FOR AGRICULTUAL USE ONLY! SLEGS VIR LANDBOUGEBRUIK! CHLORPYRIFOS 480EC. Reg. No. L 6350 Act/Wet No. 36 of/van 1947 W

Similar documents
Chlorpyrifos 480 EC. Reg. No.:L6272 Act /Wet No. 36 of/van 1947

FOLPAN 500 SC. Reg. No. / Nr. L 4662 Act No. / Wet No. 36 of / van 1947 N AR g / l NET VOLUME / NETTO VOLUME

METHOMYL 90 SP. Reg. No. L 7189 Act/Wet No. 36 of/van 1947 N-AR 1084

Fruitcare. Reg. No.: L 9204 Act No. 36 of 1947 Reg. Nr.: L 9204 Wet Nr. 36 van 1947 Namibian Reg. No. N-AR 1513 Namibiese Reg. Nr.

BIOMECTIN. Reg. No. L 7979 Act/Wet No. 36 of/van 1947 N-AR 1112

n Kapsulesuspensie kontak- en maaginsekdoder vir die beheer van verskeie insekte soos aangedui.

TALENDO. Reg. No. L8116 Act No. 36 of 1947 Reg. Nr. L8116 Wet Nr. 36 van 1947 FUNGICIDE GROUP CODE U7 SWAMDODER GROEP KODE. UN No. / VN Nr.

2,4-D Iso-Octyl Ester

Before using this product read the label carefully MAXIBOOST. Reg. No. B3815, Act No. 36 of 1947 Namibian Reg. No. N-F 237 Botswana Reg. No.

LION. Reg. No.: L 6622 Act /Wet No. 36 of/van 1947

JUDO 50 EC. Reg. No. L 7785 Act/Wet No. 36 of/van 1947 N-AR 1104

Reg. No. L3945 Act No. 36 of 1947 Reg. Nr. L3945 Wet Nr. 36 van 1947 INSECTICIDE GROUP CODE 1A INSEKDODER GROEP KODE

SPRAYFILM 10. Reg. No.: L 7120 Act /Wet No. 36 of/van ACTIVE INGREDIENT/AKTIEWE BESTANDDEEL: terpenic polymer / terpeen polimeer..

No-Blite. No-Blite. Packaging / Verpakking: 5 kg

Packaging / Verpakking: 1 L CAUTION VERSIGTIG SIEN INGESLOTE PAMFLET VIR VOLLEDIGE BESONDERHEDE SEE ENCLOSED PAMPHLET FOR FULL PARTICULARS

FERTIFLO (19) 96 g/kg 63 g/kg 32 g/kg 10 g/kg mg/kg 500 mg/kg 500 mg/kg 500 mg/kg 200 mg/kg 5 mg/kg

BITHOR Dual Action Insecticide Reg. No.. Act/Wet No. 36 of/van 1947

ReTain. Reg No./Nr. L 6141 Act/Wet No./Nr.36 of/van 1947 WATER SOLUBLE POWDER / WATEROPLOSBARE POEIER. Active Ingredient / Aktiewe bestanddeel

BROWSER. Reg. No.: L 7357 Act /Wet No. 36 of/van 1947

Verslag oor die droëbone strookproewe: 2016/17 Report on the dry bean strip trials: 2016/17. September 2017

LEES VOLLEDIGE ETIKET DEEGLIK VOORDAT HIERDIE PRODUK GEBRUIK WORD

Reg. No. L6032 No. Act 36 of 1947 Reg. Nr. L6032 Wet No 36 van 1947 HERBICIDE GROUP CODE B / E ONKRUIDDODER GROEP KODE

VENUE CHECKLIST. Venue pas in by julle tema (bv rustic- plaas, city-chic en modern, natuurlik, klassiek, medieval of iets heeltemal uniek ens)

Isomate F C M CAUTION VERSIGTIG. Pamphlet

SUMMARY. diseases on mango plants and fruit and cause major economic losses to this industry.

RIGLYNE VIR DIE KEUSE EN GEBRUIK VAN SPRINKELAARS

Marieta van Bladeren Nigella se aartappel blini. Maar ek dress hom soos die foto

Witblaarvlek (ook bekend as Grysstam) PJA Lombard en L Nowers Wes-Kaapse Departement van Landbou, Direktoraat Plantwetenskappe

Mari Wasserman Berakah Makadamia Proewe

FACULTY OF ECONOMIC AND MANAGEMENT SCIENCES DEPARTMENT OF ECONOMICS ECONOMICS 110 Semester test 1 14 March 2008 Total: 50 marks Time: 60 minutes

2016 VERITAS CLASSES / KLASSE

sweetcorn tert Metode:

Makadamia bemesting beginsels

Van hier tot daar - 05 *

Gmail - Fw: BOLAND REELS VIR LIGA WEDSTRYDE

Indicate client(s) to whom this final report is submitted. Replace any of these with other relevant clients if required. FINAL REPORT FOR 2001/2002

