Makadamia bemesting beginsels Elsje Joubert, SUBTROP Inleiding Die basiese voedingstowwe wat makadamia bome nodig het om te groei is Stikstof (N), Fosfaat (P), Kalium (K), Swael (S), Kalsium (Ca), Magnesium (Mg), Koper (Cu), Sink (Zn) en Boor (B) 1. Die hoeveelheid voedingstof benodig per jaar word in Tabelle 1 & 2 gegee. Die fisiologiese voedingstof behoeftes van n neut boom (Tabel 1) moet tesame met die onttrekkingssyfers van makadamia produksie (Tabel 2) en die blaar en grond-ontledings resultate (sien die makadamia norme in Tabel 3) intrepreteer word om n bemestingsprogram uit te werk. Let ook op die plant fisiologie en tydstip wanneer die voedingstowwe beskikbaar moet wees vir die boom (aangeheg: die makadamia bestuurskaart). Verder is dit baie belangrik dat daar water beskikbaar is vir die wortels sodat die voedingstowwe opgeneem kan word, die wortels gesond is, en die boom nie stres nie, of ook nie te veel water rondom die wortels het nie. n Goeie snoei praktyk sal verseker dat daar genoeg lug en lig in die bome is en die wortels : blaar oppervlak in verhouding bly (aangeheg: snoei praktyke fieteblad). Bedek die grondvloer met organiese materiaal om water te spaar en wortel gesondheid te bevorder (aangeheg: advantages of mulch). Bemesting vir nuut geplante bome Nuwe aanplantings kan met goeie kompos en 25g enkel superfosfaat wat gemeng is met die grond wat uit die plant gat kom, gedoen word. Jong bome kan 6 weke nadat dit geplant is met n organiese mengsel N:P:K (4:1:2 of, byvoorbeeld, 50g N: 12.5g P: 25g K) bemes word tot en met 3 jaar ouderdom. Wees versigtig om nie die nuwe flush te brand met te hoë bemesting konsentrasies nie. Versprei die bemestingstowwe eweredig, verder as 20 cm van die stam af weg tot 50 cm buite die drup area en besproei liggies nadat die bemesting toedienings gedoen is 1. Bemesting vir bome ouer as 3 jaar Bome ouer as 3 jaar het n N:P:K verhouding van ongeveer 5:1:5 nodig, byvoorbeeld 250g N : 50g P : 250g K, maar sien ook Tabel 2 vir meer spesifieke riglyne. Gedurende April is die P behoefte baie hoog en toediening dus baie belangrik. Daar is 105 eenhede P in n ton superfosfaat (10.5 % P). Superfosfaat bevat ook Ca en S. MAP bestaan uit 22% P en 11% N. 1
Die totale voedingstof behoefte in gram/boom/jaar en die aanbevole toedienings tye uitgedruk as n persentasie van die totaal gekoppel aan makadamia boom ouderdom. Boom ouderdom N (Stikstof) Julie = 35% Sept = 40% Nov = 25% P (Fosfaat) Aug = 50% Des = 50% Tydens plant 25 Bv. Enkel Superfosfaat (10.5% P) toedieningstyd = P 1 56 21 200 40 2 90 21 200 50 3 112 25 240 75 4 100-160 30 285 125 5 125-200 33 315 150 6 150-240 36 350 200 7 175-280 45 430 250 8 200-300 50 480 300 K (Kalium) Aug = 30% Okt = 30% Des = 20% Junie = 20% 9-10 225-340 55-65 520-620 350-400 11-12 250-420 65-79 620-750 425-475 13-14 400-600 84-105 800-1000 500-575 15+ 450-800 105-142 1000-1350 600-700 Tabel 2. Makadamia onttrekkingsyfers vir die belangrikste voedingstowwe, uitgedruk in kg per ton neut in husk teen 10 % voginhoud per jaar 2. N P K S Ca Mg Cu Zn B Husk 4.03 0.37 7.33 0.65 0.22 0.25 0.002 0.003 0.003 Dop 1.93 0.06 0.72 0.24 0.12 0.12 0.008 0.004 0.002 Kern 4.54 0.8 1.1 0.49 0.12 0.37 0.002 0.006 0.002 Totaal 10.5 1.23 9.15 1.38 0.46 0.74 0.012 0.013 0.007 Grond ph Nutriënt-beskikbaarheid is direk gekoppel