BOER. want boere is die beste. GRATIS Uitgawe Januarie

Similar documents
VENUE CHECKLIST. Venue pas in by julle tema (bv rustic- plaas, city-chic en modern, natuurlik, klassiek, medieval of iets heeltemal uniek ens)

OpenStax-CNX module: m Lees en Woordorde * Siyavula Uploaders

Van hier tot daar - 05 *

JERSEY SA. Nuusbrief

DAAR IS NOG 15 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS

Primêre Skool Jordania

SUMMARY. diseases on mango plants and fruit and cause major economic losses to this industry.

OpenStax-CNX module: m Gedigte * Siyavula Uploaders

Verslag oor die droëbone strookproewe: 2016/17 Report on the dry bean strip trials: 2016/17. September 2017

FACULTY OF ECONOMIC AND MANAGEMENT SCIENCES DEPARTMENT OF ECONOMICS ECONOMICS 110 Semester test 1 14 March 2008 Total: 50 marks Time: 60 minutes

Marieta van Bladeren Nigella se aartappel blini. Maar ek dress hom soos die foto

Spreek pizza so uit: pietsa. bak: to bake; om iets in n oond gaar te maak

Afstand * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Bonnie en Tommie gaan see toe 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

RIGLYNE VIR DIE KEUSE EN GEBRUIK VAN SPRINKELAARS

DAAR IS NOG 15 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS

Welkom by Koekela Huiskafee

SLAAI UITDAGING SALAD CHALLENGE

MONIQUE SE LEKKER PEANUT BUTTER FUDGE

GRONDBOONBOTTER FIX KOEKIE

Stap 3 : Sorg dat die laaste periode van Augustus 2016 gedoen en gepos is.

Potential of the 'Hall s Avoscan' as a Tool to Identify Soft Fruit during Packing for Export

Skool Vakansie Sorg Bring die kinders om te kom SPEEL. Ons pas u kind op terwyl u werk.

Wêreld en Plaaslike nuus

Witblaarvlek (ook bekend as Grysstam) PJA Lombard en L Nowers Wes-Kaapse Departement van Landbou, Direktoraat Plantwetenskappe

WINE INDUSTRY STRATEGIC EXERCISE (WISE) Survey Feedback

FERTIFLO (19) 96 g/kg 63 g/kg 32 g/kg 10 g/kg mg/kg 500 mg/kg 500 mg/kg 500 mg/kg 200 mg/kg 5 mg/kg

DIE QUINTUS PORK BELLY

Happiness is a cup of coffee. July 2016 Newsletter

Before using this product read the label carefully MAXIBOOST. Reg. No. B3815, Act No. 36 of 1947 Namibian Reg. No. N-F 237 Botswana Reg. No.

Charolais. Waarom n. kalwers groei vinnig, dus laer mortaliteit. Charolaiskoeie beskik oor genoeg melk om van die swaarste kalwers te speen.

Ligte gedigte en dinge

Market comment Markkommentaar. May/Mei 2018

Per Serving: 310 Calories; 16g Fat; 36g Protein; Carbohydrate; 1g Dietary Fiber; 2g Net Carbs

CULTIVAR INFO : RUBY STAR * (PR00-33) ARC

DE VETTE MOSSEL STRAND GROOTBRAKRIVIER

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

2016 VERITAS CLASSES / KLASSE

Makadamia bemesting beginsels

Mari Wasserman Berakah Makadamia Proewe

Cheesy Bacon Ranch Pull Apart Bread

Karamel Brownies. Karamel: 32 cream caramels (daardie caramel toffies wat in die lang boksies is) ½ k. botter 1 blik kondensmelk.

Indicate client(s) to whom this final report is submitted. Replace any of these with other relevant clients if required. FINAL REPORT FOR 2001/2002

Hoe het Coke ontstaan? *

Kos en advertensies. Luister- en praattyd: Wat sal jy koop? Voorbeeld: Ek sal koeldrank, brood,... koop. appels. tee. aartappels.

Pork belly roast. Ingredients. Method

Die geskiedenis van onderstokke in Suid-Afrika (Deel 1)

Van hier tot daar - 02 *

Hello, from Home and Garden America!

TAMELETJIES GIDEON SE TAMELETJIE

Droëboonkultivaraanbevelings Dry Bean Cultivar Recommendations

Frugal Chicken Companion Planting Guide Copyright 2017 FrugalChicken, LLC TheFrugalChicken.com

DE KRANS. 16 tot 28 Desember perskepluk, Sarel-taaipitperskes by De Krans, teen R8/kg. 4 tot 28 Februarie 2017, Hanepootpluk by De Krans

OORSIG: CANOLA IN SUID-AFRIKA

Mari Wasserman Avokado Proewe

Seisoene - 03 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Seisoene 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Gevaarlike afval in huishoudelike afval: n gevallestudie

IDEES VIR FONDANT IN VORMS

SUID-AFRIKAANSE WYNOESVERSLAG 2004

VETKOEK OR BREAD DOUGH

sweetcorn tert Metode:

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 RELIGIESTUDIES V1

DASBERG BOERDERY BESIGHEIDSPLAN

VOORWOORD. Lallemand Inc. is n private. Lallemand Inc. is n Kanadese. Lallemand Inc. glo dat GESKIEDENIS & AGTERGROND VISIE & MISSIE LALLEMAND

No. R November MARKETING OF AGRICULTURAL PRODUCTS ACT, 1996 (ACT No. 47 OF 1996)

Karoofees. 28 Feb - 2 Mrt MINé OLIVIER KANTOOR: FAKS: SELFOON:

MEDIAVRYSTELLING (English below) 24 Maart 2018 Vir onmiddellike vrystelling. Woolworths se kaas maak geskiedenis met twee in n ry

Gmail - Fw: BOLAND REELS VIR LIGA WEDSTRYDE

INTERACTIVITY GUIDE. Kalahari Water is an interactive electronic magazine. Every article is packed

Celtis Africana June The environmental awareness publication of Sterkfontein Country Estates

MADELEINES MADELEINES

INTERACTIVITY GUIDE. Kalahari Water is an interactive electronic magazine. Every article is packed

8. If the cookies still seem a little soft don t worry it will set more as they cool. 9. Enjoy!!! 10. PS Very delicious with coffee and tea!