DIE QUINTUS PORK BELLY

Droëboonkultivaraanbevelings Dry Bean Cultivar Recommendations

OpenStax-CNX module: m Lees en Woordorde * Siyavula Uploaders

MONIQUE SE LEKKER PEANUT BUTTER FUDGE

Skool Vakansie Sorg Bring die kinders om te kom SPEEL. Ons pas u kind op terwyl u werk.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

CULTIVAR INFO : RUBY STAR * (PR00-33) ARC

SEKTORALE VASSTELLING 13 VIR PLAASWERKER SEKTOR GEPUBLISEER IN STAATSKOERANT VAN 17 FEBRUARY 2006

Potential of the 'Hall s Avoscan' as a Tool to Identify Soft Fruit during Packing for Export

Stap 3 : Sorg dat die laaste periode van Augustus 2016 gedoen en gepos is.

Mari Wasserman Avokado Proewe

GRONDBOONBOTTER FIX KOEKIE

MADELEINES MADELEINES

Karamel Brownies. Karamel: 32 cream caramels (daardie caramel toffies wat in die lang boksies is) ½ k. botter 1 blik kondensmelk.

Kerrie perskes. Pickled Fish

Hou die herfskommandowurm enige risiko in vir aartappelproduksie?

DEPARTEMENT VAN LANDBOU

Per Serving: 310 Calories; 16g Fat; 36g Protein; Carbohydrate; 1g Dietary Fiber; 2g Net Carbs

Sjokolade-mousse-terrien

WYN- EN SPIRITUSRAAD. Skema vir Geïntegreerde Produksie van Wyn. Geïntegreerde Produksie Van Wyn: Handleiding vir die Plaas.

VOORWOORD. Lallemand: Natural solutions that add value to the world of winemaking DIE GESKIEDENIS EN AGTERGROND DIE LALLEMAND FILOSOFIE

UTZ CERTIFIED Good Inside Gedragskode. Vir Rooibosproduksie Weergawe 1.0 Februarie 2011

SUID-AFRIKAANSE WYNOESVERSLAG 2004

KEURINGSHANDLEIDING 1 INLEIDING INTRODUCTION 2 KEURDERS INSPECTORS 3 TIPES KEURING TYPES OF INSPECTION 4 ADMINISTRATIEWE VOORBEREIDING VIR KEURING

AANHANGSEL 1/ANNEXURE 1 TABEL 1/TABLE 1 TOELAATBARE KULTIVARS/VARIëTEIT (ALLE KLASSE)/ PERMISSIBLE CULTIVARS/VARIETY (ALL CLASSES)

GEDRAGSKODE ROOIBOS MODULE. Weergawe 1.1

OORSIG: CANOLA IN SUID-AFRIKA

Happiness is a cup of coffee. July 2016 Newsletter

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February No.

Afstand * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Bonnie en Tommie gaan see toe 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

INMAAKVRUGTE PERSPEKTIEF 2 AD COLLINS TOEKENNING 3 VERBRUIKERSTUDIES OLIMPIADE 4 VRUGMONSTER NEMING VIR RESIDU ONTLEDING 4

Republiek van Suid Afrika Published online: 29 Oct 2010.

DE VETTE MOSSEL STRAND GROOTBRAKRIVIER

Chocolate Chip Peanut Butter

TAMELETJIES GIDEON SE TAMELETJIE

OpenStax-CNX module: m Gedigte * Siyavula Uploaders

Primêre Skool Jordania

AANHANGSEL 1/ANNEXURE 1 TABEL 1/TABLE 1 TOELAATBARE KULTIVARS EN KORRELGROOTTE (ALLE KLASSE)/ PERMISSIBLE CULTIVARS AND BERRY SIZE (ALL CLASSES)

Gevaarlike afval in huishoudelike afval: n gevallestudie

VOORWOORD. Lallemand Inc. is n private. Lallemand Inc. is n Kanadese. Lallemand Inc. glo dat GESKIEDENIS & AGTERGROND VISIE & MISSIE LALLEMAND

Spreek pizza so uit: pietsa. bak: to bake; om iets in n oond gaar te maak

Die geskiedenis van onderstokke in Suid-Afrika (Deel 1)

JERSEY SA. Nuusbrief

AFLEWERING VAN DG/G WYNE DELIVERY OF DG/GOLD WINES BEOORDELING - JUDGING. 8 Aug Inskrywings sluit/entries close Oct

Cheesy Bacon Ranch Pull Apart Bread

Suurlemoengegeurde malvapoeding

Pork belly roast. Ingredients. Method

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL VAN SUID-AFRIKA

Goeie bestuur gee jou n voorsprong

GEBAKTE KAASKOEK MET GEMENGDE BERRIES

2015/2016 VKB LANDBOU-ONTWIKKELING NAVORSINGSVERSLAG

Mushroom and Blue Cheese on Toasted Ciabatta

Voorverhit die oond tot 200 C. Smeer 6 losboom-pannetjies.

