.v. hingste, merries & reuns Hingste : 75%. Merries : 70% Reuns : 70% Om te kan slaag, moet ʼn perd se gemiddeld (bereken op die gesamentlike berekening van die beoordelaars teenwoordig), die minimum slaagsyfer behaal. 1

2. KEURDERS 2.1 Keurders as Ampsdraers Keurders word deur die Raad aangestel soos benodig. Keurders moet lede van die Genootskap wees. 2.1.1 Keurders word aangestel uit die paneel van Senior Beoordelaars. 2.1.2 Keurders is ampsdraers van die Genootskap en hul beslissings moet as sodanig deur die lede aanvaar word. 2.1.3 Alle keurders moet voor aanvang van die jaarlikse keuring ʼn opknappingskursus bywoon om ʼn keuringstoer te kan uitvoer. 2.1.4 Die Raad sal van tyd tot tyd die paneel van keurders in heroorweging neem, en daaruit sodanige name verwyder of vervang/byvoeg, soos wat nodig geag mag word. 2.1.5 Keurders moet altyd poog om onderling tot ʼn ooreenkoms te kom, alvorens uitspraak oor ʼn dier gegee word. 2.1.6 Alle inligting en kennis waaroor ʼn keurder beskik met betrekking tot perde in die Genootskap, moet as vertroulik hanteer word. 2.1.7 Keurders moet op hoogte wees met die familietrekke, asook goeie en swak eienskappe van die onderskeie bloedlyne. 2.1.8 Keurders moet op hoogte wees met die administratiewe deel van die keuring. 2.2 Kwalifikasie-vereistes: 2.2.1 Teoretiese eksamen. 2.2.2 Die praktiese eksamen sal op uitnodiging plaasvind en moet deur die volgende praktiese ervaring vooraf gegaan word: Minstens 3 merrie- en reun keuringstoere Minstens 3 hingskeurings (uit KwaZulu-Natal-, Mpumalanga-, Vrystaat-, Gauteng-, Wes-Kaap streke) moet bygewoon word. Die kandidaatkeurder se uitslae word daarna volgens ʼn puntestaat vergelyk met keurders se vooraf keuring om sy/haar kennis en vaardighede te evalueer. Algemene kennis oor die SA Boerperd asook menseverhoudinge sal in ag geneem word. 2.2.3 Alle bevorderings moet deur die Raad goedgekeur word en keurders sal slegs aangestel word volgens die diskresie van die Raad. 3. TIPERS KEURING Daar is tans 5 tipes keuring beskikbaar soos hieronder beskyf. 3.1 Keuringstoere vir merries & reuns Keurders besoek verskillende venues om daar groeperings van merrie / reuns te keur. Vooruit betaalbaar. Reiskostes word verdeel en na afloop van die keuringsproses gefaktureer. 3.2 Hingskeurings Hingskeurings word deur klubs / keurders op ʼn sentrale plek in verskillende streke gereël en die hingste word op eie onkoste en met eie vervoer daarheen gebring vir keuring. Vooruit betaalbaar. 3.3 Spesiale keurings 2

Spesiale keurings wat nie onder die normale keuringsprosedures plaasvind nie, kan slegs deur skriftelike aansoek aan die Raad geëvalueer en goedgekeur word. ʼn Voorbeeld van ʼn geldige aansoek om spesiale keuring, sou kuddeveilings insluit. Spesiale fooi vooruit betaalbaar. Alle reiskostes word gefaktureer. 3.4 Laat aansoeke Laat aansoeke word as Spesiale keurings, met die heffings daaraan verbonde, hanteer. 3.5 Keuring van nie-lede Al onderstaande vereistes is van toepassing. Spesiale heffing. Reiskostes. 4. ADMINISTRATIEWE VOORBEREIDING VIR KEURING 4.1 Geboortekennisgewing Die geboorte-kennisgewing moet volledig ingevul word en so gou as moontlik (verkieslik binne 90 dae) na geboorte tesame met die vul se haar-monster aan die kantoor gestuur word. Indien die vul se geboorte elektronies op www.logix.org.za aangeteken word, kan ʼn uitdruk van die aantekening saam met die haar monster aan die kantoor gestuur word. ʼn Ekstra heffing is van toepassing op laat aantekenings. 