BIOMECTIN. Reg. No. L 7979 Act/Wet No. 36 of/van 1947 N-AR 1112

Similar documents
FOLPAN 500 SC. Reg. No. / Nr. L 4662 Act No. / Wet No. 36 of / van 1947 N AR g / l NET VOLUME / NETTO VOLUME

METHOMYL 90 SP. Reg. No. L 7189 Act/Wet No. 36 of/van 1947 N-AR 1084

Fruitcare. Reg. No.: L 9204 Act No. 36 of 1947 Reg. Nr.: L 9204 Wet Nr. 36 van 1947 Namibian Reg. No. N-AR 1513 Namibiese Reg. Nr.

TALENDO. Reg. No. L8116 Act No. 36 of 1947 Reg. Nr. L8116 Wet Nr. 36 van 1947 FUNGICIDE GROUP CODE U7 SWAMDODER GROEP KODE. UN No. / VN Nr.

2,4-D Iso-Octyl Ester

FOR AGRICULTUAL USE ONLY! SLEGS VIR LANDBOUGEBRUIK! CHLORPYRIFOS 480EC. Reg. No. L 6350 Act/Wet No. 36 of/van 1947 W

Chlorpyrifos 480 EC. Reg. No.:L6272 Act /Wet No. 36 of/van 1947

SPRAYFILM 10. Reg. No.: L 7120 Act /Wet No. 36 of/van ACTIVE INGREDIENT/AKTIEWE BESTANDDEEL: terpenic polymer / terpeen polimeer..

n Kapsulesuspensie kontak- en maaginsekdoder vir die beheer van verskeie insekte soos aangedui.

LION. Reg. No.: L 6622 Act /Wet No. 36 of/van 1947

Before using this product read the label carefully MAXIBOOST. Reg. No. B3815, Act No. 36 of 1947 Namibian Reg. No. N-F 237 Botswana Reg. No.

Packaging / Verpakking: 1 L CAUTION VERSIGTIG SIEN INGESLOTE PAMFLET VIR VOLLEDIGE BESONDERHEDE SEE ENCLOSED PAMPHLET FOR FULL PARTICULARS

JUDO 50 EC. Reg. No. L 7785 Act/Wet No. 36 of/van 1947 N-AR 1104

No-Blite. No-Blite. Packaging / Verpakking: 5 kg

FERTIFLO (19) 96 g/kg 63 g/kg 32 g/kg 10 g/kg mg/kg 500 mg/kg 500 mg/kg 500 mg/kg 200 mg/kg 5 mg/kg

Reg. No. L3945 Act No. 36 of 1947 Reg. Nr. L3945 Wet Nr. 36 van 1947 INSECTICIDE GROUP CODE 1A INSEKDODER GROEP KODE

BITHOR Dual Action Insecticide Reg. No.. Act/Wet No. 36 of/van 1947

BROWSER. Reg. No.: L 7357 Act /Wet No. 36 of/van 1947

ReTain. Reg No./Nr. L 6141 Act/Wet No./Nr.36 of/van 1947 WATER SOLUBLE POWDER / WATEROPLOSBARE POEIER. Active Ingredient / Aktiewe bestanddeel

Reg. No. L6032 No. Act 36 of 1947 Reg. Nr. L6032 Wet No 36 van 1947 HERBICIDE GROUP CODE B / E ONKRUIDDODER GROEP KODE

Witblaarvlek (ook bekend as Grysstam) PJA Lombard en L Nowers Wes-Kaapse Departement van Landbou, Direktoraat Plantwetenskappe

Verslag oor die droëbone strookproewe: 2016/17 Report on the dry bean strip trials: 2016/17. September 2017

VENUE CHECKLIST. Venue pas in by julle tema (bv rustic- plaas, city-chic en modern, natuurlik, klassiek, medieval of iets heeltemal uniek ens)

LEES VOLLEDIGE ETIKET DEEGLIK VOORDAT HIERDIE PRODUK GEBRUIK WORD

Isomate F C M CAUTION VERSIGTIG. Pamphlet

RIGLYNE VIR DIE KEUSE EN GEBRUIK VAN SPRINKELAARS

SUMMARY. diseases on mango plants and fruit and cause major economic losses to this industry.

