D A MüLLERKOSHUIS. KOSHUISREëLS

Similar documents
Skool Vakansie Sorg Bring die kinders om te kom SPEEL. Ons pas u kind op terwyl u werk.

VENUE CHECKLIST. Venue pas in by julle tema (bv rustic- plaas, city-chic en modern, natuurlik, klassiek, medieval of iets heeltemal uniek ens)

OpenStax-CNX module: m Lees en Woordorde * Siyavula Uploaders

Primêre Skool Jordania

OpenStax-CNX module: m Gedigte * Siyavula Uploaders

Van hier tot daar - 05 *

DAAR IS NOG 15 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS

Stap 3 : Sorg dat die laaste periode van Augustus 2016 gedoen en gepos is.

NAAM EN VAN VAN LEERDER:

Karoofees. 28 Feb - 2 Mrt MINé OLIVIER KANTOOR: FAKS: SELFOON:

SUMMARY. diseases on mango plants and fruit and cause major economic losses to this industry.

Gmail - Fw: BOLAND REELS VIR LIGA WEDSTRYDE

SEKTORALE VASSTELLING 13 VIR PLAASWERKER SEKTOR GEPUBLISEER IN STAATSKOERANT VAN 17 FEBRUARY 2006

DAAR IS NOG 15 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS

KEURINGSHANDLEIDING 1 INLEIDING INTRODUCTION 2 KEURDERS INSPECTORS 3 TIPES KEURING TYPES OF INSPECTION 4 ADMINISTRATIEWE VOORBEREIDING VIR KEURING

CHISTIANA DELWERSFEES

GRAAD R OOREENKOMSVORM 2018

Spreek pizza so uit: pietsa. bak: to bake; om iets in n oond gaar te maak

Beleid oor die aanmelding van wanbestuur en ongerymdhede en die beskerming van bekendmaking daarvan

Ligte gedigte en dinge

KOMPAS. N.G. Kerk Kraggakamma. Wat almal van ons nou in ons lewenslêer moet reg hê. 'n Handleiding vir wanneer 'n geliefde sterf.

JERSEY SA. Nuusbrief

Die volgende dokumente moet die inskrywingsvorm vergesel:

ALGEMENE INLIGTING GENERAL INFORMATION 1. DATUM VAN FEES DATE OF FESTIVAL 2. LIGGING LOCATION 3. TARIEWE TARIFFS

Afstand * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Bonnie en Tommie gaan see toe 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Kos en advertensies. Luister- en praattyd: Wat sal jy koop? Voorbeeld: Ek sal koeldrank, brood,... koop. appels. tee. aartappels.

AFLEWERING VAN DG/G WYNE DELIVERY OF DG/GOLD WINES BEOORDELING - JUDGING. 8 Aug Inskrywings sluit/entries close Oct

Happiness is a cup of coffee. July 2016 Newsletter

SERTIFISERINGSHANDLEIDING VIR DEELNEMERS AAN DIE WYN VAN OORSPRONG-SKEMA

DE VETTE MOSSEL STRAND GROOTBRAKRIVIER

FACULTY OF ECONOMIC AND MANAGEMENT SCIENCES DEPARTMENT OF ECONOMICS ECONOMICS 110 Semester test 1 14 March 2008 Total: 50 marks Time: 60 minutes

SLAAI UITDAGING SALAD CHALLENGE

AANSOEK OM NIE-LID REKENING. Aangeheg vind u die ondergenoemde relevante vorms vir voltooiing van u aansoek:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Verslag oor die droëbone strookproewe: 2016/17 Report on the dry bean strip trials: 2016/17. September 2017

Marieta van Bladeren Nigella se aartappel blini. Maar ek dress hom soos die foto

NATIONAL STUDENT FINANCIAL AID SCHEME

VERITAS TOEKENNINGS / AWARDS INSKRYWINGS INLIGTING / ENTRY DETAILS

Per Serving: 310 Calories; 16g Fat; 36g Protein; Carbohydrate; 1g Dietary Fiber; 2g Net Carbs

