Ons IS Fosfaat PRODUKHANDLEIDING

Similar documents
FERTIFLO (19) 96 g/kg 63 g/kg 32 g/kg 10 g/kg mg/kg 500 mg/kg 500 mg/kg 500 mg/kg 200 mg/kg 5 mg/kg

Makadamia bemesting beginsels

Before using this product read the label carefully MAXIBOOST. Reg. No. B3815, Act No. 36 of 1947 Namibian Reg. No. N-F 237 Botswana Reg. No.

Verslag oor die droëbone strookproewe: 2016/17 Report on the dry bean strip trials: 2016/17. September 2017

SUMMARY. diseases on mango plants and fruit and cause major economic losses to this industry.

Witblaarvlek (ook bekend as Grysstam) PJA Lombard en L Nowers Wes-Kaapse Departement van Landbou, Direktoraat Plantwetenskappe

VENUE CHECKLIST. Venue pas in by julle tema (bv rustic- plaas, city-chic en modern, natuurlik, klassiek, medieval of iets heeltemal uniek ens)

Mari Wasserman Berakah Makadamia Proewe

OORSIG: CANOLA IN SUID-AFRIKA

FACULTY OF ECONOMIC AND MANAGEMENT SCIENCES DEPARTMENT OF ECONOMICS ECONOMICS 110 Semester test 1 14 March 2008 Total: 50 marks Time: 60 minutes

RIGLYNE VIR DIE KEUSE EN GEBRUIK VAN SPRINKELAARS

VOORWOORD. Lallemand Inc. is n private. Lallemand Inc. is n Kanadese. Lallemand Inc. glo dat GESKIEDENIS & AGTERGROND VISIE & MISSIE LALLEMAND

VOORWOORD. Lallemand: Natural solutions that add value to the world of winemaking DIE GESKIEDENIS EN AGTERGROND DIE LALLEMAND FILOSOFIE

2016 VERITAS CLASSES / KLASSE

MONIQUE SE LEKKER PEANUT BUTTER FUDGE

Potential of the 'Hall s Avoscan' as a Tool to Identify Soft Fruit during Packing for Export

LION. Reg. No.: L 6622 Act /Wet No. 36 of/van 1947

Indicate client(s) to whom this final report is submitted. Replace any of these with other relevant clients if required. FINAL REPORT FOR 2001/2002

BIOMECTIN. Reg. No. L 7979 Act/Wet No. 36 of/van 1947 N-AR 1112

ReTain. Reg No./Nr. L 6141 Act/Wet No./Nr.36 of/van 1947 WATER SOLUBLE POWDER / WATEROPLOSBARE POEIER. Active Ingredient / Aktiewe bestanddeel

No-Blite. No-Blite. Packaging / Verpakking: 5 kg

FOLPAN 500 SC. Reg. No. / Nr. L 4662 Act No. / Wet No. 36 of / van 1947 N AR g / l NET VOLUME / NETTO VOLUME

Marieta van Bladeren Nigella se aartappel blini. Maar ek dress hom soos die foto

METHOMYL 90 SP. Reg. No. L 7189 Act/Wet No. 36 of/van 1947 N-AR 1084

JERSEY SA. Nuusbrief

Primêre Skool Jordania

Van hier tot daar - 05 *

OpenStax-CNX module: m Lees en Woordorde * Siyavula Uploaders

Droëboonkultivaraanbevelings Dry Bean Cultivar Recommendations

Mari Wasserman Avokado Proewe

CULTIVAR INFO : RUBY STAR * (PR00-33) ARC

Charolais. Waarom n. kalwers groei vinnig, dus laer mortaliteit. Charolaiskoeie beskik oor genoeg melk om van die swaarste kalwers te speen.

Republiek van Suid Afrika Published online: 29 Oct 2010.

ANCHOR PARSBOEK 2012 WINE YEAST THE LEADING NEW WORLD WINE YEAST BRAND

Gmail - Fw: BOLAND REELS VIR LIGA WEDSTRYDE

Nuusbrief / Newsletter

DEPARTEMENT VAN LANDBOU

GEDRAGSKODE ROOIBOS MODULE. Weergawe 1.1

van Suid Afrika Published online: 29 Oct 2010.

Die geskiedenis van onderstokke in Suid-Afrika (Deel 1)

Stap 3 : Sorg dat die laaste periode van Augustus 2016 gedoen en gepos is.

Packaging / Verpakking: 1 L CAUTION VERSIGTIG SIEN INGESLOTE PAMFLET VIR VOLLEDIGE BESONDERHEDE SEE ENCLOSED PAMPHLET FOR FULL PARTICULARS

TALENDO. Reg. No. L8116 Act No. 36 of 1947 Reg. Nr. L8116 Wet Nr. 36 van 1947 FUNGICIDE GROUP CODE U7 SWAMDODER GROEP KODE. UN No. / VN Nr.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

SPRAYFILM 10. Reg. No.: L 7120 Act /Wet No. 36 of/van ACTIVE INGREDIENT/AKTIEWE BESTANDDEEL: terpenic polymer / terpeen polimeer..

Handleiding. Saamgestel deur. Leslie Bergh & Tim Pauw. Kopiereg voorbehou deur BenguelaSoft BK. Weergawe

Fruitcare. Reg. No.: L 9204 Act No. 36 of 1947 Reg. Nr.: L 9204 Wet Nr. 36 van 1947 Namibian Reg. No. N-AR 1513 Namibiese Reg. Nr.

SUID-AFRIKAANSE WYNOESVERSLAG 2004

GRONDBOONBOTTER FIX KOEKIE

Reg. No. L3945 Act No. 36 of 1947 Reg. Nr. L3945 Wet Nr. 36 van 1947 INSECTICIDE GROUP CODE 1A INSEKDODER GROEP KODE

Gevaarlike afval in huishoudelike afval: n gevallestudie

MADELEINES MADELEINES

No. R November MARKETING OF AGRICULTURAL PRODUCTS ACT, 1996 (ACT No. 47 OF 1996)

FOR AGRICULTUAL USE ONLY! SLEGS VIR LANDBOUGEBRUIK! CHLORPYRIFOS 480EC. Reg. No. L 6350 Act/Wet No. 36 of/van 1947 W

Happiness is a cup of coffee. July 2016 Newsletter

Cheesy Bacon Ranch Pull Apart Bread

Kerrie perskes. Pickled Fish

WINE INDUSTRY STRATEGIC EXERCISE (WISE) Survey Feedback

JUDO 50 EC. Reg. No. L 7785 Act/Wet No. 36 of/van 1947 N-AR 1104

Karamel Brownies. Karamel: 32 cream caramels (daardie caramel toffies wat in die lang boksies is) ½ k. botter 1 blik kondensmelk.

