IDEES VIR FONDANT IN VORMS

Similar documents
MONIQUE SE LEKKER PEANUT BUTTER FUDGE

Marieta van Bladeren Nigella se aartappel blini. Maar ek dress hom soos die foto

Chocolate Chip Peanut Butter

Vark wors VARKWORS METODE: Nota

DIE QUINTUS PORK BELLY

GEBAKTE KAASKOEK MET GEMENGDE BERRIES

Per Serving: 310 Calories; 16g Fat; 36g Protein; Carbohydrate; 1g Dietary Fiber; 2g Net Carbs

Karamel Brownies. Karamel: 32 cream caramels (daardie caramel toffies wat in die lang boksies is) ½ k. botter 1 blik kondensmelk.

MADELEINES MADELEINES

Baileys Irish Cream Cheesecake with Chocolate Ganache

VETKOEK OR BREAD DOUGH

COCONUT WAFERS. Variation Omit the coconut and add choc chips/ cherries

GRONDBOONBOTTER FIX KOEKIE

TAMELETJIES GIDEON SE TAMELETJIE

PICCALILLI SLAAI EN WORTELSLAAI

Cheesy Bacon Ranch Pull Apart Bread

Kerrie perskes. Pickled Fish

Dulche-de-leche Gevriesde Kaaskoek

Sjokolade-mousse-terrien

AMARULA Sjokoladekoek

Suurlemoengegeurde malvapoeding

JEANETTE SE JOGURT TERT

Bacon Wrapped BBQ Chicken Bundles

WINDMEUL KELDER KERRIE AFVAL

ROMANY CREAMS. Method

Spreek pizza so uit: pietsa. bak: to bake; om iets in n oond gaar te maak

8. If the cookies still seem a little soft don t worry it will set more as they cool. 9. Enjoy!!! 10. PS Very delicious with coffee and tea!

VENUE CHECKLIST. Venue pas in by julle tema (bv rustic- plaas, city-chic en modern, natuurlik, klassiek, medieval of iets heeltemal uniek ens)

Voorverhit die oond tot 200 C. Smeer 6 losboom-pannetjies.

sweetcorn tert Metode:

Mushroom and Blue Cheese on Toasted Ciabatta

Van hier tot daar - 05 *

Die lekkerste versiersels

Kla Kous Resepte. LEKKERGOED Resepte

SELFGEMAAKTE DEEG VIR SAMOOSAS

Mix 1 tin john west mackrel in oil with a tin john west sardines in oil and about 3 john west anchovies blend well and serve

Carrot and Pineapple Cake

Pork belly roast. Ingredients. Method

Garlic, Cheddar and Chive Scones

1 lamsboud, ontbeen en soos 'n vlinder oopgesny 125 ml karringmelk 10 ml gegeurde seesout 2,5 ml gemaalde swartpeper

Muffins Steak & Ale Tin Pies

French Onion Zoodle Bake

OpenStax-CNX module: m Lees en Woordorde * Siyavula Uploaders

GROENBOONTJIE RESEPTE EN IDEES

Easy Breakfast Sandwich Pudding with Crispy Bacon

SLAAI UITDAGING SALAD CHALLENGE

SPINASIE, SAMPIOEN, SPEK EN FETA QUICHE

Lentil Curry. Ingredients

ASYN-POEDING MENG SAAM

ROOIWYN TARENTAAL POTJIE WILDSBOBOTIE WILDSVLEIS SCHNITZEL

OpenStax-CNX module: m Gedigte * Siyavula Uploaders

Pork Tendeloin with aple Onion and Garlic Gravy

TWO-MINUTE MICROWAVE FUDGE

2016 VERITAS CLASSES / KLASSE

Welkom by Koekela Huiskafee

MOZAMBIQUE PERI PERI CHICKEN

Kos en advertensies. Luister- en praattyd: Wat sal jy koop? Voorbeeld: Ek sal koeldrank, brood,... koop. appels. tee. aartappels.

Death by chocolate cupcakes

Easy Ricotta Cake with Fresh Berries

Afstand * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Bonnie en Tommie gaan see toe 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Ligte gedigte en dinge

DAAR IS NOG 15 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS

Heide-Mari Dissel Tamatie en uie slaai gebottel heerlik oor en in ENIGE gereg.

Griddled bavette steak with shallot and red wine sauce

Hollandse appeltert met n twist

ALLES WAT 116 HOENDER RESEPTE

Stap 3 : Sorg dat die laaste periode van Augustus 2016 gedoen en gepos is.

