Reg. No. L6032 No. Act 36 of 1947 Reg. Nr. L6032 Wet No 36 van 1947 HERBICIDE GROUP CODE B / E ONKRUIDDODER GROEP KODE

Similar documents
FOLPAN 500 SC. Reg. No. / Nr. L 4662 Act No. / Wet No. 36 of / van 1947 N AR g / l NET VOLUME / NETTO VOLUME

TALENDO. Reg. No. L8116 Act No. 36 of 1947 Reg. Nr. L8116 Wet Nr. 36 van 1947 FUNGICIDE GROUP CODE U7 SWAMDODER GROEP KODE. UN No. / VN Nr.

Fruitcare. Reg. No.: L 9204 Act No. 36 of 1947 Reg. Nr.: L 9204 Wet Nr. 36 van 1947 Namibian Reg. No. N-AR 1513 Namibiese Reg. Nr.

LION. Reg. No.: L 6622 Act /Wet No. 36 of/van 1947

Before using this product read the label carefully MAXIBOOST. Reg. No. B3815, Act No. 36 of 1947 Namibian Reg. No. N-F 237 Botswana Reg. No.

BIOMECTIN. Reg. No. L 7979 Act/Wet No. 36 of/van 1947 N-AR 1112

No-Blite. No-Blite. Packaging / Verpakking: 5 kg

2,4-D Iso-Octyl Ester

SPRAYFILM 10. Reg. No.: L 7120 Act /Wet No. 36 of/van ACTIVE INGREDIENT/AKTIEWE BESTANDDEEL: terpenic polymer / terpeen polimeer..

FERTIFLO (19) 96 g/kg 63 g/kg 32 g/kg 10 g/kg mg/kg 500 mg/kg 500 mg/kg 500 mg/kg 200 mg/kg 5 mg/kg

Packaging / Verpakking: 1 L CAUTION VERSIGTIG SIEN INGESLOTE PAMFLET VIR VOLLEDIGE BESONDERHEDE SEE ENCLOSED PAMPHLET FOR FULL PARTICULARS

Reg. No. L3945 Act No. 36 of 1947 Reg. Nr. L3945 Wet Nr. 36 van 1947 INSECTICIDE GROUP CODE 1A INSEKDODER GROEP KODE

METHOMYL 90 SP. Reg. No. L 7189 Act/Wet No. 36 of/van 1947 N-AR 1084

BROWSER. Reg. No.: L 7357 Act /Wet No. 36 of/van 1947

Chlorpyrifos 480 EC. Reg. No.:L6272 Act /Wet No. 36 of/van 1947

LEES VOLLEDIGE ETIKET DEEGLIK VOORDAT HIERDIE PRODUK GEBRUIK WORD

n Kapsulesuspensie kontak- en maaginsekdoder vir die beheer van verskeie insekte soos aangedui.

FOR AGRICULTUAL USE ONLY! SLEGS VIR LANDBOUGEBRUIK! CHLORPYRIFOS 480EC. Reg. No. L 6350 Act/Wet No. 36 of/van 1947 W

ReTain. Reg No./Nr. L 6141 Act/Wet No./Nr.36 of/van 1947 WATER SOLUBLE POWDER / WATEROPLOSBARE POEIER. Active Ingredient / Aktiewe bestanddeel

JUDO 50 EC. Reg. No. L 7785 Act/Wet No. 36 of/van 1947 N-AR 1104

BITHOR Dual Action Insecticide Reg. No.. Act/Wet No. 36 of/van 1947

SUMMARY. diseases on mango plants and fruit and cause major economic losses to this industry.