ROMANY CREAMS. Method

Wêreld en Plaaslike nuus

Afstand * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Bonnie en Tommie gaan see toe 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

DIE INVLOED VAN SPESIFIEKE GROND EN KLIMAATS PARAMETERS OP WINGERDPRESTASIE, WYNKWALITEIT EN KARAKTER. deur F. A. ROUX

OpenStax-CNX module: m Gedigte * Siyavula Uploaders

Isomate F C M CAUTION VERSIGTIG. Pamphlet

2,4-D Iso-Octyl Ester

Chlorpyrifos 480 EC. Reg. No.:L6272 Act /Wet No. 36 of/van 1947

sweetcorn tert Metode:

AFLEWERING VAN DG/G WYNE DELIVERY OF DG/GOLD WINES BEOORDELING - JUDGING. 8 Aug Inskrywings sluit/entries close Oct

n Kapsulesuspensie kontak- en maaginsekdoder vir die beheer van verskeie insekte soos aangedui.

MEDIAVRYSTELLING (English below) 24 Maart 2018 Vir onmiddellike vrystelling. Woolworths se kaas maak geskiedenis met twee in n ry

AANHANGSEL 1/ANNEXURE 1 TABEL 1/TABLE 1 TOELAATBARE KULTIVARS/VARIëTEIT (ALLE KLASSE)/ PERMISSIBLE CULTIVARS/VARIETY (ALL CLASSES)

Page 1 of 8

Per Serving: 310 Calories; 16g Fat; 36g Protein; Carbohydrate; 1g Dietary Fiber; 2g Net Carbs

FINALE NAVORSINGSVERSLAG (2000/2001): WINETECH

DIE QUINTUS PORK BELLY

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February No.

KEURINGSHANDLEIDING 1 INLEIDING INTRODUCTION 2 KEURDERS INSPECTORS 3 TIPES KEURING TYPES OF INSPECTION 4 ADMINISTRATIEWE VOORBEREIDING VIR KEURING

Hoe het Coke ontstaan? *

Market comment Markkommentaar. May/Mei 2018

Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Grondslagfase Graad R-3

WYN- EN SPIRITUSRAAD. Skema vir Geïntegreerde Produksie van Wyn. Geïntegreerde Produksie Van Wyn: Handleiding vir die Plaas.

Sjokolade-mousse-terrien

1. PROPOSED DEMARCATION OF CAPE COASTAL AND AMENDMENT OF COASTAL REGION AND OLIFANTS RIVER 2. MANDATORY CALCULATION OF CARBON EMISSIONS

INMAAKVRUGTE PERSPEKTIEF 2 AD COLLINS TOEKENNING 3 VERBRUIKERSTUDIES OLIMPIADE 4 VRUGMONSTER NEMING VIR RESIDU ONTLEDING 4

THE INFLUENCE OF WET PICKING ON POST HARVEST DISEASES AND DISORDERS OF AVOCADO FRUIT

Vark wors VARKWORS METODE: Nota

TAMELETJIES GIDEON SE TAMELETJIE

Goeie bestuur gee jou n voorsprong

DAAR IS NOG 15 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS

Reg. No. L6032 No. Act 36 of 1947 Reg. Nr. L6032 Wet No 36 van 1947 HERBICIDE GROUP CODE B / E ONKRUIDDODER GROEP KODE

Hou die herfskommandowurm enige risiko in vir aartappelproduksie?

2015/2016 VKB LANDBOU-ONTWIKKELING NAVORSINGSVERSLAG

DIE INVLOED VAN BESIGHEIDSRISIKO OP DIE OMV ANG VAN 'noudit

Die genetiese verbetering van wyndruifkultivars en wyngisrasse vir n markgerigte wynbedryf: Nuwe benaderings tot die oeroue kuns van wynbereiding

VERITAS TOEKENNINGS / AWARDS INSKRYWINGS INLIGTING / ENTRY DETAILS

BOER. want boere is die beste. GRATIS Uitgawe Januarie

Mushroom and Blue Cheese on Toasted Ciabatta

LEES VOLLEDIGE ETIKET DEEGLIK VOORDAT HIERDIE PRODUK GEBRUIK WORD

Transcription:

Ons IS Fosfaat PRODUKHANDLEIDING

NPN - WAARSKUWING Indien lekke ureum bevat, moet daar streng volgens gebruiksaanwysings gemeng en/of gevoer word. Wees veral versigtig om addisionele ureum by te meng, of om verskillende ureumbevattende produkte sonder meer te vermeng. Die groot gevaar bly egter steeds die natword van die produk in die voerbak, waar ureum moontlik kan oplos en deur diere gedrink word. Maak dus voldoende voorsiening vir die beskerming van lekbakke teen reënwater en maak voldoende voorsiening vir dreinering. Die volgende voorkomende maatreëls en behandelings kan gevolg word waar ureumvergiftiging voorkom: Asyn is `n doeltreffende teenmiddel vir ammoniakvergiftiging wat deur ureum veroorsaak kan word. Meng asyn en water 50:50 en doseer soos volg: - kalf of groot skaap 750 ml (1 bottel) - volwasse bees 1.5-3.0 liter (2-4 bottels) Beskerm voer teen reën aangesien ureum in water oplosbaar is. Indien diere sodanige ureumwater suip, kan diere maklik vergiftig word. Hierdie voere moet oordeelkundig saam met ander NPN-bronne gevoer word. Raadpleeg `n voe dingskundige. Homogene vermenging van alle roumateriale is belangrik. Meng konsentrate deeglik met voor ge skrewe bestanddele. Sorg dat voldoende weiding of ruvoer altyd saam met lekaanvulling beskikbaar is om oorinname van lek te voorkom. Dit word aanbeveel dat diere te alle tye voldoen de toe gang tot lekke het. Lekbakspasie vir diere moet genoegsaam wees. Maatskappyprofiel SA FEED PHOSPHATES (Edms.) Bpk. is in 1992 gestig met die doel om voerfosfate vir die plaaslike veebedryf te produseer. Die maatskappy se hoofkantoor is op Douglas, met die produksie-aanleg sentraal geleë op Christiana in die Noordwes provinsie. SA Feed Phosphates fokus op die vervaardiging en bemarking van `n verskeidenheid voerfosfate as `n noodsaaklike en strategiese komponent van veevoere vir plaasdiere; insluitend enkelmaag, herkouer en wild. Verdere waardetoevoegings tot produkte vind plaas deur die verryking daarvan met melasseprodukte vir beter smaaklikheid en fisiese eienskappe, asook deur die aanvulling van minerale, spoorminerale en proteïenprodukte om optimale produksie van veekuddes reg deur die jaar te verseker. Die SA Feedphos-reeks sluit die volledige somerlek-reeks in, asook `n wye verskeidenheid aanvullings vir die dormante winterveld.