SEKTORALE VASSTELLING 13 VIR PLAASWERKER SEKTOR GEPUBLISEER IN STAATSKOERANT VAN 17 FEBRUARY 2006

GEDRAGSKODE ROOIBOS MODULE. Weergawe 1.1

ReTain. Reg No./Nr. L 6141 Act/Wet No./Nr.36 of/van 1947 WATER SOLUBLE POWDER / WATEROPLOSBARE POEIER. Active Ingredient / Aktiewe bestanddeel

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. In die saak tussen:- ANNA SUSANNA ELIZABETH VAN DER MERWE

CHISTIANA DELWERSFEES

INMAAKVRUGTE PERSPEKTIEF 2 AD COLLINS TOEKENNING 3 VERBRUIKERSTUDIES OLIMPIADE 4 VRUGMONSTER NEMING VIR RESIDU ONTLEDING 4

Companion Plants. Asparagus -- Basil, Marigold, Nasturnium, Parsley, Tomato /// Incompatible with Mint, Onion

KOMPAS. N.G. Kerk Kraggakamma. Wat almal van ons nou in ons lewenslêer moet reg hê. 'n Handleiding vir wanneer 'n geliefde sterf.

STUDIEVELD B LETTERKUNDE 1: FABELS EN MITES LES 1

VOORWOORD. Lallemand: Natural solutions that add value to the world of winemaking DIE GESKIEDENIS EN AGTERGROND DIE LALLEMAND FILOSOFIE

Republiek van Suid Afrika Published online: 29 Oct 2010.

Muffins Steak & Ale Tin Pies

Goeie bestuur gee jou n voorsprong

An In-Depth Companion Planting Guide

CERCOSPORA SPOT OF AVOCADOS

Nuusbrief / Newsletter

WINDMEUL KELDER KERRIE AFVAL

KEURINGSHANDLEIDING 1 INLEIDING INTRODUCTION 2 KEURDERS INSPECTORS 3 TIPES KEURING TYPES OF INSPECTION 4 ADMINISTRATIEWE VOORBEREIDING VIR KEURING

DEPARTEMENT VAN LANDBOU

Chocolate Chip Peanut Butter

SELFGEMAAKTE DEEG VIR SAMOOSAS

UTZ CERTIFIED Good Inside Gedragskode. Vir Rooibosproduksie Weergawe 1.0 Februarie 2011

AFLEWERING VAN DG/G WYNE DELIVERY OF DG/GOLD WINES BEOORDELING - JUDGING. 8 Aug Inskrywings sluit/entries close Oct

Bruin gesinne se belewenisse van die negatiewe uitwerking van ouerlike alkoholmisbruik

Mushroom and Blue Cheese on Toasted Ciabatta

Easy Breakfast Sandwich Pudding with Crispy Bacon

Celtis Africana May The environmental awareness publication of Sterkfontein Country Estates

Suurlemoengegeurde malvapoeding

Transcription:

BOER want boere is die beste GRATIS Uitgawe 39 21 Januarie 2019 www.boerhier.co.za is

Inhoud 2 Volhard en pluk die vrugte 4 Sien die kleure van die lewe raak 7 CLAAS: Never look back ever again! 11 Statistiek: 2018 Trekker Verkope 13 Goeie genetika wen by híérdie veiling! 18 Die uitleg van Funksionele Voerkrale 23 Melkproduksie eindig sterk in 2018 26 Let s learn about Opthalmia 30 Arné vertel van Slange: Die Wipneuskobra 35 Boervrou woeker met slakke 34 Consider Free Range Farming with Indigenous Pigs 45 Get to know your Herbs & Veggies 50 Het jy geweet? Krokodil Artikels saamgestel deur Belinda Labuschagne in samewerking met die adverteerders. Ontwerpe en samestelling gedoen deur Belinda Labuschagne, asook Marlette Kruger van Emkay Studio. Bemarking en kliëntediens word behartig deur Lizelle Labuschagne. Kopiereg van BOERhier word streng voorbehou. Vir verdere navraag, kontak: 071 704 6282 of e-pos lizelle@boerhier.co.za. Besoek ons webtuiste www.boerhier.co.za. Inligting verskaf vir advertensie en promosie artikels in BOERhier is ontvang vanaf adverteerders. BOERhier word gevrywaar van enige verliese wat kan plaasvind. Lesers word gemaan om navorsing te doen voordat n transaksie behartig word. Kyk uit vir die Video s want boere is die beste Die EERSTE Landbou Tydskrif met Video s Volg ons op Sosiale Media Hierdie is n e-tydskrif wat GRATIS beskikbaar is by www.boerhier.co.za

Volharding het in hedendaagse tye baie skaars geword. Baie mense glo dat sukses meer te doen het met die feit dat n mens op die regte tyd op die regte plek is as wat dit van volharding afhang. Wie kan hulle kwalik neem? Die nuusmedia is deurtrek van advertensieslagspreuke wat in die onderbewussyn die boodskap laat posvat dat jy byna enigiets wat jy wil hê met die minste moeite en net n bietjie meer geld kan kry. Koerante publiseer voortdurend hope berigte oor mense wat oornag sukses behaal het en oor wonderkinders wat entrepreneurs word en direk na skool miljoene maak. Ons meet automaties onself aan dit en voel dan sommer eensklaps soos n mislukking. Maar vir die meeste van ons kan sukses slegs bereik word deur volharding. Om te volhard, beteken om stewig en voortdurend vas te hou aan die een of ander voorneme, toestand of onderneming ondanks struikelblokke of terugslae. Dit impliseer dat n mens vasbeslote aanhou ten spyte van teenstand, dat n mens volhard en nie opgee nie. n Belangrike deel van volharding is om die onvermydelike terugslae die hoof te bied. Spreuke 24:16 sê: Sewe maal val die regverdige en staan weer op. Iemand wat volhard, sal nie tou opgooi wanneer hy probleme ondervind of misluk nie, maar hy sal eerder opstaan, aanhou en weer probeer. Maar baie is nie voorbereid op die probleme en mislukkings waarvoor hulle dalk te staan kom nie. Omdat hulle nooit die wil om te volhard, ontwikkel het nie, gee hulle maklik moed op. Te veel mense reageer op mis-lukking op n manier wat hulleself benadeel. Hulle gee hulle oor aan selfbejammering, hulle blameer almal, hulle word bitter en gooi tou op. Dit is egter belangrik om te onthou dat wanneer jy terugslae het, moet jy dus jou bes doen om dit in n positiewe lig te beskou en as iets waaruit jy kan leer. Ontleed die situasie, dink aan waar jy verkeerd gegaan het en stel die fout dan reg of doen iets aan die swakheid. Dit help om met ander te praat, aangesien planne deur gesprek tot stand kom. Met elke poging raak jy natuurlik bekwamer en vaardiger, wat uiteindelik tot jou sukses bydra. Dit sal nie help om moed op te gee en te gaan lê nie. Op die ou einde sal jy die vrugte pluk deur jou vol-harding. Wat jy saai sal jy maai! 2

