ROOIWYN TARENTAAL POTJIE WILDSBOBOTIE WILDSVLEIS SCHNITZEL

Similar documents
Vark wors VARKWORS METODE: Nota

Marieta van Bladeren Nigella se aartappel blini. Maar ek dress hom soos die foto

Kerrie perskes. Pickled Fish

1 lamsboud, ontbeen en soos 'n vlinder oopgesny 125 ml karringmelk 10 ml gegeurde seesout 2,5 ml gemaalde swartpeper

DIE QUINTUS PORK BELLY

Suurlemoengegeurde malvapoeding

PICCALILLI SLAAI EN WORTELSLAAI

MADELEINES MADELEINES

ALLES WAT 116 HOENDER RESEPTE

sweetcorn tert Metode:

Pork Tendeloin with aple Onion and Garlic Gravy

Bacon Wrapped BBQ Chicken Bundles

WINDMEUL KELDER KERRIE AFVAL

Mix 1 tin john west mackrel in oil with a tin john west sardines in oil and about 3 john west anchovies blend well and serve

AMARULA Sjokoladekoek

Per Serving: 310 Calories; 16g Fat; 36g Protein; Carbohydrate; 1g Dietary Fiber; 2g Net Carbs

Pork belly roast. Ingredients. Method

Voorverhit die oond tot 200 C. Smeer 6 losboom-pannetjies.

MOZAMBIQUE PERI PERI CHICKEN

Sjokolade-mousse-terrien

Griddled bavette steak with shallot and red wine sauce

ROMANY CREAMS. Method

SELFGEMAAKTE DEEG VIR SAMOOSAS

Chocolate Chip Peanut Butter

Karamel Brownies. Karamel: 32 cream caramels (daardie caramel toffies wat in die lang boksies is) ½ k. botter 1 blik kondensmelk.

GRONDBOONBOTTER FIX KOEKIE

Cheesy Bacon Ranch Pull Apart Bread

TAMELETJIES GIDEON SE TAMELETJIE

SPINASIE, SAMPIOEN, SPEK EN FETA QUICHE

JEANETTE SE JOGURT TERT

8. If the cookies still seem a little soft don t worry it will set more as they cool. 9. Enjoy!!! 10. PS Very delicious with coffee and tea!

Prego rolls. Ingredients. Method

VETKOEK OR BREAD DOUGH

GROENBOONTJIE RESEPTE EN IDEES

Mushroom and Blue Cheese on Toasted Ciabatta

MONIQUE SE LEKKER PEANUT BUTTER FUDGE

Baileys Irish Cream Cheesecake with Chocolate Ganache

Garlic, Cheddar and Chive Scones

Kla Kous Resepte. LEKKERGOED Resepte

COCONUT WAFERS. Variation Omit the coconut and add choc chips/ cherries

Tuna Cakes. Makes about 12 tuna cakes

Gnocchi with burnt butter and sage

Easy Ricotta Cake with Fresh Berries

GEBAKTE KAASKOEK MET GEMENGDE BERRIES

Easy Breakfast Sandwich Pudding with Crispy Bacon

French Onion Zoodle Bake

Muffins Steak & Ale Tin Pies

Carrot and Pineapple Cake

Lentil Curry. Ingredients

TWO-MINUTE MICROWAVE FUDGE

Spyskaart / Menu. We do take-a-ways! Bedien tot 11:30 Served until 11:30 R30 R35 R30 R60 R45 R45 R 45

ONTBYTE/BREAKFASTS. Sonskyn Ontbyt/Sunshine Breakfast. Plaas Ontbyt/Farmhouse Breakfast. Mega Ontbyt/Mega Breakfast

Focaccia met baba-aartappels en geroosterde knoffel

KUDU BREDIE - AMORE BEKKER

Hollandse appeltert met n twist

Dulche-de-leche Gevriesde Kaaskoek

Bacon Onion Rings with Bacon Ranch Dipping Sauce

Die lekkerste versiersels

ASYN-POEDING MENG SAAM

Halloumi brood. Bestanddele

Death by chocolate cupcakes

IDEES VIR FONDANT IN VORMS

Spreek pizza so uit: pietsa. bak: to bake; om iets in n oond gaar te maak

Koeksister balls. Heavenly bites of a traditional favourite. Preparation time: 30 minutes Cooking time: 25 minutes Skill level: medium.