AANHANGSEL 1/ANNEXURE 1 TABEL 1/TABLE 1 TOELAATBARE KULTIVARS/VARIëTEIT (ALLE KLASSE)/ PERMISSIBLE CULTIVARS/VARIETY (ALL CLASSES)

Van hier tot daar - 02 *

FOLPAN 500 SC. Reg. No. / Nr. L 4662 Act No. / Wet No. 36 of / van 1947 N AR g / l NET VOLUME / NETTO VOLUME

Hoe het Coke ontstaan? *

ReTain. Reg No./Nr. L 6141 Act/Wet No./Nr.36 of/van 1947 WATER SOLUBLE POWDER / WATEROPLOSBARE POEIER. Active Ingredient / Aktiewe bestanddeel

Belastingvrye Effektetrust Aansoekvorm Individuele beleggers (slegs nuwe beleggers)

MONIQUE SE LEKKER PEANUT BUTTER FUDGE

INMAAKVRUGTE PERSPEKTIEF 2 AD COLLINS TOEKENNING 3 VERBRUIKERSTUDIES OLIMPIADE 4 VRUGMONSTER NEMING VIR RESIDU ONTLEDING 4

Witblaarvlek (ook bekend as Grysstam) PJA Lombard en L Nowers Wes-Kaapse Departement van Landbou, Direktoraat Plantwetenskappe

Cheesy Bacon Ranch Pull Apart Bread

SPRAYFILM 10. Reg. No.: L 7120 Act /Wet No. 36 of/van ACTIVE INGREDIENT/AKTIEWE BESTANDDEEL: terpenic polymer / terpeen polimeer..

2016 VERITAS CLASSES / KLASSE

DIE QUINTUS PORK BELLY

GEDRAGSKODE ROOIBOS MODULE. Weergawe 1.1

Before using this product read the label carefully MAXIBOOST. Reg. No. B3815, Act No. 36 of 1947 Namibian Reg. No. N-F 237 Botswana Reg. No.

GRONDBOONBOTTER FIX KOEKIE

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 RELIGIESTUDIES V1

FERTIFLO (19) 96 g/kg 63 g/kg 32 g/kg 10 g/kg mg/kg 500 mg/kg 500 mg/kg 500 mg/kg 200 mg/kg 5 mg/kg

Reg. No. L3945 Act No. 36 of 1947 Reg. Nr. L3945 Wet Nr. 36 van 1947 INSECTICIDE GROUP CODE 1A INSEKDODER GROEP KODE

IDEES VIR FONDANT IN VORMS

Bruin gesinne se belewenisse van die negatiewe uitwerking van ouerlike alkoholmisbruik

Hussar Grill - Going from strength to strength

WINE INDUSTRY STRATEGIC EXERCISE (WISE) Survey Feedback

Handleiding. Saamgestel deur. Leslie Bergh & Tim Pauw. Kopiereg voorbehou deur BenguelaSoft BK. Weergawe

Packaging / Verpakking: 1 L CAUTION VERSIGTIG SIEN INGESLOTE PAMFLET VIR VOLLEDIGE BESONDERHEDE SEE ENCLOSED PAMPHLET FOR FULL PARTICULARS

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. In die saak tussen:- ANNA SUSANNA ELIZABETH VAN DER MERWE

CULTIVAR INFO : RUBY STAR * (PR00-33) ARC

Potential of the 'Hall s Avoscan' as a Tool to Identify Soft Fruit during Packing for Export

Gevaarlike afval in huishoudelike afval: n gevallestudie

Indicate client(s) to whom this final report is submitted. Replace any of these with other relevant clients if required. FINAL REPORT FOR 2001/2002

WET OP DIE INDIENSNEMING VAN OPVOEDERS 76 VAN 1998 i * [GOEDGEKEUR OP 30 SEPTEMBER 1998][DATUM VAN INWERKINGTREDING: 2 OKTOBER 1998] (Engelse teks

No. R November MARKETING OF AGRICULTURAL PRODUCTS ACT, 1996 (ACT No. 47 OF 1996)

Aansoek om Toelating tot Skool

SAND DUNES OVERRUNNING BRANDER STREET AND REPAIRS TO THE SLANG RIVER MOUTH

Karamel Brownies. Karamel: 32 cream caramels (daardie caramel toffies wat in die lang boksies is) ½ k. botter 1 blik kondensmelk.