4.2 DNS verifiëring Die haarmonster moet in ʼn papier koevert geplaas word wat duidelik gemerk is met die volgende besonderhede: i Naam van die eienaar en stoet; ii Naam van vul; iii Tatoeër nommer of mikroskyfie nommer (lg. verkieslik); iv Geboorte kennisgewing nommer. Indien ʼn teler/lid nie weet hoe om ʼn haarmonster te trek nie kan ʼn Keurder, Raadslid of streekverteenwoordiger gekontak word om van hulp te wees. Indien u nie u vul reeds elektronies op logix aangeteken het nie, sal die kantoor by ontvangs van die harde kopie die geboorte kennisgewing elektronies aanteken, verifieer en na SA Stamboek deurgee vir opname in die stelsel en aanbring op u Per Kapita lys. ʼn Registrasie nommer word aan die vul toegeken. Sodra die DNS profiele en korrekte ouerskap verifiëring van die Laboratorium ontvang is, sal ʼn DNS sertifikaat aan u uitgereik word. Indien die DNS verifiëring nie korrek is nie, sal die teler/lid in kennis gestel word deur die kantoor sodat die nodige reëlings getref kan word om dit reg te stel. GEEN DIER KAN VOOR KEURING GEBRING WORD AS OUERSKAP NIE GEVERIFIEER IS NIE. 4.3 Eienaarskap: Leenoordragte & Dekkingsertifikate Indien die vaar of moer van die vul nie aan u behoort nie, moet ʼn dekkings- of leensertifikaat wat deur die eienaar daarvan ingevul en onderteken word. Die belangrike dokument moet ook die geboorte-kennisgewing van die vul vergesel. Dit kan ook elektronies op www.logix.co.za gedoen word. 3

4.4 Hangende vul aantekenings ( Pending ) Indien enige inligting, soos hierbo genoem, ontbreek word die vul se registrasie op Hangende (Onafgehandel) ( Pending ) geplaas en sal die kantoor die lid in kennis stel daarvan sodat die nodige gedoen kan word om dit reg te stel. Daar kan onderskeie redes daarvoor wees bv.: Ongeverifieërde ouerskap; Ontbrekende dekkingsertifikate; Ontbrekende leenoordragte; Vaar se CEM nie op datum nie; 5. AANSOEK OM KEURING 5.1 Ouderdom van Perde Wanneer vullens die ouderdom van 2 jaar bereik sal die kantoor aan die teler/lid ʼn kennisgewing stuur van die diere wat in aanmerking kom vir keuring in die daaropvolgende jaar, asook reeds gekeur kon gewees het. ʼn Perd behoort minstens 2 jaar oud te wees ten tye van die keuringsproses. Keuring moet verkieslik afgehandel wees voor ʼn dier die ouderdom van 4 jaar bereik, aangesien geen ongebrande perd ouer as 4 jaar aan SA Boerperd Skoue & Kampioenskappe mag deelneem nie. 5.2 Kennisgewing van keuringsaansoeke Aansoekvorms vir keuring word jaarliks vanaf November/Desember beskikbaar gestel. Lede word per sms, e- pos en Nuusbrief (Communicator), asook op die webblad ingelig van die nuwe jaar se keuringsaansoeke. Navrae kan aan die kantoor of Raadslid taakgemagtig met KEURINGS gerig word. 5.3 Aansoekvorms Dit is telers/lede se eie plig om te verseker dat aansoekvorms vir keuring ontvang is voor die kantoor in Desember sluit. Daarna sal die inligting op die webblad www.saboerperd.com, sowel as Logix www.logix.org.za beskikbaar wees. 5.3.1 Aansoekvorms moet volledig ingevul word en al die blokkies moet volledig en duidelik gemerk wees. 5.3.2 Dit is belangrik dat ʼn padkaart met duidelike aanwysings na die punt van keuring op die keersy of meegaande e-pos saam met die aansoek ingehandig sal word. GPS koördinate is verpligtend. 5.3.3 Indien die aansoek vir keuring vir een of meer redes nie volledig of korrek is nie, kan dit deur die kantoor aan die teler/lid teruggestuur word en die aansoekkostes deur die teler/lid verbeur word. 5.3.4 ʼn Spesifieke dier kan slegs een keer per jaar voor keuring gebring word. 5.4 Finansies Keuringsaansoeke werk op ʼn kontant basis. 5.1.1 Geen keuringsaansoek sal aanvaar word sonder ʼn bewys van betaling nie. 5.1.2 Geen keuringsdiens sal gelewer word indien die aansoeker se rekening nie ten volle op datum en vereffen is nie. 5.1.3 Nadat die keuring afgehandel is, word die finale reiskostes bereken en verdeel waarna lede vir die uitstaande bedrag gefaktureer word. 5.1.4 In die geval van ʼn appèl, moet ʼn deposito en bewys van betaling soos vasgestel op die heffingslys, die aansoek vergesel. Indien die appèl toegestaan word, word die teler te rekening weer daarmee gekrediteer. 5.1.5. Reiskostes word soos volg bereken: Die totale afstand (km) word verdeel deur die aantal keuringspunte wat besoek is. Almal betaal dus dieselfde bedrag. Namibië word apart bereken. 4