RIGLYNE VIR DIE KEUSE EN GEBRUIK VAN SPRINKELAARS

Marieta van Bladeren Nigella se aartappel blini. Maar ek dress hom soos die foto

VENUE CHECKLIST. Venue pas in by julle tema (bv rustic- plaas, city-chic en modern, natuurlik, klassiek, medieval of iets heeltemal uniek ens)

Verslag oor die droëbone strookproewe: 2016/17 Report on the dry bean strip trials: 2016/17. September 2017

2016 VERITAS CLASSES / KLASSE

MONIQUE SE LEKKER PEANUT BUTTER FUDGE

Witblaarvlek (ook bekend as Grysstam) PJA Lombard en L Nowers Wes-Kaapse Departement van Landbou, Direktoraat Plantwetenskappe

OpenStax-CNX module: m Lees en Woordorde * Siyavula Uploaders

TAMELETJIES GIDEON SE TAMELETJIE

sweetcorn tert Metode:

Isomate F C M CAUTION VERSIGTIG. Pamphlet

Van hier tot daar - 05 *

DEPARTEMENT VAN LANDBOU

GRONDBOONBOTTER FIX KOEKIE

Karamel Brownies. Karamel: 32 cream caramels (daardie caramel toffies wat in die lang boksies is) ½ k. botter 1 blik kondensmelk.

Sjokolade-mousse-terrien

MADELEINES MADELEINES

Stap 3 : Sorg dat die laaste periode van Augustus 2016 gedoen en gepos is.

Cheesy Bacon Ranch Pull Apart Bread

GEDRAGSKODE ROOIBOS MODULE. Weergawe 1.1

Potential of the 'Hall s Avoscan' as a Tool to Identify Soft Fruit during Packing for Export

DIE QUINTUS PORK BELLY

OORSIG: CANOLA IN SUID-AFRIKA

Makadamia bemesting beginsels

Indicate client(s) to whom this final report is submitted. Replace any of these with other relevant clients if required. FINAL REPORT FOR 2001/2002

Skool Vakansie Sorg Bring die kinders om te kom SPEEL. Ons pas u kind op terwyl u werk.

WYN- EN SPIRITUSRAAD. Skema vir Geïntegreerde Produksie van Wyn. Geïntegreerde Produksie Van Wyn: Handleiding vir die Plaas.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

AANHANGSEL 1/ANNEXURE 1 TABEL 1/TABLE 1 TOELAATBARE KULTIVARS EN KORRELGROOTTE (ALLE KLASSE)/ PERMISSIBLE CULTIVARS AND BERRY SIZE (ALL CLASSES)

SEKTORALE VASSTELLING 13 VIR PLAASWERKER SEKTOR GEPUBLISEER IN STAATSKOERANT VAN 17 FEBRUARY 2006

Gmail - Fw: BOLAND REELS VIR LIGA WEDSTRYDE

Gevaarlike afval in huishoudelike afval: n gevallestudie

Droëboonkultivaraanbevelings Dry Bean Cultivar Recommendations

Per Serving: 310 Calories; 16g Fat; 36g Protein; Carbohydrate; 1g Dietary Fiber; 2g Net Carbs

AANHANGSEL 1/ANNEXURE 1 TABEL 1/TABLE 1 TOELAATBARE KULTIVARS/VARIëTEIT (ALLE KLASSE)/ PERMISSIBLE CULTIVARS/VARIETY (ALL CLASSES)

FACULTY OF ECONOMIC AND MANAGEMENT SCIENCES DEPARTMENT OF ECONOMICS ECONOMICS 110 Semester test 1 14 March 2008 Total: 50 marks Time: 60 minutes

Chocolate Chip Peanut Butter

Vark wors VARKWORS METODE: Nota

VOORWOORD. Lallemand: Natural solutions that add value to the world of winemaking DIE GESKIEDENIS EN AGTERGROND DIE LALLEMAND FILOSOFIE

Primêre Skool Jordania

FINALE NAVORSINGSVERSLAG (2000/2001): WINETECH

OpenStax-CNX module: m Gedigte * Siyavula Uploaders

Mari Wasserman Berakah Makadamia Proewe

Voorverhit die oond tot 200 C. Smeer 6 losboom-pannetjies.