Lentil Curry. Ingredients

Page 1 of 8

Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Grondslagfase Graad R-3

DE KRANS. 16 tot 28 Desember perskepluk, Sarel-taaipitperskes by De Krans, teen R8/kg. 4 tot 28 Februarie 2017, Hanepootpluk by De Krans

BIOMECTIN. Reg. No. L 7979 Act/Wet No. 36 of/van 1947 N-AR 1112

Seisoene - 03 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Seisoene 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Welkom by Koekela Huiskafee

Makadamia bemesting beginsels

Droëboonkultivaraanbevelings Dry Bean Cultivar Recommendations

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 03 SEPTEMBER 2010 / 03 SEPTEMBER GENERAL NOTICE LIQUOR NOTICE NO. 02 OF 2010 LIQUOR ACT, NO. 6 OF 201

DIE PASTORALE BENADERING VAN DIE ALKOHOLIS

1. PROPOSED DEMARCATION OF CAPE COASTAL AND AMENDMENT OF COASTAL REGION AND OLIFANTS RIVER 2. MANDATORY CALCULATION OF CARBON EMISSIONS

THE NEL S RIVER DAM OF CALITZDORP, : SOUTH AFRICA S OLDEST WORKING CONCRETE GRAVITY DAM WALL

Nuusbrief / Newsletter

Fruitcare. Reg. No.: L 9204 Act No. 36 of 1947 Reg. Nr.: L 9204 Wet Nr. 36 van 1947 Namibian Reg. No. N-AR 1513 Namibiese Reg. Nr.

No-Blite. No-Blite. Packaging / Verpakking: 5 kg

Leseenheid 10. Aktiwiteit 1: Kom ons luister. Aktiwiteit 2: Ons skryf. Opdrag. Prettige Pizza Plek. Groepopdrag. Doughie moet invul:

Mushroom and Blue Cheese on Toasted Ciabatta

UTZ CERTIFIED Good Inside Gedragskode. Vir Rooibosproduksie Weergawe 1.0 Februarie 2011

WINDMEUL KELDER KERRIE AFVAL

VETKOEK OR BREAD DOUGH

AANHANGSEL 1/ANNEXURE 1 TABEL 1/TABLE 1 TOELAATBARE KULTIVARS EN KORRELGROOTTE (ALLE KLASSE)/ PERMISSIBLE CULTIVARS AND BERRY SIZE (ALL CLASSES)

METHOMYL 90 SP. Reg. No. L 7189 Act/Wet No. 36 of/van 1947 N-AR 1084

WYN- EN SPIRITUSRAAD. Skema vir Geïntegreerde Produksie van Wyn. Geïntegreerde Produksie Van Wyn: Handleiding vir die Plaas.

JEUGSKOUGIDS: 2011 KULINÊRE KUNSTE REËLS:

Transcription:

D A MüLLERKOSHUIS A. ALGEMENE REëLS VIR LEERLINGE KOSHUISREëLS 1. Slaaplokale 1.1 Slaaplokale moet te alle tye netjies gehou word. 1.2 Handdoeke moet oor die voorkant van die bed gehang word. 1.3 Kaste moet netjies en skoon gehou word aangesien dit daagliks deur die onderwyser aan diens geinspekteer word. 1.4 Leerlinge bly in hulle eie kamers. 1.5 Geen leerling mag na n ander kamer skuif sonder toestemming van die koshuisvader / onderwyser wat verantwoordelik is nie. 1.6 Donderdae kry die leerlinge geleentheid om in te pak vir die naweek. 1.7 Gedurende stiltetye kan individueel of gesamentlik stilte gehou word. 1.8 Indien n leerling n blaasprobleem het, moet hy/sy self n plastieke oortreksel verskaf om oor die matras te trek. Maak seker dat die regte medikasie aan die matrone oorhandig word. 2. Badtyd 2.1 Skoene word voor badtyd buite skoongemaak. Indien dit reën, word dit in die badkamers gedoen. 2.2 Na badtyd moet die badkamers skoon en netjies gelaat word. 2.3 Leerlinge moet stort en slegs in noodgevalle mag leerlinge met toestemming bad. 2.4 Dogters mag in die aande bad. Baddens word gesluit, slegs onderwyser mag dit oopsluit. 3. Wasgoed 3.1 Leerlinge wat naweke in die koshuis bly, mag een laken en een kussingsloop ingee om gewas te word. Dit is egter baie belangrik dat dit duidelik gemerk is, anders sal dit nie gewas word nie. 3.2 Alle wasgoed word in die washuis gewas. Slegs onderklere en kouse word gedurende badtyd self uitgespoel. 3.3 Wasgoed word op n Sondagmiddag ingehandig. 3.4 Leerlinge wat naweke inbly, handig Vrydag een stel skoolklere in vir was. Ander vuil skoolklere word Sondag ingehandig. 3.5 Slegs seuns wat naweke inbly, mag oorpakke in die washuis laat was. 3.6 Geen nat wasgoed mag by venters uitgehang word nie, ook nie in badkamers nie. 4. Etes en studietye 4.1 Gedurende ete en studie word nie gesels nie. Leerlinge verlaat dan ook nie die studie- of eetsaal nie. Hulle moet voor die tyd toilet toe gaan. Indien die leerlinge reeds in die eetsaal is, moet ouers Vrydae tot na ete wag om leerlinge uit te teken. 4.2 Hou eet- en studiesaal netjies asseblief. 4.3 Geen leerling word kaalvoet in die eetsaal toegelaat nie. 5. Kleredrag 5.1 Netjiese, gepaste kleredrag word te alle tye vereis, veral Sondae. Leerlinge wat na naweke terugkom, moet netjies gekleed wees. Dogters geen kortbroeke nie. 5.2 SONDAE WORD KLERKKLERE EERS NA MIDDAGETE UITGETREK. 5.3 Saans moet almal skoene aantrek. 5.4 Alle klere moet duidelik gemerk wees. 5.5 Klere mag onder geen omstandighede uitgeleen of omgeruil word nie. 5.6 Geen uitlokkende kleredrag mag gedra word nie.