JEUGSKOUGIDS: 2011 KULINÊRE KUNSTE REËLS:

Chocolate Cherry Trifle

La Motte Sauvignon Blanc La Motte harvest bowl (V) 110 textures of seasonal vegetables, cashew nut-and-rosemary cheese, ancient grains and dried dates

4. GEBAK / BAKING OPE AFDELING / OPEN SECTION

Price list & Order form Tel:

BESTE. Die100 LESERSRESEPTE BRAAI MAKLIK, BEKOSTIGBAAR EN LEKKER BINNE ROOIVLEIS, WILD, VARKVLEIS, HOENDER, VIS, BYKOS, BROOD EN POTJIES

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February No.

Van hier tot daar - 05 *

2016 VERITAS CLASSES / KLASSE

Besigheidsure Maandae - Vrydae 07:30-17:00 Saterdae 08:30-15:00. Business Hours Mondays - Fridays 07:30-17:00 Saturdays 08:30-15:00

Besigheidsure Maandae - Vrydae 07:30-17:00 (Kombuis sluit 15:00) Saterdae 08:30-15:00 (Kombuis sluit 14:00)

Bacon en sweetcorn koekies

Price list & Order form Tel: Please like our page on Facebook to see all our specials.

FERTIFLO (19) 96 g/kg 63 g/kg 32 g/kg 10 g/kg mg/kg 500 mg/kg 500 mg/kg 500 mg/kg 200 mg/kg 5 mg/kg

VENUE CHECKLIST. Venue pas in by julle tema (bv rustic- plaas, city-chic en modern, natuurlik, klassiek, medieval of iets heeltemal uniek ens)

SLAAI UITDAGING SALAD CHALLENGE

BANKET INLIGTING 2008

Before using this product read the label carefully MAXIBOOST. Reg. No. B3815, Act No. 36 of 1947 Namibian Reg. No. N-F 237 Botswana Reg. No.

Ken jou wynterme. Brut Droë vonkelwyn.

Inhoud. Voorwoord. Vanjaar kuier ons op Get Together se stoep en vertel al die stoepstories van al die jare.

OpenStax-CNX module: m Lees en Woordorde * Siyavula Uploaders

PINEAPPLE FRIDGE TART

OpenStax-CNX module: m Gedigte * Siyavula Uploaders

Heide-Mari Dissel Tamatie en uie slaai gebottel heerlik oor en in ENIGE gereg.

Welkom by Koekela Huiskafee

Ligte gedigte en dinge

Verslag oor die droëbone strookproewe: 2016/17 Report on the dry bean strip trials: 2016/17. September 2017

Skool Vakansie Sorg Bring die kinders om te kom SPEEL. Ons pas u kind op terwyl u werk.

signature DISH vegetarian DISH

For birthday parties and general celebrations. Thank you for your interest in Droomplaas!

Kos en advertensies. Luister- en praattyd: Wat sal jy koop? Voorbeeld: Ek sal koeldrank, brood,... koop. appels. tee. aartappels.

Afstand * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Bonnie en Tommie gaan see toe 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Hoe het Coke ontstaan? *

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Travel Eating Out. Eating Out - At the Entrance. Eating Out - Ordering food

Kla Kous Resepte. POTJIEKOS Resepte

Transcription:

Wildsvleis Resepte ROOIWYN TARENTAAL POTJIE WILDSBOBOTIE WILDSVLEIS SCHNITZEL (met geglaseerde appelkose) VOLSTRUIS GOULASH MET PORT VOLSTRUISBOBOTIE PRUIMEDANTE EN SOETWYN WILDSBREDIE WILDS SOSATIES GEBRAAIDE WILDSBOUD / BLAD IN SOETWYN A LA HASIE WILDSVLEIS SKYWE IN WYN SOUS WILDSNEK IN SUURROOM / KARRINGMELK GEVULDE WILDSVLEIS RIBBETJIE SPRINGBOKBOUD MET BRIJANI SPESERYE GESTOPTE GEMSBOKFILET VLAKVARK BREDIE VLAKVARK BOUDJIE

ROOIWYN TARENTAAL POTJIE 1 groot tarentaal in porsies opgekap lekker groot stuk varkspek, in blokkies gesny 4 eetlepels botter 3 eetlepels kookolie 3 uie, gekap 4 knoffelhuisies, gekap 1 pakkie baby carrots 1 blaar seldery, opgekap lourierblaar 1 teelepel tiemie 5 ml gedroogde oregano 250 ml droë rooi wyn 100 ml vleis aftreksel 350 ml knoppie sampioene 10 ml pietersielie Swartpeper Sout na smaak Braai spek in groter potjie tot bros. Verwyder en hou eenkant. Voeg botter en olie na die oorblywende vet en soteer uie en knoffel tot deurskynend. Verwyder en hou eenkant. Voeg tarentale gedeeltes en bruin aan alle kante. Voeg uiemengsel, wortel, seldery en spek bo-op. Voeg kruie, sout en peper. Verhit wyn en aftreksel saam in kleiner potjie en gooi oor tarentaal. Bedek en prut stadig vir 2-3 uur of tot sag. Plaas sampioene bo-op en sprinkel met pietersielie. Plaas deksel op en prut vir 'n verdere 15 minute of totdat sampioene sag is.

WILDSBOBOTIE 750 g gemaalde wildsvleis 50 ml olie 1 ui, gekap 15 ml kerriepoeier 7 ml sout 4 eetlepels bruin asyn 6 eetlepels fyn appelkooskonfyt 1 Granny Smith appel, gerasper 50 ml pitlose rosyne 1 sny witbrood 350 ml melk 2 eiers 5 ml borrie 4 vars suurlemoen- of lourierblare Verhit die olie in 'n swaarboomkastrol en soteer die ui tot sag en deurskynend. Voeg die kerrie poeier by en braai dit 1 minute lank. Voeg die maalvleis by en braai dit totdat die vleis verbruin. Voeg die sout, asyn, appelkooskonfyt, appel en rosyne by. Plaas die deksel op en prut dit 10 minute lank. Week die brood in melk. Druk die melk uit en voeg die brood by die vleismengsel. Skep die vleismengsel in 'n vuurvaste oondskottel. Klits die eiers en melk saam en voeg borrie by. Druk die suurlemoen- of lourierblare in die vleismengsel en giet die eiermengsel bo-oor. Bak dit 40 minute lank in 'n voor verhitte oond teen 180 C totdat die vla gestol het.

WILDSVLEIS SCHNITZEL MET GEGLASEERDE APPELKOSE 2 wildsvleis steak snitte, dun gesny halwe kop koekmeel, gemeng met knoffelsout en swart peper na smaak in die koekmeel in 3 Kop broodkrummels 2 eiers liggies geklits 1 eetlepel olie 1 eetlepel botter 1. Plaas jou steaks tussen 2 lae plastic wrap... moker die vleisie goed met vleis hammer... bottel met plat boom werk net so goed. 2. Doop nou vleis in die koekmeel mengsel, dan in die geklitste eier. 3. Plaas helfte van die broodkrummels bo op waspapier, sit nou gedoopte vleisie daarop, gooi die oorblywende krummels bo op vleis, druk plat met palm van jou hand. 4. Plaas op bord, maak toe met cling wrap, laat staan in yskas vir 40 minute. 5. Verhit jou swaarboom pan met die olie en botter. 6. Braai die Schnitzel vir ongeveer 2 minute aan albei kante tot goudbruin.., dreineer op kombuis papier. Geglaseerde Appelkose 2 hande vol (goeie gehalte) gedroogde appelkose 1 kop water 1/2 kop bruinsuiker 1 teelepel gemaalde gemmer lang reep suurlemoenskil 2 eetlepels suurlemoensap 1. Voeg al die appelkoos bestanddele in 'n kastrol, bring tot kookpunt, laat dan prut vir 5 minute op lae hitte. 2. Verwyder die appelkose van die stroop. 3. Plaas die stroop terug op die plaat, kook die stropie tot lekker taaierig.. plaas appelkose terug, laat eenkant. Pasop dit brand vinnig aan, dan is dit bitter. Maak borde warm. Plaas 'n paar appelkose in die middel van die bord, skep die schnitzel bo op, plaas die res van die appelkose bo op en bedek met die appelkoos sous.