aan grond ph 3. Wanneer die grond ph nie reg is nie gaan die wortels nie gesond wees nie, geen opname van voedingstowwe kan deur die grond plaasvind nie en die boom-gesondheid gaan agteruit. Die enigste tyd om werklik die grond ph reg te stel is voordat die bome geplant word, omdat die grond dan diep (tot 1m) bewerk kan word. Karbonate (bv. landboukalk) neutraliseer 'n lae grond ph. Die optimale ph vir makadamia produksie is 5.5-6.2 (H2O metode) of 4.5-5.2 (KCl metode) 1. Vir elke eenheid ph wat verhoog moet word, moet 5 ton kalk/ha neergesit word in swaar kleigrond en 2.5 ton kalk/ha in sanderige grond, maar, wees versigtig om nie meer as 500 kg kalk/ha 2
toe te dien wanneer die bome 0 3 jaar oud is nie 1. Die uitruilbare Natrium (Na) vlakke in die grond moet mider as 25 mg/kg wees 4. Uitruilbare Na vertel ons meer van die hidronium (H3O+) aktiwiteit, dus grond suurheid. Die grond klei inhoud bepaal die buffer kapasiteit van die grond en hoë klei inhoud gronde het dus meer landboukalk nodig as lae klei inhoud gronde. Dolomitiese lanboukalk bevat Ca en Mg en word aanbeveel waar die grond ph en ook die Ca: Mg verhouding laag is 1. Kalsium en Fosfaat Dit is belangrik om te onthou dat Ca en P baie stadig deur die grond beweeg en daarom moet hierdie voedingstof regstellings voor plant gedoen word. Katioon uitruilingskapasiteit Die totale katioon uitruilingskapasiteit (KUK) in die grond is die som van die milli-ekwivalente (meq) Ca, Mg, K en Na per 100g grond. Ons poog om hierdie kapasiteit so hoog moontlik te hou, maar steeds binne die grond norm (3.2 6.2meq %) en met n ideale katioon balans. Die ideale Ca, Mg, K en Na kombinasie, uitgedruk as n persentasie van die totale KUK, is in Tabel 3 gegee. Tien milligram voedingstof per kilogram grond is tien dele per miljoen (dpm) voedingstof (10mg/kg = 10dpm). Die grond en blaarontledingsnorme wat in aanvulling tot die basiese nutriënt behoeftes toegedien moet word, word ook in Tabel 3 opgesom. Kalium Neutkwaliteit is direk gekorreleerd met plant-beskikbare K in die grond tydens neut groei en olie vorming. Daarom word aanbeveel om 30% K in Julie Augustus neer te sit, 20% in Oktober en 50 % in Desember. Wanneer die grond Na vlakke hoog is, moet die gebruik van KCl (50% K) vermy word. Kaliumsulfaat (K2SO4) bevat 40 % K en dra by tot S bemesting terwyl KNO3 wateroplosbaar is en oor 38 % K en 13 % N beskik. Stikstof Die vegetatiewe/reproduktiewe boom balans word deur N bepaal 5. Die boom het n hoë N behoefte wanneer daar blaargroei, blom en neut-set terselfde tyd plaasvind. Twee aparte toedienings van N word in kleigrond aanbeveel, bv. in Julie (60 70 % van die totale N) en November (30 40 %) terwyl drie toedienings in sanderige grond gedoen moet word met die derde toediening in Maart April 6. Ammonium (NH3)-bevattende bemestingstowwe verlaag die grond ph. Anorganiese N-bevattende bemestingstowwe, van die kleinste tot die grootste verlagende effek op grond suurheid, is KAN (Kalksteen ammonium nitraat, 28 % N), Urea (46 % N), ASN (Ammonium sulfaat nitraat 27 % N) en AS (Ammonium sulfaat, 21 % N) 1. 3