CULTIVAR INFO : RUBY STAR * (PR00-33) ARC

Kerrie perskes. Pickled Fish

Mushroom and Blue Cheese on Toasted Ciabatta

Mari Wasserman Avokado Proewe

Nuusbrief / Newsletter

Goeie bestuur gee jou n voorsprong

VOORWOORD. Lallemand Inc. is n private. Lallemand Inc. is n Kanadese. Lallemand Inc. glo dat GESKIEDENIS & AGTERGROND VISIE & MISSIE LALLEMAND

JERSEY SA. Nuusbrief

COCONUT WAFERS. Variation Omit the coconut and add choc chips/ cherries

SELFGEMAAKTE DEEG VIR SAMOOSAS

ROMANY CREAMS. Method

GOVERNMENT NOTICES GOEWERMENTSKENNISGEWINGS

GEBAKTE KAASKOEK MET GEMENGDE BERRIES

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL VAN SUID-AFRIKA

GOEWERM ENTSKENN ISGEWINGS

AFLEWERING VAN DG/G WYNE DELIVERY OF DG/GOLD WINES BEOORDELING - JUDGING. 8 Aug Inskrywings sluit/entries close Oct

AMARULA Sjokoladekoek

JEANETTE SE JOGURT TERT

Carrot and Pineapple Cake

THE INFLUENCE OF WET PICKING ON POST HARVEST DISEASES AND DISORDERS OF AVOCADO FRUIT

Afstand * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Bonnie en Tommie gaan see toe 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Suurlemoengegeurde malvapoeding

Hou die herfskommandowurm enige risiko in vir aartappelproduksie?

No. R November MARKETING OF AGRICULTURAL PRODUCTS ACT, 1996 (ACT No. 47 OF 1996)

SERTIFISERINGSHANDLEIDING VIR DEELNEMERS AAN DIE WYN VAN OORSPRONG-SKEMA

Bacon Wrapped BBQ Chicken Bundles

Happiness is a cup of coffee. July 2016 Newsletter

Charolais. Waarom n. kalwers groei vinnig, dus laer mortaliteit. Charolaiskoeie beskik oor genoeg melk om van die swaarste kalwers te speen.

Hoe het Coke ontstaan? *

Beleid oor die aanmelding van wanbestuur en ongerymdhede en die beskerming van bekendmaking daarvan

Ons IS Fosfaat PRODUKHANDLEIDING

VERITAS TOEKENNINGS / AWARDS INSKRYWINGS INLIGTING / ENTRY DETAILS

Focaccia met baba-aartappels en geroosterde knoffel

Pork belly roast. Ingredients. Method

Transcription:

Ally Express Reg. No. L6032 No. Act 36 of 1947 Reg. Nr. L6032 Wet No 36 van 1947 A water dispersible granule postemergence herbicide, for the control of weeds in wheat and barley in the Western, Southern and Eastern Cape. FOR FULL PARTICULARS SEE ENCLOSED LEAFLET n Waterdispergeerbare korrel naopkom onkruiddoder vir die beheer van onkruide in koring en gars in die Wes-, Suid- en Ooskaap. SIEN INGESLOTE PAMFLET VIR VOLLEDIGE BESONDERHEDE HERBICIDE GROUP CODE B / E ONKRUIDDODER GROEP KODE ACTIVE INGREDIENT AKTIEWE BESTANDDEEL Metsulfuron methyl (sulfonylurea) 100 g/kg Metsulfuronmetiel (sulfonielureum) Carfentrazone ethyl (triazolinone) 400 g/kg Karfentrasoonetiel (triasolinoon) Net Mass 100g Netto Massa REGISTERED BY / GEREGISTREER DEUR: DUPONT DE NEMOURS INT S.A. Co. Reg. No. 81/008502/10 P O BOX / POSBUS 3332 HALFWAY HOUSE 1685 Tel: (012) 683-5600 24 Hour/Uur Emergency Number/Noodnommer: 083 123 3911 UN No. / VN Nr. 3077 24 HOUR/UUR EMERGENCY NUMBER/ NOODNOMMER: 083 123 3911 BATCH NUMBER DATE MANUFACTURED LOTNOMMER DATUM VERVAARDIG CAUTION VERSIGTIG Copyright 2005 DuPont. All rights reserved. The DuPont Oval Logo, DuPont TM, The miracles of science TM and Ally are registered trademarks or trademarks of DuPont or its affiliates. Ally Express, Page 1, 2005/04/25