6. Naweke 6.1 Slegs ouers of persone wat deur ouers gemagtig is, mag leerlinge naweke en vakansies uitteken. Geen telefoniese toestemming sal aanvaar word nie. Faksie is wel toelaatbaar. Buskinders word deur personeel uitgeteken. 6.2 Daar is busdienste beskikbaar vir koshuisleerlinge van Secunda, Evander en Ermelo kontak die kantoor vir verdere inligting. 6.3 Alle leerlinge wat naweke inbly, gaan kerk toe. Indien n ouer n problem het met n spesifieke kerk, moet hy/sy self toesien dat sy kind by sy eie kerk besorg word. Die kind moet dan voor 09:00 by die koshuis afgehaal word, anders gaan hy saam met ander leerlinge en diensdoenende onderwysers kerk toe gaan. 6.4 Leerlinge wat naweke huis toe gaan, mag nie voor Sondag 14:00 terugkom koshuis toe nie, tensy Vrydag anders gereël. 6.5 Sondagmiddag is rustyd vir alle koshuisinwoners vanaf 13:00 totdat die klok lui. 6.6 Leerlinge gaan slegs naweke na maats as beide ouerpare skriftelik toestemming verleen het (hierdie reël word baie streng toegepas). 6.7 Leerlinge wat naweke uitgaan en na 13:15 vertrek, moet Vrydagmiddag in die eetsaal eet. Niemand wag buite vir hul ouers nie. Ouers moet buite wag totdat leerlinge klaar geëet het dan mag leerlinge uitgeteken word. 6.8 Naweekreëlings moet vroegtydig getref word. Donderdae word n opname gemaak van die hoeveelheid leerlinge wat die naweek inbly en boodskappe word oorgedra. 6.9 Ouers/Voogde moet teen Donderdag 12:00 reeds u kind se naweekgelde inbetaal het en die strokie aan die skool gefaks het. Maak seker u kind se naam is duidelik op die strokie. 7. Siekekamer 7.1 Siek leerlinge moet in die siekekamers bly. 7.2 Geen medisyne mag by die leerlinge self gehou word nie dit moet by die matrone ingehandig word. 7.3 Die matrons hou register van leerlinge wat siektes kom rapporteer, watter medikasie toegedien is en wat die leerling moontlik makeer. Indien n leerling ernstig siek is, sal lhy/sy na n dokter geneem word. Indien leerlinge n aansteeklike siekte het, moet hy/sy onverwyld deur die ouers kom haal word. Slegs die koshuisvader of hoofmatrone sal u persoonlik in kennis stel indien u u kind moet kom haal. Moenie u kind kom haal as hy/sy skakel nie. 7.4 Moenie u kind siek of beseer terug koshuis toe stuur nie. 7.5 Ons sal slegs u kind na n dokter neem indien u die afspraak maak. 7.6 Geen kind mag gedurende die week huis toe gaan indien u nie vooraf met die hoof of die koshuisvader self daarvoor gereël het nie. Ons werk nie op hoorsê en kan nie n kind se woord aanvaar nie. 8. Algemeen 8.1 Rook / Alkohol Geen sigarette, aanstekers, vuurhoutjies of alkohol word in die koshuis toegelaat nie. Indien n leerling so iets het, sal dit gekonfiskeer word. Rook is verbode in die koshuis en op die skoolterrein. Streng tugmaatreëls geld vir bogenoemde reël. Ons maak gebruik van n goedgekeurde dissiplinêre stelsel, waar positiewe en negatiewe punte aan leerlinge toegeken word. Indien n kind met dagga of verdowingsmiddels betrap sou word, sal ons n klag by die polisie teen so n kind lê en so n kind word summier uit die koshuis geskors. 8.2 Ontgroening Volgens Staatsregulasies word geen ontgroening of inlywing van enige aard toegelaat nie. Afknouery, bakleyery en intimidasie is ontoelaatbaar. Geen leerling mag n ander leerling se lekkers, koekies, ens afvat by hom nie. Meld dit onmiddellik by die onderwyser aan diens aan, indien daar n problem sou wees. 8.3 Personeel en prefekte Gehoorsaam personeel, prefekte, kamerhoofde en tafelhoofde. Slegs prefekte beantwoord die telefoon gedurende skakeltye. Probleme word met onderwyser aan diens of met voogonderwyser bespreek. Geen prefek mag aan n kind slaan nie. 8.4 Sleutels Duplikaatsleutels vir hangslotte moet by die koshuiskantoor ingehandig word. Sletels moet van n naamkaartjie voorsien wees. Indien die kas nie n sleutel het en/of nie gesluit is nie, dra die leerling self die verantwoordelikheid as iets wegraak.

