Ligte gedigte en dinge

Similar documents
OpenStax-CNX module: m Lees en Woordorde * Siyavula Uploaders

Spreek pizza so uit: pietsa. bak: to bake; om iets in n oond gaar te maak

Kos en advertensies. Luister- en praattyd: Wat sal jy koop? Voorbeeld: Ek sal koeldrank, brood,... koop. appels. tee. aartappels.

OpenStax-CNX module: m Gedigte * Siyavula Uploaders

Van hier tot daar - 05 *

Leseenheid 10. Aktiwiteit 1: Kom ons luister. Aktiwiteit 2: Ons skryf. Opdrag. Prettige Pizza Plek. Groepopdrag. Doughie moet invul:

Afstand * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Bonnie en Tommie gaan see toe 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Van hier tot daar - 02 *

Hoe het Coke ontstaan? *

VENUE CHECKLIST. Venue pas in by julle tema (bv rustic- plaas, city-chic en modern, natuurlik, klassiek, medieval of iets heeltemal uniek ens)

Marieta van Bladeren Nigella se aartappel blini. Maar ek dress hom soos die foto

STUDIEVELD B LETTERKUNDE 1: FABELS EN MITES LES 1

FACULTY OF ECONOMIC AND MANAGEMENT SCIENCES DEPARTMENT OF ECONOMICS ECONOMICS 110 Semester test 1 14 March 2008 Total: 50 marks Time: 60 minutes

Stap 3 : Sorg dat die laaste periode van Augustus 2016 gedoen en gepos is.

DAAR IS NOG 15 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS

SLAAI UITDAGING SALAD CHALLENGE

Verslag oor die droëbone strookproewe: 2016/17 Report on the dry bean strip trials: 2016/17. September 2017

Seisoene - 03 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Seisoene 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Primêre Skool Jordania

DAAR IS NOG 15 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS

MONIQUE SE LEKKER PEANUT BUTTER FUDGE

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 RELIGIESTUDIES V1

Per Serving: 310 Calories; 16g Fat; 36g Protein; Carbohydrate; 1g Dietary Fiber; 2g Net Carbs

Skool Vakansie Sorg Bring die kinders om te kom SPEEL. Ons pas u kind op terwyl u werk.

GRONDBOONBOTTER FIX KOEKIE

Karamel Brownies. Karamel: 32 cream caramels (daardie caramel toffies wat in die lang boksies is) ½ k. botter 1 blik kondensmelk.

Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Verdere onderwys- en opleidingsfase Graad 10-12

VOORWOORD VOORWOORD. Kos en samesyn gaan hand aan hand. Gesellige. Together. Die reuk van moerkoffie op die stoof, saam met die van eiers, spek en

Cheesy Bacon Ranch Pull Apart Bread

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

DIE QUINTUS PORK BELLY

Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Grondslagfase Graad R-3

DE VETTE MOSSEL STRAND GROOTBRAKRIVIER

INTERACTIVITY GUIDE. Kalahari Water is an interactive electronic magazine. Every article is packed

VOORWOORD. Dr F. Peters Director: Curriculum ECD & GET Programmes. Vir verdere insette tot hierdie dokument kan u die volgende persone kontak:

Welkom by Koekela Huiskafee

SUMMARY. diseases on mango plants and fruit and cause major economic losses to this industry.

Spieëltjie, Spieëltjie aan die wand -

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL

INTERACTIVITY GUIDE. Kalahari Water is an interactive electronic magazine. Every article is packed

Hussar Grill - Going from strength to strength

Celtis Africana June The environmental awareness publication of Sterkfontein Country Estates

sweetcorn tert Metode:

VETKOEK OR BREAD DOUGH

Vark wors VARKWORS METODE: Nota

Gmail - Fw: BOLAND REELS VIR LIGA WEDSTRYDE

JERSEY SA. Nuusbrief

IDEES VIR FONDANT IN VORMS

MADELEINES MADELEINES

Die agtergrond en ontstaansgeskiedenis van Hubert du Plessis se Duitse en Franse liedere

8. If the cookies still seem a little soft don t worry it will set more as they cool. 9. Enjoy!!! 10. PS Very delicious with coffee and tea!