5.1.5.1 Indien ʼn teler verskillende diere op twee plekke perde laat keur, en daar sou op die tweede punt wel keuring plaasgevind het, betaal hy/sy net vir een keuring se reiskostes. 5.1.5.2 Indien ʼn perd op die dag van keuring op ʼn alternatiewe plek staan wat nie vooraf geskeduleer is vir keuring nie en die keurders ʼn addisionele punt moet besoek, sal ekstra reiskostes daarvoor gehef word. 6. DIE KEURINGSPROSES 6.1 Reëlings t.o.v. keuringsvenue / -toere Indien die skriftelike aansoek om keuring as korrek aanvaar is, sal die betrokke Keurder(s) met die lid in verbinding tree en reëlings tref van wanneer die keuring gaan plaasvind. Lede word versoek om hulle volle samewerking aan die Keurders te verleen om hulle taak te vergemaklik en om die proses so glad as moontlik te laat verloop. 6.1.1 Keuringstoere word uitgevoer volgens ʼn roete-program soos opgestel deur die Kantoor / keurderskomitee. 6.1.2 Perde sal slegs gekeur word by die keuringspunt soos op keuringsaansoek aangedui is. 6.1.3 Die plek en tyd van keurings sal gedurende die keuringstoer weer met die teler bevestig word. Indien daar veranderinge nodig mag wees a.g.v. onvoorsiene omstandighede, sal dit ook betyds aan die lid gekommunikeer word. 6.2 Keuringsvereistes Dit is belangrik dat die teler/eienaar seker maak dat die perd se mikroskyfie duidelik leesbaar is voordat die keurders opdaag. Perde waarvan die identiteit nie positief en herhaaldelik bevestig kan word nie, sal nie gebrand word nie. 6.2.1 Alle mikroskyfies moet duidelik en leesbaar wees. 6.2.1 Indien die perd van ʼn mikroskyfie voorsien is, moet die teler/lid sorg dat ʼn skandeerder op die dag van keuring beskikbaar is in gevalle waar mikro-skyfies nie by SA Stamboek aangekoop is nie. 6.2.1 Indien dit sou gebeur dat ʼn ingeplante mikroskyfie gemigreer het en nie op die dag van keuring opgespoor en gelees kan word nie, kan die perd gekeur, maar nie gebrand word nie. ʼn Nuwe mikroskyfie sal tydens dieselfde keuringsdag deur die keurders ingeplant word en elektronies (logix) aan die spesifieke perd se profiel gekoppel word. Wanneer die dier se identiteit met die nuwe mikroskyfie en DNS herbevestig kan word, kan die naaste keurder die dier brand op voorwaarde dat hy wel weer die dier weer positief kan identifiseer. 6.2.2. ʼn Perd wat voor keuring gebring word, moet in ʼn redelike kondisie wees, nie om foute te probeer wegsteek nie, maar om die perd ʼn billike kans te gee om goed te vertoon en te ontwikkel. Alle perde moet handmak wees. Hingste word sonder skoene vertoon. 6.2.3 Tydens die keuringsproses sal die keurders die eienaar inlig van wat van hom/haar verwag word indien die lid nie vertroud is met die prosedure nie. 6.2.4 Telers/lede word versoek om die keurders die nodige privaatheid te gee om die perd te evalueer. 6.3 Toediening Van SA Boerperd Brandmerk Die SA Boerperd brandmerk op die regter boud is die kenmerkende teken van kwaliteit. 6.3.1 Indien die perd die keuring slaag, sal die SA Boerperd brandmerk op dieselfde dag aangebring word. Die eienaars mag aan die keurders versoek om die perd namens hulle te brand. 6.3.2 Hingste wat OORSTAAN, maar as reunperde aanvaarbaar is, mag na kastrasie deur die naaste keurder gebrand word indien die identiteit van die betrokke REUN geverifieer kan word. 5