Verslag oor die droëbone strookproewe: 2016/17 Report on the dry bean strip trials: 2016/17. September 2017

Tuna Cakes. Makes about 12 tuna cakes

Focaccia met baba-aartappels en geroosterde knoffel

SUMMARY. diseases on mango plants and fruit and cause major economic losses to this industry.

INTERACTIVITY GUIDE. Kalahari Water is an interactive electronic magazine. Every article is packed

Spyskaart / Menu. We do take-a-ways! Bedien tot 11:30 Served until 11:30 R30 R35 R30 R60 R45 R45 R 45

DAAR IS NOG 15 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS

JEUGSKOUGIDS: 2011 KULINÊRE KUNSTE REËLS:

Skool Vakansie Sorg Bring die kinders om te kom SPEEL. Ons pas u kind op terwyl u werk.

Prego rolls. Ingredients. Method

ONTBYTE/BREAKFASTS. Sonskyn Ontbyt/Sunshine Breakfast. Plaas Ontbyt/Farmhouse Breakfast. Mega Ontbyt/Mega Breakfast

Hoe het Coke ontstaan? *

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Halloumi brood. Bestanddele

Koeksister balls. Heavenly bites of a traditional favourite. Preparation time: 30 minutes Cooking time: 25 minutes Skill level: medium.

Primêre Skool Jordania

INTERACTIVITY GUIDE. Kalahari Water is an interactive electronic magazine. Every article is packed

FACULTY OF ECONOMIC AND MANAGEMENT SCIENCES DEPARTMENT OF ECONOMICS ECONOMICS 110 Semester test 1 14 March 2008 Total: 50 marks Time: 60 minutes

VOORWOORD VOORWOORD. Kos en samesyn gaan hand aan hand. Gesellige. Together. Die reuk van moerkoffie op die stoof, saam met die van eiers, spek en

4. GEBAK / BAKING OPE AFDELING / OPEN SECTION

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. In die saak tussen:- ANNA SUSANNA ELIZABETH VAN DER MERWE

Celtis Africana June The environmental awareness publication of Sterkfontein Country Estates

Ken jou wynterme. Brut Droë vonkelwyn.

Bacon Onion Rings with Bacon Ranch Dipping Sauce

Gmail - Fw: BOLAND REELS VIR LIGA WEDSTRYDE

DE VETTE MOSSEL STRAND GROOTBRAKRIVIER

Happiness is a cup of coffee. July 2016 Newsletter

Home Industry Tuisbedryf Spring 2005

Gnocchi with burnt butter and sage

Hussar Grill - Going from strength to strength

JERSEY SA. Nuusbrief

Makadamia bemesting beginsels

Celtis Africana May The environmental awareness publication of Sterkfontein Country Estates

Transcription:

IDEES VIR FONDANT IN VORMS IDEES VIR FONDANT IN VORMS Janine Stander: Hi ek wil graag weet ek wil fondant in n mould gebruik. Watter fondant werk die beste: die fondant wat klaar gekleur is of die poeier of gel? Johanna Viljoen Zwiegelaar: Ja jy kan fondant in n mould gebruik, jy kan ook die gekleurdes gebruik. Gooi net n bietjie Maizena in die mould dat hy nie vas sit nie. Frances Smith: Ek koop gewoonlik die fondant wat klaar gekleur is want dis minder moeite. Nadia Van Der Merwe: Koop die pettinice een. Goeie tip vir fondant uit mould uit kry. Smeer mould met shortening of spuit sommer bietjie non-stick spray in. Druk stewig vas om mooi detail te kry. Skraap oortollige fondant af en sit in vrieskas vir so 5 min. Haal uit en verwyder van mould. Dit werk soos n droom veral vir goed soos lettertjies en ander fyn detail. Kleur by huis is maklik maar as jy dieper kleure soek dan is klaar gekleur beter. Veral as dit by rooi en swart kom.

Kiti Citi: Ek vind weer die cooking spray of vet maak die oppervlak taai. Ek vat n verfkwassie (so 5 mm breed met sagte hare), gooi Maizena in die mould en verf dit in al die hoekies en tip uit, kap hom paar keer dat alles uitkom en jy nie detail verloor nie. Verder doen soos Nadia sê met die vrieskas trick. Ek dust ook kleur aan na die tyd vir bietjie ekstra diepte. Ek het n klomp van die gemaak vir n vriendin se tweeling se doop. Foto: Kiti Cit JOHAN SE WENKE VIR DIE GAARMAAK VAN WILDSVLEIS JOHAN SE WENKE VIR DIE GAARMAAK VAN WILDSVLEIS Wanneer dit by die gaarmaak kom, is dit verstandig om in ag te neem dat wildsvleis van nature n maer vleis is. Om droogheid te voorkom, moenie oorgaar maak nie. Dit is veilig om die sagter snitte liggaar of medium te bedien.. Sny altyd teen die grein sodat op kort weefsels gekou word. Dit verhoog die vleis se sappigheid. Lardeer met spek- of netvet om ook uitdroging te voorkom. Die volgende soort marinade kan gebruik word:? 1. n mengsel met hoë suurinhoud, wat met die afbreek van proteïen help;