NPN - WAARSKUWING MAATSKAPPYPROFIEL INHOUDSOPGAWE RIGLYNE VIR LEKAANVULLINGS Algemeen 1 Lekkeuse en lekinname 2 Lek-aanvullings vir die 2 somerreënvalstreek 1. Tipiese fosfaat-mineraallekke 3 2. Tipiese bees/skaap 3 proteïen-mineraallekke 3. Tipiese oorgangslekke 3 FOSFAAT-MINERAALLEKKE Aquaphos 5 Feedphos 21 7 P18 Superphos 9 Feedphos MDCP 18 11 Feedphos 12 13 P9 Superphos 15 Feedphos 6 17 Feedphos block 19 BEES/SKAAP PROTEÏEN-MINERAALLEKKE Volledige skaaplek 21 Kalf en lam volledig 23 Skaaplekkonsentraat 25 Beeslek 42 27 Bees/skaap winterlek 29 OORGANGSLEKKE Oorgangslek 31 KONSENTRATE Droëveld lekkonsentraat 33 Voerkraal 40 35 Voerkraal 80 37 Melkkonsentraat 40 39 GRONDSTOWWE Voergraad ureum 41

Riglyne vir lekaanvullings Algemeen Fosfor is onmisbaar tydens skeletvorming, asook vir die energiemetabolisme van diere, en `n tekort aan fosfor lei tot swak groei en reproduksie. Voerfosfaat, spesifiek in die vorm van `n kalsiumsout, is die mees koste-effektiewe vorm van fosforaanvulling vir diere. Met die tipiese fosfaatarm roumateriale wat in intensiewe veeproduksiestelsels gebruik word, veral vir enkelmaagdiere, is fosfaataanvulling `n algemene gebruik. Meer as 90% van Suider-Afrika se natuurlike hulpbronne kan as semi-aried beskou word en die meeste van ons gronde is matig arm tot arm aan fosfor. Fosfaattekorte is dus algemeen in die meeste veldweidingtipes in Suid-Afrika. Veldweiding word grootliks ekstensief benut en daarom moet fosfor in die vorm van voerfosfaat reg deur die jaar, maar meer spesifiek tydens die hoogs produktiewe somermaande, aangevul word. Lekke dien slegs as aanvulling van voedingstowwe wat beperk in weidings en/of ruvoere voorkom en is dus nie as sulks `n byvoeding of voer nie. Lekke word dus slegs aanbeveel indien daar voldoende weiding of ander ruvoer beskikbaar is. Waak egter daarteen om die primêre ruvoerbron deur die lek te vervang. Lekinname moet nooit meer as 30% van totale inname uitmaak nie en behoort nie 1% van liggaamsgewig te oorskry nie. Dit moet egter bydra tot `n verbetering in daaglikse innames en verteerbaarheid van die beskikbare ruvoer. Aanvulling behels die voorsiening van voedingstowwe in gekonsentreerde vorm. Gedurende die nat seisoen en op groen, aangeplante weidings is dit voldoende om slegs fosfor aan te vul. In die geval van laegraadse ruvoer, soos veldweiding gedu rende die dormante wintermaande, sal dit weer die ge bruik van relatief hoë vlakke NPN (nie-proteïenstikstof), meestal in die vorm van ureum, insluit. Behalwe om stikstof in die vorm van NPN te voorsien, word waar nodig ook voldoende natuurlike proteïen ingesluit om aan diere, met spesifieke behoeftes vir deurvloeiproteïen, die kor rekte aanvulling te verskaf. Spesifieke produkte mag ook io nofore, bv. monensin, bevat om die mikrobes in die rumen te stimuleer. Dit lei tot `n meer stabiele rumen-ph, wat tot `n optimum vertering van ruvoer en beter diereprestasie lei. Voldoende voorsiening word dus gemaak vir die basiese fosfaataanvulling tydens die reënseisoen, asook vir voldoende fosfaat en proteïen tydens die droë seisoen. Dit alleen is egter nie genoeg nie en daarom word alle aanvullings met `n mineraal- en spoorelement kombinasie verryk, wat verseker dat die belangrikste minerale (o.a. P, Ca, K, Mg en S) asook spoorelemente (insluitend Co, Cu, Zn, Mn, Fe, Se en I) vol doende vir optimale groei en reproduksie aangevul word. 1

Lekkeuse en lekinname Lekinname bepaal hoe biologies effektief en kostedoeltreffend `n aanvullingsproduk is. Met te lae innames vind onvoldoende aan vulling van weiding, stimulering van verteerbaarheid en voe ding stoftekorte plaas. Onnodige hoë inname lei tot vermorsing deurdat duur, aangevulde voedingstowwe bloot onbenut uit ge skei word. Vir doeltreffende aanvulling van weiding moet voe dings tekorte korrek bepaal word, die korrekte produk gekies word en die korrekte produkinname by diere behaal word. Die minimum en maksimum lekinname word vir elke pro duk aange dui. Indien hierdie inname betekenisvol oorskry word, moet die tipe lek aangepas word. Te lae lekinname is eweneens ongewens en die oorsaak daarvan moet vasgestel word. Produkkeuse en -inname word deur die volgende faktore beïnvloed: Produksiestadium hoe hoër die produksie in terme van groei, melkproduksie en/of wolproduksie, hoe hoër sal die behoefte en dus inname wees; Lewende massa hoe hoër die lewende massa, hoe hoër die behoefte en inname; Chemiese samestelling sekere bestanddele, soos sout, kan inname beide stimuleer (< 5%) of beperk (> 5%); Fisiese samestelling in die vorm van `n blok kan inname effektief beperk word ongeag die chemiese samestelling; Beskikbaarheid van lek daaglikse lekinname word be paal deur die beskikbare lekbakspasie en be skikba re produk. Lekinname kan ook beperk of ge manipu leer word deur die beskikbare produk af te wissel. Beskikbaarheid van weiding sodra die weiding be perk raak, poog die dier om die tekort aan veral ener gie met die beskikbare lek te vervang en styg lekinname betekenisvol. Lek-aanvullings vir die somerreënvalstreek `n Algemene lek-aanvullingsprogram word aanbeveel, maar produkte moet by verskillende en wisselende scenario s aanpas om die dier se behoefte in aanmerking te neem. Enersyds sluit dit in, verandering in reënval, temperature, weidingsamestelling, -kwantiteit en -kwaliteit (voedingswaarde), wat jaarliks en van gebied tot gebied kan verskil. Andersyds is daar ook die stadium en tydperk van die teelseisoen, kondisie en/of produksie-teikens, ras, spesie en ouderdom van diere (wat voedingsbehoeftes bepaal), asook die produksieprogram op die plaas. Elke produksie-eenheid moet by sy unieke omstandighede, wat in sy geval geldig is, aanpas. Die aanbevelings spreek dus tot voedingsbeginsels, eerder as `n rigiede resep. Die reeks van produkte wat SA Feed Phosphates aanbied, maak dit moontlik om by verskillende produksie-omstandighede en behoeftes aan te pas. 2