VOLSTRUIS GOULASH MET PORT Marineer vleis so Meng die volgende bestanddele saam en laat vleis oornag marineer: 1 kg volstruisfilet in blokkies goulash gesny 2 eetlepel olyfolie 2 eetlepels balsemiek asyn 1 ui, gekap 1 teelepel roosmaryn 1 teelepel naeltjies 1 teelepel neutmuskaat koppie port sout en peper, na smaak Maak die dis volstruisvleis met die marinade 3 groot eetlepel botter 125 g spekvleis, gekap 4 knoffelhuisies, gekneus 1 prei, gekap 500 g sampioene 125 g klein uitjies 60 ml vars room 1/2 teelepel naeltjies sout en peper, na smaak vars tiemie, gekap na smaak vars roosmaryn, gekap na smaak 1. Verhit botter in kastrol. Soteer spek en preie daarin. 2. Voeg vleis en marinade by. 3. Voeg al die geurmiddels by en laat stadig prut 2 tot 3 ure. 4. Voeg die sampioene en uitjies by kook vir 15 minute. 5. Voeg room by en kook tot verdik. Bedien dadelik.

VOLSTRUISBOBOTIE 250 ml melk 1 dik sny witbrood 1 kg gemaalde volstruisvleis 10 ml olyfolie 5 ml botter 1 gekapte ui 5 ml knoffel, gekneus 1 kookappel, gerasper 5 ml borrie 15 ml matige kerriepoeier 50 ml droë wit wyn 30 ml fyn appelkooskonfyt 125 ml bruin sultanas of pitlose rosyne 80 ml gepelde amandels, gehalveer 10 ml sout 3 ml swartpeper 3 ml gemaalde koljander 1 ml gemaalde naeltjies 2 ml gedroogde tiemie 10 ml balsamiese asyn 2 lourierblare Stel oond op 180 C. Giet helfte van die melk oor die witbrood en week 10 minute. Krummel die brood en voeg by die vleis. Hou eenkant. Verhit die olie en botter in 'n pot en braai die ui, knoffel, appel, borrie en kerrie vir 5 minute daarin. Haal van hitte en voeg res van die bestanddele, behalwe die eiers, res van die melk en lourierblare by. Werk goed deur met 'n langtand vurk. Plaas in gesmeerde oondbak en bak vir 25 minute. Klits intussen die eiers en res van die melk saam. Haal vleis uit oond en giet eiermengsel stadig bo-oor. Druk twee lourierblare in vleis en bak 'n verdere 30 minute. Dien op met gestoofde vrugte en geelrys.

PRUIMEDANTE EN SOETWYN WILDSBREDIE 800 g wildsvleis, in blokkies gesny 1 koppie soetwyn 2 koppies water halwe koppie olie 3 groot uie, geskil en in blokkies gesny paar knoffelhuisies gepars 2 pakkies swoerdlose spek 2 groot eetlepels tamatiepasta 130 g droë pruimedante sout en peper na smaak Gebruik verkieslik 'n swaarboom pot. Verhit die olie in 'n kastrol en braai die spek daarin tot dit bros is. Voeg die uie en knoffel by, braai tot deurskynend. Sit nou die vleis by en braai dit oor hoë hitte totdat die vleis begin kleur kry. Roer die tamatiepasta en 1 teelepel sout en peper by. Voeg nou die pruimedante, water en soetwyn by. Laat prut dit vir ongeveer 2 tot 3 ure of totdat die vleis sag is. Hou die deksel op, kyk na uur of vloeistof nog genoeg is. Haal die deksel af sodra die vleis sag is sodat die oortollige vloeistof kan verdamp. Bedien met stampmielies of heerlike vars gebakte mieliebroodjie.