OpenStax-CNX module: m Lees en Woordorde * Siyavula Uploaders

Van hier tot daar - 05 *

Marieta van Bladeren Nigella se aartappel blini. Maar ek dress hom soos die foto

MONIQUE SE LEKKER PEANUT BUTTER FUDGE

Makadamia bemesting beginsels

FACULTY OF ECONOMIC AND MANAGEMENT SCIENCES DEPARTMENT OF ECONOMICS ECONOMICS 110 Semester test 1 14 March 2008 Total: 50 marks Time: 60 minutes

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

SEKTORALE VASSTELLING 13 VIR PLAASWERKER SEKTOR GEPUBLISEER IN STAATSKOERANT VAN 17 FEBRUARY 2006

2016 VERITAS CLASSES / KLASSE

Gmail - Fw: BOLAND REELS VIR LIGA WEDSTRYDE

Stap 3 : Sorg dat die laaste periode van Augustus 2016 gedoen en gepos is.

DEPARTEMENT VAN LANDBOU

Skool Vakansie Sorg Bring die kinders om te kom SPEEL. Ons pas u kind op terwyl u werk.

GRONDBOONBOTTER FIX KOEKIE

CULTIVAR INFO : RUBY STAR * (PR00-33) ARC

Droëboonkultivaraanbevelings Dry Bean Cultivar Recommendations

sweetcorn tert Metode:

Sjokolade-mousse-terrien

Karamel Brownies. Karamel: 32 cream caramels (daardie caramel toffies wat in die lang boksies is) ½ k. botter 1 blik kondensmelk.

DIE QUINTUS PORK BELLY

Potential of the 'Hall s Avoscan' as a Tool to Identify Soft Fruit during Packing for Export

OpenStax-CNX module: m Gedigte * Siyavula Uploaders

DE VETTE MOSSEL STRAND GROOTBRAKRIVIER

Primêre Skool Jordania

MADELEINES MADELEINES

OORSIG: CANOLA IN SUID-AFRIKA

Indicate client(s) to whom this final report is submitted. Replace any of these with other relevant clients if required. FINAL REPORT FOR 2001/2002

JERSEY SA. Nuusbrief

WYN- EN SPIRITUSRAAD. Skema vir Geïntegreerde Produksie van Wyn. Geïntegreerde Produksie Van Wyn: Handleiding vir die Plaas.

Per Serving: 310 Calories; 16g Fat; 36g Protein; Carbohydrate; 1g Dietary Fiber; 2g Net Carbs

AANHANGSEL 1/ANNEXURE 1 TABEL 1/TABLE 1 TOELAATBARE KULTIVARS/VARIëTEIT (ALLE KLASSE)/ PERMISSIBLE CULTIVARS/VARIETY (ALL CLASSES)

Kerrie perskes. Pickled Fish

Republiek van Suid Afrika Published online: 29 Oct 2010.

GEBAKTE KAASKOEK MET GEMENGDE BERRIES

KEURINGSHANDLEIDING 1 INLEIDING INTRODUCTION 2 KEURDERS INSPECTORS 3 TIPES KEURING TYPES OF INSPECTION 4 ADMINISTRATIEWE VOORBEREIDING VIR KEURING

UTZ CERTIFIED Good Inside Gedragskode. Vir Rooibosproduksie Weergawe 1.0 Februarie 2011

GEDRAGSKODE ROOIBOS MODULE. Weergawe 1.1

Chocolate Chip Peanut Butter

AANHANGSEL 1/ANNEXURE 1 TABEL 1/TABLE 1 TOELAATBARE KULTIVARS EN KORRELGROOTTE (ALLE KLASSE)/ PERMISSIBLE CULTIVARS AND BERRY SIZE (ALL CLASSES)

Afstand * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Bonnie en Tommie gaan see toe 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Cheesy Bacon Ranch Pull Apart Bread

TAMELETJIES GIDEON SE TAMELETJIE

VOORWOORD. Lallemand: Natural solutions that add value to the world of winemaking DIE GESKIEDENIS EN AGTERGROND DIE LALLEMAND FILOSOFIE

Happiness is a cup of coffee. July 2016 Newsletter

Gevaarlike afval in huishoudelike afval: n gevallestudie

Mari Wasserman Berakah Makadamia Proewe

SUID-AFRIKAANSE WYNOESVERSLAG 2004

Spreek pizza so uit: pietsa. bak: to bake; om iets in n oond gaar te maak

Goeie bestuur gee jou n voorsprong

AFLEWERING VAN DG/G WYNE DELIVERY OF DG/GOLD WINES BEOORDELING - JUDGING. 8 Aug Inskrywings sluit/entries close Oct

Hou die herfskommandowurm enige risiko in vir aartappelproduksie?

FINALE NAVORSINGSVERSLAG (2000/2001): WINETECH

Voorverhit die oond tot 200 C. Smeer 6 losboom-pannetjies.

KOMPAS. N.G. Kerk Kraggakamma. Wat almal van ons nou in ons lewenslêer moet reg hê. 'n Handleiding vir wanneer 'n geliefde sterf.