1. Tipiese fosfaat-mineraallekke Die hele Suider-Afrika is gebrekkig aan fosfate en, in streeksverband, aan verskillende minerale. Daar is `n direkte verband tussen produksie en fosfaatbehoefte. Fosfor is nodig vir energie vaslegging en dus groei en reproduksie, asook normale been sterkte en beengroei. Met voldoende reën gedurende die somer maande (Oktober tot Maart) is daar normaalweg volop groenweiding beskikbaar met voldoende proteïen en energie vir maksimum produksie. Fosfaat, met gepaardgaande gebalan seerde spoorminerale, is gewoonlik beperk vir produksie on der hierdie omstandighede en `n fosfaat-mineraalaanvulling is nodig om die groenweiding voldoende aan te vul. 2. Tipiese bees/skaap proteïen-mineraallekke Gedurende die wintermaande op die hoëveld van Suider-Afrika kom ryp algemeen voor en is die weiding in `n dormante, droë stadium, wat gekenmerk word deur lae proteïen- (3-5%) en mineraalinhoud asook hoë veselinhoud. Hierdie toestande kom in die somerreënvalgebiede ná die eerste ryp voor en duur reg deur die winter, totdat voldoende weiding weer in die daar op volgende groeiseisoen in die lente beskikbaar is. Sodani ge weiding is swak verteerbaar, maar kan met die korrekte proteïen-mineraalaanvulling hoogs effektief deur die herkouer (bees, skaap en meeste wildspesies) benut word. Bees en skaap proteïen-mineraalaanvullingsprodukte word primêr in die winterperiode vir die onderhoud van diere se lewende mas sa aangewend, maar kan ook produksie met voldoende wei ding (energie) stimuleer. Produksielekke word gewoonlik as proteïen-mineraal-energielekke saamgestel om produksie in die dier tot `n maksimum te stimuleer. Produksielekke word gewoonlik aangewend om óf swak weiding, óf verhoogde produksiebehoefte, bv. melkproduksie, óf groei (swak of voldoende weiding), aan te vul. Afgesien van bykomende proteïen en minerale word energie ook aangevul om die gewenste produksievlakke te handhaaf. 3. Tipiese oorgangslekke Oorgangslekke is betreklik onlangs ontwikkel om aan `n spesifieke behoefte tydens die oorgang van seisoene te voldoen. In die lentemaande, ná die winter en vóór die eerste lentereën, kan die weiding se volume voldoende, maar die kwa liteit swak, wees. Hierdie oorgang van seisoene verskil van jaar tot jaar en dit is moeilik om die produkkombinasie te verskaf wat aan die diere se behoeftes voldoen. Onder hierdie omstandighede is bykomende proteïen nodig om die weiding effektief te benut en aanvullende fosfaat om aan die dier se verhoogde produk siebehoefte te voldoen. Dieselfde geld wanneer daar in die herfs van tipiese fosfaat-mineraallekke na `n winterlek oorgeskakel moet word en diere by verhoogde vlakke van voerureum insluitings aangepas moet word. Die oorgangslek is dus een produk tussen `n tipiese proteïenlek en fosfaat-mine 3

raallek, wat gedurende die oorgang van seisoene aan die behoeftes van diere sal voldoen. MAAND Des-Jan-Feb Mar-Apr Mei- Jun-Jul Aug-Sep Okt-Nov SEISOEN Mid-somer Herfs Winter Lente Vroeg-somer WEIDING- TOESTAND AANBEVOLE AAN- VULLING AANBEVOLE PRODUK Volwasse groen weiding Fosfaat- Mineraal Feedphos P12 Feedphos P6 Feedphos P18 Aquafos Ryp weiding Proteïen- Mineraal Beeslek 42 Volledige Skaaplek Skaaplekkonsentraat Dormante, droë weiding Proteïen- Mineraal Beeslek 42 Volledige Skaaplek Skaaplekkonsentraat Swak, droë weiding Produksie/ Oorgang Bees/Skaap Winterlek Volledige Skaaplek Skaaplekkonsentraat Beeslek 42 + Graan Jong, groen weiding Oorgang/ Fosfaat- Mineraal Feedphos P12 Feedphos P6 Feedphos P18 Aquafos 4

Fosfaat-mineraallekke AQUAPHOS RSA Reg. No.: V13974 (Wet 36/1947) Namibië Reg. No.: N-FF 2967 Klas: Voergraad Gedefluorineerde Fosforsuur Voedingstof-samestelling: Fosfor (min) g/kg 220 Fluoor (maks) g/kg 1.3 Arseen (maks) mg/kg 65 Kadmium (maks) mg/kg 10 Beskrywing: Aquaphos is `n gedefluorineerde fosforsuur wat fosfaat in vloeibare vorm verskaf. Aanbevelings in drinkwater: Meng Aquaphos deeglik met drinkwater volgens veld- en klimaats om standig hede en verskaf die mengsels ad lib. Aanbevole inname: Mengsel 1: Vir warm en swak veldtoestande Mengsel 2: Vir koel en goeie groen veldtoestande 5

Mengsel Aquaphos (Liter) Water (Liter) P (g/liter) Inname Beeste (Liter/d) P (g/d) Skaap (Liter/d) P (g/d) 1 1 2 400 0.15 40-60 6-9 7-10 1-1.5 2 1 1 500 0.24 25-35 6-8.5 4.5-6 1-1.5 Verpakking: 20 liter kanne (ongeveer 33 kg) 6

FEEDPHOS 21 RSA Reg. No.: V10916 (Wet 36/1947) Namibië Reg. No.: N-FF 0646 Klas: Kalsiumfosfaat 21 Voedingstof-samestelling: Geregistreerde Analise (g/kg) Vog (maks) 20 Fosfor (min) 210 Kalsium (maks) 240 Magnesium (maks) 13 Fluoor (maks) 1.3 Aluminium (maks) 20 Beskrywing: Feedphos 21 is `n droë en vryvloeiende kalsium en biologies hoogs opneembare fosfaatbron. Dit is `n grys-wit produk met 65% van die partikels tussen 0.5 en 1 mm in deursnit. Hierdie gedefluorineerde kalsiumfosfaat voldoen verder aan interna sionale stan daarde met betrekking tot maksimum vlakke van on ge wenste fluoor en ander swaar metale. 7

Aanbevelings: Feedphos 21 word aanbeveel vir alle spesies diere, insluitende herkouers, monogastriese (pluim vee) en akwakultuur spesies. Dit word verder aan be veel vir gebruik in gebalanseerde konsentrate, vol voe re, mineraal- en vrykeuse-aanvullings. Meng in die volgende verhouding vir fosfaat-lekaanvulling in somermaande: Feedphos 21 100 kg Sout 50 kg Mieliemeel 50 kg Aanbevole inname (g/d): Beeste: 75-150 Skape: 15-30 Verpakking: 25, 40, 50 kg en 1 250 kg ( bulk ) sakke. 8

P18 SUPERPHOS RSA Reg. No: V13626 (Wet 36/1947) Namibië Reg. No.: N-FF 1015 Klas: Fosfor- en spoormineraal aanvulling vir herkouers (Spoorelement- en CMS melasse-verryk) Voedingstof-samestelling: Geregistreerde Analise (g/kg) Vog (maks) 120 Fosfor (min) 180 Kalsium (maks) 240 Magnesium (min) 90 Aluminium (maks) 20 Fluoor (maks) 1.1 (mg/kg) Yster 2 250 Koper 450 Mangaan 1 800 Sink 1 800 Jodium 23 Selenium 4.5 Kobalt 9 Beskrywing: P18 Superphos is `n droë en vryvloeiende kalsium en biologies hoogs opneembare fosfaatbron. Dit is `n donkerbruin (CMS/melasse-verryk), spoor element-bevattende produk met 90% van die par ti kels tussen 0.5 en 2.4 mm in deursnit. Hierdie kalsiumfosfaat voldoen aan in ter nasionale standaarde met betrekking tot maksimum vlakke van ongewenste fluoor en ander swaar me tale. 9