8.5 Sakgeld Sakgeld moet op sakgeldregister tydens snoepietye inbetaal word. Geen veranwoordelikheid word aanvaar vir geld wat wegraak as die kind dit nie inbetaal nie. 8.6 Besparing Krane moet altyd toe wees. Ligte mag nie onnodig brand nie. 8.7 Vandalisme Koshuiseiendom mag nie beskadig word nie. Indien wel, sal ouers n skulderkenning ontvang en die herstelkoste moet betaal. Indien rekenings nie deur ouers betaal word, of reëlings nie getref word ten opsigte van die vereffening van rekenings nie, kan die leerling koshuisinwoning geweier word. 8.8 Persoonlike eiendom Radio s en selfone is toelaatbaar met voorbehoude (slegs radio s wat met batterye werk). Die koshuis aanvaar geen verantwoordelikheid vir bogenoemde items nie. Geen fietse, rolskaatse en skaatsplanke word toegelaat nie. Moet asseblief nie duur skoene en klere of enige ander duur items na die koshuis/skool bring nie. Ons kan glad nie veranwoordelik gehou word indien dit sou wegraak nie. 8.9 Besoekers Koshuisleerlinge mag slegs besoek van hul ouers of familie ontvang indien hulle toestemming van die koshuisvader daarvoor het. Geen kêrels of meisies word toegelaat nie. 8.10 Gevaarlike wapens Geen messe of vuurwapens mag koshuis toe gebring word nie. Indien dit sou gebeur, sal n klag by die polisie gelê word en dit sal ook gekonfiskeer word. 8.11 Algemene sake 8.11.1 Daar mag nie in die geboue gehardloop of gespeel word nie. 8.11.2 Geen leerling mag die terrain verlaat sonder toestemming nie. 8.11.3 Leerlinge gaan nie gedurende die week dorp toe nie. 8.11.4 Reageer flink op klokke en opdragte. 8.11.5 Indien n leerling sou wegloop, sal sy/haar ouers gekontak word. Die ouers moet dan die polisie daarvan in kennis stel. Die koshuis en skool aanvaar geen verantwoordelikheid vir leerlinge wat wegloop nie. Ons is n skool vir leerlinge met matig leergeremdheid en nie n skool vir gedragsafwykende leerlinge nie. Ook word so n leerling onmiddellik geskors uit die koshuis. B. ALGEMENE REëLS VIR OUERS 1. Toelating 1.1 n Aansoek om toelating tot die koshuis en (indien u kwalifiseer) n beursaansoekvorm moet elke jaar ingevul word. 1.2 Voordat n leerling toegelaat word, moet sy/haar losies vir die betrokke kwartaal vooruit betaal word, of die nodige reëlings in verband met die betaling moet getref word. 1.3 Ouers wie se kinders per bus koshuis toe kom, moet asseblief vooraf met die koshuissekretaresse reëlings tref vir betaling. 1.4 U aandag word gevestig op die regulasies soos vervat in die aasoekvorm met betrekking tot die volgende : losiesgelde; beskadiging en eiendom; vervoer; buite-aktiwiteite. 1.5 Nadat n leerling tot die koshuis toegelaat is, moet ouers jaarliks aansoek doen om hertoelating. Vorm vir hertoelating moet betyds deur u aangevra en ingevul word en die koshuisvader bereik voor die einde van die vorige jaar. Gee asseblief vroegtydig kennis indien u kind/ers nie meer in die koshuis gaan inwoon nie. 2. Siektes van leerlinge 2.1 Verwittig die senior huisvader asseblief indien n leerling tydens sy verblyf tuis met n persoon wat n aansteeklike siekte het of gehad het, in aanraking was. 2.2 Koshuispersoneel sorg vir tuisverpleging na die beste van hulle vermoë. Indien n leerling ernstig siek sou word, sal die ouers dadelik in kennis gestel word en die nodige reëlings sal getref word vir mediese behandeling. Die ouers is verantwoordelik vir die spoedige vereffening van die dokters- en apteekrekening. 3. Kleredrag 3.1 Klerelyste is by die kantoor beskikbaar en n afskrif hierby aangeheg. 3.2 Skooldrag is n vereiste gedurende skoolure en met sommige uitstappies. 3.3 Skooldrag is verkrygbaar by Pep Stores, Ackermans, Jet en Jasworth Sports, Bethal.

