Ken jou wynterme Wynterme kan intimiderend wees. Gebruik dié gids sodat jy nie verstrengel raak in die doolhof van terme, temperature en proe-notas nie. die tradisionele sjampanjemetode met n tweede gisting in die bottel. Koolstofdioksied, n neweproduk van die gisting, word in die wyn vasgevang en as klein borreltjies vrygestel wanneer die bottel oopgemaak word. Brut Droë vonkelwyn. SÓ BÊRE JY JOU WYN Wyn word deesdae meestal geniet sodra dit van die winkel af kom, hoofsaaklik vanweë ons moderne kultuur om ons behoeftes onmiddellik te bevredig, maar ook omdat huise al hoe kleiner is met weinig plek vir enigiets, wat nog te sê n wynkelder. Wynmakers het dié neiging raakgesien, en baie wyne word deesdae gemaak om dadelik te geniet. Ondanks dié neiging is daar steeds goeie wyne wat beter sal raak met die tyd. As jy n paar rand spandeer het op spesiale bottels wyn wat jy vir n jaar of drie wil hou, is hier n paar wenke oor hoe om dit te bêre. Die konstantheid van die temperatuur is net so belangrik soos die temperatuur self. Moenie jou wyn in n kamer hou wat warm raak deur die dag nie, en ook nie naby die stoof nie. Gebruik n rak in n binnekas, soos n linnekas of n koel spaarkamer. Indien nodig, kan jy dit oorweeg om die wyn in n isolasiekombers toe te draai. Die ideale temperatuur om wyn te bêre is 10 C tot 15 C, maar n paar grade meer of minder sal nie n verskil maak nie, solank dit konstant is. Wyn verouder stadiger teen n laer temperatuur. Hoër temperature (bo 20 C) versnel die verouderingsproses. Blootstelling aan n temperatuur van 30 C kan wyn baie gou laat bederf, so moenie dit in jou motor se kattebak los nie. Donkerte is goed. Ultraviolet-lig vernietig wyn. Wyn moet onverstoord lê, so vibrasie sal dit bederf. Moenie dit bo-op n wasmasjien sit wat rondskud tydens die tol-siklus nie. En moenie die bottels gedurig draai nie dis n ouvrou-storie. Bottels met kurke moet plat lê, en bottels met skroefdoppe moet regop staan. TEMPERATUUR WAARTEEN JY DIT BEDIEN Vergeet maar van kamertemperatuur ons woon nie in onverhitte châteaus in Frankryk nie. Ek was al in restaurante in Durban waar die sweet begin pêrel net van asemhaal. En n somersdag op Upington kan ysgrond laat smelt. Nuusflits: Dis okei om rooiwyn koud te maak. Vra vir n yshouer as dit te warm is en gee die kelner n kwaai kyk as hy probeer teëstribbel. Droë sjerrie moet teen tussen 5 C en 10 C bedien word. Die meeste yskaste word op sowat 4 C gestel; vir die regte temperatuur moet jy die sjerrie vir sowat vier uur laat verkoel. Vonkelwyn, 6 C tot 10 C, vier uur in die yskas. Aromatiese droë witwyne (soos weisser riesling), 8 C tot 12 C, twee uur. Mediumdroë witwyne (soos sauvignon blanc) en rosé-wyne, 10 C tot 12 C, een en n half uur. Soet wit- en rosé-wyne, 8 C tot 12 C, twee uur. Swaar droë witwyne (soos gehoute chardonnay), 12 C tot 16 C, een uur. Ligte rooiwyne (soos pinot noir), 12 C tot 16 C, een uur. Medium rooiwyne (soos merlot), 14 C tot 17 C, halfuur. Swaar of tannienryke rooiwyne (soos cabernet sauvignon), 15 C tot 18 C, sowat 20 minute. Dessertwyn, medium- en volroomsjerrie, 8 C tot 10 C, drie uur. Port, 16 C tot 18 C, sowat 20 minute. Wil jy n bottel wyn vinnig koud maak? n Goeie hand vol growwe sout, yskaswater en ys in n ysbak sal n bottel witwyn binne 20 minute koud genoeg hê om te drink. Maar waarsku jou gaste om nie die souterige ys by hul wyn te gooi nie! Deur Diana Procter WYNSTYLE EN -TERME Die woorde chardonnay, sauvignon blanc, merlot, cabernet sauvignon, ens. op wyn-etikette is die name van die druifvariëteite waarvan die wyn gemaak is. Hulle het almal hul eie geurprofiel, net soos n Granny Smith-appel groen en suur is, terwyl n Starking-appel rooi en soet is. Wynmaakmetodes verskil ook, met sommige wyne wat in groot vlekvryestaal-tenks gemaak word, ander in klein eikehoutvate (genaamd gehoute wyne), en nóg ander in vlekvryestaal-tenks met eikehoutstawe of -spaanders wat in die tenk hang om die wyn hout-eienskappe te gee. Die binnekant van die vate word geskroei, wat die wyn n