Aanbevelings: P18 Superphos word aanbeveel vir alle spesies diere, spesifiek vir herkouers, maar ook mono gastriese (pluimvee) spesies. Dit word aanbeveel vir ge bruik in gebalanseerde konsentrate, volvoere, mine raal- en vrykeuse-aanvullings. Meng in die volgende verhouding vir fosfaat-lekaanvulling in somermaande: P18 Superphos 50 kg Sout 50 kg Samestelling van finale mengsel: (g/kg) Vog (maks) 120 Fosfor (min) 90 Kalsium (maks) 120 Magnesium (min) 45 Aluminium (maks) 10 Fluoor (maks) 0.55 Swael (min) 38 Aanbevole inname (g/d): Beeste: 75-150 Skape: 15-30 Verpakking: 25, 40 en 50 kg sakke 10

FEEDPHOS MDCP 18 RSA Reg. No.: V12385 (Wet 36/1947) Namibië Reg. No.: N-FF 0647 Klas: Monodikalsiumfosfaat Voedingstof-samestelling: Geregistreerde Analise (g/kg) Vog (maks) 20 Fosfor (min) 180 Kalsium (maks) 240 Magnesium (maks) 13 Fluoor (maks) 1 Aluminium (maks) 20 Beskrywing: Feedphos 18 is `n droë en vryvloeiende kalsium, en biologies hoogs opneembare fosfaat bron. Dit is `n grys-wit of donkerbruin produk (CMS-verryk) met 90% van die partikels tussen 0.5 en 2.4 mm in deursnit. Hierdie gedefluorineerde kalsiumfosfaat voldoen verder aan internasionale standaarde met betrek king tot maksimum vlakke van ongewenste fluoor en ander swaar metale. 11

Aanbevelings: Feedphos 18 word aanbeveel vir alle spesies diere, spesifiek vir herkouers, maar ook monogastriese (pluimvee) spesies. Dit word aanbeveel vir gebruik in gebalanseerde konsentrate, volvoere, mineraal- en vrykeuse-aanvullings. Meng in die volgende verhouding vir fosfaat-lekaanvulling in somermaande: Feedphos 18 100 kg Sout 100 kg Melassemeel 25kg Samestelling van finale mengsel: (g/kg) Vog (maks) 120 Fosfor (min) 80 Kalsium (maks) 110 Magnesium (maks) 6.2 Aluminium (maks) 9 Fluoor (maks) 0.44 Aanbevole inname (g/d): Beeste: 75-115 Skape: 15-25 Verpakking: 25, 40 en 50 kg sakke 12

FEEDPHOS 12 (Ook Suidwesphos 12) RSA Reg. No.: V11798 (Wet 36/1947) Namibië Reg. No.: N-FF 0648 Klas: Fosfor- en spoormineraal aanvulling vir herkouers ( Spoorelement- en CMS melasse-verryk) Voedingstof-samestelling: Geregistreerde Analise (g/kg) Vog (maks) 80 Fosfor (min) 120 Kalsium (maks) 240 (mg/kg) Yster 1 500 Koper 300 Mangaan 1 200 Sink 1 200 Jodium 30 Selenium 6 Kobalt 6 Beskrywing: Feedphos 12 is `n kalsium en biologies hoogs opneembare fosfaatbron. Dit is `n donker-bruin (CMS/melasse-verryk), asook spoorelement-bevattende produk met 90% van die partikels tussen 0.5 en 3 mm in deursnit. Hierdie gedefluorineerde kalsiumfosfaat voldoen verder aan internasionale standaarde met betrekking tot maksimum vlakke van ongewenste fluoor en ander swaar metale. 13

Aanbevelings: Feedphos en Suidwesphos 12 word spesifiek aanbeveel vir gebruik by herkouerspesies. Dit word ook aanbeveel vir gebruik in gebalanseerde konsentrate, volvoere, mineraal- en vrykeuse-aanvullings. Meng in die volgende verhouding vir fosfaat-lekaanvulling in somermaande: Feedphos 12 50 kg Sout 50 kg Samestelling van finale mengsel: g/kg Vog (maks) 80 Kalsium (maks) 120 Fosfor (min) 60 Aanbevole inname (g/d): Beeste: 100-250 Skape: 18-50 Verpakking: 25, 40 en 50 kg sakke 14

P9 SUPERPHOS RSA Reg. No.: V13627 (Wet 36/1947) Namibië Reg. No.: N-FF 1014 Klas: Herkouer aanvulling (Spoorelement- en CMSverryk) Voedingstof-samestelling: Geregistreerde Analise (g/kg) Vog (maks) 120 Fosfor (min) 90 Kalsium (maks) 120 Magnesium (min) 45 Kalium (min) 180 Fluoor (maks) 0.55 Swael (min) 38 Aluminium (maks) 20 (mg/kg) Yster 1 125 Koper 225 Mangaan 900 Sink 900 Kobalt 2.3 Jodium 11.5 Selenium 2.5 Beskrywing: P9 Superphos is n droë en vryvloeiende kalsium en biologies hoogs opneembare fosfaatbron. Dit is n donkerbruin (CMS/melasse-verryk), asook spoorelement-bevattende produk aangevul met lusern vir verhoogde smaaklikheid. Hierdie gedefluorineerde kalsiumfosfaat voldoen verder aan internasionale standaarde met betrekking tot maksimum vlakke van ongewenste fluoor en ander swaar metale. 15

Aanbevelings: P9 Superphos word aanbeveel vir alle spesies diere, maar spesifiek vir herkouers en wild. Dit is n klaar gemengde lek en kan as sulks gevoer word. Aanbevole inname (g/d): Beeste: 67-135 Skape: 11-20 Verpakking: 25, 40 en 50 kg sakke 16

FEEDPHOS 6 (Ook Suidwesphos 6) RSA Reg. No.: V11797 (Wet 36/1947) Namibië Reg. No.: N-FF 0649 Klas: Herkoueraanvulling Voedingstof-samestelling: Geregistreerde Analise (g/kg) Vog (maks) 150 Fosfor (min) 60 Kalsium (maks) 120 (mg/kg) Yster 750-1 500 Koper 150-300 Mangaan 600-1 200 Sink 600-1 200 Jodium 7.5-15 Selenium 1.5-3 Kobalt 1.5-3 Beskrywing: Feedphos en Suidwesphos 6 is `n kalsium en hoogs biologies opneembare fosfaatbron wat reeds met sout in `n 50:50-verhouding afgemeng is. Dit is `n donkerbruin (CMS/melasse-verryk), spoor ele mentbe vattende produk met 90% van die partikels tus sen 0.5 en 4.0 mm in deursnit. Hierdie gedefluori neerde kal siumfosfaat voldoen verder aan internasiona le stan daarde met betrekking tot maksimum vlakke van on ge wenste fluoor en ander swaar metale. 17