VOORWOORD. Lallemand Inc. is n private. Lallemand Inc. is n Kanadese. Lallemand Inc. glo dat GESKIEDENIS & AGTERGROND VISIE & MISSIE LALLEMAND

Suurlemoengegeurde malvapoeding

Handleiding. Saamgestel deur. Leslie Bergh & Tim Pauw. Kopiereg voorbehou deur BenguelaSoft BK. Weergawe

Vark wors VARKWORS METODE: Nota

Pork belly roast. Ingredients. Method

COCONUT WAFERS. Variation Omit the coconut and add choc chips/ cherries

Welkom by Koekela Huiskafee

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. In die saak tussen:- ANNA SUSANNA ELIZABETH VAN DER MERWE

INMAAKVRUGTE PERSPEKTIEF 2 AD COLLINS TOEKENNING 3 VERBRUIKERSTUDIES OLIMPIADE 4 VRUGMONSTER NEMING VIR RESIDU ONTLEDING 4

Charolais. Waarom n. kalwers groei vinnig, dus laer mortaliteit. Charolaiskoeie beskik oor genoeg melk om van die swaarste kalwers te speen.

Hoe het Coke ontstaan? *

AMARULA Sjokoladekoek

2015/2016 VKB LANDBOU-ONTWIKKELING NAVORSINGSVERSLAG

HOSPITALITY STUDIES GRADE 11

Tegniese Technical. Bulletin. Volume 3:1

JEUGSKOUGIDS: 2011 KULINÊRE KUNSTE REËLS:

DAAR IS NOG 15 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS

VERITAS TOEKENNINGS / AWARDS INSKRYWINGS INLIGTING / ENTRY DETAILS

ROMANY CREAMS. Method

Transcription:

GEBRUIKSAANWYSINGS INGESLUIT Date formulated: VERWYS NA BESONDERHEDE Formuleringsdatum: GEDRUK OP HOUER/SAK DIRECTIONS FOR USE ENCLOSED Batch number: REFER TO DETAILS PRINTED Lotnommer: ON CONTAINER/BAG BIOMECTIN Reg. No. L 7979 Act/Wet No. 36 of/van 1947 N-AR 1112 1: 09/10/06-July2010 An emulsifiable concentrate insecticide with translaminar activity for the control of various pests in crops as indicated. n Emulgeerbare konsentraat insekdoder met translaminêre aktiwiteit vir die beheer van verskeie plae in gewasse soos aangedui. ACTIVE INGREDIENT / AKTIEWE BESTANDDEEL abamectin (avermectin) 18 g/l abamektien (avermektien) IRAC INSECTICIDE GROUP CODE 6 IRAC INSEKDODER GROEPKODE 5 l Registration holder / Registrasiehouer: Villa Crop Protection (Pty) Ltd. Co. Reg. No. 1992/002474/07 Mpy. Reg. Nr. PO Box / Posbus 10413, Aston Manor, 1630 Tel. (011) 396-2233 Website / Webblad: www.villacrop.co.za UN Number: 2903 Willow Set & Print 011 394-4486 HARMFUL SKADELIK

BIOMECTIN Reg. No. L 7979 Act/Wet No. 36 of/van 1947 IRAC INSECTICIDE GROUP CODE / IRAC INSEKDODER GROEPKODE: 6 ACTIVE INGREDIENT / AKTIEWE BESTANDDEEL: abamectin / abamektien......18 g/l Registration holder / Registrasiehouer: VILLA CROP PROTECTION (PTY) LTD. Co. Reg. No.: 1992/002474/07 Mpy. Reg. Nr. PO Box / Posbus 10413, ASTON MANOR, 1630, Tel. (011) 396 2233 HARMFUL SKADELIK WAARSKUWINGS Onthoudingsperiodes: Minimum aantal dae tussen die laaste toediening en oes: Appels en Aartappels 14 dae Katoen 21 dae Sitrus en Pere 7 dae Tamaties en Aarbeie 3 dae DIE MAKSIMUM RESIDUVLAKKE SAL NIE OORSKRY WORD NIE, MITS TOEDIENINGS OP VOORGESKREWE WYSE TOEGEDIEN WORD. INDIEN VRUGTE BESTEM IS VIR DIE UITVOERMARK, MOET DIE BETROKKE UITVOERORGANISASIE GEKONTAK WORD VIR VOORSKRIFTE RAKENDE DIE GEBRUIK VAN BIOMECTIN IN N BESPUITINGSPROGRAM. Hanteer versigtig. Moet nie behandelde areas bewei nie. Kan oë en vel irriteer. Giftig vir visse en natuurlewe. Giftig vir bye wat met die spuitnewel in aanraking kom. Moet nie bespuit naby byekorwe en vermy bespuiting gedurende periodes van hoë bye aktiwiteit. Berg in 'n koel, droë, goed geventileerde plek in diggeseëlde oorspronklike houer. Berg weg van voedsel, voer, saad, kunsmis en ander landbouchemikalieë. Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere. Vlambaar - moet nie naby oop vlamme berg of spuit nie. Herbetreding: Moet nie behandelde lande binne 1 dag na toediening binnegaan nie, tensy beskermende klere gedra word. Moet nie in gewasse toedien wanneer ander gewasse, waarvoor die gebruik van BIOMECTIN nie geregistreer is nie, tussen-in geplant is. In geval van vergiftiging ontbied n geneesheer en toon hierdie etiket aan hom/haar. Lugtoediening: Stel alle persone in die onmiddellike omgewing van die gebied wat bespuit gaan word in kennis en reik die nodige waarskuwings uit. Moet nie aangrensende gebiede of waterbronne bespuit of toelaat dat die spuitnewel daarheen oorwaai nie. Moet nie d.m.v. lugtoediening in appels of pere toedien nie. BIOMECTIN PAGE 2 OF 8