karamelagtige aroma gee waaroor jy óf dol is óf verpes. Die metode waarvolgens die wyn gemaak is, beïnvloed ook die prys. Eikehoutvate is baie duur en word dus net vir die wynmakery se beste druiwe gebruik daarom is goeie wyne so duur. Blanc de blanc n Droë witwyn wat van wit druiwe gemaak word. Blanc de noir n Witwyn, hoewel dit gewoonlik effens pienk van kleur is, wat van swart druiwe gemaak word. In die bottel gegis Vonkelwyn wat gemaak word volgens Kaapse versnit ( Cape blend ) n Rooi versnit wat pinotage bevat. Pinotage is n druifvariëteit wat in die 1920 s op Stellenbosch ontwikkel is. Gekarboneer ( Carbonated ) Vonkelwyne kry hul borrels van CO2-gas wat onder druk ingespuit word. Demi-sec n Halfsoet tot mediumsoet vonkelwyn. Dessertwyn Soetwyn wat ná ete saam met nagereg bedien word. Dit sluit in edel-laatoes, laatoes, spesiale laatoes, natuurlike soetwyne en sommige gefortifiseerde wyne. Droog n Mens kan nie suiker in dié wyn proe nie. Doux Soet vonkelwyn. Gefortifiseerd n Wyn waarvan die alkoholsterkte verhoog is deur die byvoeging van brandewyn, druiwe- of neutrale spiritus, volgens Suid-Afrikaanse wetgewing n minimum van 15% alkohol per volume. Grand cru Frans vir groot groei. In Suid-Afrika beteken dit eenvoudig n droë witwyn.
Jerepigo Baie soet gefortifiseerde wyn (rooi of wit). Gisting word in die baie vroeë stadium stopgesit deur druiwespiritus by die mos (gissap) te voeg. Laatoes ( late Soetwyn gemaak van druiwe wat baie ryp (laat in die seisoen) geoes is en dus hoë suikervlakke het. Méthode Cap Classique Die Suid-Afrikaanse naam vir vonkelwyne wat volgens die tradisionele sjampanjemetode gemaak is, met die tweede gisting wat in die bottel plaasvind. Sjampanje is n term wat deur die wet beskerm word en slegs wyne wat in die Franse streek Champagne gemaak is, mag sjampanje genoem word. Die Duitse naam vir sulke wyne is Sekt, die Spaanse naam is cava, en in ander dele van Frankryk word dit cremant genoem. Muskadel Suid-Afrikaanse benaming vir soetwyn wat van Muscat-druiwe gemaak word en gewoonlik gefortifiseer word. Natuurlik soet ( natural sweet ) Dessertwyn, soeter as laatoes. Edel-laatoes ( noble late Onder die regte omstandighede klam, mistige oggende gevolg deur warm, sonnige middae gedy n fungus genaamd edelvrot (Botrytis cinerea). Dit verskrompel en dehidreer die druiwe, maar maak dit suikerryk en met die unieke geure wat van die botrytis kom. Dié druiwe word gebruik vir soet dessert-edellaatoeswyne, soos Nederburg Edelkeur. Perlé Effens gekarboneerde vonkelwyn. Port Gefortifiseerde dessertwyn in verskeie style, van jong robyn tot volwasse taan. Quaffer n Toeganklike, maklik drinkbare wyn. Reserwe ( reserve ) Afhangend van die vervaardiger, kan dit dui op die wynmakery se beste wyn. Dikwels betekenisloos. Rosé Pienk in kleur. Kan gemaak word deur wit en rooi druiwe te meng, maar dit word meestal gemaak van rooi druiwe wat nie lank in kontak was met die dop nie. Rooi druiwe het kleurlose sap die kleur kom van die doppe. Dié sap word dan dieselfde gehanteer as met witwyn. Rosé kan droog tot halfsoet wees. Sec Droë vonkelwyn. Sjerrie Gefortifiseerde witwyn, oorspronklik van Xeres in die Jerez-distrik in Spanjé. Daar is vier style: fino (droog en lig van kleur), oloroso (soet en redelik donker), amoroso (ligter van kleur en effe soeter) en bruin (donker en soet). Spesiale laatoes ( special late n Ligter dessert-styl soetwyn. Steen Suid-Afrikaanse term vir chenin blanc, soms verwar met stein. Stein is n laatoes-tipe halfsoet witwyn. Stein Word in Suid-Afrika gebruik om n halfsoet witwyn te beskryf. Suiker Baie droë wyne het minder as 2,5 g/l res-suiker, wat n mens nie kan proe nie. n Wyn is droog tot en met 5 g/l. Die smaakknoppies begin n effense soetigheid proe teen sowat 6 g/l, wanneer die wyn halfdroog is. Teen 8 g/l tot 9 g/l kan n definitiewe soetigheid geproe word. n Hoë suurgehalte hou n soet wyn verfrissend, selfs al is die suikerinhoud hoër as 20 g/l. Sur lie Dié term beskryf n wyn wat vir n tyd lank op sy afsaksel (dooie gisselle wat agterbly