WILDS SOSATIES 2.5 kg Wildsfilet in blokkies gesny 1.5 kg Lamsvleis in blokkies gesny 1/2 kg varkspek 2 groot uie in ringe gesny 1 Eetlepel kerrie poeier 1/2 Eetlepel borrie 2 Eetlepels suiker 1 Eetlepel mielieblom 2 Eetlepels perske blatjang 1 1/2 koppie asyn 1 1/2 koppie water Braai die uie in olie tot sag. Voeg 1 1/2 koppie water by en stowe vir 5 minute. Meng kerrie poeier, borrie, suiker, mielieblom, asyn en blatjang saam. Voeg by die gebraaide uie en prut vir 3 minute. Laat afkoel. Sout en peper die vleis na smaak. Voeg 6 jong suurlemoen blare en 6 lourier blare by die vleis. Voeg afgekoelde sous by vleis. Meng deeglik. Plaas in die yskas vir 3 dae. Roer vleis daagliks. Ryg vleisblokkies op sosatie stokkie. Rooster oor matige kole.

GEBRAAIDE WILDSBOUD / BLAD IN SOETWYN 1 wildsboud of blad 500 g skaapskenkel of nek Marinade 250 ml soetwyn 15 ml Worcestersous 60 ml olie 60 ml appelkooskonfyt 30 ml wynasyn 15 ml growwe sout 5 ml swartpeper 3 knoffelhuisies, fyngedruk Marineer boud vir 2 dae in karringmelk, in die yskas. Gooi karringmelk weg. Plaas die vleis in 'n swaar yster kastrol of kasserolbak bo-op die nekvleis. Gooi die marinade oor. Sit die deksel op en bak 3 uur of langer in 'n stadige oond by 170 C tot die vleis bruin, sag en geurig is. Verdik die sous effens met mielieblom. Proe en pas aan waar nodig. Sit voor met rys, groente en kweperjellie.

A LA HASIE 1 haas 750 ml rooi wyn 50 g varkvet 2 uie 12.5 ml mielieblom 50 ml rum 1 lourierblaar 5 g roosmaryn 5 gekneusde knoffelhuisies 5 g koljander 250 g geweekte pitlose pruimedante speserye na smaak Sny haas in groterige stukke. Marineer vir 24 uur in wyn. Sny varkvet in klein skyfies. Braai uie in olie tot sag. Voeg res van bestanddele behalwe pruime en rum by. Kook vir 1uur en haal haas uit die wyn en sit in oondbak. Voeg speserye by en dan die wyn en genoeg water om vleis te bedek. Kook vir 40 minute op lae hitte. Voeg pruime en rum by sowat 10 minute voordat kos bedien word.

WILDSVLEIS SKYWE IN WYN SOUS 10 ml sout 25 ml olie 1 ui, gekap 250 g sampioene, gesny 100 ml rooi wyn OF 50 ml sjerrie 5 ml Worcester sous 250 ml room of joghurt 25 ml meel 5 ml gekapte tiemie vars gemaalde swart peper Sprinkel sout oor die wildsvleis skywe. Verhit die olie in 'n braaipan en braai die uie en sampioene. Verwyder van die hitte en hou warm. Verhit 2de swaarboom braaipan en braai die vleis aan beide kante tot die vleis goudbruin gebraai is. Voeg die uie en sampioene, wyn en worcestersous by. Kook vir 'n paar minute. Meng die room en die meel en gooi oor die vleis. Roer die tiemie en swart peper by. Prut vir 25 minute oor baie lae hitte en bedien met bruin rys.

