VENUE CHECKLIST
VENUE CHECKLIST *print en neem saam na venues ALGEMENE OORWEGINGS & PRYSE: *Van hierdie dinge kan jy dalk reeds uitvind en invul voordat jy enige venues besoek sodoende elimineer jy alreeds die venues wat nie geskik is nie, en mors nie tyd nie: Is die venue naby ander diensverskaffers indien nodig vir aflewering of bv eksterne catering -of is die venue baie secluded en ver van alles af? Sal dit ekstra kos vir fotograwe, DJ s ens om soontoe te travel? Sal gaste maklik blyplek in die area kry? Venue pas in by julle tema (bv rustic- plaas, city-chic en modern, natuurlik, klassiek, medieval of iets heeltemal uniek ens) Kerk troues: kerk pas in by begroting, styl & planne Kostes, spesifieke reëls soos tyd van die troue of musiek: Prys van venue val min of meer binne begroting, styl & planne Wat is ingesluit by die venue huur, en wat nie? Bv gebruik van kapel en saal? TIP: Maak vooraf n lys van alles wat vir jou belangrik is om by die prys ingesluit te wees.
Prys per kop: Wat sluit dit alles in belangrik ook wat sluit dit nie in nie wat essensieël is? Ekstras: Wat gaan dit kos om die dinge wat nie ingesluit is nie ekstra te huur by die venue? (bv fairy lights, bunting of draping). Is hierdie pryse billik in vergelyking met ander diensverskaffers? Party bruide wil bv spesifiek ghost chairs of hout tafels hê het hulle dit en kan hulle dit vir jou huur? TIP indien die venue sê dat die prys sommige dekor insluit vra om dit te sien en kyk of dit by jou styl idee inpas en in goeie kondisie is anders moet jy steeds ekstra dekor huur. Wat is die verskil in prys in verskillende seisoene, Vrydae of weeksdag troues? Laat hulle oggend/ aand troues toe indien toepaslik? Maksimum en minimum gaste toegelaat: Is daar mooi plek vir foto s neem? Het die venue klanksisteem in die kapel, saal ens?
Venue Checklist Tye: tyd wat die musiek moet af en venue toemaak? Wat is die koste implikasies as mens bietjie langer kuier? Beperk hulle julle gevolg getalle? IS DIE VOLGENDE INGESLUIT? Meubels: Sluit die prys dinge in soos stoele by seremonie, koektafel, geskenktafel, podium, tafel om register te teken ens? Enige addisionele ekstras soos cake lifter, cake stand, lint op stoele ens? Is die venue se meubels in goeie kondisie en pas by die tema/styl van jou troue? Mag jy die tafels sonder tafeldoeke gebruik as jy sou wou? Enige ander vereistes (bv kerse moet in candle holders wees)? Sluit die prys kelners en bartenders in of kos dit ekstra (en prys)? Hoeveel kelners/bartenders vereis hulle? (Bv party venues sê bv 1 kelner vir elke 10 gaste).
Het die venue n koordineerder? Is sy/hy ingesluit by die prys en wat is hulle take alles en wat nie? Sluit die prys algemene eetgerei en dekor in bv borde, glase, tafeldoeke, servette, underplates? In watter kleure is hulle beskikbaar? Indien julle van n buite-maatskappy vir dekor gebruik maak laat die venue n mock table toe en kos dit ekstra? En indien julle van die venue se dekor gebruik maak? Addisionele ekstras wat venue bied en pryse (sommige venues doen bv blomme, troukoek, dekor, wyn, DJ ens) lyk pryse billik?
VERBLYF: Het die venue verblyf, kamers vir die trougeselskap om in reg te maak en n honeymoon suite? Is dit ingesluit by die prys? Is daar verblyf vir ander gaste? Beperk die venue jou getal strooimeisies of strooijonkers? KOS & DRANK: Het die venue hul eie spysenier? Is dit ingesluit by die prys per kop? Wat sluit die prys alles in (voorgereg, hoofgereg, drinks, nagereg ens)? Is dit plated of buffet? Watter tipe kos maak hulle? Mag jy eksterne spyseniere by die venue gebruik? Doen die venue food tastings en kos dit ekstra? Drank-lisensie, kontantkroeg, kaartfasiliteite en ander drank reëlings (bv laat champagne en wyn op tafels toe, corkage fee ens) Bied die venue eetgoedjies vir die trougeselskap terwyl hulle klaarmaak? Is dit ekstra, en wat kos dit?
Venue Checklist ANDER PRAKTIESE OORWEGINGS: Kinder vriendelikheid en maksimum en minimum kinders toegelaat: Babysitting dienste: Ander spesiale oorwegings bv rolstoel vriendelik (indien nodig) Het die venue aircon, waaiers, vuurherd of verwarmers? Is dit ingesluit? Veilige parkering en sekuriteit? Het hulle iemand wat die saal/kapel skoonmaak voor en/of na die troue en kos dit ekstra? Bied die venue enige vervoer van een punt na n ander indien nodig, of troukar? Bespreek jou spesifieke oorwegings op jou lys vooraf gemaak met die venue indien dit hulle affekteer. Sal hulle jou kan akkomodeer? n Laaste tip: ek sien gereeld dat bruide by bv n plaas venue trou en dit dan meer sjiek wil laat lyk deur groot onkostes aan te gaan om van buite af dinge te huur soos ander stoele, tafels, kandelare ens. Kontras kan baie mooi lyk bv industrial meets floral maar as jou begroting reeds tight is kies n venue wat alreeds in meeste aspekte jou styl reflekteer en laat die venue vir jou werk in plaas van om dit te mààk werk (wat ekstra gaan kos).
NOTAS:
No part of this ebook may be reproduced or transmitted in any form or by any means, electronic or mechanical, including photocopying, recording or by any information storage and retrieval system, without written permission from the author. The information contained within this ebook is used at your own risk. The author assumes no responsibility for errors or omissions, and cannot guarantee results or specific outcomes with the use of the information provided. If you wish to apply ideas contained in this ebook, you are taking full responsibility for your actions. The publisher is not responsible for websites (or their content) mentioned in the ebook that is not owned by the publisher. Any trademarks, product names or named features are assumed to be the property of their respective owners and are used only for reference. There is no implied endorsement if the author uses one of these terms. The Ervare Bruid logo is a trademark of Die Ervare Bruid.