Alhoewel hierdie middel omvattend onder `n groot verskeidenheid toestande getoets is, waarborg die registrasiehouer nie dat dit onder alle toestande doeltreffend sal wees nie, aangesien die werking en effek daarvan beïnvloed kan word deur faktore soos abnormale klimaats- en bergingstoestande, kwaliteit van verdunningswater, verenigbaarheid met ander produkte wat nie op die etiket aangedui is nie en die voorkoms van weerstand van die plae teen die betrokke middel, sowel as die metode, tyd en akkuraatheid van toediening. Verder aanvaar die registrasiehouer nie verantwoordelikheid vir skade aan gewasse, plantegroei, die omgewing of vir nadelige effek op mens of dier of vir 'n gebrek aan prestasie van die betrokke middel, as gevolg van versuim van die gebruiker om etiketaanwysings na te kom of as gevolg van die ontstaan van toestande wat nie kragtens die registrasie voorsien kon word nie. Raadpleeg die verskaffer in die geval van enige onsekerheid. VOORSORGMAATREËLS Vermy inaseming van die spuitnewel of dampe. Vermy oog- en velkontak. Dra rubberhandskoene, oorpak en stewels en n gesigskerm wanneer die produk hanteer, vermeng en toegedien word. Was met seep en water onmiddellik na gebruik of toevallige velkontak. Was besoedelde klere daagliks. Moet nie eet, drink of rook tydens vermenging en toediening of voordat hande en gesig gewas en skoon klere aangetrek is nie. Voorkom wegdrywing van die spuitnewel na ander gewasse, weiding, riviere, damme en enige gebied nie onder behandeling nie. Maak spuittoerusting deeglik skoon na gebruik en gooi spoelwater uit waar dit nie voedsel, weiding, riviere of damme sal besoedel nie. Leë houers moet DRIEKEER UITGESPOEL word soos volg: Keer die leë houer om oor die spuittenk of mengbak en dreineer vir minstens 30 sekondes nadat die vloei tot n gedrup verminder het. Spoel die houer daarna drie keer uit met n volume water gelykstaande aan n minimum van 10 % van die houer. Gooi die spoelwater by die inhoud van die spuittenk voordat die houer vernietig word op die voorgeskrewe manier. Vernietig die leë houer deur gate in te kap en plat te slaan en doen weg daarmee op n veilige manier. Moet nooit die leë houer vir enige ander doel hergebruik nie. Verhoed besoedeling van voedsel, voer, drinkwater en eetgerei. SIMPTOME VAN MENSLIKE VERGIFTIGING Kan irritasie van oë, neus, lugweg en vel veroorsaak. Langdurige en herhaaldelike blootstelling mag hoofpyn en lighoofdigheid veroorsaak. NOODHULPBEHANDELING Verkry in alle gevalle mediese behandeling. Vel: Verwyder gekontamineerde klere en spoel geaffekteerde liggaamsdele deeglik met oorvloedige nieskurende seep of oplosmiddel en groot hoeveelhede water af, totdat geen teken van die produk oorbly nie. Moet nie die vel vryf nie. Ontbied mediese hulp indien irritasie voorkom en voortduur. Oë: Spoel oë uit met skoon water vir ten minste 20 minute, terwyl boonste en onderste ooglede af en toe opgelig word. Ontbied mediese hulp indien irritasie voorkom en voortduur. Inaseming: Verwyder die pasiënt van die bron van vergiftiging en hou hom/haar kalm en gerus. Hou lugweg oop. Verkry onmiddellik mediese aandag. Inname: Verkry onmiddellik mediese aandag. Moet nie braking induseer nie, as gevolg van die aromatiese oplosmiddel. Moet nie iets per mond toedien nie. Indien persoon by sy/haar bewussyn is, spoel die mond deeglik met water. NOTA AAN GENEESHEER Geen spesifieke teenmiddel is beskikbaar nie. Behandel simptomaties om liggaamsfunksies te handhaaf. Die produk bevat n oplosmiddel wat pneumonitis kan veroorsaak indien dit in die longe geaspireer word. Let op vir vertraagde verskyning van pulmonêre edeem. Indien ingeneem doen maagspoeling en dien geaktiveerde houtskool toe. BIOMECTIN PAGE 3 OF 8