BOER hier www.boerhier.co.za

Ek hoop dit is vir jou net so lekker soos vir my om BOERhier te ontvang en oop te maak. Die artikels en tydskrif is altyd so kleurvol en opge-wek! Is die lewe nie soms, in teenstelling met BOERhier, soms bleek, halstarrig en moeilik nie? Hoekom is dit so lekker om helder kleure te sien? Ek dink ons worstel so met die lewe dat ons nie altyd besef dat ons in n groef van negatiwiteit verval het nie. Die slim mense vra altyd wat is die verskil tussen n groef en n graf net die diepte. Dink so oomblik na oor jou lewe. Het jy nie in n groef wat jou blind maak vir die mooi helder kleure van die lewe, verval nie? Ons beland menig maal in n groef deur ons roetine wat ons elke dag volg. Ek staan op, eet, gaan werk toe, kom terug, eet, gaan slaap, om net weer môre dieselfde ritme te volg. Ek wil nie vandag pleit dat jy uit die groef klim of dat jy jou roetine moet verander nie. Ek wil pleit dat jy jou oë sal oopmaak en die helder kleure sal sien. Die kleure van die lewe is genade, geduld, blydskap. Dit sluit vriendelikheid, liefde en geloof in. Dit bou op die kleur van Hoop wat bestaan in Christus. Hy wat gesterf en opgestaan het. In wie ons hoop lê, nie iets nie maar Iemand. Die kleure van die lewe help jou om die verlede agter te laat, hoe sleg, moeilik en donker dit ook toe al was. Vandag is nuut, skoongewas soos net die reën dit kan doen. Vars en nuut, soos net die sonsopkoms die donkerkleure van die nag verdryf. Die kleure van die lewe vervul jou met moed om weer te kan opstaan. Dit help jou om hard te werk sodat jy genoeg het om ook vir die armes te gee (Ef 4:28). Dit help jou om nie moedeloos te word oor die sogenaamde sukses van die donker lewe van korrupsie en misdaad en hulle sogenaamde suksesvolle lewe nie (Ps 73:3,4). Verbly jou in die Here! Filipense 3:1 Deur Dr. Willem Pretorius Gebed: Here open my oë vir die mooiste groen en blou, die sagte reën en ook die vriendelike glimlag van iemand. Help my om so te glimlag dat die wêreld saam met my glimlag. Amen 4

Ideaal vir: reënwater opberging water opberging water besparing drink doeleindes brand bestryding suiweringsaanlegte biogas aanlegte afval water kunsmis opberging Ontwerp spesifiek vir die Boer se behoeftes! Vervaardig met zink versterkte staal plate vanaf 1mm tot 6mm Verskillende groottes beskikbaar: 15,000 liter tot 2,7 miljoen liter n Sterk tenk wat waterdruk, winde, storms en orkane met gemak kan hanteer Uiters koste effektief en bekostigbaar Unieke 20 jaar waarborg wat niemand in die bedryf kan klop nie www.aquadam.co.za sales@aquadam.co.za 086 100 1010

ARION 500/600 SERIES Never Look Back The Facts This impressive tractor has exceptional internal and external qualities. Good looks alone aren't enough. Real performers also have impressive internal qualities. The installed power and technical capabilities of the ARION 500/600, combined with excellent ergonomics and operator comfort, demonstrate its closeness to CLAAS high-horsepower tractors and make this series into a CLAAS best-seller. Freedom to do More The new ARION 500/600 series range can give up to 184 hp. A tractor's working day is not for the faint hearted. It places high demands on both man and machine, requiring them to knuckle down and be relied on to get the job done. The new ARION 500/600 meets these demands. With outstanding ride comfort, intuitive handling and impressive performance, it offers everything you expect from a tractor. Freedom to do more. 7

Impressive Performers Big tractor technology in a compact format. With the new ARION 500 and 600 series, CLAAS now offers the technology and comfort of CLAAS highhorsepower tractors but in the 140 to 184 hp power range. The ARION 500 has a 4-cylinder engine, affording excellent manoeu-vrability especially for front loader work. The long wheelbase and 6- cylinder engine of the ARION 600 make it completely at home with heavy draught work in the field. Smart Work The basic ARION has mechanical spool valves and the CLAAS INFORMATION SYSTEM (CIS). The CIS functions as an on-board computer, allowing adjustment of transmission or area measurement settings, for example. In the CEBIS version, the technology used in the LEXION, JAGUAR, XERION and AXION is trans-ferred to the ARION series. This technically ma-ture system enables you to control all machine functions, including the CLAAS SEQUENCE MANAGEMENT (CSM) headland management system. When combined with the CMO- TION multifunction lever, the electronic spool valves and the terminal which is incorporated into the armrest, the CEBIS version has everything you need to make your work as enjoyable as possible. Flexing its Muscles To get really stuck in, you need a high level of power and endurance. Under the bonnet of the ARION 500/600, outstanding pulling power is provided by the latest generation of DPS PowerTech PVX engines with a cubic capacity of 4.5 or 6.8 litres. EGR and diesel particulate filter technology enables them to meet the current Stage IIIb (Tier 4i) emissions standard. Ready for Anything A versatile operator. Expand your options. CLAAS offers a variety of features and equipment ex factory, specially designed to make the new ARION tractors as versatile as possible. With suitable preparation, a front loader or front linkage can be retrofitted at any time. A range of ballasting options for the front and rear axle and a broad range of tyres guarantee stability and optimum traction in every application. 8