MOZAMBIQUE PERI PERI CHICKEN

TAMELETJIES GIDEON SE TAMELETJIE

Potential of the 'Hall s Avoscan' as a Tool to Identify Soft Fruit during Packing for Export

Mushroom and Blue Cheese on Toasted Ciabatta

Kerrie perskes. Pickled Fish

SPINASIE, SAMPIOEN, SPEK EN FETA QUICHE

SELFGEMAAKTE DEEG VIR SAMOOSAS

Sjokolade-mousse-terrien

BOER. want boere is die beste. GRATIS Uitgawe Januarie

Heide-Mari Dissel Tamatie en uie slaai gebottel heerlik oor en in ENIGE gereg.

Suurlemoengegeurde malvapoeding

DE KRANS. 16 tot 28 Desember perskepluk, Sarel-taaipitperskes by De Krans, teen R8/kg. 4 tot 28 Februarie 2017, Hanepootpluk by De Krans

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Before using this product read the label carefully MAXIBOOST. Reg. No. B3815, Act No. 36 of 1947 Namibian Reg. No. N-F 237 Botswana Reg. No.

Muffins Steak & Ale Tin Pies

Lentil Curry. Ingredients

Pork belly roast. Ingredients. Method

COCONUT WAFERS. Variation Omit the coconut and add choc chips/ cherries

Celtis Africana May The environmental awareness publication of Sterkfontein Country Estates

WAT DIE BYBEL LEER OOR SONDE Dr Arnold Fruchtenbaum

GRADE 11 NOVEMBER 2014 HOSPITALITY STUDIES

Indicate client(s) to whom this final report is submitted. Replace any of these with other relevant clients if required. FINAL REPORT FOR 2001/2002

2016 VERITAS CLASSES / KLASSE

WINDMEUL KELDER KERRIE AFVAL

GEBAKTE KAASKOEK MET GEMENGDE BERRIES

TWO-MINUTE MICROWAVE FUDGE

Bacon Wrapped BBQ Chicken Bundles

PAASWEEK 05 tot 12 April 2009

Happiness is a cup of coffee. July 2016 Newsletter

Dulche-de-leche Gevriesde Kaaskoek

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. In die saak tussen:- ANNA SUSANNA ELIZABETH VAN DER MERWE

Easy Breakfast Sandwich Pudding with Crispy Bacon

Griddled bavette steak with shallot and red wine sauce

PICCALILLI SLAAI EN WORTELSLAAI

Johanna J.E. Messerschmidt Departement Kurrikulumstudie, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein

WINE INDUSTRY STRATEGIC EXERCISE (WISE) Survey Feedback

Carrot and Pineapple Cake

FERTIFLO (19) 96 g/kg 63 g/kg 32 g/kg 10 g/kg mg/kg 500 mg/kg 500 mg/kg 500 mg/kg 200 mg/kg 5 mg/kg

Erika Murray-Theron. Stippellyn

Chocolate Chip Peanut Butter

Sell your home this Spring with our qualified Estate Agents

Droëboonkultivaraanbevelings Dry Bean Cultivar Recommendations

Focaccia met baba-aartappels en geroosterde knoffel

Inhoud. Voorwoord. Vanjaar kuier ons op Get Together se stoep en vertel al die stoepstories van al die jare.

Witblaarvlek (ook bekend as Grysstam) PJA Lombard en L Nowers Wes-Kaapse Departement van Landbou, Direktoraat Plantwetenskappe

Ken jou wynterme. Brut Droë vonkelwyn.

MOVEMBER NOVEMBER '17

GASVRYHEIDSTUDIES GRAAD 11 NOVEMBER 2015 PROVINSIALE VRAESTEL

Bruin gesinne se belewenisse van die negatiewe uitwerking van ouerlike alkoholmisbruik

Transcription:

2 Ligte gedigte en dinge Luister en praat: n Gedig Luister en praat Pre-luister: Probeer voorspel waaroor die gedig gaan deur na die titel te kyk. Tydens luister: Luister na die gedig waarin die spreker wense wens. As die see net nie so sout was nie As die see net nie so sout was nie en as ys net nie so koud was nie, het dorings dalk minder gesteek en was Kersfees miskien elke week. versreël strofe As die see net nie so sout was nie en as ys net nie so koud was nie, het mense dalk minder baklei en het kinders meer lekkers gekry. rymwoorde As die see net nie so sout was nie en as ys net nie so koud was nie, het almal dalk geld in die bank en was pouse miskien heeldag lank. As die see net nie so sout was nie en as ys nie so koud was nie en as as nie verbrande hout was nie. Jaco Jacobs (Uit: n Brulpadda in my tas, LAPA Uitgewers, 2008) Post-luister: Dinkvrae: Groepbespreking Bespreek die vrae in groepe. Wat sal gebeur as (if) die see nie sout is nie? Wat sal met ys gebeur as dit nie koud is nie? Kan as (ash) ooit weer hout word? n Mens sê die idioom as is verbrande hout aan iemand wat gedurig as sê en wens dat hulle iets anders gedoen het of dat iets anders was. Dié idioom is n voorbeeld van figuurlike taalgebruik (konnotasie). 16 Kwartaal 1 Week 3 en 4

Taalstrukture en -konvensies Taal in konteks A Gee die antonieme van die woorde tussen hakies. 1. Die water in die see is (soet). 2. Ys is altyd (warm) en (sag). 3. Dorings wat n mens steek, is altyd (stomp). Het jy geweet? Baklei (to fi ght ), wat stry of rusie maak beteken, is n leenwoord uit Maleis. B C D E Soek die twee sinonieme vir die woord moontlik in strofe 1. Waarvoor wens die spreker alles? Kies die regte antwoord tussen hakies. 1. Dat mense (minder/meer) moet baklei. 2. Dat kinders (minder/meer) lekkers moet kry. 3. Dat (almal geld in die bank moet hê/niemand geld in die bank moet hê nie). 4. Dat pouses (heeldag/heelnag) lank moet wees. Kyk waar die kommas en punte in die gedig gebruik word en sê wat hulle funksie is (leestekens). Sê of die woord as letterlik (denotatief) of figuurlik (konnotatief) in die volgende sinne gebruik word. 1. Al wat oorgebly het van die hout na die vuur, is n hoop as. 2. As jy meer geleer het, sou jy die toets geslaag het, maar as is verbrande hout. Lesreeks 2: Ligte gedigte en dinge 17

Lees en kyk Lees en kyk: Die kenmerke van n gedig Pre-lees: Bestudeer die onthou-blokkie voordat jy die gedig op bl. 16 lees. Tydens lees: Voorbereide lees Berei die gedig by die huis voor. Oefen dit hardop voor die spieël. Let op jou uitspraak, frasering (gee aandag aan leestekens), toon en stemprojeksie. Maak oogkontak met jou gehoor. Maak ook gebruik van gebare as jy wil (liggaamstaal). Post-lees 1. Sê wat die titel van die gedig is en beskryf die illustrasie. 2. Uit hoeveel strofes bestaan die gedig? 3. Hoeveel versreëls is daar in elke strofe? 4. Die laaste twee versreëls in elke strofe rym. Skryf al die rymwoorde neer. 5. Wat dink jy is die doel van die herhaling van die eerste twee versreëls in elke strofe? 6. Is die herhaling van die s-klank in die volgende reël n voorbeeld van assonansie of alliterasie? As die see net nie so koud was nie 7. Daar is n sterk ritme in veral versreël 1 en 2 van elke strofe. Klap julle hande terwyl julle die reëls ritmies hardop lees. As die see net nie so sout was nie en as ys net nie so koud was nie. As die see net nie so sout was nie. Onthou! n S orie word in paragrawe geskryf en n gedig word in strofes geskryf. n s ories is daar sinne en in gedigte is daar versreëls. Rymwoorde is woorde wat dieselfde klink, bv. lig, gedig. Assonansie is die herhaling van vokale, bv. die see kom weer n keer. Alliterasie is die herhaling van konsonante, bv. die see spoel sag oor die sand. Ritme is die herhaling van woorde met klem in elke versreël, bv. hy stáp en stáp in réën en wínd. 18 Kwartaal 1 Week 3 en 4