3.4 Voldoende klere om altyd netjies geklee te gaan, is n noodsaaklikheid. 3.5 Leerlinge wat gedurende naweke inbly, moet netjiese kerkklere hê. 3.6 Dit bly die ouer se plig en verantwoordelikheid om toe te sien dat leerlinge genoegsame klere (en veral genoeg warm klere gedurende die wintermaande) het. 4. Naweke en afwesigheid 4.1 Indien enigsins moontlik, moet leerlinge naweke huis toe gaan. 4.2 Naweekgeld is vooruitbetaalbaar. Indien die geld in ons bankrekening gedeponeer word, moet die bewys voor 12:00 op n Donderdag na die kantoor gefaks word. 4.3 Leerlinge moet naweke en vakansies uitgeteken word op die karate/lyste wat in die ontvangsportaal beskikbaar is. Ons neem GEEN verantwoordelikheid vir n kind wat nie uitgeteken het nie. Ons sluit hulle nie toe nie. 4.4 Indien ouers ander persone magtig om hul kind/ers uit te teken, moet sodanige magtigingsbriewe aan die senior huisvader oorhandig word. Fakse sal ook aanvaar word. GEEN telefoniese toestemming sal aanvaar word nie. Magtiging moet jaarliks hernu word. 4.5 Indien n leerling as koshuisprefek verkies word, moet hy volgens rooster koshuisdiens doen as daar leerlinge vir die naweek inbly. 4.6 As u u kind/ers gedurende die week sou uitneem, moet die personeellid aan diens daarvan kennis dra. 4.7 Koshuisdeure en hekke van veiligheidsomheining sluit om 20:00. Soggens word die h ek om 06:00 oopgesluit. Leerlinge moet binne dié tye terug wees. Sou u probleme ondervind, skakel dadelik die senior huisvader om die nodige reëlings te tref slegs in noodgevalle. 4.8 Personeel van buite die koshuis versoek soms dat leerlinge hulle met takies behulpsaam moet wees. Die nodige skriftelike toestemming van die ouers is egter hiervoor nodig. Hierdie toestemming is jaarliks hernubaar. 5. Maaltye 5.1 U kind/ers ontvang drie puik gebalanseerde etes per dag. Die eerste maaltyd na n vakansie of n langnaweek word bedien die aand voor die skole heropen. Die laaste ete word bedien die aand van die sluitingsdag. 5.2 Sondagaand word vasgestel hoeveel leerlinge Maaandagoggend ontbyt gaan nuttig. Indien u kind/ers Maandagoggend sou terugkom, kan hulled us nie ontbyt nuttig nie. 5.3 Leerlinge wat Sondagaand na aandete met busse koshuis toe kom, word nie toegelaat om dorp toe te gaan om eetgoed te koop nie. Voorsien asseblief die nodige. 5.4 Leerlinge wat naweke huis toe gaan en voor Sondagmiddagete terug gaan wees, moet Vrydag met die personeel reël vir die ete. 6. Vakansies en langnaweke 6.1 Die koshuis is gedurende langnaweke en vakansies gesluit. Die koshuis heropen die dag voor die skole begin om 15:00 en sluit met sluitingsdag om 18:00. Let asseblief op dié tye wanneer beplan word in verband met die leerlinge se vervoer. Onthou losiesgelde. 6.2 Tref asseblief vroegtydig reëlings vir vakansies en langnaweke. Die koshuis tref geen reëlings ten opsigte van vervoer of verblyf van leerlinge nie. 6.3 Kinders sal nie toegelaat word om met vakansies en langnaweke te ryloop nie. 7. Gelde 7.1 Sakgeld van leerlinge word by die snoepie ingehandig. Hierdie gelde word in n sakgeldregister aangeteken en leerlinge kry die geleentheid om te onttrek wat hulle benodig. Geen aanspreeklikheid word aanvaar vir gelde wat deur ouers aan leerlinge oorhandig is en by hulle gehou word nie. 7.2 Leerlinge wat naweke inbly, moet voorsiening maak vir kerkgeld (kollekte). 8. Tug en dissipline 8.1 Leerlinge staan onder die toesig van die snior huisvader en die personeel aan diens. 8.2 Interne reels moet gehoorsaam word. 8.3 Indien nodig word streng, dog simpatiek opgetree. 8.4 Goedgekeurde dissiplinêre stelsel word gevolg. 8.5 Vir ernstige oortredings soos drank, dwelms, wegloop, steel, vandalisme, ernstige aanranding, ensovoorts, sal n kind onmiddellik uit die koshuis geskors word.