DAAR IS NOG 15 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS

SELFGEMAAKTE DEEG VIR SAMOOSAS

KOMPAS. N.G. Kerk Kraggakamma. Wat almal van ons nou in ons lewenslêer moet reg hê. 'n Handleiding vir wanneer 'n geliefde sterf.

WINDMEUL KELDER KERRIE AFVAL

AMARULA Sjokoladekoek

Vark wors VARKWORS METODE: Nota

FINALE NAVORSINGSVERSLAG (2000/2001): WINETECH

Nuusbrief / Newsletter

Beleid oor die aanmelding van wanbestuur en ongerymdhede en die beskerming van bekendmaking daarvan

No. R November MARKETING OF AGRICULTURAL PRODUCTS ACT, 1996 (ACT No. 47 OF 1996)

Tegniese Technical. Bulletin. Volume 3:1

Transcription:

GEBRUIKSAANWYSINGS INGESLUIT Date formulated: VERWYS NA BESONDERHEDE Formuleringsdatum: GEDRUK OP HOUER/SAK DIRECTIONS FOR USE ENCLOSED Batch number: REFER TO DETAILS PRINTED Lotnommer: ON CONTAINER/BAG 3:18/9/2012-Feb2013 CHLORPYRIFOS 480EC Reg. No. L 6350 Act/Wet No. 36 of/van 1947 W 130130 An emulsifiable concentrate contact insecticide for the preventative and corrective control of pests on various crops as listed. n Emulgeerbare konsentraat kontak insekdoder vir die voorkomende en korrektiewe beheer van plae op verskeie gewasse soos aangedui. ACTIVE INGREDIENT / AKTIEWE BESTANDDEEL chlorpyrifos (organophosphate) 480 g/l chlorpyrifos (organofosfaat) l FOR AGRICULTUAL USE ONLY! SLEGS VIR LANDBOUGEBRUIK! IRAC INSECTICIDE GROUP CODE 1B IRAC INSEKDODER GROEPKODE Registration holder / Registrasiehouer: Universal Crop Protection (Pty) Ltd. Co. Reg. No. / Mpy. Reg. Nr. 1983/008184/07 PO Box / Posbus 801, Kempton Park, 1620 Tel. (011) 396-2233 Website / Webblad: www.villacrop.co.za UN Number: 3017 Willow Set & Print 011 394-4486 HARMFUL SKADELIK

CHLORPYRIFOS 480EC Reg. No. L 6350 / W 130130 Act/Wet No. 36 of/van 1947 IRAC INSECTICIDE GROUP CODE / IRAC INSEKDODER GROEPKODE: 1B ACTIVE INGREDIENT/ AKTIEWE BESTANDDEEL: chlorpyrifos (organophosphate) / chlorpyrifos (organofosfaat)...480 g/l Registration holder / Registrasiehouer: UNIVERSAL CROP PROTECTION (PTY) LTD. Co. Reg. No. 1983/008184/07 Mpy. Reg. Nr. P.O. Box / Posbus 801 KEMPTON PARK, 1620 Tel. (011) 396 2233 HARMFUL SKADELIK WAARSKUWINGS Onthoudingsperiodes: Minimum tyd tussen laaste toediening en oes of voer/ beweiding: Appels (somertoediening) Sitrus Geelwortels en Blaarslaai Tabak Weiding Graansorghum, Droëbone, Koring en Mielies Koring en Mielies (vir beweiding) Kopkool, Brusselspruite, Aartappels, Blomkool en Broccoli (Spruitkool) Piesangs en Druiwe Tamaties 40 dae 60 dae 21 dae 50 dae 14 dae 32 dae 35 dae 7 dae 28 dae 4 dae Hanteer uiters versigtig. Giftig indien deur die vel geabsorbeer, ingesluk of ingeasem word. Giftig vir visse, bye en wild. Vlambaar moet nie naby oop vlamme berg nie. Berg agter slot en grendel in n koel plek. Berg weg van voedsel en voer. Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere. Herbetreding: Moet nie behandelde gebied betree vir 1 dag na die bespuiting nie, tensy beskermende oorklere gedra word. In geval van vergiftiging ontbied 'n geneesheer en stel hierdie etiket aan hom/haar beskikbaar. Lugtoediening: Stel alle inwoners in die nabye omgewing van die lugbespuitingsarea in kennis en reik die nodige waarskuwings uit. Moet nie oor wateroppervlaktes spuit nie en tref voorsorg dat die spuitnewel nie water of aangrensende gebiede besoedel nie. Alhoewel hierdie middel omvattend onder n groot verskeidenheid toestande getoets is, waarborg die registrasiehouer nie dat dit onder alle toestande doeltreffend sal wees nie, aangesien die werking en effek daarvan beïnvloed kan word deur faktore soos abnormale grond-, klimaats- en bergingstoestande, kwaliteit van verdunningswater, verenigbaarheid met ander produkte wat nie op die etiket aangedui is nie en die voorkoms van weerstand van die plaag teen die betrokke middel, sowel as die metode, tyd en akkuraatheid van toediening. Verder aanvaar die registrasiehouer nie verantwoordelikheid vir skade aan gewasse, plantegroei, die omgewing of vir nadelige effek op mens of dier of vir n gebrek aan prestasie, as gevolg van die versuim van die gebruiker om etiketaanwysings na te kom of as gevolg van die ontstaan van toestande wat nie kragtens die registrasie voorsien kon word nie. Raadpleeg die verskaffer in die geval van enige onsekerheid. CHLORPYRIFOS 480EC PAGE 2 OF 9