Usable Power Having a lot of power is one thing being able to use it to the full is something else. The CLAAS HEXASHIFT transmission in the ARION 500/600 transfers engine power to the road and field both easily and most importantly, efficiently. Additional intelligent systems such as the 40 km/h super-eco transmission or the ECO PTO drive significantly increase its cost-effectiveness. Exploit its full potential. A Clear View Full visibility at all times the big new ARION cab provides an almost unrestricted all-round view of everything you need to keep an eye on outside, and features impressive ergonomics, intuitive controls and exceptional comfort. The luxurious air-suspended seat and multi-position steering column can be adjusted to meet individual requirements. Make yourself at home! Leading the Way CIS or CEBIS ingeniously simple or simply ingenious. The two options, CIS and CEBIS, turn the ARION cab into a perfect workplace, tailored to meet your needs. The compact design of the CIS display comes with fully ergonomic controls: all the settings are conveniently acti- vated via a push/turn dial and the "ESC" button. In the CIS version, two electronic spool valves are available as an option and are operated via the ELECTROPILOT on the armrest. The CEBIS version features the electronic spool valves and, most importantly, the CEBIS terminal with a 21 cm screen. The terminal is incorporated into the armrest, with the result that technology from CLAAS harvesters and high-horsepower tractors can now be experienced in the ARION class. True Direction Very EASY the guidance systems. The ARION 500/600 loves to be directed even automatically: CLAAS guidance systems reduce the driver's workload. They tell him which way to go in advance and automatically steer the tractor onto the optimum track, enabling the driver to use the full working width and concentrate on the machine settings with clear improvements in results. The ARION 500/600 can also be fitted with the GPS PILOT or CLAAS CAM PILOT for crop rows, swaths and tramlines. For a very friendly service and in-depth technical knowledge about Claas products, contact Theo Diedericks @ 082 322 7832 www.claas.co.za Photo s & Article: www.claas.co.za Front Page Photo and main photo in article taken by Belinda Labuschagne 9

Ruben Schoeman 072 357 8765 ruben.schoeman@supergrp.com www.fordrustenburg.co.za

Trekkers 6680 Stropers 200 Foto: Belinda Labuschagne Statistiek Bron: www.agbiz.co.za, Wandile Sihlobo, 15/01/2019 11

www.hoender.co.za

Foto: www.bonsmara.co.za Goeie Genetika by híérdie veiling! Deur Madelein van Heerden Mielieboere Bonsmaras bied jaarliks, op twee veilings in Februarie en Augustus, net die beste bulle van drie Bonsmaratelers aan. Laurence Allem (ABB), Jerome Gossayn (GJG) en Eduard Roux (PER), almal mielieboere van die distrik, Viljoenskroon, is trots op díe veilings wat sedert 2001 in gewildheid gegroei het. Vandag is dit n gesellige geleentheid, wat gehalte diere waarborg. Die saadjie vir hul 27ste veiling is lankal reeds geplant en dit skiet nou sterk wortel. Bonsmaraboere word uitgenooi om die dag saam met die telers te kom geniet: Donderdag, 28 Februarie 2019 om 11:00 op die plaas Hopefield, Viljoenskroon. Sowat 45 bulle en 250 kommersiële vroulike diere, in alle produksiestadia, word aangebied. Hennie Snyman, gesoute beeskenner van Paradigm landboukundige adviseurs, is sedert die eerste veiling in Augustus 2001, as raadgewer betrokke by die groep. Hy meen die voordeel van twee produksieveilings is dat dit die manne die geleentheid gee om die oes van twee kalfseisoene elk op hul eie veiling aan te bied. Die winterbulle word in Februarie en die somerbulle in Augustus verkoop. So word goeie kwaliteit op beide veilings van die Mielieboere Bonsmaragroep gewaarborg. Die 40 tot 45 bulle wat ons aanbied, word uit ʼn totaal van ongeveer 60+ bulle uitgesoek. Mielieboere Bonsmaras hoef dus nie te raap en skraap om ʼn aanbod van sowat 40 top bulle te verseker nie. Hennie benadruk kwaliteit diere is ononderhandelbaar. Streng seleksie word ten opsigte van bouvorm, groei en teelwaardes toegepas. Hy sê een van hul teeldoelwitte is om streng te selekteer vir goeie kloue en so die trap en hieldiepte voortdurend te verbeter. Hulle is trots op die vordering wat hulle reeds gemaak het en mik om dit verder te verbeter. Vandag se boer moet meet om te weet. Laurence vertel die drie lede doen saam met drie ander telers twee Fase D-toetse per jaar. Sowat 150 tot 230 bulle word per keer getoets, wat verseker dat hul seleksiedruk ten opsigte van groei én funksioneel doeltreffende eienskappe uitsonderlik hoog is. Kopers wat die groep se afgelope veilings bygewoon het, meen die aanbod verbeter jaarliks. Goeie bulle kan hier teen billike pryse aangeskaf word. Op hul vorige veiling, 9 Au- 13

gustus 2018, is al 44 bulle teen n gemiddelde prys van R54 943 verkoop. Die hoogste prys was R130,000. Op Mielieboere Bonsmaras se 25ste produksieveiling, 22 Februarie 2018, het die 30 bulle gemiddeld R54 000 stuk behaal. Die hoogste prys was toe R80 000. Die eerste tree na Mielieboere Bonsmaras is in 2000 gegee, toe wyle Pieter Roux, Hugh Enslin, Paul Maré en Andries Botha besluit het om saam veiling te hou, want die tradisionele klubveilings het slegs n beperkte aantal bulle per teler toegelaat. Hul eerste veiling is op Donderdag, 9 Augustus 2001, by die DLU krale, Viljoenskroon, aangebied. Sedert 2009 het Mielieboere Bonsmaras tot twee veilings per jaar uitgebrei. Die aanvraag na hul bulle het stadigaan verhoog. Laurence Allem en Jerome Gossayn, wat beide in 2006 by Bonsmara SA aangesluit het, het in 2010 deel van die groep geword. Goeie genetika is kern tot hul sukses. Pietleria Bonsmaras, van Pieter en Eduard Roux, een van die stigterslede, is sedert 1983 al lid by die Bons- maratelersgenootskap en vandag nog deel van die Mielieboeregroep. Die kudde het oor die jare heen verseker gegroei en talle toekennings ingeryg. Eduard spog met sy bees, wat onder meer van 2005 tot 2011 provinsiale finalis was in die LNR Diereverbeteringsinstituut se kudde-vandie-jaar kompetisie en in 2016 ook finalis in Vleissentraal en Stamboek se kud-dekompetisie. Vandag staan die Mielieboere driemanskap sterk. Hulle bees groei, die gehalte van hul aanbod groei en die belangstelling in hul Bonsmaraveilings groei. Kom kuier op 28 Februarie saam met hulle en kom kyk self. GWK bied die veiling flink en vriendelik aan. Geen moeite word ontsien om te verseker dat oud en jonk die Mielieboere Bonsmaraveilings geniet nie. Sien jou daar! Vir meer inligting, skakel vir: Hennie Snyman 082 574 3120 Laurence Allem 083 259 2818 Schalk Erlank (GWK) 082 558 6891 14