Aanbevelings: Feedphos 6 word spesifiek vir gebruik by herkouerspesies as `n vrykeuse-aanvulling aan beveel. Aanbevole inname (g/d): Beeste: 100-200 Skape: 17-35 Verpakking: 25, 40 en 50 kg sakke 18

FEEDPHOS BLOCK RSA Reg. No.: V20268 (Wet 36/1947) Klas: Herkoueraanvulling Voedingstof-samestelling: Geregistreerde Analise (g/kg) Vog (maks) 120 Fosfor (min) 60 Kalsium (maks) 180 (mg/kg) Yster 900 Koper 150 Mangaan 600 Sink 750 Jodium 3 Selenium 15 Kobalt 3 Beskrywing: Feedphos Block is n kalsium- en hoogs opneembare fosfaatbron. Dit is n donkerbruin (CMS/ melasse-verryk), spoorelement-bevattende blok gepers in biodegradeerbare, vreetbare papier wat nie die omgewing sal besoedel nie. Hierdie gedefluorineerde kalsiumfosfaatblok voldoen aan internasionale standaarde met betrekking tot maksimum vlakke van ongewenste fluoor en ander swaar metale. Dit is veral geskik vir gebruik vir alle tipes wild. 19

Aanbevelings: Feedphos Block word spesifiek vir gebruik by herkouerspesies en wild as n vrykeuse-aanvulling aanbeveel. Verskaf 1 blok aan 15-20 beeste/ groot wild of 30-40 skape/klein wild. Aanbevole inname (g/d): Groeiende beeste 150 200 Lakterende koeie 200-400 Skape & bokke 16 35 Wild/50kg 16-35 Verpakking: 25kg lekblokke 20

Bees/Skaap proteïen-mineraallekke VOLLEDIGE SKAAPLEK RSA Reg. No.: V22613 (Wet 36/1947) Klas: Proteïen-, mineraal en energie-aanvulling vir herkouers. Voedingstof-samestelling: Geregistreerde Analise (g/kg) Vog (maks) 120 Ruproteïen (min) 240 Ureum (maks) 50 Proteïen vanaf NPN % 59.8 Fosfor (min) 5 Kalsium 12-15 Swael (min) 10 (mg/kg) Yster 120 Koper 30 Mangaan 100 Sink 120 Jodium 3 Selenium 0.6 Kobalt 0.3 Energie MJ ME/kg 8.2 Beskrywing: Volledige Skaaplek is `n gereed-om-tegebruik-aanvulling wat die benutting van droë ruvoer bevorder deurdat dit die mikro-organis mes in die rumen stimuleer. Volledige Skaaplek sal groei op goeie weidings stimuleer. Dit kan as prikkelvoe ding, ener gielek of produksielek aangewend word en is ideaal vir lakterende ooie. 21

Aanbevelings: Volledige Skaaplek is `n klaargemengde lek en kan as sulks as volledige produksielek vir kleinvee gevoer word. Aanbevole inname (g/d): Onderhoud: 180-250 Produksie: 250-500 WAARSKUWING! Hierdie veevoer bevat UREUM. Meng en voer volgens voorskrifte. Sien ook asb NPN-waarskuwing voor in die katalogus. Verpakking: 50 kg sakke 22

KALF & LAM VOLLEDIG RSA Reg. No.: Hangende (Wet 36/1947) Klas: Volledig Voedingstof-samestelling: Geregistreerde Analise (g/kg) Vog (maks) 100 Ruproteïen (min) 180 Proteïen vanaf NPN % 0 Vet 50-80 Ruvesel 90-120 Kalsium 10-20 Fosfor (min) 4 Beskrywing: Kalf en Lam Volledig is n ge reed-omte-gebruik voer wat as sulks gevoer of as kruipvoer aangewend kan word. Die formulasie bevat slegs natuurlike proteïen om die beste groei en ontwikkeling van beide lammers en kalwers te verseker. Die insluiting van genoegsame energie en ruvesel is daarop gerig om die rumenpapillae optimaal te ontwikkel ten einde as volwasse dier in staat te wees om hoë kwaliteit rantsoene doeltreffend te kan benut. 23

Aanbevelings: Kalf en Lam Volledig is n klaargemengde lek en kan as sulks gevoer word. Aanbevole inname (g/d): Kalwers: 240-580 Lammers: 100-260 Verpakking: 25,40 en 50 kg sakke 24

SKAAPLEKKONSENTRAAT RSA Reg. No.: V18396 (Wet 36/1947) Namibië Reg. No.: N-FF 2104 Klas: Konsentraat Voedingstof-samestelling: Geregistreerde Analise (g/kg) Vog (maks) 120 Ruproteïen (min) 360 Proteïen vanaf NPN % 60.8 Fosfor (min) 6 Kalsium (maks) 18 (mg/kg) Yster 150 Koper 50 Mangaan 100 Sink 200 Jodium 5 Selenium 1 Kobalt 1 Energie 7.5 Beskrywing: Skaaplekkonsentraat is ideaal vir die tuis meng van onderhouds-, produksie- en energielekke vir skape en bokke. Dit bevat `n hoë persentasie natuurlike proteïene (deurvloeiproteïen) vir die bevordering van produksie (wol- of veselgroei, uierontwikkeling, bies- en melkproduksie). Aanbevelings: Skaaplekkonsentraat kan met sout gemeng word en as `n goeie gehalte onderhoudslek op droë weiding en oesreste gebruik word om ruvoervertering en weidingsinname te bevorder. Skaaplekkonsentraat kan ook met graan en sout vermeng word en as `n produksielek vir jong, groei ende, laatdragtige en lakterende diere aangewend word. Skaaplekkonsentraat kan ook met mielies en sout vermeng word en as `n energie-lekaanvulling op groen veld- of aangeplante weiding aangewend word. 25

Mengaanbevelings Onderhoudslek Produksielek Energielek Skaaplekkonsentraat (kg) 800 500 300 Graan (mielies) (kg 0 400 600 Sout (kg) 200 100 100 TOTAAL (g/kg) 1 000 1 000 1 000 Ruproteïen 290 210 160 Ureum 50 31 20 Fosfor 4.0 3.5 3.2 Kalsium 13 8.5 5.5 Energie MJ ME/kg 8.8 9.8 Aanbevole inname (g/d) 125-250 250-500 250-500 WAARSKUWING! Hierdie veevoer bevat UREUM. Meng en voer volgens voorskrifte. Sien ook asseblief NPN-waarskuwing voor in die katalogus. Verpakking: 25, 40 en 50 kg sakke 26