6.4 Gedragkode Tydens Keuring Lede word versoek om hulle volle samewerking aan die Keurders te verleen om die proses so glad as moontlik te laat verloop. 6.4.1 Eienaars, vertoners en toeskouers moet hulle beleefd en beskaafd te gedra. 6.4.2 Fisieke geweld, lasterlike en/of beledigende taal, sowel as onwelvoeglike tekens en gebare is onaanvaarbaar. 6.4.3 Eienaars, vertoners en gevolmagtigdes moet selfbeheersing en respek toepas, asook hoflikheid en verdraagsaamheid teenoor mekaar, die beoordelaars en/of keurders betoon. 6.4.4 Onbetaamlike reaksie op beslissings van beoordelaars en keurders is onaanvaarvaar. Indien daar ongelukkigheid is oor ʼn uitslag, kan die appèlprosedures gevolg word. 6.4.5 Hardhandigheid/wreedheid teenoor perde sal nie geduld word nie. Ernstige gevalle sal by DBV/SAPD aangemeld word. 7. TERUGVOER NA KEURING Wanneer die keuring afgehandel is sal die keurders enige vrae en besprekings aangaande die perd met graagte beantwoord. 7.1 Inspeksie puntekaarte Inspeksiepuntekaarte is na keuring beskikbaar vir besigtiging deur die eienaar, maar punte is nie oop vir bespreking nie. 7.2 Registrasiesertifikate Diere wat tydens keuring geslaag het sal so gou as moontlik ʼn registrasie sertifikaat wat uitgereik word deur SA Stamboek van die kantoor ontvang. Dit is ook elektronies op www.logix.org.za beskikbaar. 7.3 Oorstaan van perde wat nie gekeur is nie Geen perde word afgekeur nie, maar word slegs oorgestaan vir verskeie redes soos bv. onvolwassenheid. Telers/lede mag elke jaar aansoek doen vir keuring van ʼn perd wat oorstaan. ʼn Spesifieke dier mag egter slegs EEN keer per jaar voor keuring gebring word. 7.4 Keuring van die nageslag van ʼn ongekeurde perd Geen nageslag van ʼn hings of merrie wat oorgestaan het, mag aangeteken word nie. Indien sodanige perd wel later keuring slaag, kan sy/haar nageslag terugwerkend aansoek doen vir keuring. Die normale terme en voorwaardes is van toepassing. 8. APPèL PROSEDURES Indien ʼn teler ontevrede is met die keurders se beslissing, kan die skriftelike appèl volgens die hieronder uiteengesit, gevolg word: 8.1 Skriftelike appèl moet binne 1 week (7 dae) na die inspeksie by die kantoor ingedien word; 8.2 Sodanige appèl moet met ʼn bewys van betaling van deposito, soos van tyd tot tyd deur die Raad bepaal word, vergesel word. 8.3 ʼn Appèlraad wat deur die Raad van die Genootskap aangewys is, sal die versoek evalueer en indien nodig, die betrokke dier(e) herinspekteer. 8.4 Met herinspeksie sal die betrokke hoofkeurder die twee aangewese appèlkeurders vergesel vir herkeuring. 6

8.5 Indien die appèl slaag, sal die deposito terugbetaal word. Indien nie, verbeur die applikant sy deposito en is verantwoordelik vir alle ander addisionele kostes. 9. ONDERNEMING DEUR DIE EIENAAR VAN DIE PERD Met die volledige voltooiing van die keuringsaansoekvorm, onderneem die eienaar van die perd(e) die volgende: 9.1 dat die identifikasie van elke perd deeglik en duidelik leesbaar is (verkieslik mikro-skyfie); 9.2 dat hy/sy ʼn skandeerder vir die mikro-skyfie sal voorsien indien lg. nie deur SA Stamboek aangekoop is nie; 9.3 dat ouerskap is d.m.v. DNS toetse geverifieer is; 9.4 dat hy/sy kennis dra daarvan dat die kudde brand of kenmerk van ʼn stoet opsioneel is; 9.5 dat die Keurdersfooi en bewys van betaling aan die kantoor gestuur is; 9.6 dat sy/haar algemene rekening vereffen is; 9.7 dat die Padroete, sowel as GPS koördinate na die keuringsbestemming aangeheg en aan die kantoor gestuur is; 9.8 dat hy/sy aanvaar dat sy/haar aansoek nie noodwendig beteken dat die betrokke perd(e) gekeur sal word na gedurende inspeksie nie; 9.9 dat hy/sy sal voldoen aan die gedragskode; 9.10 dat hy/sy genoegsame fasiliteite en hulp gedurende die keuring sal voorsien; 9.11 dat hy/sy of ʼn gevolmagtigde persoon teenwoordig sal wees tydens die keuring; 9.12 dat hy/sy slegs perde voor keuring bring wat volgens die kantoor se lys aan al die vereistes t.o.v. keuring voldoen; 9.13 dat onvoorsiende veranderings en foute reeds aan die kantoor deurgegee en reggestel is waar nodig; 9.14 dat hy/sy sal hou by die keuringsprotokol; 9.15 dat die betrokke perd handmak is. 7