Ally Express Reg. Nr. L6032 Wet Nr. 36 van 1947 n Waterdispergeerbare korrel na-opkom onkruiddoder vir die beheer van onkruide in koring en gars in die Wes-, Suid- en Ooskaap. AKTIEWE BESTANDDEEL: Metsulfuronmetiel (sulfonielureum)...100 g/kg Karfentrasoon etiel (triasolinoon)...400 g/kg Geregistreer deur: DUPONT DE NEMOURS INT S.A. Co.Reg.No. 81/08502/10 P O BOX / POSBUS 3332 HALFWAY HOUSE 1685 Tel: (012) 683-5600 24 Uur Noodnommer: 083 123 3911 WAARSKUWINGS: Uiters giftig vir vis en waterlewende organismes. Moet nie oppervlakte water of afvoerslote met die middel of gebruikte houer kontamineer nie. Die produk mag irritasie van oë, neus, keel and vel veroorsaak. Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere. Bewaar in 'n koel droë plek, in die oorspronklike houer, dig toe. Bewaar weg van voedsel en voer. HERBETREDING: Moet nie behandelde gebied betree alvorens die spuitneerslag droog is nie, tensy beskermende oorklere gedra word. Indien die aanbevole toedieningshoeveelheid of stadium van gebruik oorskry word, mag gewasskade ontstaan. Die gebruik van die produk kan onder sekere klimaatsomstandighede (soos langdurige koue en nat toestande) na toediening tot tydelike vergeling van die plantblare en uiteindelike tydelike vertraagde groei aanleiding gee. Alhoewel hierdie middel omvattend onder 'n groot verskeidenheid toestande getoets is, waarborg die registrasiehouer nie dat dit onder alle toestande doeltreffend sal wees nie aangesien die werking en effek daarvan beïnvloed kan word deur faktore soos abnormale grond-, klimaats- en bergingstoestande; kwaliteit van verdunningswater, verenigbaarheid met ander stowwe wat nie op die etiket aangedui is nie en die voorkoms van weerstand van die onkruid teen die betrokke middel sowel as die metode, tyd en akkuraatheid van toediening. Verder aanvaar die registrasiehouer nie verantwoordelikheid vir skade aan gewasse, plantegroei, die omgewing of vir nadelige effek op mens of dier of vir 'n gebrek aan prestasie van die betrokke middel as gevolg van die versuim van die gebruiker om etiketaanwysings na te kom of as gevolg van die ontstaan van toestande wat nie kragtens die registrasie voorsien kon word nie. Raadpleeg die verskaffer in die geval van enige onsekerheid. Ally Express, Page 2, 2005/04/25