2. n mengsel met vars pynappelsap of gemmer wat ensieme bevat om die kollageen af te breek wat die weefsels aanmekaar hou; en 3. karringmelk of room wat melksure bevat om die bindweefsel af te breek en die vleis sappiger te maak. Vir jong vleis is n marinade nie altyd nodig nie, omdat dit die delikate smaak kan oorheers. Soveel mense mis die heerlikheid en gesondheid van wildsvleis, oor die persepsie dat dit taai en droog is. Soos met enige ander vleis, bepaal die snit die gaarmaakmetode. Boud en filet is ideaal vir oondrooster. Dit word aanbeveel dat alle vet verwyder word voordat dit gekook word omdat dit n te sterk smaak het. Dan word vet weer bygevoeg in die vorm van spek. Netvet is ideaal vir snitte wat vir n korter tyd gaargemaak word. Wildsvleis hou baie vir die gesondheidsbewuste eter in. Nie net is wildsvleis organies en hormoonvry nie, en bevat slegs 54% van die kilojoules van beesvleis en vyf keer minder versadigde vette. Praktiese Wenke Daar is ook baie praktiese wenke soos die bevriesing en ontdooiing van wild: Wild moet rypgemaak wees alvorens dit gevries word. Vries dit teen die laagste temperatuur (-18ºC) en pak in n enkel laag om bevriesing te bespoedig. Wildsvleis kan n jaar lank gevries word; wildsmaalvleis, lewer, niertjies en tong tot ses maande en wors twee maande. Soutvleis en gerookte vleis moet liefs nie gevries word nie. Ontdooi stadig in die yskas of teen kamertemperatuur, om te verseker dat die sappe opgeneem word in die vleis en sodoende geurig bly. Pasmaats uit die spens: Daar is n horde geure wat maklik maats maak met wildsvleis, soos gemmer, koljander, steranys, tiemie, naeltjies, neutmuskaat, peperkorrels, wonderpeper, knoffel, lourierblaar en basiliekruid. Speel n bietjie rond met bruinasyn, wynasyn, gladde appelkooskonfyt, vrugtesap, droë witwyn, olyfolie, sesamolie, sojasous, bruinsuiker, port, kweper of appeljellie,

korente, pruime, gedroogte appelkosies, vrugteblatjang of bessies. Met sesamolie, sojasous, sjerrie en bruinsuiker wat ook dol is oor wild, kan daar lekker getoor word met Oosterse geregte, soos soet-en-suurspringbok-roerbraai of koedoe-filetsaté. Gegeur met borrie, klappermelk, rissies, tamaryn, sitroengras en grondboontjiebotter word blokkies koedoe Thai-styl op stokkies geryg. Jy kan ook wildsvleis n avontuurlustige Kreoolse smaak gee met blokkies vleis in n sous gegeur met tamatiepuree, fyn neutmuskaat, fyn komyn, brandewyn, port en vier piesangs. Resep: Johan Snyder Foto: Elsabie Templeton WENK OM ROOM EN ROOMKAAS LANGER TE BêRE WENK OM ROOM EN ROOMKAAS LANGER TE BêRE Kittie Du Preez Maats ek koop vars room in houertjies, sowel as roomkaas, maaskaas, en 1 liter jogurt houers!!! Dan plaas ek al die houers onderstebo in my yskas, en dit bly langer as n maand vars in my yskas sonder om suur te word!!!

Jy verplaas die lugleegte wat bo is in jou houer, na onder en sodoende bly jou produkte langer vars!!! RAAD OM TE KEER DAT MERINGUE KRIMP RAAD OM TE KEER DAT MERINGUE KRIMP Bak eers net tert vir so 20 min, verlaag temperatuur na 160 ºC en sit dan styf geklitste eierwit op. Bak nog tot mooi ligbruin. Skakel oond af, maak deur effens oop en laat in oond afkoel. Geen tert wat loperig trek nie en eierwit bly mooi hoog. Ek het al voorheen al die raad gevolg met geen sukses. Sy klop ook eierwit styf voor sy strooisuiker by klits en klits baie styf. Ek was by haar toe sy dit gemaak het en die resultaat gesien. As tert afgekoel het maak hy so druppels op van die suiker soos my ouma sn was. Wenk deur Elize Matthysen Theron Adéle van der Westhuizen Voeg 5 ml asyn en 15 ml maizena by jou styfgeklitste eierwit. Dit stabiliseer die eierwit en verhoed dat die meringue platval en suikerdruppeltjies vorm. Dit help ook dat dit nie krimp nie.