BEESLEK 42 RSA Reg. No.: V18397 (Wet 36/1947) Namibië Reg. No.: N-FF 2103 Klas: Konsentraat Voedingstof-samestelling: Geregistreerde Analise (g/kg) Vog (maks) 120 Ruproteïen (min) 420 Proteïen vanaf NPN % 95.7 Fosfor (min) 18 Kalsium (maks) 36 (mg/kg) Yster 350 Koper 50 Mangaan 200 Sink 200 Jodium 5 Selenium 1 Kobalt 1 Energie MJ ME/kg 5.5 Beskrywing: Beeslek 42 is `n konsentraat vir die tuismeng van onderhouds-, winter- en produksielekke vir beeste. Hierdie proteïen-, fosfor- en spoormineraal verrykte konsentraat help om tekorte vanaf weidings aan te vul en die inname en verteerbaarheid van dor mante winterveld te bevorder. Weidinginname en -ver teerbaar heid is belangrik vir die instandhouding van liggaamsonderhoud-, produksie- en reproduksiebehoeftes van diere. Aanbevelings: Beeslek 42 kan as sulks gevoer word as onderhoudslek, of met graan vermeng word in tipie se produksie- en energielekke, wat lakterende en groei ende diere se fisiologiese behoeftes ekonomies bevredig. 27

Mengaanbevelings Onderhoudslek Produksielek Energielek Beeslek 42 (kg) 1 000 650 500 Graan (mielies) (kg) 0 350 500 TOTAAL (g/kg) 1 000 1 000 1 000 Ruproteïen 420 300 250 Ureum 140.0 91.4 70.4 Fosfor 18 12 10 Kalsium 36 24 18 Energie MJ ME/kg - - 8.8 Aanbevole inname (g/d) 400-650 500-750 1 300-1 700 WAARSKUWING! Hierdie veevoer bevat UREUM. Meng en voer volgens voorskrifte. Sien ook asseblief NPN-waarskuwing voor in die katalogus. Verpakking: 25, 40 en 50 kg sakke 28

BEES/SKAAP WINTERLEK RSA Reg. No.: V18395 (Wet 36/1947) Namibië Reg. No.: N-FF 2101 Klas: Proteïen-, mineraal- en energie-aanvulling vir her kouers Voedingstof-samestelling: Geregistreerde Analise (g/kg) Vog (maks) 120 Ruproteïen (min) 300 Proteïen vanaf NPN % 89.9 Fosfor (min) 12 Kalsium (maks) 30 (mg/kg) Yster 300 Koper 50 Mangaan 150 Sink 200 Jodium 5 Selenium 0.5 Kobalt 0.5 Energie 5.5 Beskrywing: Bees/Skaap Winterlek is `n volledige, klaargemengde lek vir beeste en skape wat in dieselfde (of aparte) kampe wei. Hierdie proteïen-, energie-, fosfor- en spoormineraalverrykte mengsel help om te korte vanaf weidings aan te vul en die inname en verteerbaarheid van dormante winterveld te bevorder, wat belangrik is vir liggaamsonderhoud asook produksie- en reproduksiebehoeftes van diere. 29

Aanbevelings: Bees-/Skaap Winterlek is `n klaargemengde lek en kan as sulks gevoer word. Aanbevole inname (g/d): Beeste 500-750 Skape 90-150 WAARSKUWING! Hierdie veevoer bevat UREUM. Meng en voer volgens voorskrifte. Sien ook asseblief NPN-waarskuwing voor in die katalogus. Verpakking: 25, 40 en 50 kg sakke 30

Oorgangslekke OORGANGSLEK RSA Reg. No.: V18394 (Wet 36/1947) Namibië Reg. No.: N-FF 2102 Klas: Proteïen-, mineraal- en energie-aanvulling vir herkouers Voedingstof-samestelling: Geregistreerde Analise (g/kg) Vog (maks) 120 Ruproteïen (min) 250 Proteïen vanaf NPN % 93 Fosfor (min) 30 Kalsium (maks) 35 (mg/kg) Yster 500 Koper 100 Mangaan 300 Sink 400 Jodium 6 Selenium 1 Kobalt 1 Energie MJ ME/kg 5.5 Beskrywing: Oorgangslekke is ontwikkel vir beeste en skape om fosfor- en proteïentekorte tydens die oorgangsfases tussen winter- en somerseisoene te oorbrug. Hierdie proteïen-, fosfor- en spoormine raalverrykte meng sel help om die rumenmikrobes stelselmatig aan te pas by die hoër ureum-bevattende winterlekke. In die lente voorsien dit aan voedings tekorte terwyl proteïenvlakke in die weidings nog onvoldoende is. Volgehoue innames en optimale verteerbaarheid is belangrik vir die instandhouding van liggaams onderhoud-, produksie- en reproduksiebehoeftes van diere. 31

Aanbevelings: Oorgangslek is `n klaargemengde lek en kan as sulks gevoer word. Aanbevole inname (g/d): Beeste 200-500 Skape 35-80 WAARSKUWING! Hierdie veevoer bevat UREUM. Meng en voer volgens voorskrifte. Sien ook asseblief NPN-waarskuwing voor in die katalogus. Verpakking: 25, 40 en 50 kg sakke 32

Konsentrate DROËVELD LEKKONSENTRAAT RSA Reg. No.: V25272 (Wet 36/1947) Klas: Proteïen-/Spoormineraalkonsentraat vir herkouers Voedingstof-samestelling: Geregistreerde Analise (g/kg) Vog (maks) 120 Ruproteïen (min) 825 Proteïen vanaf NPN % 94 Fosfor (min) 4 Kalsium (maks) 16 Magnesium (min) 5 Swael (min) 10 (mg/kg) Yster 540 Koper 100 Mangaan 380 Sink 400 Jodium 5.6 Selenium 1.1 Kobalt 1.5 Beskrywing: Droëveld Lekkonsentraat is `n hoë proteïenaanvulling wat ontwerp is vir die tuismeng van ver skeie onderhouds-, winter- en produksielekke, wat her kouers in staat stel om droë, dormante win ter veld optimaal te benut. Die hoë insluiting van NPN-proteïen bronne stel die rumenmikrobes in staat om die kom plekse koolhidraatverbindings wat in dor man te win terveld teenwoordig is, as energiebron te be nut. Ons weet waar die rumenflora floreer, floreer die herkouer ook. Aanbevelings: Onderhoudslekke met hoër- en laer proteïeninhoud en onderskeidelik laer- en hoër innames, `n winterlek met graan en bykomende fosfaat, as ook `n produksielek kan gemeng word. Met genoeg same proteïen, minerale en spoorelemente om opti male produksie by jong, groeiende diere en laat 33

drag tige of lakterende diere op dormante winterveld of selfs oesreste met lae graaninhoud te verseker, is hierdie veelsydige lekkonsentraat op elke Hoëveld-veeplaas onmisbaar. Mengaanbevelings Onderhoudslekke Winterlek Produksielek (kg) 1 2 Droëveld Lekkonsentraat 400 500 250 250 Melassemeel 0 80 80 80 Mieliemeel 0 150 150 450 Sout 250 300 200 175 Feedphos P12 0 0 50 50 TOTAAL 650 1 030 730 1 005 (g/kg) Proteïen (min) 500 410 300 240 Ureum( maks) 166 131 92.5 67.2 % Proteïen vanaf NPN (maks) 95.3 91.7 88.5 80.4 Fosfor min) 2.4 2.4 10 7.5 Kalsium 5-10 5-10 15-35 10-30 Energie (MJ ME/kg) 8.0 Aanbevole inname (g/d): Beeste 300-400 365-475 500-750 1 000-1 500 Skape 100-250 250-350 WAARSKUWING! Hierdie veevoer bevat UREUM. Meng en voer volgens voorskrifte. Sien ook asseblief NPN-waarskuwing voor in die katalogus. Verpakking: 50 kg sakke 34