VOORSORGMAATREËLS: Hou in oorspronklike houer, dig toe, in `n veilige plek. Moet nie eet, drink of rook terwyl die produk gebruik word nie. Vermy besoedeling van voedsel, voer, drinkwater en eetgerei. Vir veiligheid tydens vermenging: Moet nie die stof inasem nie. Dra oogbeskerming (gesigskerm). Indien die produk in u oë kom, was dit onmiddellik met water uit. Dra rubberhandskoene. Indien dit op u vel kom was dit dadelik met water af. Indien dit op u klere mors, trek uit en was dit. Vir veiligheid tydens bespuiting: Vermy kontak met die spuitnewel sover moontlik en moet dit nie inasem nie. Vermy oorwaai van spuitnewel na ander gewasse, weiding, riviere, damme en gebiede wat nie onder behandeling is nie. Moet nie toelaat dat direkte sproei vanaf trekker of voertuig gemonteerde spuittoerusting binne ses meter vanaf oppervlakte water of afvoerslote val nie. Moet nie toelaat dat direkte sproei vanaf handspuite binne twee meter vanaf oppervlakte water of afvoerslote val nie. Vir veiligheid na bespuiting: Was uself. Trek werksklere uit en was dit. Maak toediener deeglik skoon na gebruik. Gebruik die volgende metode: i. Dreineer tenk en spoel tenk, spuitbalk en pype met skoon water uit. Dreineer weer. ii. Vul tenk met skoon water en voeg huishoudelike ammoniak (bevat 3 % aktief) by teen 'n konsentrasie van 1 l per 100 l water. Sirkuleer die ammoniak oplossing deur tenk, spuitbalk en pype vir ten minste 15 min. Dreineer heeltemal. iii. Om ammoniak oorblyfsels te verwyder spoel die tenk met skoon water uit en deurspoel die spuitbalk en pype. iv. Herhaal (ii). v. Spuitkoppe en filtreerders moet verwyder word en apart skoon gemaak word met 'n ammoniakoplossing van dieselfde konsentrasie soos hierbo. vi. Enige kontaminasie aan die buitekante van die spuittoerusting moet verwyder word deur dit met skoon water af te was. Vermy bespuiting, leegmaak of uitspoeling van toerusting op of naby gewenste bome of plante of binne hul wortelsone. WEGDOEN VAN LEË HOUERS: Houers en verpakkings moet heeltemaal leeggemaak word voordat hulle vernietig word. Skud die houer deeglik uit in die toediener se stortbak. Spoel daarna die leë houer drie keer uit met n volume water gelykstaande aan n minimum van 10 % van die inhoud van die houer en gooi die spoelinhoud terug in die spuittenk voordat die houer vernietig word op die voorgeskrewe metode. Vernietig die leë houer deur gate daarin in te kap en plat te druk en moet dit vir geen ander doel gebruik nie. ONKRUIDBEHEER: Ally Express bevat twee aktiewe bestanddele met verskillende werkswyses. Ally Express inhibeer onkruidgroei binne enkele ure na toediening, en verhoed sodoende onkruidkompetisie met die gewas. Onkruide vertoon verskillende kleurverskille soos wat hulle terugsterf na toediening, maar die tydsverloop vir hierdie simptome om te verskyn en finale dood van die onkruide sal varieer na gelang van die spesies en weersomstandighede. Ally Express, Page 3, 2005/04/25