DIE UITLEG VAN Vir die suksesvolle, volhoubare produksie van beesvleis is voldoende pasgemaakte fasiliteite nodig. Hierdie fasiliteite moet die bestuur van die stelsel vergemaklik, effektiwiteit verhoog en arbeid tot n minimum beperk. Fasiliteite moet funksioneel wees en n veilige omgewing vir die diere asook werkers tot gevolg hê. Toerusting en fasiliteite is duur om aan te koop of te bou en omdat behoeftes verskil, sal die ideale voerkraal nie vir alle produsente dieselfde wees nie. Die fasiliteit moet so ontwerp word dat dit alle aspekte van produksie in ag neem. Voornemende voerkraaleienaars moet dus mooi nadink oor watter tipe voerkraalfasiliteite benodig word. n Vleisbeesvoerkraal word hoofsaaklik gebou om beeste uit voerkrippe te voer. Daar is vereistes waaraan voldoen moet word. Water af loopbeplanning en -besoedeling vereis baie aandag. Omgewingsimpakstudies asook afvalbestuur sal verseker ook n vereiste wees. Omdat n voerkraal n intensiewe produksiestelsel is, sal daar 'n klomp voordele aan hierdie verbouingstegniek wees. Van die voordele sluit in: n Klein oppervlakte word benodig. Beter voeromset word verkry en effektiwiteit word verhoog. Kapitaal kan baie sinvol aangewend word. Gebalanseerde voeding soos benodig kan wanneer nodig, verskaf word. Veediefstal kan ook beperk word. Naspoorbaarheid kan vir die verbruiker verseker word. Met die ontwerp en bou van voerkrale kan daar ook nuwe tegnologie ingesluit word. Hierdie tegnologie help voorts om beter vleisgehalte en beter voeromsetverhoudings tot gevolg te hê. Die gebruik van radio-frekwensie identifisering (RFID) tegnologie kan die hantering van die beeste verminder, gepaardgaande met minder spanning vir die diere. Minder spanning beteken ook minder melksuur in die spiere, wat beter vleiskwaliteit tot gevolg het. Op die ou einde dus lekkerder vleis op die tafel. By die beplanning van n doeltreffende beesvoerkraal moet n aantal vereistes oorweeg word. Hierdie beplanningsvereistes kan een of almal van die volgende en nog baie meer insluit: 18

Uitvoerbaarheidstudie Omgewingsimpakstudies Keuse van n geskikte terrein Die beplanning van n geheel-uitleg Die beplanning en ontwerp van individuele fasiliteite n Tipiese voerkraaluitleg (Figuur 1) bestaan uit n voerkraal, hanteringsgeriewe, n kantoorkompleks, hospitaal, voergeriewe, 'n werkswin- kelkompleks, watervoorsiening, paaie, afleibane, misafloopstoordamme en windskuilings. Die plasing van hierdie geriewe is belangrik en moet so hanteer word dat die uitleg volgens die eienskappe van die betrokke terrein kompak, sindelik, ordelik en arbeidsbesparend is. Só n uitleg sal produktiwiteit en bestuursgerief bevorder. Afhangende van die bepaalde opset, sal daar 19

soms reeds bepaalde geboue op die terrein wees. Indien moontlik, moet hierdie geboue met die nuwe geboue geïntegreer word om koste te bespaar. Die voerkraal bestaan nie net uit die kampe nie, maar die krip speel n integrale rol in die effektiwiteit van die voerkraal. Die tipe diere wat gevoer gaan word, is ook n bepalende faktor en die fasiliteite moet vir hierdie tipe diere voorsiening maak. Daar is inderdaad sekere norms waaraan n voerkraal moet voldoen. Elke bees benodig n sekere vreetspasie, staanspasie en beskerming teen die elemente. Vir die voerkrip word n minimumkriplengte van 150 mm per bees benodig indien jong beeste ad libitum gevoer word. Ouer beeste benodig n langer kriplengte. Die aanbevole kriplengte in aanpassingskrale is 300 mm per bees en die krippe by aanpassingskrale is ook vlakker. Figuur 2 toon n tipiese voerkripuitleg. Die houkrale se ontwerp is net so belangrik. Sommige houkrale kan rond wees en ander langwerpig of hoekig. Vir elke ontwerp is daar sekere voor- en nadele. Ronde komplekse raak ook n opsie omdat dit goedkoper is om te bou en minder materiaal vereis. Drukgange is n integrale deel van n voerkraal. Dit moet so ontwerp word dat dit die hantering vergemaklik en die stres op diere verminder. Tog moet dit sterk genoeg wees om jarelange diens te verseker. Die materiaal wat gebruik word om die fasiliteit mee te bou, is baie belangrik. Baie plastiekgedeeltes kom in die omloop wat dalk goedkoper en sterker as staal kan wees. Hierdie keuse moet verseker met groot oorleg geneem word. Deur Elmarie Stoltz LNR-Instituur vir Landbou-ingenieurswese Bron: www.grainsa.co.za/funksionele-vleisbeesvoerkrale 20

POLYFENCE Your fence is our priority! Our Speciality is Quality Fencing Products: Plastic Fencing Items Budget Droppers 18mm Standard Droppers 22mm Heavy Duty Droppers 30 Diameter Intermediates Y-Pole Replacement poles 40 Diameter 56 Diameter 63 Diameter Quadraplast Plastic Diamond Mesh Spiral Bind Flat Poles (Grow Tunnels) Sheep Pens All products locally manufactured with HDPE material Own patented formula giving products the required rigidity & durability for up to 15 years Contact Us 012 372 3654 082 088 7704 admin@polyfence.co.za www.polyfence.co.za 1185 Pretoria Street Booysens Pretoria