WEERSTANDSWAARSKUWING BIOMECTIN is n groepkode 6 insekdoder. Enige populasie van n spesifieke insek mag individue insluit wat n natuurlike weerstand teen BIOMECTIN of enige ander groepkode 6 insekdoder het. Indien hierdie insekdoder herhaaldelik aangewend word, kan die weerstandbiedende individue uiteindelik die insekpopulasie oorheers. Hierdie weerstandbiedende insekte sal waarskynlik nie deur BIOMECTIN of enige ander groepkode 6 insekdoder beheer word nie. Om weerstand teen insekdoders te vertraag: vermy die eksklusiewe herhaaldelike gebruik van insekdoders met dieselfde groepkode. Wissel af met, of gebruik tenkmengsels van produkte in verskillende insekdoder groepkodes, integreer ander beheermaatreëls (chemies, verbouing, biologies) in insekdoderprogramme. Vir spesifieke inligting oor weerstandsbestuur kontak die registrasiehouer van hierdie produk. GEBRUIKSAANWYSINGS: Gebruik alleenlik soos aangedui. Verenigbaarheid: Die volle reeks middels waarmee BIOMECTIN verenigbaar is, is nog nie bekend nie; daarom moet dit nie in tenkmengsels saam met ander produkte gebruik word wat nie op hierdie etiket aangedui is nie. Wanneer BIOMECTIN in sitrus, appels en pere toegedien word, moet dit altyd met 'n ligte minerale olie volgens die etiketaanwysings gemeng word. Moet nie Kaptab (captan) of Swaelspuitstowwe binne 'n tydperk van 2 weke voor of na bespuiting van BIOMECTIN plus olie toedien nie, omdat dit kolle op vrugte en/of blare tot gevolg kan hê. In katoen kan molasse saam met BIOMECTIN d.m.v. lugtoediening toegedien word. In tenkmengsels wat sintetiese piretroïede bevat, moet die laagste aanbevole dosis van die piretroïed vir weeklikse beskerming, toegedien word. Moet nie benattings- of kleefmiddels by BIOMECTIN spuitmengsels voeg nie. Raadpleeg die verskaffer vir die nuutste inligting rakende die mengbaarheid van BIOMECTIN. Menginstruksies: Maak die spuittenk halfvol met skoon water. Meng die benodigde hoeveelheid BIOMECTIN met minstens 10 liter water en voeg by die water terwyl die mengsel geroer word. Indien enige ander produk (bv. minerale olie) in die tenkmengsel met BIOMECTIN gebruik word, moet die benodigde hoeveelheid van daardie produk op dieselfde manier vooraf vermeng en bygevoeg word. Vermeng BIOMECTIN en die olie vooraf, voordat dit by die mengtenk gevoeg word. Voeg die benodigde mengsel by die water terwyl geroer word. Vul die spuittenk met water tot die verlangde volume terwyl daar nog steeds geroer word, om deeglike vermenging te verseker. Watergehalte rakende ph-waardes en hardheid sal nie die doeltreffendheid van BIOMECTIN beïnvloed nie. Gebruik die aangemaakte mengsel onmiddellik en moet nie vir 'n lang tydperk, b.v. oornag, laat staan nie. Aantal bespuitings per gewas: Moet nie meer as: 3 bespuitings per seisoen in katoen, of 3 bespuitings per seisoen in sitrus, of 4 bespuitings per seisoen in appels, pere en aarbeie, en 5 bespuitings per seisoen in tamaties toedien nie. Toedieningstegnieke: Alle toedienings van BIOMECTIN moet gedoen word met geskikte toerusting wat korrek gekalibreer en in n goeie werkende toestand is. Maak seker dat bedekking van die teikengewas volkome en eweredig is, vir maksimum doeltreffendheid. Grondtoediening: Gebruik voldoende water om goeie bedekking van die teikenarea te verseker. Die toepaslike volume water sal afhang van die groeistadium van die plante en die tipe spuittoerusting wat gebruik word. Treinspoortoediening: Vir die gebruik in katoen wat op droëland in treinspore aangeplant is. Dien 50 tot 100 liter spuitmengsel per hektaar toe, afhangend van die grootte van die katoenplante. Gebruik minstens 5 spuitkoppe wat met BIOMECTIN PAGE 4 OF 8