Skryf en aanbied Skryf en aanbied: Jou eie gedig Skryf jou eie gedig waarin jy jóú wense uitspreek. Beplanning/Pre-skryf Kies enige tema waaroor jy wil skryf, bv. Wense, Die weer, Mense, Diere. Besluit op n struktuur vir jou gedig: Gaan jou strofes uit twee, drie of vier versreëls bestaan? (Jou gedig moet ten minste twee strofes lank wees.) Gaan jy rymwoorde gebruik, bv. kind wind; maan staan? Gaan jy voegwoorde soos omdat, maar, want gebruik? Gaan jy met klanke speel en alliterasie en assonansie gebruik? Bring vergelykings in as jy wil, bv. so lig soos n veer. Skryf n konsep Maak seker dat jy n verskeidenheid sinslengtes en -strukture gebruik: party sinne kan lank wees, ander weer kort as jy wil. Maak gebruik van figuurlike taal soos idiome as jy kan. Kies jou woorde goed. Gee vir jou gedig n titel. Hersien, redigeer, proeflees en aanbied Hersien jou gedig en redigeer die foute. Skryf dit netjies oor en proeflees dit dan voordat jy dit finaal aanbied. Lesreeks 2: Ligte gedigte en dinge 19

Luister en praat: Luisterbegrip: n Raaiselgedig Luister na n raaiselgedig wat die onderwyser vir jou gaan voorlees en beantwoord vrae daaroor. Jy gaan die gedig twee keer hoor. Pre-luister Lees deur die vrae en skryf die vraagnommers onder mekaar in jou boek neer. Tydens luister Jy kan aantekeninge maak, maar jy moet aandagtig luister. Luister en praat Post-luister Beantwoord die vrae en lees dan deur jou antwoorde om seker te maak dat jy tevrede is daarmee. Vrae 1. Wat is die naam van die dorp? 2. Hoeveel grootmense is daar in die gedig? 3. Hoeveel kinders is daar? 4. Watter getal hoor jy vier keer? 5. Van watter diere hoor jy? 6. Gee die rymwoorde in versreël 1 en 2. 7. Gee die antwoord op die vraag aan die einde van die gedig. n Raaisel is eintlik n snaakse vraag. n Mens moet die betekenis van n raaisel of die antwoord daarop self soek of raai. Antwoord: Net die vrou is op pad na Spogters. Die man en sy sewe dogters stap met die katte in die ander rigting. 20 Kwartaal 1 Week 3 en 4

Lees en kyk Lees en kyk: n Gedig Pre-lees: Soeklees Soek die antwoorde voordat jy die gedig lees. 1. Soek die woord skaduwee in die titel en in die gedig. Sê hoeveel keer die woord voorkom. 2. Hoeveel kommas is daar in die gedig? Hoeveel punte is daar? 3. Watter twee versreëls is n vraagsin? Skryf dit neer. 4. Gee al die rymwoorde in die gedig in reëls 2 en 4, 6 en 8, 10 en 12. Tydens lees: Lees die gedig oor die skaduwee hardop saam. Let op julle uitspraak. My skaduwee My skaduwee dans die vastrap, my skaduwee dans die riel, my skaduwee slaan bolmakiesie en maak n groot wawiel. Ek s nie so verspot nie, ek is eintlik nogal skaam, maar alles wat my skaduwee doen, die doen ek heeltyd saam. Ek kan dit nie verstaan nie, verduidelik tog vir my: Waar het ek so n lawwe skaduwee gekry? Jaco Jacobs (Uit: Die teddiebeerbus en ander rympies, LAPA Uitgewers, 2006) Die hele gedig is n goeie voorbeeld van personifikasie. Die skaduwee kry menslike eienskappe en word voorgestel as iemand wat dans en speel. Post-lees Haal voorbeelde van personifikasie uit die gedig aan. Sê watter konsonant herhaal word in die volgende versreël (alliterasie): My skaduwee slaan bolmakiesie Het jy geweet? Personifikasie word gebruik wanneer jy menslike eienskappe aan dinge in die natuur gee, bv. die son glimlag, of die wind huil. Lesreeks 2: Ligte gedigte en dinge 21