Inligting ontvang vanaf Melk SA dui daarop dat totale produksie vir 2018 geraam word op 3 381 duisend ton wat 3,9% hoёr is as in 2017. Alhoewel melkproduksie op ʼn jaar-tot-jaar basis in November en Desember 2018 drasties gedaal het met Novembergroei op slegs 0,37% en Desember-groei op 2,17%, was die jaarlikse groei steeds hoog. Die persentasie groei van 3,9% vir 2018 is hoёr as die tipiese jaarlikse groei in suiwelverbruik en kan plaaslike voorraadvlakke beïnvloed. Produsentepryse het reeds in Maart 2018 begin daal vanaf R5,00/liter tot R4,05/liter in September 2018. Dit is n afname van 19%, wat tesame met die uiters hoё temperature wat in baie dele van die land voorgekom het, tot die drastiese afname in melkproduksie in November en Desember gelei het. Melkproduksie eindig sterk in 2018 Die sterk groei in melkproduksie wat in 2018 plaasgevind het, kan produsentepryse oor die kort termyn onder druk hou. Tesame met die uitdagende weerspatrone wat reeds graanpryse laat styg het, en die verbruiker wat steeds onder druk is, dui dit op nog ʼn uitdagende jaar vir heelwat landboubedrywe, waarvan die suiwelbedryf een is. SUIWELUITVOERE STEEDS HOOG Die suiwelindustrie het as netto-uitvoerder in November 2018 net soos die voorafgaande vyf maande gefunksioneer. Die totale uitvoere vir die maand beloop 17,400-ton en die randwaarde daarvan is R293 miljoen. Die uitvoere bestaan hoofsaaklik uit langlewemelk 46% (8,0 miljoen kg), melkpoeier en ingedampte melk 25% (4,0 miljoen kg) en jogurt 16% (2,7 miljoen kg). Die topdrie uitvoerbestemmings is Botswana (34%), Mosambiek (15%) en Lesotho (13%). Suid-Afrika voer na meer as 55 lande uit. Invoere, met spesifieke verwysing na langlewemelk, het drasties afgeneem met slegs 51-ton ingevoer teen ʼn waarde van R1,7 miljoen in November. Die vry aan boord-pryse wissel tussen R23 en R47 per kilogram, wat dui op klein verpakkings met ʼn spesifieke samestelling. Totale invoere vir die maand beloop 3,886-ton en die randwaarde daarvan is R193 miljoen. Die invoere bestaan hoofsaaklik uit melkpoeier (36%), wei (21%), kaas (22%) en langlewemelk (1%). Bron: MPO Nuusbrief, 18/01/2019 23

Source: www.farmboek.com/information/problemdetails/18923?routeid=4327 Infectious ophthalmia is an infectious eye disease of sheep, goats, cattle, and sometimes of pigs and poultry, and is caused by a Rickettsia-like organism, Moraxella. The virus attacks the mucous membrane of the eye and is transmitted by contact and insects. Flies are important transmitters. SYMPTOMS Infectious ophthalmia is usually a summer disease and most cases are seen from January to March. The eye waters and is kept closed. The eyelids may become slightly swollen. After a day or two the cornea becomes opaque and small arteries show up, running in from the white of the eye to its centre. In the centre of the cornea, a red swelling appears which may become ulcerated, causing sloughing of the superficial layer of the cornea. The cornea may even rupture. ECONOMIC IMPACT If possible. the affected animal should be kept in the shade or even a dark stable to protect the inflamed eye(s) from direct sunlight which certainly is harmful. Spraying the heads of sheep, goats or cattle every few days with insecticides during an epidemic of infectious ophthalmia will assist in limiting the outbreak because the transmitting insects are killed. The animal could become blind. Visit www.farmboek.com to find suggested remedies for this infection. BOER hier want Boere is die beste 26

Providing Factory Specification Drivetrain Repairs for all ISUZU trucks Workshop layout, systems and processes carried out as per ISUZU standards. Our service includes: Genuine ISUZU parts Highest level of workmanship Optimum reliability Factory standard repairs Repairs & remanufacturing services for all ISUZU Truck: - Manual Gearboxes - Automated Manual Transmissions - Propshafts and Differentials Contact Us Today +27 (0)11 823 6628 / 6629 / 1783 paige@isuzudt.co.za paul@isuzudt.co.za Unit 10 Lakeview Business Park 10 Yaldwyn Road, Jet Park Boksburg, Gauteng

Hierdie spesie kobras is in die top 10 van giftigste slange in Suid- Afrika. Hulle het n kragtige neurotoksiese gif wat n mens se senuweestelsel aanval. Jy sal dus sonder behandelling kan doodgaan van suurstof tekort! Die eerstehulp vir hierdie slang se byt sal wees om kalm te bly en glad nie te hardloop nie. Arné vertel van Slange Die Wipneuskobra Wanneer mens hardloop versnel jy die bloedtoevoer en sal die gif vinniger versprei deur die liggaam. Moet ook nie vir die persoon enige medikasie ingee nie. Indien jy verder as 30-minute van die hospitaal af is, is dit goed om iets soos n breë belt te gebruik om die bloedvloei mee toe te druk. Dit is egter baie gevaarlik om net enige iets te gebruik om die aar mee toe te druk. As jy iets soos n skoenveter of tou gebruik sal daar meer skade aangerig word en jy kan n ledemaat verloor. Gebruik ALTYD iets breed soos byvoorbeeld n breë belt of selfs n bloeddruk apperaat om die bloedvloei te beperk. Vervoer die pasiënt onmiddelik na die naaste hospitaal. Foto 1 Hier is belangrike nommers vir die publiek om byderhand te hou in die geval van n slangbyt: Mike Perry 083 448 8854 Arno Naude 083 739 9303 30

Kleur Hierdie slange kry n mens in gebande fase wat beteken hulle het 2 kleure wat in breë stoke oor hulle lyf lê, soos gesien kan op foto no. 1. Hulle kan ook een kleur wees wat blouswart of grysbruin is. Lengte Hierdie slang kan tot 2.5 meter lank word as hulle nie voor die tyd dood gemaak word nie, maar in die natuuur kry mens hulle gewoonlik met n gemiddelde lengte van 1.6 meter lank. Habitat Hulle beweeg meeste van die tyd in die dag rond! Hulle kan in bome en op die grond gevind word! Hulle kom meestal voor in die laeveld en vogtige savanne. Naam Die Wipneuskobra was voorheen bekend as die Egiptiesekobra, maar daar was later uitgevind dat dit twee verskillende spesies is. Die wetenskaplike naam is Naja annulifera en kan ook andersins bekend staan as die Bosveldkapel. Meer oor Arné Hobbs Hy is n skamele 13 jaar oud, maar is die jongste geregistreerde slang vanger in die wêreld. Hy het alreeds verskeie kursusse oor slanghantering voltooi en spog met 4 verskillende toekennings! Volg Arné gerus op die volgende Sosiale Media platvorms en kyk wat hy alles aanvang: YouTube Arne Hobbs Instagram arnehobbs Facebook Arne Hobbs - Wise as Serpents Uitkenning Hulle kom nie in woude voor nie. Hulle spoeg nie gif nie en het n breë kop. Wanneer hulle bedreig voel sal hulle, hulle kop breed maak en indrukwekkend bak maak. Vyande Roofvoëls, meerkatte, slange en meestal mense! Wanneer jy enige slang gewaar is dit belangrik om nie vinnige bewegings te maak nie. n Slang voel gewoonlik eerste bedreig en behoort die hasepad te kies as hy bedreig voel. Indien n slang jou egter gespoeg of gebyt het, is dit uiters noodsaaklik om so gou as moontlik mediese hulp te kry. 31