WILDSNEK IN SUURROOM / KARRINGMELK Wildsnek stukke, bv. Gemsbok, Rooibok of Springbok 30 ml koekmeelblom 5 ml mielieblom sout en peper na smaak 5 ml bruinsuiker 2,5 ml fyn neutmuskaat 2,5 ml fyn gemmer 1 ml fyn naeltjies 15 ml droë pietersielie 15 ml gegeurde seesout 15 ml olie 15 ml botter 250 ml karringmelk of suurmelk 15 ml suurlemoensap 15 ml blatjang Saag die wildsnek in skywe. Meng die droë bestanddele om 'n geurige meelmengsel te vorm. Rol die stukke vleis daarin tot alkante bedek. Verhit die olie en botter in 'n swaarboomkastrol. Braai die vleis tot bruin aan weerskante. Skep die vleis in 'n vuurvaste oondskottel. Roer die oorblywende bestanddele by die olie en botter in die swaarboomkastrol. Giet oor die vleis in die oondskottel. Sit die deksel op en plaas in 'n voorverhitte oond by 160 C. Bedruip gereeld. Die vleis van 'n jong bokkie sal binne sowat 3 uur gaar wees, maar laat sowat 4 uur toe vir 'n ouer en groter bok.

GEVULDE WILDSVLEIS RIBBETJIE 2 kg wildsvleis rib, ontbeen en gesout 250 ml gedroogde appelkose 200 g bees maalvleis 5 ml sout 1 knoffelhuisie, gekneus 3 repies spek, opgesny 5 ml gekapte tiemie 100 g margarien 200 ml appelsap Meng die appelkose, maalvleis, sout, knoffel en tiemie om die vulsel te vorm. Smeer aan die binnekant van die rib en rol dit op. Bind dit vas met tou. Plaas die rib in 'n braaipan, smeer margarien oor die rib en gooi die appelsap oor. Bedek die rol met tinfoelie om te verhoed dat dit uitdroog wanneer dit bak. Bak vir 2 tot 2 1/2 uur met die deksel op teen 180 ºC. Bedruip gereeld met die appelsap in die bak. Sny die tou en sny die vleis in porsies. Bedien met bruin rys en droëvrugte slaai.

SPRINGBOKBOUD MET BRIJANI SPESERYE 1 Springbokboud 45 ml botter 30 ml bruinsuiker 30 ml koekmeelblom 30 ml korrel mosterd 30 ml growwe sout 30 ml brijani speserye 6 vet knoffelhuisies, gekneus 30 ml vars gemmer, fyngekap 5 ml koljander 30 ml olie 2 rooi uie, fyngekap 1 pynappel, geskil, in blokkies gesny 250 ml swoerdlose spekvleis 60 ml port Ontbeen die boud. Voorverhit oond tot 180 grade. Meng die botter, bruinsuiker, koekmeelblom, mosterd, sout, speserye, knoffel, gemmer en koljander saam en vryf die boud goed daarmee. Rol die vleis netjies terug en bind dit vas met kombuistou in 2.5 cm intervalle. Verhit die olie in 'n vuurvaste kasserol met 'n deksel wat dig pas. Braai die ui oor matige hitte tot sag en deurskynend. Voeg die pynappel by. Plaas die boud bo-op uie en pynappel en verwyder kasserol van die plaat. Bedek die boud deur die spekvleis bo-op die boud te rangskik en giet die port oor. Plaas in oond vir 1 uur 30 minute tot 2 ure of tot die vleis sag is. Vul die vloeistof aan met aftreksel of warm water indien nodig. Laat die vleis 10 minute rus sodra dit gaar is. Haal dit uit die kasserol en plaas op 'n warm plek. Indien die sous te dun is, plaas die kasserol terug op die plaat en laat die sous indamp tot regte konsistensie. Proe en geur sous indien nodig. Sny boud in skyfies en sit dit voor saam met die sous, romerige kapokaartappels of koeskoes en dadels. Wenk Hierdie resep kan ook gebruik word vir n skaapboud.