holkeëlpunte toegerus is per stel treinspore. Twee spuitkoppe moet direk bo-oor die twee rye spuit en een tussen die rye. Die buitenste twee spuitkoppe, op valarms gemonteer, moet teen n hoek van 45 grade opwaarts na die twee rye spuit. Lugtoediening: BIOMECTIN kan slegs deur n geregistreerde lugbespuitingsoperateur met n korrek gekalibreerde, geregistreerde vliegtuig volgens die instruksies van SANS Kode 10118 (Aerial Application of Agricultural Pesticides) uit die lug bespuit word. Verseker dat die spuitmengsel eweredig oor die teikenarea versprei word en die verlies aan spuitmengsel tydens toediening tot n minimum beperk word. Dit is daarom belangrik om aan die volgende vereistes te voldoen: Volume: n Spuitmengsel volume van 30 liter per hektaar word aanbeveel. Hierdie produk is nie teen n verlaagde volume getoets nie. Die registrasiehouer kan nie effektiwiteit waarborg of verantwoordelik gehou word vir enige nadelige effekte indien hierdie produk teen n laer volume, as hierbo aanbeveel, toegedien word nie. Druppelbedekking: 25 tot 35 druppels per cm² moet op die teikenarea herwin word. Druppelgrootte: n Druppelspektrum met n VMD van 280 tot 300 mikron word aanbeveel. Beperk die produksie van druppels kleiner as 150 mikron (hoë drywing en verdampingspotensiaal) tot n minimum. Vlieghoogte: Handhaaf die hoogte van die spuitbalk bo die teiken op 3 tot 4 meter. Moet nie spuit wanneer die vliegtuig duik, uitklim of draai nie. Gebruik geskikte atomiseringsapparaat wat die vereiste druppelgrootte en bedekking sal produseer, maar die minste verlies van produk verseker. Die spuitstelsel moet n druppelspektrum met die kleinste moontlike Relatiewe Span produseer. Plaas al die atomiseerders in die binneste 60 tot 75 % van die vlerkspan om te verhoed dat druppels binne-in die vlerkpuntvorteks beweeg. Die verskil in temperatuur tussen die nat- en droëboltermometer van n swaaihigrometer, moet nie 8 C oorskry nie. Staak bespuiting indien die windspoed 15 km per uur oorskry. Staak bespuiting tydens turbulente, onstabiele en droë toestande gedurende die hitte van die dag. Bespuiting onder temperatuur inversie toestande (deur bo of binne die inversielaag te spuit) en/of hoë lugvogtoestande (relatiewe humiditeit 80 % en meer) mag tot die volgende probleme aanleiding gee: a) verlaagde effektiwiteit aangesien die druppels as n wolk in die lug bly hang en moontlik verdamp (onvoldoende bedekking op teiken), b) skade aan sensitiewe gewasse en/of nie-teiken areas as gevolg van wegdrywing van die spuitwolk na nie-teiken area. Verseker dat die lugbespuitingsoperateur presies weet watter lande bespuit moet word. Dit is noodsaaklik om n versekering van die lugbespuitingsoperateur te verkry dat aan al die bogenoemde vereistes voldoen sal word en dat data van belang in n logboek saamgevat word vir toekomstige verwysing. TOEDIENINGSHOEVEELHEDE Gewas / Plaag Dosis Opmerkings Aarbeie Dien BIOMECTIN as 'n hoë volume, hoë druk voldekbespuiting toe wanneer die eerste tekens van die plaag opgemerk word. Verseker dat die boonste en onderste blaaroppervlaktes deeglik bedek word. Dien 2 bespuitings toe met intervalle van 7 tot 10 1200 ml / ha dae. Herhaal wanneer nodig. BIOMECTIN moet in minstens 500 liter water per hektaar toegedien word, vir doeltreffende beheer. MOET NOOIT meer as 4800 ml BIOMECTIN per hektaar gedurende die groeiseisoen toedien nie (4 bespuitings). BIOMECTIN PAGE 5 OF 8