Lees en kyk Lees en kyk: n P ret rym Pre-lees: Sê wat die titel van die gedig is, en sê wat fout is daarmee. Tydens lees: Lees nou die gedig, dan sal jy sien dat daar baie foute is. Stem jy saam dat dit snaaks is? Jou oë sal seker seerkry, want daar is so baie spelfoute! Vallenteinskaarkie Roose is rooi Fiejoolkies is blou Ek weet ek kannie spellie Maar ek is nogtaans mal oor jou! Jaco Jacobs (Uit: n Brulpadda in my tas, LAPA Uitgewers, 2008) Post-lees Wanneer gee jy vir iemand n Valentynskaartjie? Vir wie sal jy graag n Valentynskaartjie gee? Maak jou eie Valentynskaartjie. Doen moeite en let op jou spelling! Taal in konteks Taalstrukture en -konvensies A B C Verbeter die drie spelfoute in die titel (spelling). Verbeter die spelling van die volgende (redigering): 1. Roose 3. kannie 5. nogtaans. 2. Fiejoolkies 4. spellie Vorm n samestelling van die volgende twee woorde: 1. Valentyn + kaartjie = ; 2. liefde + gedig = 22 Kwartaal 1 Week 3 en 4

Lees en kyk Lees en kyk: n Storie Pre-lees: Vluglees die storie Eddie is sy ouma se held. Lees net die eerste en die laaste paragraaf en die eerste sin van elke paragraaf wat onderstreep is. Beantwoord daarna die eenvoudige vrae. (Jy sal sien dat jy n goeie idee het van waaroor die storie gaan.) Eendag, lank gelede, was daar n ou vroutjie wat vals tande gehad het. Haar naam was Edna. Sy was 81 jaar oud en het in n klein huisie in n klein dorpie gewoon. Op n dag, tydens middagete, gaan sy buitentoe omdat n hoenderbeentjie in haar keel vasgesit het. Sy kon nie asemhaal nie en moes die beentjie probeer uitspoeg. Uiteindelik kry sy dit reg. Peeuw, spoeg sy dit uit. O wee! Haar vals tande val uit en die volgende oomblik swiep n kraai van n tak af, gryp die vals tande en vlieg daarmee weg. Sy druk haar hand voor haar mond en huil en huil. Hoe gaan sy eet? Hoe gaan sy lyk? Ses dae later sien Edna se kleinseun, Eddie, weer die kraai op dieselfde tak sit met die vals tande in sy bek. Hy roep sy ouma en sê: Die kraai sit met tande in sy bek. Is dit nie dalk Ouma se tande nie? Edna storm uit en sê: Seker, dit kan nie wees nie! Help, Eddie! Eddie maak n plan en gaan haal n stukkie kaas. Die kraai laat val die tande toe Eddie vir hom die stukkie kaas gee. Eddie gryp die tande en gee dit vir sy ouma. Edna sê: Hoera! Dankie, Eddie, jy s my held! Ek kan dit nie glo nie. Nou kan ek weer eet en glimlag. Lesreeks 2: Ligte gedigte en dinge 23

Lees en kyk Sy was die tande deeglik en sit dit terug in haar mond. Sy kyk in die spieël en glimlag breed. Edna vertel die aand die storie vir haar buurvrou en sê: Wat my verbaas, is hoe die kraai geweet het waar ek woon! (Deur die skrywer) Vrae Watter een pas NIE? 1. Wie was in die storie (karakters)? a) Die ou vroutjie, Edna b) Die kraai c) Edna se kleindogter, Elna d) Edna se buurvrou e) Edna se kleinseun, Eddie. 2. Waar het die storie gebeur (plek)? a) In n klein huisie b) In n klein dorpie c) In n groot stad. 3. Wanneer het die storie gebeur (tyd)? a) Lank gelede b) Gister. Tydens lees Lees nou die volledige storie en bestudeer die woordeskat. Die verkleinwoord van vrou is vroutjie. Gee die verkleinwoorde van: 1. seun, 2. huis, 3. dorp en 4. held. gryp: grab; vinnig vat held: hero; iemand wat jy bewonder, iemand wat n goeie daad doen hoenderbeentjie: chicken bone; n klein beentjie van n hoender uitspoeg: spit out; iets uit die mond laat kom vals tande: false teeth; kunstande wat n mens dra as jy nie meer jou eie tande het nie 24 Kwartaal 1 Week 3 en 4