WEERSTANDSWAARSKUWING Ally Express is n groepkode B/E onkruiddoder. Enige populasie van n spesifieke onkruid mag individue insluit wat n natuurlike weerstand teen Ally Express, of enige ander groepkode B/E onkruiddodoer het. Indien hierdie onkruiddoders herhaaldelik aangewend word, kan die weerstandbiedende individue uiteindelik die onkruid populasie oorheers. Hierdie weerstandbiedende onkruide sal waarskynlik nie deur Ally Express of enige ander groepkode B/E onkruiddoder beheer word nie. Om weerstand teen onkruiddoders te vertraag: Vermy die eksklusiewe herhaaldelike gebruik van onkruiddoders met dieselfde groepkode. Wissel af met, of gebruik tenkmengsels van produkte in verskillende onkruiddodergroepkodes. Integreer ander beheermaatreels (chemies, verbouing, biologies) in onkruiddoder programme. Vir spesifieke inligting oor weerstandsbestuur kontak die registrasiehouer van hierdie produk. GEBRUIKSBEPERKINGS: 1. Opvolggewasse 1.1. Geen ander gewas buiten kleingraan (koring, gars, hawer) mag binne 10 maande na Ally Express toediening gesaai word nie. Koring mag een maand na Ally Express toediening gesaai word, terwyl gars en hawer eers na ses maande gesaai mag word. 1.2. ph : Ally Express toegedien op gronde waar die ph 6,5 (KCl) oorskry en/of grond wat vry kalk bevat mag langer nawerking ten opsigte van opvolggewasse tot gevolg hê. 2. Ally Express het 'n beperkte nawerking op ontkiemende onkruide wat deur faktore soos onkruidspesies, grond-ph en vogtoestande, ens. beïnvloed word. 3. Wisselvallige beheer/hergroei van onkruid kan voorkom indien een of meer van die volgende toestande heers: 3.1. Ligte sanderige suur gronde wat: - geneig is om te loog - geneig is tot versuiping 3.2. Oormatige klip bedekking van die grondoppervlakte. 4. Moet onder geen omstandighede ongebruikte spuitmengsel oornag laat staan nie. 5. Moenie Ally Express mengsels toedien op graan wat onder abnormale stremming verkeer nie. (stremming kan die gevolg wees van versuiptoestande, droogte, siekte, insekskade of voedingstekorte, veral stikstof) of ander faktore wat gewasgroei beperk. 6. Ondergesaaides: Moenie Ally Express toedien op graan ondergesaai met weiding (grasse, klawer or peulplante of enige ander breëblaargewas) nie. 7. Verdunningswater: Gebruik slegs water waarvan die kwaliteit geskik is vir oorhoofse besproeiïng. (Vermy water waarvan die geleidingsvermoë 1,0 ms/cm oorskry of 'n weerstand nie laer as 300 ohm en/of ph van meer as 8 het). 8. Die mengbaarheid van Ally Express is nog nie volledig ondersoek nie. Moet nie Ally Express met enige benatters of olies meng nie. Vermenging met Emulgeerbare Konsentraat insekmiddels, swammiddels en ander onkruiddoders moet nie gedoen word nie alvorens vooraf met die vervaardiger gekonsulteer is nie. GEBRUIKSAANWYSINGS: GEBRUIK SLEGS SOOS AANGEDUI. Indien die verskafde maatbeker gebruik word om die aanbevole toedieningshoeveelhede uit te meet, kan 'n afwyking van tot so groot as 7,5 % voorkom. Vir algehele akkuraatheid moet die toedieningshoeveelhede afgeweeg word. Dien Ally Express toe tussen die 3-5 blaarstadium van die gewas. Dien Ally Express toe na opkoms van beide graan en onkruide. Meng slegs voldoende spuitmengsel vir onmiddellike gebruik op die volgende manier: Ally Express, Page 4, 2005/04/25

VOORAFVERMENGING: Meng die verlangde hoeveelheid Ally Express met 'n klein bietjie water tot 'n gladde room sonder enige oorblywende korrels of indien roering voldoende is, kan die verlangde hoeveelheid produk as sulks in die tenk gegooi word. VERMENGING: Maak die spuittenk halfvol met water. Giet die verroomde produk in die tenk deur 'n sif of gooi die verlangde hoeveelheid produk as sulks in die tenk. Vul dan met water terwyl voortdurend aktief geroer word. NOTA : Verseker deeglike roering van die spuitmengsel te alle tye. TOEDIENING: Grondtoediening : Gebruik 'n trekkergemonteerde balkspuit wat korrek gekalibreer is om ten minste 200 liter spuitmengsel/ha en maksimum 400 l spuitmengsel per ha teen 'n konstante spoed en druk (100-200 kpa) te lewer. Vermy oorvleuling van spuitbane en sluit die spuitpunte af tydens aanskakeling, stadige beweging, stilstand en wanneer gedraai word om sodoende oormatige toediening te voorkom. GEWAS GRONDTIPE DOSIS OPMERKINGS (hoeveelheid per ha) Grondtoediening: Wes- Suid- en Ooskaap Koring en Gars (alle variëteite) Alle tipes Sien Gebruiksbeperkings Nos. 3.1 en 3.2. Dien toe as n naopkomsbespuiting wanneer die gewas in die 3 tot 5 blaar stadium is. Onkruide moet reeds ontkiem het, maar nog nie die onderstaande maksimum aanbevole stadium oorskry het nie. 25 g Ally Express 25 g Ally Express + 500 ml MCPA 20 g Ally Express + 500 ml MCPA Verwys na onkruid Tabel 1 vir onkruide wat beheer word met hierdie toedieningsdosis. Nota: Wisselvallige beheer van ramenas kan onder sekere toestande verkry word. Verwys na onkruid Tabelle 1 & 2 vir onkruide wat met hierdie toedieningshoeveelheid beheer word. Nota: Digte stande van ramenas beheer sal ook beheer word. Verwys na onkruid Tabel 2 vir onkruide wat met hierdie toedieningshoeveelheid beheer word. Minder digte stande van ramenas sal beheer word. Ally Express, Page 5, 2005/04/25