Gewas / Plaag Dosis Opmerkings Aartappels Bladmyner (Liriomyza spp.) 500 ml / ha PLUS < 500 ml medium graad minerale olie / ha OF Dien BIOMECTIN toe 20 tot 30 dae na opkoms van die gewas, as n hoë volume bespuiting teen 600 liter spuitmengsel per hektaar. n Minimum van 300 liter spuitmengsel per hektaar moet toegedien word, om volledige bedekking te verkry. Benat alle blaaroppervlaktes deeglik tot by die punt van afloop. Appels & Pere en Europese rooimyt (Panonychus ulmi) Blomme & Sierplante Krisante Amerikaanse blaarmyner (Liriomyza trifolii) 2 l / ha ligte paraffien olie 35 ml PLUS 250 ml ligte minerale olie / 100 l water (750 tot 1500 ml / ha PLUS 0.25 % olie) 25 ml / 100 l water (560 tot 1500 ml / ha) BIOMECTIN is geskik vir gebruik in 'n Geïntegreerde Plaagbeheerprogram (GPB). Gebruik in appelboorde waar die GPB program nie Myte doeltreffend beheer nie. Dien toe sodra die Spinmytinfestasie die ekonomiese drempelwaarde bereik en herhaal indien nodig. Verwys na tabel hieronder vir ekonomiese drempelwaardes. Dien toe as n hoë volume, hoë druk, voldekbespuiting tot net voor die punt van afloop (2150 tot 4300 liter spuitmengsel per hektaar). Wanneer 'n lae volume bespuiting met minder as 2150 liter spuitmengsel per hektaar toegedien word, moet minstens 750 ml BIOMECTIN per hektaar toegedien word, saam met 0.25 % olie. Gebruik voldoende water vir deeglike bedekking. Moet nie meer as 1500 ml BIOMECTIN per hektaar as n enkel bespuiting of meer as 3000 ml per hektaar in totaal per groeiseisoen toedien nie (4 bespuitings met die laer dosis). Dien BIOMECTIN toe as 'n hoë volume, hoë druk voldekbespuiting tot die punt van afloop, wanneer die eerste tekens van infestasie verskyn. Gebruik n minimum van 2250 liter spuitmengsel per hektaar. Indien minder as 2250 liter spuitmengsel toegedien word, (bv. wanneer jong plantjies bespuit word), moet n minimum van 560 ml BIOMECTIN per hektaar in voldoende water toegedien word, om volle bedekking te verseker. MOET NOOIT 1500 ml BIOMECTIN per hektaar oorskry nie. Maak seker dat beide blaaroppervlaktes deeglik deur die spuitmengsel, tot die punt van afloop, benat word. : Herhaal toediening wanneer nodig. Amerikaanse blaarmyner: Herhaal toediening elke 7 dae of wanneer nodig om beheer te handhaaf. BIOMECTIN PAGE 6 OF 8

Gewas / Plaag Dosis Opmerkings Katoen Tamaties en Larwes van Amerikaanse blaarmyner (Liriomyza trifolii) 300 tot 600 ml / ha OF 300 tot 600 ml / 100 l water (3 tot 6 ml / 100 m ry) 60 ml / 100 l water (300 tot 1200 ml / ha) BIOMECTIN is geskik vir beide voorkomende en korrektiewe beheer. Herhaal behandelings soos nodig om die Spinmytinfestasie onder die ekonomiese drempelwaarde te hou. Moet nie meer as 3 bespuitings per seisoen oorskry nie. LET WEL Verwys na Spinmyt-verkenningstegnieke en Ekonomiese Drempelwaardes hieronder. Voorkomende beheer: Dien BIOMECTIN toe teen n dosis van 300 ml per hektaar wanneer die Spinmytpopulasie-indeks 'n aansienlike verhoging vanaf die vorige week toon, maar voordat dit die ekonomiese drempelwaarde vir die betrokke groeistadium bereik word. Korrektiewe beheer: Dien BIOMECTIN toe teen n dosis van 300 ml per hektaar wanneer die ekonomiese drempelwaarde vir n spesifieke groeistadium bereik of oorskry is. Noodbeheer: Dien BIOMECTIN toe teen 'n dosis van 600 ml per hektaar wanneer die Spinmytinfestasie baie hoog is, of as daar baie warm en droë weerstoestande heers. Indien bespuiting kort voor oes plaasvind, mag dit die ontblaring van die gewas wat gewoonlik deur hoë Mytpopulasies veroorsaak word, vertraag. Grondtoediening: Dien toe in 100 tot 200 liter water per hektaar. Moet nie minder as 300 ml BIOMECTIN per hektaar toedien nie. Lugtoediening: Dien toe volgens die instruksies vir lugtoediening hierbo. Treinspoortoediening: Dien toe volgens die instruksies hierbo. BIOMECTIN kan Spinmyte voorkomend of korrektief beheer. Dien BIOMECTIN toe as `n hoë volume, hoë druk, voldekbespuiting tot by die punt van afloop sodra die eerste tekens van die plaag opgemerk word. Verseker dat beide die boonste en die onderste blaaroppervlaktes deeglik bedek word. Moet nie meer as 2000 liter spuitmengsel per hektaar toedien nie. Gebruik voldoende water vir goeie bedekking, indien jong plantjies bespuit word en minder as 500 liter per hektaar spuitmengsel toegedien word. MOET NOOIT meer as 1200 ml BIOMECTIN per hektaar of n maksimum van vyf bespuitings per seisoen toedien nie. : Herhaal toediening wanneer nodig. Amerikaanse blaarmyner: Herhaal toediening elke 7 dae of wanneer nodig, om beheer te handhaaf. BIOMECTIN PAGE 7 OF 8