GESTOPTE GEMSBOKFILET Genoeg vir ses mense. 1 gemsbokfilet (ongeveer 1 kg) 1 ryp, ferm avokado 1/2 (50 g) brie-kaas 1 pak (250 g) repie spekvleis Vlek die filet in sy lengte oop en vul met skyfies avokado en brie-kaas. Vou toe. Lê die spekvleisrepies op 'n werkoppervlak en laat lê die filet bo-op. Draai elke repie spek om die filet en vou na binne. Bind vas met tou. Braai in 'n pan of rooster in die oond tot die spek goudbruin en bros is. As die filet dun is, sal die vleis ook nou gaar wees. As dit egter 'n dik filet is, sit dit vir 10-15 minute in die oond by 180 C. Laat rus vir 2-3 minute en sny. Sit voor met 'n brandewyn- of groenpeper roomsous, aartappels en groente. Variasie Probeer ook 'n kombinasie van bloukaas en gesnipperde groen vye konserf of fetakaas met pikantrissies vir dié filet se vulsel. Wenk As jy filet in 'n pan gaan braai, sny die vleis voor dit gevul word in kleiner stukke sodat dit maklik in die pan sal pas.

VLAKVARK BREDIE Genoeg vir 10 mense. 2 kg vlakvark, in blokkies gesny 250 ml koekmeel (gegeur met sout, peper en gemengde, droë kruie) 45 ml olie 45 ml botter 1 pak (250 g) repie spekvleis, gesnipper 2 groot uie, in wiggies gesny 4 knoffelhuisies, in stukkies gesny 500 ml wildsaftreksel 10 middelslag baba-aartappels, gehalveer 250 ml port 2 lourierblare 2 takkies vars roosmaryn 1 pak (250 g) knopiesampioene, grof gesnipper 125 ml - 250 ml suurroom Vars pietersielie, vars gerasperde suurlemoenskil, sout en peper na smaak. Druk die vlakvark blokkies deeglik droog en bestuif dan met die gegeurde meel. Verhit die botter en olie saam in 'n pot en braai die vleis in lotte tot goed bruin. Skep uit met 'n gaatjieslepel en hou eenkant. Braai die spek, uie en knoffel in die orige botter en olie mengsel tot die uie sag is. Sit die vlakvark blokkies terug, voeg die aftreksel by en verhit tot kookpunt. Bedek en prut vir ongeveer 1 1/2 uur of tot die vleis sag is. Voeg die aartappels, port, lourierblare en roosmaryn by en prut oop vir nog 30-45 minute. Voeg die sampioene by en prut tot gaar. Roer die suurroom, pietersielie, suurlemoenskil, sout en peper by. Sit voor op krummelpap.

VLAKVARK BOUDJIE 1 vlakvark boudjie 12.5ml knoffel en kruie geurmiddel 5 ml fyn naeltjies 2 ml groenteaftreksel poeier 2 ml gegeurde seesout 5 ml fyn gemmer swartpeper 2 pakkies (250 g elk) streepspek Meng al die smaakmiddels. Rol spekrepies in geurmiddels laat lê bo oor boudjie. Marinade 200 ml appelsap Nartjieskil 100 ml Coke marmelade Plaas die boud in die appelsap en marineer 24 uur lank in die yskas. Draai gereeld om. Druk nou eers die stukkies nartjieskil in spekgaatjies in die boud. Plaas boud en appelsap in 'n swaarboomkastrol en voeg Coke by. Sit deksel op en bak sowat 4 uur stadig by 160 C tot sag en gaar, afhangende van die grootte van die boud. Bedruip nou en dan met marinade tot mooi bruin. Smeer marmelade oor en sit terug in oond sonder die deksel. Verhoog die temperatuur tot 200 grade C en bak die laaste 20-30 minute sonder deksel om die boud mooi te verbruin. phantocomp