Tabel 3. Grond- en blaarontledingsnorme vir Makadamia produksie 1. ONTLEDINGSRESULTAAT NORME IN DIE GROND NORME ph [H2O] 5.5 6.2 ph [KCI] 4.5 5.2 P 20 80 dpm* of 10 20 mg/kg (Resin metode) of 22 45 mg/kg (Bray 1 metode) K 80 150 dpm/60 150 mg/kg in sanderige grond en 80 200 mg/kg in kleigrond. 0.2-0.4 meq %** (1 meq % = 390 dpm) Ca 400 800 dpm 2.0-4.0 meq % Mg 100 200 dpm (1 0.8 meq - 1.6 % meq = 200 % dpm) Na < 40 dpm (1 <0.2 meq meq %% = 120 dpm) Totale KUK (1 3.2 meq - 6.2 % meq = 230 % dpm) Ca (% van totale KUK) 72.5 Mg (% van totale KUK) 15 K (% van totale KUK) 7.5 Na (% van totale KUK) < 5 NORME IN DIE BLARE N 1.2 1.5 % P 0.07 0.09 % K 0.4 0.6 % Ca 0.6 0.9 % Mg 0.09 0.11 % S 0.2 0.4 % B 50 90 dpm Zn 15 30 dpm Cu 5 10 dpm Mn 150 250 dpm *dpm = dele per miljoen **meq % = persentasie milli-ekwivalente per 100g grond Boor Blaarbespuitings kan tot 4 maal met Solubor (1g/L) tussen Julie en Desember gedoen word. Grond toedienings met Borax word volgens Tabel 4 gedoen. In sanderige grond moet baie lae konsentrasies Borax gedoen op n slag word (totaal opgedeel in 12 toedienings, maandeliks, regdeur die jaar). Toedienings in leem of klei kan in 4 dele opgedeel word en tydens September, November, Januarie en Maart gedoen word. Borax moet so egalig as moontlik oor die grond oppervlak versprei word. 4
Tabel 4 Grond toedienings riglyne vir Borax Boor ontledingsvlak in blaar (mg/kg) Grond tipe Borax in g/m 2 blaardak area Sand 5-7.5 < 20 Leem 10-20 Klei 20-40 Sand 2-4 20-40 Leem 8-15 Klei 15-30 Sand 1-2 > 40 Leem 4-7.5 Klei 7.5-15 Sink Blaarbespuitings van sinknitraat (ZnNO3) teen 150 ml/100l water kan jaarliks net voor blom gedoen word. Sink kan ook in die grond toegedien word teen 25 g/m 2 blaar oppervlak as die sink vlakke in die blaar ontledings < 10dpm was, 15 g/m 2 blaar oppervlak as die sink vlakke in die blaar ontledings 10-30dpm was of 5g/m 2 blaar oppervlak as die sink vlakke in die blaar ontledings 30-50 dpm was. Koper Dien koperoksichloried (CuOCl) net voor blom toe as n blaarbedekking teen 400g/100L water. n Grondtoediening van Koper sulfaat (CuSO4) teen 30kg/ha kan onder die boom drup area gedoen word. Tabel 5 Die nutriënt samestelling van algemene mengsels. Urea 46% N Ammonium sulfaat 21% P, 24% Ca KAN 28% N Kalium chloried 50% K Kalium sulfaat 41% K, 16.5% S Enkel superfosfaat 10% P, 12% S, 20% Ca Mono-ammonium fosfaat 11% N, 21% P, 3% S, 1% Ca Landbou kalk 35-40% Ca Dolomitiese kalk 12-22% Ca, 8-12% Mg Gips 14-18% S, 19-22% Ca 5 : 1 : 5 [36] 16.4% N, 3.3% P, 16.4% K Verwysings 1. Kuperus, K. H. & R. A. Abercrombie. 2003. Fertilization. In: The cultivation of Macadamia ed. E. A. de Villiers), pp. 89 99. 5
2. Bryen, L. & I. Vimpany. 1997. Managing a Macadamia fertilizer program 2: Nutrient removal in the crop. Astr. Mac. Soc. News Bulletin, September. 3. Kuperus, K. H. & R. A. Abercrombie. 2000. Final report on the fertilization trials on Macadamia trees in South Africa. The Southern African macadamia Growers; Association Yearbook 8: 24 38. 4. Abercrombie, R. A. & J. E. Hoffman. 1997. The value of soil analysis for Macadamias. The Southern African macadamia Growers; Association Yearbook 5: 56 59. 5. Stephenson, R. A. & Gallagher, E. C. 1989. Timing of Nitrogen application to Macadamias 1. Tree Nitrogen and status and vegetative growth. Aust. J. Exp. Agric. 29: 569 574. 6. Kuperus, K. H., R. A. Abercrombie & Swanepoel, J. F. 2000. Report on the current fertilization trials on Macadamia trees in South Africa. The Southern African macadamia Growers; Association Yearbook 7: 124 137. 6