Gewas / Plaag Dosis Opmerkings Sitrus Sitrusblaaspootjie (Scirtothrips aurantii) 20 ml PLUS 300 ml ligte of medium graad smal distillasie bestek minerale spuitolie / 100 l water Dien BIOMECTIN toe met die eerste tekens van Blaaspootjie-infestasie of waar weerstoestande gunstig is vir Blaaspootjie-infestasie. Dien toe as 'n ligte dekbespuiting, maar vermy afloop. Herhaal toediening indien nodig. Moet nie meer as twee agtereenvolgende toedienings toedien of 'n maksimum van drie toedienings per seisoen nie. BIOMECTIN behoort afgewissel te word met ander geregistreerde Blaaspootjiemiddels om weerstandsontwikkeling te vertraag. Toedienings sal ook Laeveld- en onderdruk. Spinmyt-verkenningstegnieke in katoen: Gebruik hierdie tegniek om die infestasievlak te bepaal. Die plante moet vanaf drie weke na ontkieming tot by eerste bolbars (20 weke) weekliks ondersoek word. Kies 48 plante ewekansig in 'n gebied nie groter as 15 hektaar nie. Ondersoek een blaar in die middel van elke plant en twee blare in die boonste gedeelte van die geselekteerde plante. Tel die totale aantal volwasse Mytwyfies aanwesig en ken die volgende numeriese waardes toe: Geen volwasse wyfies = 0 1 tot 10 volwasse wyfies = 1 11 tot 30 volwasse wyfies = 2 31 of meer volwasse wyfies = 3 Deel die totale numeriese waarde deur die aantal geselekteerdeplante (48) om die infestasievlak te bereken. Die infestasie-indeks sal tussen 0 en 3 wees. Dit is uiters belangrik om die indeks onder die ekonomiese drempelwaarde van 0.8 vir die eerste 12 weke te hou. Daarna vermeerder die ekonomiese drempelwaarde tot 2.0 by 20 weke. Hou te alle tye die indeks onder hierdie drempelwaarde deur BIOMECTIN soos voorgeskryf, toe te dien. Ekonomiese drempelwaardes: KATOEN Weke na ontkieming: 3 tot 10 12 14 16 18 20 Spinmytpopulasie-indeks: 0.5 0.8 1.1 1.4 1.7 2.0 APPELS 2 volwasse wyfies per blaar tot einde Maart en daarna 1 per blaar. PERE 1 volwasse wyfie per blaar deur die loop van die seisoen. LET WEL BIOMECTIN is geskik vir gebruik in n Geïntegreerde Plaagbestuursprogram (GPB). Wanneer toegedien teen die aanbevole dosisse sal dit nie al die Spinmyte in die gewas beheer nie. Oorlewende Myte sal dien as 'n voedselbron vir Roofmyte wat dan die getalle van Roofmyte sal bevorder. BIOMECTIN sal nie die veselgehalte van katoen beïnvloed nie. BIOMECTIN word vinnig deur die plant opgeneem. Dit sal nie maklik deur reën en/of besproeiing afgewas word nie, mits die spuitmengsel genoeg tyd gegun word om deeglik te droog. Oormatige toedienings van BIOMECTIN mag die doeltreffendheid nadelig beïnvloed deurdat dit afloop veroorsaak. BIOMECTIN het nie 'n vinnige uitklopaksie op Myte of Blaarmyners nie en die tyd wat benodig word om maksimale beheer te verseker hang af van die omgewingstemperatuur. Dit kan wissel vanaf 3 tot 5 dae. Gedurende hierdie tydperk vind minimale gewasbeskadiging plaas aangesien BIOMECTIN die mobiliteit van die plae verminder. Spuitresidue van BIOMECTIN het 'n onbeduidende uitwerking op Roofmyte sowel as op ander voordelige geleedpotiges. BIOMECTIN is a registered trademark of / is n geregistreerde handelsmerk van VILLA CROP PROTECTION (PTY) LTD. BIOMECTIN PAGE 8 OF 8