VOORSORGMAATREËLS Vermy inaseming van spuitnewel. Dra n gesigskerm, n respirator en rubberhandskoene wanneer die konsentraat hanteer word, die spuitmengsel voorberei word, asook gedurende toediening. Was met seep en water na gebruik of toevallige velkontak. Was besoedelde klere na gebruik. Moet nie eet, drink of rook tydens meng of toediening nie of voordat hande en gesig gewas is en skoon klere aangetrek is nie. Verhoed wegdrywing van spuitnewel na ander gewasse, weiding, riviere en damme of areas nie onder behandeling nie, asook nabye waterbronne. Maak toerusting skoon direk na gebruik en gooi spoelwater weg waar dit nie voedsel, weiding, boorgate, riviere of damme sal besoedel nie. Leë houers moet DRIEKEER UITGESPOEL word soos volg: Keer die leë houer om oor die spuittenk of mengbak en dreineer vir minstens 30 sekondes nadat die vloei tot 'n gedrup verminder het. Spoel die houer daarna driekeer uit met 'n volume water gelykstaande aan 'n minimum van 10 % van die inhoud van die houer. Gooi die spoelwater by die inhoud van die spuittenk voordat die houer op die voorgeskrewe wyse vernietig word. Vernietig die leë houer deur gate daarin te kap en plat te slaan en doen weg daarmee op n veilige manier. Moet nooit die leë houer vir enige ander doel hergebruik nie. Voorkom besoedeling van voedsel, voer, drinkwater en eetgerei. SIMPTOME VAN MENSLIKE VERGIFTIGING Naarheid, hoofpyn, moegheid, duiseligheid, belemmerde sig en miose, braking, abdominale pyn, diarree, sweet en slymvloei. Verwardheid, spierstoornis, belemmerde spraak, verlies van reflekse is sommige van die sentrale senuwee sisteem effekte, wat mag lei tot verwarring met alkoholisme. Na inaseming van dampe verskyn oog en respiratoriese simptome binne minute, wat insluit: merkbare miose (pupil verkleining), oogpyn, kongestie van oog slymvliese, verminderde visie, pyn van die wenkbroue en spasma van die siliêre spier. Met akute sistemiese absorpsie word afskeiding uit die neus, hiperemie van die boonste respitatoriese kanaal, beklemming van die bors en hygende asemhaling ondervind. Erge vergiftiging veroorsaak die volgende simptome: speekselvloei, onwillekeurige defekasie en urinering, sweet, traanvloei, ereksie, bradikardie en hipotensie. NOODHULPBEHANDELING Inaseming: Verwyder die pasiënt van die bron van vergiftiging na n goed geventileerde area, kalmeer en hou hom/haar rustig. Velkontak: Verwyder gekontamineerde klere en spoel besmette liggaamsdele met oorvloedige koue water en seep af. Moet nie die vel vryf nie. Oogkontak: Spoel gekontamineerde oë uit vir ten minste 15 tot 20 minute met skoon lopende water, met ooglid(e) oop. Inname: Spoel mond deeglik uit met water indien die water oplosbare mengsel ingeneem is. As gevolg van die aromatiese oplosmiddel, moet braking onder geen omstandighede geïnduseer word nie. Verkry onmiddellik mediese hulp. Pas kunsmatige asemhaling of geslote hartresussitasie toe indien nodig. Moet nie direkte mond-tot-mond asemhaling toepas nie. Moet nooit iets per mond aan 'n bewustelose persoon toedien nie. Neem die pasiënt onmiddellik na die naaste geneesheer. NOTA AAN GENEESHEER Dien atropien teen n voldoende dosis so spoedig moontlik toe totdat tekens van atropinisasie (droë rooi vel, tagikardie en pols van hoër as 120 per minuut) verskyn. Om gastro-intestinale absorpsie te verhoed in n persoon wat sy bewussyn verloor het en die produk oraal ingekry het, moet maagspoeling uitgevoer word met geaktiveerde koolstof en koeksoda. In minder ernstige gevalle moet met 2 mg atropien intaveneus begin word (volwassenes), of 0.05 mg atropien/kg liggaamsmassa vir kinders onder 12 jaar oud. Herhaal dosis atropien elke 15 tot 30 minute. Morfien en soortgelyke middels moet nie gebruik word nie. Vermy aminoglikosiede en suksinielcholien, as gevolg van die blokkerende effek op die neuromuskulêre aansluitings. Fenotiaziene, reserpien en theofillien moet nie gebruik word nie. WEERSTANDSWAARSKUWING CHLORPYRIFOS 480EC is n groepkode 1B insekdoder. Enige populasie van n spesifieke insek mag individue insluit wat n natuurlike weerstand teen CHLORPYRIFOS 480EC of enige ander groepkode 1B CHLORPYRIFOS 480EC PAGE 3 OF 9