VOERKRAAL 40 RSA Reg. No.: V25271 (Wet 36/1947) Klas: Proteïenaanvulling vir herkouers Voedingstof-samestelling: Geregistreerde Analise (g/kg) Vog (maks) 120 Ruproteïen (min) 400 Proteïen vanaf NPN % 65 Fosfor (min) 2.5 Kalsium (min-maks) 40-60 Beskrywing: Voerkraal 40 Lekkonsentraat is ontwikkel met die doel om, in kombinasie met `n graan en `n bietjie ruvoer, `n hoë kwaliteit voerkraalrant soen met voldoende proteïen, sowel as genoegsame energie, te verskaf aan diere wat vir die mark gevoer word. Die lae persentasie NPN verseker voldoende deurvloeiproteïen om optimale spierbou te verseker. Daarbenewens is daar ook die korrekte hoeveelheid ionofoor (Rumensin) bygevoeg om maksimale groei en gewigstoename moontlik te maak. 35

Aanbevelings: Voerkraal 40 Lekkonsentraat kan met gemak tot afrondrantsoene gemeng word vir beeste of skape wat met dié doel gevoer word. Mengaanbevelings Volledige afrond 130 (kg) Voerkraalkons 40 150 Mieliemeel/Hominy Chop 700 Koringstrooi/Grashooi 150 TOTAAL 1 000 (g/kg) Proteïen (min) 130 Ureum (maks) 13.5 % Proteïen vanaf NPN (maks) 29.8 Fosfor (min) 2.5 Kalsium 6-12 Vesel 110-200 Aanbevole inname (kg/d): Beeste (voer ad lib) 9.0 WAARSKUWING! Hierdie veevoer bevat UREUM. Meng en voer volgens voorskrifte. Sien ook asseblief NPN-waarskuwing voor in die katalogus. Verpakking: 50 kg sakke 36

VOERKRAAL 80 RSA Reg. No.: V25270 (Wet 36/1947) Klas: Proteïenaanvulling vir herkouers Voedingstof-samestelling: Geregistreerde Analise (g/kg) Vog (maks) 120 Ruproteïen (min) 800 Proteïen vanaf NPN % 93 Fosfor (min) 2.5 Kalsium (maks) 50 Beskrywing: Voerkraal 80 Lekkonsentraat is ontwikkel met die doel om, in kombinasie met onder andere `n graan, kuilvoer en `n bietjie ruvoer, hoë kwaliteit voerkraalrantsoene met voldoende proteïen en energie te verskaf om optimale spierbou te verseker by diere wat vir die mark gevoer word. Daarbenewens is daar ook die korrekte hoe veelheid ionofoor (Rumensin) bygevoeg om maksima le groei en gewigstoename moontlik te maak. 37

Aanbevelings: Voerkraal 80 Lekkonsentraat kan met gemak tot afrondrantsoene gemeng word vir beeste wat met dié doel gevoer word. Mengaanbevelings Vol. Beesafrond120 Vol. Beesafrond 110 (kg) Voerkraalkons 80 50 50 Mieliekuilvoer (as is ) 340 0 Mieliemeel/Hominy Chop 900 890 Voerkalk 25 25 Koringstrooi/Grashooi 25 230 TOTAAL 1 340 1 195 (g/kg) Vog (maks) 120 120 Proteïen (min) 118.8 110.0 Ureum (maks) 11.45 10.75 % Proteïen vanaf NPN (maks) 27.66 28.05 Fosfor (min) 2.5 2.5 Kalsium 6-12 6-12 Vesel 110-200 110-200 Aanbevole inname (kg/d): Beeste (voer ad lib) 12.5 9.0 WAARSKUWING! Hierdie veevoer bevat UREUM. Meng en voer volgens voorskrifte. Sien ook asseblief NPN-waarskuwing voor in die katalogus. Verpakking: 50 kg sakke 38

MELKKONSENTRAAT 40 (Hoëproteïenkonsentraat HPK) RSA Reg. No.: Hangende (Act 36/1947) Klas: Konsentraat Voedingstof-samestelling: Geregistreerde Analise (g/kg) Vog (maks) 120 Ruproteïen (min) 400 Proteïen vanaf NPN % 100 Vet (min/maks) 30-60 Ruvesel (min/maks) 80-180 Fosfor (min) 7.5 Kalsium (maks) 24 Beskrywing: SA Feeds Melkkonsentraat 40 is n (HPK) geformuleer om die tuismeng van suiwelrantsoene te vergemaklik. Deur slegs mielielimeel of hominy chop by te meng kan die melkboer met gemak n suiwel 17, -19 of -21 self meng. Waar totaal gemengde rantsoene (TGR) gebruik word kan Melkkonsentraat 40 eenvoudig as HPK ingesluit word. Die hoë insluiting van deurvloeiproteïenbronne is veral bevorderlik vir hoë vlakke van melkproduksie. 39

Aanbevelings: Die volgende formulasies word voorgestel vir die meng van suiwelmele van verskillende proteïnvlakke soos aangedui: Mengaanbevelings (kg) Suiwel 17 Suiwel 19 Suiwel 21 Melkkonsentraat 40 300 250 410 Mieliemeel/Hominy chop 700 650 590 Totaal 1 000 1 000 1 000 WAARSKUWING! Hierdie veevoer bevat UREUM. Meng en voer volgens voorskrifte. Sien ook asseblief NPN-waarskuwing voor in die katalogus. Verpakking: 50 kg sakke 40

Grondstowwe VOERGRAAD UREUM RSA Reg. No.: V18932 (Wet 36/1947) Namibië Reg. No.: N-FF 2699 Klas: Proteïen-ekwivalentaanvulling vir herkouers Voedingstof-samestelling: Geregistreerde Analise (g/kg) Vog (maks) 5 Stikstof (min) 462 Ruproteïen ekwivalent (min) 2 870 Proteïen vanaf NPN % 100 Vrye ammoniak (mg/kg) 160 Biuret (maks) 6 Beskrywing: Voergraad ureum is `n ekonomiese plaas vervanger vir ander proteïenbronne in herkouerdiëte. Dit is wit van kleur met `n partikelgrootte wat wis sel tussen 0.5 en 2 mm in deursnit. Voergraad ureum is hoogs oplosbaar. 41

Aanbevelings: Voergraad ureum word slegs vir herkouerspesies aanbeveel. WAARSKUWING! Hierdie veevoer bevat UREUM. Meng en voer volgens voorskrifte. Sien ook asseblief NPN-waarskuwing voor in die katalogus. Verpakking: 25, 40 en50 kg sakke 42

PRODUKHANDLEIDING Tel: 053 441 3300 Faks: 053 441 2123 info@safp.co.za Posbus 666, Christiana, 2680 Jankempstraat, Christiana OHSAS 18001 Compliance ISO 9001 Compliance AFRI Compliance AFMA Safe Feed For Safe Food Code of Conduct Compliance