J3 Thermal Solutions 079 508 5822 www.j3thermal.co.za sales@j3thermal.co.za

J3 Thermal Solutions 079 508 5822 www.j3thermal.co.za sales@j3thermal.co.za

Boervrou woeker met Deur Belinda Labuschagne Jeanet Schoonwinkel van Roodeplaatdam het met die eerste oogopslag verlief geraak op n slakboerdery wat haar man in Nelspruit sommer so heel per toeval ontdek het. Net daar het hulle besluit dat hulle dit self gaan aanpak en het navorsing begin doen. Jy kan hoor dat sy regtig passievol is oor die slymerige besigheid en is baie positief vir wat die toekoms vir hulle inhou. Jeanet vertel lekker spontaan: Ons het in 2017 begin met 30,000 broeiers (volwasse slakke wat gereed is om eiers te lê). Ons het hulle ingevoer vanuit Griekeland. Die broeiers word dan wakkergemaak uit hul hibernasie wat in sakkies van 5kg hier arriveer. Die paringsproses begin na ongeveer 2 tot 3 weke waarna hul eiers begin lê. Die eiers word dan sorgvuldig geoes en na 10 dae morf die eiers in babaslakkies. Die broeiers word in n gebou gehou waar die temperatuur en humiditeit beheer kan word tussen 22 C tot 28 C en 80% humiditeit. Die babaslakkies word dan na die grow out tonnels geskuif waar hul groot gemaak word op n voermengsel en groen plante. Dit neem ongeveer 6 maande om die volwasse stadium te bereik waarna hul geoes word en voorberei word vir die uitvoerproses. Sy koop haar voermengsel by Midfeeds wat n spesiale mengsel vir die slakke maak. 35

Jeanet spog dat sy nou haar voorraad opgebou het tot 500 000 slakke en beplan om hulle te begin uitvoer na Frankryk toe oor n maand. Tot op hede het sy hul slakke aan plaaslike restaurante in haar omgewing bemark. Haar aanvanklike inset koste het teen sowat R6 per broeier beloop en jy kan gemaklik met dit boer in n klein spasie. Kleinhoewe eienaars, byvoorbeeld, kan hierdie tipe geleentheid met ope arms aangryp. Wat maak slakboerdery so aanloklik? Die Europiërs is natuurlik baie lief vir die voorgereg wat bekend staan as Escargot. Met hul koue klimaat sukkel hulle so bietjie om met slakke te boer en ons Suid-Afrikaanse klimaat is baie gunstig teenoor die Europese koue winters. Daar is n tekort van sowat 48 000 ton per jaar in Europa van hierdie uiters gesogte slakke wat beteken dat daar defnitief n gaping is in die mark vir hierdie tipe boerdery, want daar is nie baie mense wat dit intensief doen nie. Die slakbedryf is taamlik nuut in Suid-Afrika en sedert Jeanet begin het om met slakke te boer, het sy ervaar dat die klein groepie slakboere regtig probeer om mekaar te ondersteun en te help. Daar word inligting seminare gehou waar ons raad en ondersteuning van ons plaaslike slak assosiasie kry. Sy is positief oor die toekoms en hul volgende mikpunt is 1-miljoen slakke in hul boerdery! Jy is welkom om vir Jeanet Schoonwinkel te kontak by 083 306 6128 indien jy graag by haar wil hoor hoe hulle doelgerig n slakboerdery opgebou het. Die kontak nommer vir die Snail Farmers Association South Africa is 082 652 9292. 36

Strengthening Farmers Unions Establishing Study Groups Training and Development Programmes Focus on Young Upcoming & Established Farmers Making a committed contribution in the value chain 012 643 3400 ceo@agrigauteng.com

Consider Free Range Farming with Indigenous Pigs The origin of pigs in Southern Africa is uncertain. Although archaeologists found that cattle, sheep, goats, chickens and dogs were brought into Southern Africa by early migrants, archaeological evidence of pigs is not so certain. The ancient Egyptians depicted a small breed of pig with a bristly mane in their paintings and carvings, and it is thought that these pigs are the forefathers of the famous Spanish pig. In South Africa we have two distinct pigs that are now regarded as indigenous, Kolbroek and Windsnyer. Over the last few years at Wickedfood Earth we have been running research into which pig species is best suited to a free-range environment. KOLBROEK PIGS Also often referred to in the old days as a Lard Pig by virtue of its huge accumulation of fat. They are shorter than the average factory-farmed pig with pricked ears and a squashed face. The breed is dark coloured being either black or brown and are often striped at birth. This breed resembles a breed of pig common in China. There is evidence that a sailing ship, belonging to the Dutch East India Company was wrecked off the coast at Cape Hangklip in 1778 and that the pigs on board fell into the hands of farmers who had settled in the area. The name of this ship was the Colebrook. The Kolbroek is extremely hardy and in the past survived, often by scavenging outside farmsteads. This made it ideal for rural areas where intensive farming was not as viable. WINDSNYER Although it is maintained that all pig breeds were introduced by Europeans, it is thought that the Windsnyer closely resembles the description of the ancient Egyptian breed which has bristles forming a distinct mane. Like many of the indigenous domestic animals they have a large colour variation being either black, reddish-brown, brown, black and white or spotted. Some of the young even have longitudinal stripes which are typical of the young bushpig. The name Windsnyer (wind-cutter) is derived from its shape as it is narrow-bodied and longnosed. KOLBROEK PIGS WINDSNYER PIGS Like the Kolbroek, this pig is very hardy and scavenges for its food if need be. It can convert food with a low nutrient content very efficiently. It has been shown that the 570kg food needed by one pig of an imported breed to produce a litter of ten piglets, is sufficient for two and a half indigenous sows and a combined litter of 20 piglets. The Windsnyer is also able to survive periods of food shortage. The pig is an excellent mother which results in very few piglet deaths. Article supplied by Wickedfood Earth www.wickedfoodearth.co.za Project manager: Mike Crewe-Brown 060 761 0885 E-mail: earth@wickedfood.co.za 39