insekdoder het. Indien hierdie insekdoder herhaaldelik aangewend word, kan die weerstandbiedende individue uiteindelik die insekpopulasie oorheers. Hierdie weerstandbiedende insekte sal waarskynlik nie deur CHLORPYRIFOS 480EC of enige ander groepkode 1B insekdoder beheer word nie. Om weerstand teen insekdoders te vertraag: vermy die eksklusiewe herhaaldelike gebruik van insekdoders met dieselfde groepkode. Wissel af met, of gebruik tenkmengsels van produkte in verskillende insekdodergroepkodes, integreer ander beheermaatreëls (chemies, verbouing, biologies) in insekdoder programme. Vir spesifieke inligting oor weerstandsbestuur kontak die registrasiehouer van hierdie produk. GEBRUIKSAANWYSINGS: Gebruik slegs soos aangedui. Hoeveelhede aangedui per 100 liter water is bedoel vir hoë volume bespuiting. Algemene instruksies: Gebruik te alle tye korrek gekalibreerde en geskikte toerusting wat in n goeie werkende toestand is, om sodoende deeglike benatting van alle plantdele te verseker. Lugbespuiting: CHLORPYRIFOS 480EC kan slegs deur n geregistreerde lugbespuitingsoperateur met n korrek gekalibreerde, geregistreerde vliegtuig volgens die instruksies van SANS Kode 10118 (Aerial Application of Agricultural Pesticides) uit die lug bespuit word. Verseker dat die spuitmengsel eweredig oor die teikenarea versprei word en die verlies aan spuitmengsel tydens toediening tot n minimum beperk word. Dit is daarom belangrik om aan die volgende vereistes te voldoen: Volume: n Spuitmengsel volume van 30 liter per hektaar word aanbeveel. Hierdie produk is nie teen n verlaagde volume getoets nie. Die registrasiehouer kan nie effektiwiteit waarborg, of verantwoordelik gehou word vir enige nadelige effekte indien hierdie produk teen n laer volume, as hierbo aanbeveel, toegedien word nie. Druppelbedekking: 30 tot 40 druppels per cm² moet op die teikenarea herwin word. Druppelgrootte: n Druppelspektrum met n VMD van 250 tot 280 mikron word aanbeveel. Beperk die produksie van druppels kleiner as 150 mikron (hoë drywing en verdampingspotensiaal) tot n minimum. Vlieghoogte: Handhaaf die hoogte van die spuitbalk bo die teiken op 3 tot 4 meter. Moet nie spuit wanneer die vliegtuig duik, uitklim of draai nie. Gebruik geskikte atomiseringsapparaat wat die vereiste druppelgrootte en bedekking sal produseer, maar die minste verlies van produk verseker. Die spuitstelsel moet n druppelspektrum met die kleinste moontlike Relatiewe Span produseer. Plaas al die atomiseerders in die binneste 60 tot 75 % van die vlerkspan om te verhoed dat druppels binne-in die vlerkpuntvorteks beweeg. Die verskil in temperatuur tussen die nat- en droëboltermometer van n swaaihigrometer, moet nie 8 C oorskry nie. Stop bespuiting indien die windspoed 15 km per uur oorskry. Stop bespuiting tydens turbulente, onstabiele en droë toestande gedurende die hitte van die dag. Bespuiting onder temperatuur inversie toestande (deur bo of binne die inversie laag te spuit) en/of hoë lugvog toestande (relatiewe humiditeit 80 % en meer) mag tot die volgende probleme aanleiding gee: a) verlaagde effektiwiteit aangesien die druppels as n wolk in die lug bly hang en moontlik verdamp (onvoldoende bedekking op teiken), b) skade aan nie-teiken gewasse en/of sensitiewe areas as gevolg van wegdrywing van die spuitwolk na nie-teiken area. Verseker dat die lugbespuitingsoperateur presies weet watter lande bespuit moet word. Dit is noodsaaklik om n versekering van die lugbespuitingsoperateur te verkry dat aan al die bogenoemde vereistes voldoen sal word en dat data van belang in n logboek saamgevat word vir toekomstige verwysing. CHLORPYRIFOS 480EC PAGE 4 OF 9