WENK VIR BRAAI IN WEBER WENK VIR BRAAI IN WEBER As jy jouself n guns wil doen, sit foelie op rooster waar twee halfmaan openings is. Maak seker dat dit nog daar is. Maak kole oor hele bodem van bak. Sit kos op, sit deksel op en kuier. Nou en dan draai hoender en ribs, tot gaar. Geen sous, dit brand. Probeer een keer, jy sal verewig dankbaar wees oor raad. Braai al jare so. Maar jou braai lyk heerlik. If you have a weber and like bbq basted meats. This is how to. No expensive mats or b.s. use foil. Wenk geplaas deur Martin van Vuuren

SAVE DIE WEBSITE SKAKEL NA JOU SELFOON SAVE DIE WEBSITE SKAKEL NA JOU SELFOON Om die website te save op jou selfoon. Google net www.foodloversrecipes.com en wanneer die tuisblad (homepage) oopmaak, is daar drie kolletjies regs bo aan jou selfoon skerm. Kliek daarop en kies add to Home Screen dan sit Food Lovers Recipes voor op jou selfoon en kan jy net daar click om na die resepte te gaan kyk. Wanneer jy op die tuisblad is, is daar search en Categorie blokkies, vul dit in en voila. Baie belangrik dat jy die regte kategorie kies soos bv. koeke of sop en dan tik jy in bv sjokolade dan sal dit jou na al die regte resepte toe neem. Indien jy nie die kategorie insit nie, gaan jy vreeslik baie resepte kry en moedeloos raak. Hoop dit help en dat julle dit almal op julle selfone gaan sit en gebruik.

TIPS FOR TOFFEE APPLE MAKING TIPS FOR TOFFEE APPLE MAKING Lay out a sheet of baking parchment and place the apples on this, close to your stovetop. Tip the sugar into a pan along with 100 ml water and set over a medium heat. Cook for 5 mins until the sugar dissolves, then stir in the vinegar and syrup. Set a sugar thermometer in the pan and boil to 150C or hard crack stage. If you don t have a thermometer you can test the toffee by pouring a little into a bowl of cold water. It should harden instantly and, when removed, be brittle and easy to break. If you can still squish the toffee, continue to boil until it becomes brittle. Posted by Michaela Hunt RAAD VIR SKURWE HAKKE RAAD VIR SKURWE HAKKE

Nadine Corbett: Jammer ek pla weer; weet iemand dalk van n resep of iets wat ek kan gebruik om my hakke en voete sag te maak. Linda Diedericks: Speensalf Anna Venter: Gaan vra by n apteek vir Camphor Ice, jy kry wit en pienk. Dis so n bar, en goedkoop. Ek het myne sommer in n leë badsout houer met wye bek gedruk. Dit hou n ewigheid. Smeer saans na bad aan en trek sokkies aan, want dit maak die beddegoed olierig. Ek gebruik dit seker al meer as 10 jaar. My hakke het gebloei so gebars was dit. Sedertdien weet ek nie van n skurwe hak nie. Hierdie is regtig goed. n Ou swart verpleegsuster by die hospitaal het die raat aan my suster gegee en dit WERK. Annamarie Mc Cabe: Mix: ¼ cup of listerine ¼ cup vinegar ½ cup warm (or hot) water Let soak for 10 15 min. When done, wipe with a cloth.(the dead skin will practically fall right off) Alet van Zyl: Sh Zen se Overnight Balm for feet het van alles nog vir my die beste gewerk veral, as die hakke al so seer gebars is en die bloed loop, maak die Overnight balm dit regtig oornag gesond! Linda Diedericks Wanneer jy klaar hakke geskrop het, smeer aan wat gesê word. Sit plastiese brood sakkies oor jou voete, trek sokkies oor sakkies aan en slaap so. Jou voete sal sweterig en sag word. Doen dit vir n tyd tot dit reg is en hou dit so. Glauda Goosen: Dermatoloog die raad gegee. Na jy bad in die aande, smeer voete met Eulactol. Slaap met sakkies aan voete vir 3 nagte. Skuur tussen in en as dit reg is smeer net Eulactol elke aan aan.