Adverteer in 071 704 6282 www.boerhier.co.za

DAMLININGS Ons werk landswyd! HDPE en PVC liners vir alle damme. DIY kits vir kleiner damme ook beskikbaar. Besoek ons Facebook blad vir voorbeelde van ons uitmuntende werk: www.facebook.com/damlinings Andre Meyer 076 062 4272 andre@damlinings.co.za www.damlinings.co.za

Herbs & Vegetables does not only have health benefits, it can also repel unwanted insects. In addition to this, planting certain combinations together, complements each other in the soil, promoting excessive growth. Anise is a natural insect repellent. Add it to bread and pasta dishes for wonderful flavour and use it when cooking vegetables that are difficult to digest, such as onions and cabbage. Basil naturally repels flies and stimulates the growth of vegetables when planted close to them. Use it in tomato dishes, salads and meat. Broad beans are a great companion plant for carrots, cucumber, beetroot, potatoes and strawberries, as they help to correct the nitrogen levels in the soil. Beetroot encourages the growth of beans, lettuce, cabbage and onions. Buckwheat works well when grown in close proximity of mealies, but take care not to plant it close to wheat. Cabbage is a good companion plant for dill, chamomile, celery, sage, rosemary, onions, beetroot and potatoes. Capsicum is an excellent companion plant for basil and marjoram. Carnations are edible and are also good companion choices for garlic and potatoes. Carrots are best grown alongside tomatoes, onions, sage and rosemary. Celery benefits the growth of leeks, tomatoes and beans and helps to repel cabbage fly. Chamomile helps to boost the growth of other plants. It is a great companion plant for mint, onions, cabbage and wheat. It makes a wonderfully soothing herbal tea and also has insect repelling qualities. Coriander grows well alongside dill and anise. Cornflower is a good companion plant for wheat, oats and brinjals. Cucumber helps to boost the growth of mealies, chamomile, chives and marigolds. Dianthus adds colour to salads and can also be chopped up to make an attractive herb butter. 45

Dill grows well in close proximity to lettuce, mealies, cucumber, carrot, cabbage and tomatoes. It is also an excellent addition to white sauce or salad dressing. Echinacea is an excellent immune booster and also makes an attractive cut flower for fresh or dried arrangements. Eggplant is best grown alongside beans, tarragon, thyme and cornflower. Fennel is a natural flea repellant. Plant it along the edges of your vegetable patch. Fenugreek is excellent in Indian dishes and curries. Use it in fruit-based chutney (especially with mango), meat dishes, roasts and vegetarian dishes. Fenugreek also helps to stimulate breast milk production in breastfeeding women. Garlic Chives benefit the growth of fruit trees, beetroot, lettuce, tomatoes, roses, peas, beans and cabbages. Use them in salads, egg dishes, with cheese and in sauces. Garden Cress can be added to soups and stews. It adds a burst of fresh flavour to salads, sandwiches, stir-fries, quiches and dips. Lavender is a highly effective natural insecticide which repels mice, ticks and fleas. It gives vegetables extra flavour when grown in close proximity to them and is a wonderful addition to fruit salads. Use the flowers in a marinade for venison meats and the leaves in hearty stews and meat casseroles. Leeks are a good companion plant for cabbage, lettuce, marjoram and spinach. Lettuce grows well with marigolds, strawberries, carrots, cabbage, beetroot, radishes and cucumber. Marjoram boosts the growth of just about anything, but it is best grown with sage and capsicum. It repels insects and helps to keep mildew at bay. Marigolds repel flies and aphids. Melons are best grown with pumpkin, morning glory and mealies. Mint is a great companion plant for cabbage and tomatoes. Morning Glory stimulates the growth of melons, beans and grapes. 46

Mustard plants help to condition the soil, while also repelling snails and cutworms. Nasturtiums are a great companion plant for most vegetables as they help to improve the flavour of most crops. Onions help to protect a variety of vegetables grown around them. They are best planted with members of the cabbage family, as well as beetroot and strawberries. Pansy makes an attractive garnish and also looks beautiful when frozen into ice cubes. Parsley aids the growth of roses, tomatoes, asparagus, chives and eggplant. Use it in fish and chicken dishes, in pastas, sauces and with mashed potatoes. Rosemary is a good companion plant for apples and cabbage. Use it with roast meat and vegetables or use the stalks as kebab sticks for chicken kebabs on the braai. Sage is an excellent natural fertiliser, so be sure to let fallen leaves decompose naturally into the soil. It also repels ants. Use sage leaves in dishes with tomatoes, onions, eggplant and cheese. Also try wrapping fish or pork in whole sage leaves for a few hours before cooking it adds wonderful flavour. Sage flowers can also be added to fruit salads or stirred into honey. Tarragon is ideal for chicken or fish dishes and is also a wonderful addition to mayonnaise. Thyme works well in meat, cheese, egg and fish dishes. Viola is an attractive garnish and can also be frozen into ice cubes. Source: www.stodels.com/2014/a-z-of-herbs-and-veggies/ Check out this video to see which plants keeps bugs away, including mosquitos. 47

Bron: www.wikipedia.com/crocodile Het jy Geweet? n Krokodil kan vinnig oor n kort afstand beweeg. Die rekord is 17 km/h! Dit was n Australiese Varswater Krokodil. Die maksimum spoed verskil tussen verskillende spesies. 50

gee raad Om gelukkig te wees is n keuse! Vind geluk in die klein dingetjies en op daardie manier sal jy besef dis eintlik die klein dingetjies wat die groot dinge in geheel vorm. www.boerhier.co.za

www.boerhier.co.za BOER hier

Wat jy saai, sal jy maai Galasiërs 6:8 BOER hier www.boerhier.co.za Dankie dat jy lekker saamgelees het! Stuur hierdie wonderlike e-tydskrif aan na jou kontakte toe sodat hulle ook deel kan wees van ons familie!