TOEDIENINGSHOEVEELHEDE Appels, Pere, Perskes, Pruime en Appelkose Verderflike dopluis en Rooidopluis Appels Appelbloedluis Appels en Pere Witluise Aartappels Swart mieliekewer en Snywurm Snywurm Blaarslaai Snywurm (Slegs Wes-Kaap) Droëbone en Graansorghum Swartmieliekewer Geelwortels Snywurm (Slegs Wes- Kaap) 75 ml tot 100 ml / 100 l water (1.7 tot 2.5 l / ha) Voor-plant: 15 ml / 100 m rylengte in 3 l water Na-plant: 500 ml / ha 1 l / ha 1000 ml / ha 10 ml / 100 m rylengte in 3 l water 1000 ml / ha Dien slegs gedurende die rusperiode van bome toe. Ten minste twee hoë volume bespuitings met intervalle van 4 weke, een voor en een na snoei, moet toegedien word. Slegs somerbespuitings: Voor-oes beheer van Bloedluis: Dien as n voldekbespuiting toe wanneer plaag opwaarts in die bome begin inbeweeg of sodra dit waargeneem word. Indien kolonisering na die aanvanklike bespuiting waargeneem word, dien n opvolgbespuiting toe nie later as 40 dae voor oes nie. Spuitvolumes benodig vir n spesifieke groeistadium moet akkuraat volgens die boom-ry-volume metode van Unrath (Sagte Vrugteboer, November 1986) bepaal word. Bespuiting toegedien vir die beheer van Bloedluis sal ook Kodlingmot vir 14 dae beheer. Spuit Golden Delicious appels slegs wanneer dit absoluut nodig is, aangesien ringmerke moontlik op vrugte onder sekere groeitoestande mag voorkom. Verderflike dopluis en Witluis sal deur die CHLORPYRIFOS 480EC bespuiting onderdruk word. Na-oes beheer van Bloedluis: Indien nodig dien n CHLORPYRIFOS 480EC bespuiting so gou as moontlik na-oes toe. Slegs rustydperktoedienings: Dien twee hoë volume bespuitings toe. Dien die eerste bespuiting met die vertraagde-bot-olie-bespuiting toe of 3 weke voor ogieswel/groenpunt. Die tweede bespuiting met ogieswel/groenpunt. Gebruik die hoër toedieningshoeveelheid waar swaar vrugbesmetting die vorige seisoen ondervind is. Program toediening: Dien toe as n voorplant toediening in n 10 cm strook net voordat plantvoor toegemaak word. Dien toe 6 weke later in nie minder as 500 liter water per hektaar en vermeerder die volume water met toename in gewasdigtheid. Herhaal met 2 tot 3 weke intervalle. Gebruik val-arms en verseker sodoende n goeie grondbedekking. Reën of operding na toediening is noodsaaklik vir goeie beheer. Dien toe net voor knolvorming begin, in nie minder as 500 liter water per hektaar en vermeerder die volume water met toename van die gewasdigtheid. Herhaal met 2 tot 3 weke intervalle. Gebruik val-arms en verseker sodoende n goeie grondbedekking. Reën of operd na toediening is noodsaaklik vir goeie beheer. Dien toe as n algehele bespuiting wanneer die plante opkom. Herhaal toediening elke 7 tot 14 dae indien nodig. Dien toe in minstens 500 liter water per hektaar. Rytoediening: Spuit in die plantvoor, direk agter die planterskoen, voordat die voor toegemaak word. Dien toe as n algehele bespuiting wanneer die plante opkom. Herhaal toediening met intervalle van 2 tot 3 weke. Dien toe in ten minste 500 liter water per hektaar. CHLORPYRIFOS 480EC PAGE 5 OF 9