ná gisting) gelê het om die wyn ryker en geuriger te maak. Gehout ( wooded of oaked ) Wyn wat in klein eikehoutvate verouder het. Die vate word ingevoer van Europa en Amerika, aangesien Suid-Afrika se eikehout te poreus is. Dit word tot vier keer gebruik voor dit weggegooi word. Daar is verskeie belangrike tegniese redes waarom eikehoutvate gebruik word om wyn in te bêre, maar vir die gebruiker is die voor die hand liggendste rede dat die eikehout die wyn n kenmerkende geur en tanniene gee. PROETERME Suurheid ( acidity ) n Skerpheid in die mond wat verfrissend is in witwyne en sorg vir balans in rooiwyne. Daarsonder is n wyn vervelig. Maar te veel suurheid kan n wyn moeilik maak om te drink. Nasmaak Die smaak wat op die palaat agterbly nadat die wyn gesluk is. Die lengte (sien hieronder) het te doen met die gehalte van die wyn. Balans Die ideaal is n harmonieuse kombinasie van tanniene, suurheid, tekstuur en geur. Vol ( big ) Wyn met baie alkohol en die geur van ryp vrugte. Dit word ook blockbusters en fruit bombs genoem. Blindproe Die proeër weet nie watter wyn dit is nie. Dit sorg dat daar geen vooroordele of vooropgestelde idees oor die wyn is nie en dat jy die wyn objektief beoordeel. Lyf ( body ) n Wyn met baie geur, alkohol, ekstrak en tannien is lywig ( full bodied ). Gekurk n Wyn wat gekontamineer is deur trichlooranisool (nie met stukkies kurk wat daarin dryf nie). Dié chemiese stof is die produk van n muf-infeksie in die kurk. Dit kom in sowat 5% van bottels voor en is die hoofrede waarom skroefdoppe en sintetiese kurke al hoe meer gebruik word. Lae vlakke van trichlooranisool verminder die wyn se vrugtigheid en maak dit leweloos en vervelig. Hoë vlakke veroorsaak n muwwe karton-geur wat die wyn ondrinkbaar maak. Droog Die teenoorgestelde van soet. Dit kan ook gebruik word om die tanniene of gevoel in die mond (sien hieronder) te beskryf as dit verwys na hoe dit jou mond op n tuit laat trek. Trane ( legs ) Die spoortjies wat die wyn aan die binnekant van die glas maak nadat dit rondgedraai is. Dit kan te wyte wees aan die alkohol- of gliserol-inhoud, of viskositeit wie weet? Sommige mense dink dis belangrik, maar dit het geen invloed op die gehalte van die wyn nie. Lengte Hoe lank die geur van die wyn op jou palaat agterbly nadat jy dit gesluk het. n Goeie lengte dui op gehalte. Mondgevoel ( mouthfeel ) Die tekstuur van die wyn in jou mond, byvoorbeeld rond, vet, botterig, maer of hard. Neus ( nose ) Hoe die wyn ruik. Proeërs gebruik terme soos skaam, parmantig en grasagtig, of karamel, swart vrugte, sederhout en so meer om die neus te beskryf. Struktuur Wanneer proeërs sê n wyn het struktuur, verwys hulle na die tannien- en suurvlak. Dié elemente gee die wyn n teenwoordigheid in die mond. Tannien Dit kom voor in druiwedoppe, -pitte en -takkies. Dis n skerp, bitter samestelling wat jou mond droog maak en op n tuit laat trek soos om tee te drink wat te lank getrek het (tee bevat ook baie tanniene). Tanniene kan ook die wyn binnedring vanuit die eikehoutvate. Tannienryke wyne moet gewoonlik verouder, aangesien die tanniene sagter raak met die tyd. Terroir n Franse term wat nie n eenvoudige vertaling in Afrikaans het nie. Dit verwys na die omgewingsinvloede op die rypword van die druiwe, soos die grond, blootstelling aan die son en wind, watertafel en plaaslike klimaat. Oesjaar ( vintage ) Die jaar waarin die druiwe geoes is. Die druiwe wat in Februarie en Maart 2009 gepluk is, sal as die 2009- oesjaar gebottel word, selfs al bly die wyn vir drie jaar in die vate voor dit gebottel word. Onbestendige suurheid ( volatile acidity ) Wyn bevat n aantal verskillende sure. Uitermate hoeveelhede asynsuur laat n asetoonreuk. Dis n foutiewe wyn. Gehout ( wooded ) n Wyn wat in klein eikehoutvate verouder het. Die hout gee die wyn geure soos karamel, roosterbrood, toffie, sederhout en speserye.
FOOD & ENTERTAINING FOOD & ENTERTAINING xx IDEES November 2009 November 2009 IDEES xx
FOOD & ENTERTAINING FOOD & ENTERTAINING
xx IDEES October 2009 October 2009 IDEES xx