Jenny Schelling: Vaseline klein bottle coconut olie klein bottel pure alcohol Meng goed, smeer aan en trek sokkies aan. Het dit vir my hande ook gebruik, na heel dag in die salon. Elna Erasmus: 1 blik aqueousroom 1 botteltjie kasterolie Meng saam en smeer aan jou hakke in die aande en oggende. Erika Weber Vos: Daar is net een ding wat werk en dit is dissipline. As jy klaar gebad het smeer jou voete goed en trek sokkies aan as jy gaan slaap. Debbie Sandow: Hydra Heel Balm Hazel Van Vreden Kern: Ek smeer Camphor cream (herbal) met grandpa poeier aan my voete ELKE aand na ek gebad het. Kleinste houertjie wat te koop is met 1 grandpa poeier!! Het jare laas droë en seer voete gehad. Ans Nieuwoudt: Week jou voete in warm water met n koppie suurlemoensap so lank as moontlik. Maak droog en skuur die hakke met n voet rasper tot glad. Vryf goed in met Lennon se Heal balm. n Stukkie raad, sorg vir gereelde opelyf. Drink op jou nugtermaag n koppie warm water met 60 ml suurlemoensap. Chantal Beisheim: Dubin polish for leather works very well especially for diabetics with dry heals. Martie Beukes: Smeer saans en oggend met gewone Camfhercream goed in. Dit werk en jou voete voel so lekker deur die dag.

LINDA SE WENKE VIR N SUKSESVOLLE KAASKOEK LINDA SE WENKE VIR N SUKSESVOLLE KAASKOEK Met kaaskoek moet n mens baie geduldig wees. Ek het n resep wat ek al jare bak en mug n bean kan nie eers naby dit kom nie (hang af van die kwaliteit roomkaas). Wat ek al geleer het is as jy jou eiers heel laaste insit dan moet jy dit een vir een insit. Ook ek klop nie my eiers in nie, ek vou dit amper in. As jy te veel aan dit peter kan jy n taai harde kaaskoek kry en dit bars op die bo kant. Die wenk is dat ek altyd n klein staal bakkie water saam my kaaskoek in die oond sit. En die volgende wenk is dat net wanneer hy styf is aan die kante dan haal jy hom uit en smeer vinnig jou suurroom mengsel bo op en druk dit terug in die oond vir 10-15 min. Volgende wenk is om dit teen n laer temperatuur te bak. As hy te vinnig bak kan hy ook bars. Dan my laaste maar beste een is om geduldig te wees, as jy sien jou kaaskoek is styf aan die kante maar n klein gedeelte in die middel is nog bietjie jiggly, sit dadelik jou oond af

en sit n houtlepel in die oond deur en laat hy egalig binne die oond se temperatuur afkoel. Sodoende sal hy nie bars nie. Waar jy gewoonlik n koek bak teen 180 C bak ek my kaaskoek tussen 100 150 C, hang af van die oond omrede ek agter gekom het elke oond verskil. Hoop dit help jou en glo my kaaskoek bak is nie moeilik nie solank jy net lekker wenke het. Deur Linda Greyling ROOMKAAS VERSIERSEL WAT TE PAP IS ROOMKAAS VERSIERSEL WAT TE PAP IS. Hierdie vraag is al so baie hier gevra en ons het al baie antwoorde gekry, maar vanaand op n kosprogram het een van die deelnemers dit gedoen en vertel dat dit die probleem oplos. Almal kla altyd wanneer hulle roomkaas versiersel maak dan is dit pap en hoe meer mens klits, hoe slapper raak dit.. Sy het vanaand gewys, mens klits eers die botter en versiersuiker saam, baie goed, en dan sit jy die roomkaas, lepel vir lepel by en hou aan met klits, en dit was pragtig, so mooi styf dat sy dit kon pipe Nou ja, daar het ons dit, moenie al die roomkaas op eenslag bysit nie, maar bietjie bietjie

Susan Van Dyk Foto Ek gebruik julle wortelkoek resep, en my icing doen ek regtig soos ek klits. Maar ek werk altyd op 500 gr margarien en so 7 koppies icing sugar. Ek klits slegs die margarien en versiersuiker saam. Wanneer dit te styf word skep ek n lepel maaskaas in. Ek gebruik omtrent op daardie hoeveelheid n halwe bakkie maaskaas. Ek dink die geheim is in die klits. Ek het die major Kenwood, en ek klits vir hom tot dit soos room lyk. Dit pipe maklik en lyk netjies. Ek gebruik slegs sunshine D, Spar margarien. Volvet. Moenie met met medium vet probeer nie. Die water inhoud is te hoog. Dis my opinie en ondervinding. Ek bak al 22 jaar vir n tuisnywerheid.