Lees en kyk Post-lees: Hoe goed verstaan jy die storie? 1. Rangskik die sinne in die regte volgorde. a) Edna is bly. Sy was haar tande en sit dit in haar mond. b) Toe sy die hoenderbeentjie uitspoeg, val haar vals tande ook uit. c) Ses dae later kom die kraai met die vals tande terug. d) Op n dag sit n hoenderbeentjie in Edna se keel vas. e) Eddie gee vir die kraai kaas. Die kraai laat die vals tande val. f) n Kraai wat op n tak gesit het, gryp die vals tande en vlieg weg. 2. Beantwoord die volgende vrae. a) Hoekom kon Edna op n dag skielik nie asemhaal nie? b) Hoe het dit gebeur dat haar vals tande weggeraak het? c) Waaroor was Edna bekommerd? Noem twee dinge. Taal in konteks Taalstrukture en -konvensies A B C Leer die volgende voornaamwoorde. Ek ( I ) het n held. Dit is my (my ) held. Jy (You ) het n held. Dit is jou (your ) held. Sy (She ) het n held. Dit is haar (her ) held. Hy (He) het n held. Dit is sy (his) held. Ons (We ) het n held. Dit is ons (our ) held. Julle (You ) het n held. Dit is julle (your ) held. Hulle (They ) het n held. Dit is hulle (their ) held. Kies die regte voornaamwoorde tussen hakies. 1. Ouma Edna het n kleinseun. (Hy/Sy) het n kleinseun. Dit is (sy/haar) kleinseun. 2. Eddie het n ouma. (Hy/Sy) het n ouma. Dit is (sy/haar) ouma. Vul om te op die regte plekke in (infinitief). 1. Ek hou daarvan ( n storie lees). (om te) 2. Ouma hou daarvan (hoender eet). (om te) 3. Kraai hou daarvan (hoog vlieg). (om te) Hoera! (uitroep van blydskap) en O wee! (uitroep van teleurstelling) is tussenwerpsels. Let op: Sy kan she vir n vrou of his vir n man beteken. Lesreeks 2: Ligte gedigte en dinge 25

Luister Lees en kyk praat Lees en kyk: n Spot prent en n idioom Pre-lees: Kyk na die spotprent. Sê wat jy dink snaaks is. Tydens lees: Lees nou die slange se woordwolkies. (Uit: Jip, bylae by Die Burger, 19 Maart 2012) Post-lees Die groot slang is kwaad vir die klein slangetjies, daarom sê hy vir hulle hy is so kwaad, hy kan mense vang. Dit behoort net andersom te wees, want as n mens kwaad is, sê jy jy kan slange vang. Dus, as die slang kwaad is, sê hy hy kan mense vang. Ha! Ha! Leer nog n idioom met slange: Daar is n slang in die gras: dit beteken daar is gevaar. 26 Kwartaal 1 Week 3 en 4

Taalstrukture Luister en -konvensies praat Hersiening: Wat ken jy nou? A B C D E Gee die teenoorgestelde betekenis vir die volgende woorde (antonieme). 1. warm 3. meer 2. groot 4. sag Vul om te op die regte plekke in (infinitiewe werkwoorde). 1. Ek hou daarvan (in die see swem). (om te) 2. Ek hou daarvan (lekkers eet). (om te) 3. Ek hou daarvan (geld in die bank spaar). (om te) 4. Ek hou nie daarvan (baklei) nie. (om te) Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies (woordeskat). 1. Die (vrou wat langs ouma Edna bly) is baie vriendelik. 2. Die (seun wat jou kind se kind is) is die held in ouma Edna se verhaal. Kies die regte woord tussen hakies (voornaamwoorde). 1. Die vrou op pad na Spogters het nie sewe dogters nie. Dit is nie (sy/haar) dogters nie. 2. Die man wat sy ontmoet, het sewe dogters. Dit is (sy/haar) dogters. Voltooi die betekenis van die volgende idiome. Kies die regte woord in die blokkie. gevaar woedend 1. Jy sê jy kan slange vang as jy is. 2. Jy sê daar is n slang in die gras as daar is. F Verbeter die taal- en spelfoute (redigering). Lank geleede was daar n ou vroukie wat fals tande gehad het. Sy naam was Edna. Op n dag val sy tande uit sy mont. n Kraai greip die tande en vlieg daar mee weg. Lesreeks 2: Ligte gedigte en dinge 27