Koolgewasse Plantluise (Brevicoryne brassicae) en ruspes van die Ruitrugmot en Groter koolmot Koring Russiese koringluis (Diuraphis noxia) Groen en Bruinplantluis Mielies Stronkboorder Swart mieliekewer 50 ml / 100 l water 750 tot 1000 ml / ha 750 ml / ha 3.5 ml / 100 m rylengte in 3 l water 10 ml / 100 m rylengte in 3 l water 1 l / ha in 200 l water Dien toe wanneer die plae vir die eerste keer opgemerk word. Moet nie minder as 500 liter water per hektaar toedien nie. Sorg vir die deeglike benatting van die hele plant. Wanneer die plantluise of ruspes alreeds binne in die koolkop of tussen die blare van die Brusselspruite is, kan wisselvallige beheer verwag word. Die byvoeging van n benattingsmiddel word aanbeveel. Herhaal toediening wanneer nodig. Gebruik die hoër dosis vir die eerste bespuiting en waar besonder swaar infestasie voorkom. Begin toediening indien eerste tekens van infestasie waargeneem word. Herhaal bespuiting 8 tot 10 dae later, met die laer dosis van 750 ml per hektaar indien nodig. Afhangend van plantgrootte, dien 200 tot 300 liter water per hektaar toe. Grondtoediening: Dien toe as n algehele bespuiting. Lugbespuiting: Dien toe in minstens 30 liter water per hektaar. NOTA Hierdie toedienings sal ook Swartmieliekewer onderdruk. Spuit wanneer die plantluis bevolking toeneem en daar weinig Skilpadbesie predatore en parasiete teenwoordig is. Grondtoediening: Dien toe in minimum van 300 liter water per hektaar. Herhaal na 10 tot 14 dae indien nodig. Lugbespuiting: Dien toe in minstens 30 liter water per hektaar. Slegs Grondtoediening: Vroeë plant datum: Dien toe sodra 5 % van die plante met eiers besmet is of wanneer 10 % van die plante haelskade simptome toon. Indien daar te lank gewag word sal die ruspes te diep indring en buite bereik van die insekdoder wees, wat swak resultate tot gevolg sal hê. Laat plant datum: Dien eerste bespuiting toe 30 tot 35 dae na plant en herhaal 14 dae later. Slegs Grondtoediening: Rytoediening: Dien toe as n 30 cm baan agter die planterdrukwiel en bedek met n laag grond deur van n slypyster of ketting gebruik te maak. Algehele toediening: Dien toe as n algehele bespuiting voor planttyd en vermeng tot n diepte van 10 cm met die grond, deur gebruik te maak van n geskikte implement, bv. skottel-eg of fieldspan. LET WEL Hierdie toedienings sal Snywurm onderdruk. Minder effektiewe beheer kan verwag word onder droë grondtoestande. Mag ook sonder inwerking op die grondoppervlak gespuit word indien reën binne 24-uur na toediening verwag word of voor besproeiing. CHLORPYRIFOS 480EC PAGE 6 OF 9

Tabak Snywurm en Draadwurm Piesangs Platmyt en Blaaspootjies Tamaties Afrika bolwurm en Plusia landmeter Blaaspootjies Sierplante Afrika bolwurm en Plant-luise Witluis en Australiese luis Verderflike dopluis en Rooi dopluis Tweekol spinmyt (rooi spinmyt) Weiding Kommandowurm 200 ml / 100 l water 150 tot 200 ml / 100 l water 150 tot 200 ml / 100 l water 50 ml / 100 l water Dien 30 ml per plant toe as stambehandeling en verseker deeglike benatting van die stam en grond aan die basis van die plant. Moet nie oor die kroon van die plant toedien nie, aangesien blaarbrand mag voorkom. Herhaal indien nodig. Grondtoediening alleenlik: Dien toe as n hoë volume bespuiting en verseker goeie bedekking van elke tros. Begin bespuitings teen die einde Julie en herhaal elke 4 weke tot Februarie. Dien toe as n voldekbespuiting en herhaal elke 7 dae. Wanneer n hoë infestasie Afrika bolwurm voorkom, word die hoër dosis aanbeveel. Herhaal toediening elke 7 dae totdat plaag onder beheer is. Gaan daarna voort met die bespuiting teen die laer toedieningshoeveelheid (150 ml) elke 7 dae. Dien toe as n voldekbespuiting en herhaal elke 7 dae. Die bogenoemde spuitprogram vir Afrika bolwurm en Plusia landmeter sal ook Blaaspootjies beheer. Dien toe as n voldekbespuiting sodra plaag opgemerk word en herhaal wanneer nodig. Dien toe as n voldekbespuiting sodra plaag opgemerk word en herhaal indien nodig. Dien twee bespuitings 4 weke uit mekaar toe, wanneer die plante in die rusperiode is en benat die hout deeglik. Dien as n voldekbespuiting toe en sorg dat die onderkante van die blare ook benat word. Herhaal indien nodig elke 14 dae. 250 ml / ha Dien toe in 200 tot 500 liter water per hektaar. CHLORPYRIFOS 480EC PAGE 7 OF 9