9. Algemeen 9.1 Telefoon Die leerlinge mag slegs die telefoon gebruik soos op die rooster aangedui. n Rooster word hierby aangeheg. n Vriendelike versoek indien leerlinge en ouers nie by die rooster hou nie, word leerlinge die telefoon verbied. Indien u nie binne die tye soos op die rooster kan skakel nie, of indien n ernstige probleem opduik, skakel die senior huisvader (017-647 2606) en laat n boodskap. Leerlinge sal in hierdie geval nie na die telefoon geroep word nie. Leerlinge mag selfone besit, maar indien dit wegraak, neem die skool-/koshuispersoneel geen veranwoordelikheid daarvoor nie. Leerlinge mag nie saans na 20:30, studietye en etenstye oor selfone praat of dit antwoord nie. 9.2 Toiletbenodigdhede Voorsien u kind/ers asseblief gereeld van die nodige toiletbenodigdhede. Leerlinge gaan nie dorp toe vir die koop van toiletbenodigdhede nie. U moet ook toesien dat u kind voldoende toiletpapier saambring koshuis toe. 9.3 Studietye Leerlinge kry voldoende geleentheid vir studie. Personeel is beskikbaar vir hulpverlening, 9.4 Vandalisme Skade wat deur n leerling aan koshuiseiendom gerig word, sal van ouers verhaal word nadat u n skulerkenningsbrief ontvang het. Indien dit nie spoedig betaal word nie, sal u kind inwoning geweier word totdat dit betaal is. 9.5 Persoonlike eiendom Radio s en bandspelers wat met batterye werk, asook selfone, word wel met voorbehoud toegelaat. Geen risiko vir skade word aanvaar nie. Geen fietse, motorfietse, rolskaatse en skaatsplanke word by die koshuis toegelaat nie. Sien ook punt 8.8 onder Algemeen vir Leerlinge. 9.6 Stilte Voorsien u kind asseblief van n Bybel. Stiltetye word gereeld gehou. 9.7 Besoekers Vriende en vriendinne van buite die koshuis word nie toegelaat om te kom kuier nie. Die koshuisprogram is baie vol en dit kan net ontwrigting veroorsaak. In noodgevalle kan vooraf met die koshuisvader gereël word. 9.8 Uitstappies Leerlinge word op alle uitstappies vergesel deur personeel aan diens. Leerlinge word slegs toegelaat om dorp toe te gaan as dit werklik baie noodsaaklik is. Leerlinge gaan wel Saterdagoggende dorp toe. Indien n kind gevang word vir enige diefstal in die dorp, sal u as ouer so n kind by die polisiestasie moet kom uitteken. 9.9 Rook / Alkohol Leerlinge mag onder geen omstandighede in die koshuis of die terrein rook nie. Sigarette, aanstekers en vuurhoutjies sal gekonfiskeer word. Streng tugmaatreëls geld vir bogenoemde reël. Sien ook punt 8.1 onder Algemeen vir Leerlinge. Indien n kind met dagga of enige ander verdowingsmiddel (dwelms) betrap sou word, sal ons n klag teen die leerling by die polisie lê en hy/sys al uit die koshuis geskors word. 9.10 Privaat sportklubs Leerlinge word toegelaat om by privaat sportklubs in te skakel, mits die ouers skriftelike toestemming daartoe gee en mits die onderskeie sportklubs die leerlinge by die koshuis kan kom haal en hulle voor 20:00 terugbesorg by die koshuis. 9.11 Probleme Indien u probleme sou ondervind rakende u kind/ers, skakel asseblief eers die senior koshuisvader. U moet ook u kind aanmoedig om probleme by die koshuis met die prefekte, diensdoenende onderwysers of senior huisvader te bespreek, voordat hy u kontak. Ons sal die probleem onmiddellik probeer oplos, indien ons bewus is daarvan. 9.12 Gevaarlike wapens Geen gevaarlike wapens, soos messe en vuurwapens mag na die koshuis- of skoolterrein gebring word nie. Indien dit sou gebeur, sal ons n klag by die polisie teen so n kind lê en dit sal ook gekonfiskeer word. 9.13 Persoonlike besonderhede Indien enige van u besonderhede, bv adres, telefoonnommers, mediese nommers, ensovoorts verander, stel ons onmiddellik in kennis, anders kan ons u kind/ers nie in n noodgeval help nie.