NOTAS Gevestigde onkruide wat nie deur bewerking gedood is nie en tekens van hergroei toon sal nie beheer word nie. Moenie toedien op n gewas wat onder stremming verkeer nie, soos droogte, versuiping, ens. Tydelike vergeling/nekrotiese vlekkies en/of vertraging in groei van die gewas mag voorkom op die gewas na toediening maar dit sal nie opbrengs beïnvloed nie. MOET NIE die aanbevole toedieningshoeveelheid oorskry nie. Beste resultate word behaal op jong, aktief-groeiende onkruide onder vogtige toestande tydens die beheerperiode. Raadpleeg vermengingsinstruksies soos beskryf onder GEBRUIKSAANWYSINGS ONKRUID TABEL 1: ONKRUIDE BEHEER MET 25g Ally Express/ha: Die volgende onkruide word onder normale toestande deur Ally Express beheer indien bespuit vanaf saailingstadium tot die stadium soos aangedui: WETENSKAPLIKE NAAM GEBRUIKSNAAM MAKSIMUM STADIUM VAN ONKRUID TYDENS TOEDIENING Anagallis arvensis Chenopodium album Chenopodium murale Emex australis Erodium moschatum Fumaria muralis Galinsoga parviflora Galium spurium Malva parviflora Medicago spp. Oxalis pes-caprae Oxalis latifolia Pentzia grandiflora Pentzia suffruticosa Plantago lanceolata Polycarpon tetraphyllum Polygonum aviculare Raphanus raphanistrum* Rumex angiocarpus Schkuhria pinnata Sonchus oleraceus Sisymbrium thellungii Spergula arvensis Vicia sativa Pimpernel Withondebossie Muurhondebossie Kaapse dubbeltjie Turknael Duiwekerwel Knopkruid Kleefkruid Kiesieblaar Medics Geelsuring Rooituinsuring Groot stinkruid Klein stinkruid Smal weëblaar Naaldvrug Voëlduisendknoop Ramenas Steenboksuring Kleinkakiebos Sydissel wildemosterd Sporrie Breëblaarperswieke 3 blare 3 blare *Wisselvallige beheer van ramenas onder sekere toestande die byvoeging van MCPA word aanbeveel. Ally Express, Page 6, 2005/04/25

ONKRUID TABEL 2: ONKRUIDE BEHEER MET 20 g Ally Express/ha + 500 ml MCPA: Die volgende onkruide word onder normale toestande beheer indien bespuit vanaf saailingstadium tot die stadium soos aangedui: WETENSKAPLIKE NAAM GEBRUIKSNAAM MAKSIMUM STADIUM VAN ONKRUID TYDENS TOEDIENING Anagallis arvensis Emex australis Erodium moschatum Fumaria muralis Malva parviflora Polycarpon tetraphyllum Polygonum aviculare Raphanus raphanistrum* Rumex angiocarpus Sonchus oleraceus Pimpernel Kaapse dubbeltjie Turknael Duiwekerwel Kiesieblaar Naaldvrug Voëlduisendknoop Ramenas Steenboksuring Sydissel 3 blare * Verhoog Ally Express dosis na 25 g/ha vir digte stande ramenas Ally Express, Page 7, 2005/04/25