Sitrus Afrika bolwurm Dien toe met blomtyd as n voldekbespuiting wanneer plaag opgemerk word. Herhaal indien nodig. Plantluise 20 ml / 100 l water Dien toe as n ligte dekbespuiting. Herhaal indien nodig. Witluise OF 60 ml PLUS 500 ml smal bestek distillasie spuitolie / 100 l water Dien toe wanneer plaag opgemerk word. Herhaal toediening indien nodig. Dien toe as n voldekbespuiting en verseker deeglike bedekking. Lemoenvlinderruspe 40 ml / 100 l water Dien toe as n ligte dekbespuiting. Herhaal indien nodig. Lemoenbladvlooi (Silla) Rooidopluis (Aonidiella aurantii) en Mosseldopluis Rondepersdopluis 60 ml / 100 l water 40 ml PLUS 1 l smal bestek distilasie spuitolie / 100 l water 60 ml PLUS 200 g Dimethoate WP / 100 l water Dien toe wanneer die eiers uitbroei op die nuwe groeivlaag. Indien moontlik, wend lokaal (kol-kol) aan. Indien die uitstulpings alreeds op blare begin vorm, sal bespuiting nie meer abnormale groei kan verhoed nie. Voorkomende behandeling: Vir die gebruik in boorde waar Rooidopluis kommersieël onder beheer is. 1. Dien as n voldekbespuiting toe teen 80 tot 100 % blomblaarval. 2. In warm laagliggende gebiede met spesiale verwysing na jong bome of in ander areas waar n tweede bespuiting nodig geag word, herhaal toediening 5 tot 8 weke na die lentetoediening. Waar n enkele voorkomende bespuiting verlang word, dien toe 9 tot 11 weke na blomblaarval. In die geval van n dubbel voorkomende bespuitingsprogram, moet behandeling voorafgegaan word met 100 ml per 100 liter water in die lente. WAARSKUWING Moet nie toedien indien die skadutemperatuur bo 30 C styg nie. Moet nie binne 35 dae voor of na Swael aanwending toedien nie. BELANGRIK Dien in alle gevalle as n voldekbespuiting toe. In alle gevalle hou behandelde bome onder observasie en wees voorbereid om n korrektiewe behandeling toe te dien, indien rooidopluis infestasie op die vrugte gedurende middel tot laat somer voorkom. Korrektiewe behandeling: Dien toe wanneer 25 tot 40 % vrugte besmet is met een of meer lewendige nimfe of volwasse dopluise. Moet nie toedien op growwe skil suurlemoen, nie-geënte suurlemoene en op Seville lemoene nie. Moet nie wag totdat bome swaar besmet is nie. WAARSKUWING Swak beheer kan verwag word indien daar bestandheid teen organofosfate voorkom. CHLORPYRIFOS 480EC PAGE 8 OF 9

Wyn- en Tafeldruiwe Wipstertmiere (slegs korrektiewe bespuiting) Wyndruiwe Witluis en onderdrukking van Argentynse miere Witluise Tafeldruiwe Witluis 400 ml / 100 l water (vir lae infestasiedruk) 200 ml / 100 l water (vir hoë infestasiedruk) 200 ml / 100 l water (twee bespuitings) (Verwys ook na kolom hieronder). Slegs winterbespuiting: Dien toe as n enkel bespuiting wanneer Wipstertmiere teenwoordig is. Dien toe as n hoë volume bespuiting ten einde optimum bedekking te verseker. NOTA Hierdie toediening sal ook Witluis beheer en Argentynse miere onderdruk, indien teenwoordig tydens bespuiting. Slegs somerbespuiting: Dien toe sodra Witluisbeweging waargeneem word. Dien toe as n hoë volume bespuiting ten einde optimum bedekking te verseker. Herhaal na 21 dae indien nodig. Moet nie tydens ogieswel en binne 4 weke na bot toedien nie. Slegs winterbespuiting: Dien twee toedienings met 2 weeklikse intervalle toe voor bot. Dien as n hoë volume bespuiting toe om optimum bedekking te verseker. NOTA Argentynse miere, indien teenwoordig tydens spuit, sal deur al 3 aanbevole dosis sterktes onderdruk word. Wipstert miere sal deur die hoogste dosis beheer word en deur die middelste dosis onderdruk word. Slegs winterbespuiting: Dien twee bespuitings toe tydens die latere deel van die rustyd. Die eerste bespuiting behoort omtrent 6 weke voor bot plaas te vind en die tweede bespuiting ten minste 7 dae later, maar voordat enige groen op die stokke begin wys. (CHLORPYRIFOS 480EC is fitotoksies vir jong wingerdblare). Metode van toediening: Gebruik alleenlik spuitgeweertipe hoë volume bespuitings. Die stokke behoort elkeen tot grondvlak benat te word, met ten minste 4 liter spuitoplossing per stok. Opvolgbespuitings: In sekere wingerde mag hoë infestasiedruk of swak toedieningspraktyke, opvolgbespuitings in die somer vereis. Sodra Witluis waargeneem word, behandel met n geskikte geregistreerde middel. Waar moontlik, pas net kolbehandeling toe. CHLORPYRIFOS 480EC PAGE 9 OF 9