SUID-AFRIKAANSE WYNOESVERSLAG 2004

Similar documents
Verslag oor die droëbone strookproewe: 2016/17 Report on the dry bean strip trials: 2016/17. September 2017

2016 VERITAS CLASSES / KLASSE

Indicate client(s) to whom this final report is submitted. Replace any of these with other relevant clients if required. FINAL REPORT FOR 2001/2002

Witblaarvlek (ook bekend as Grysstam) PJA Lombard en L Nowers Wes-Kaapse Departement van Landbou, Direktoraat Plantwetenskappe

CULTIVAR INFO : RUBY STAR * (PR00-33) ARC

Wêreld en Plaaslike nuus

Market comment Markkommentaar. May/Mei 2018

Droëboonkultivaraanbevelings Dry Bean Cultivar Recommendations

SUMMARY. diseases on mango plants and fruit and cause major economic losses to this industry.

FINALE NAVORSINGSVERSLAG (2000/2001): WINETECH

Van hier tot daar - 05 *

VOORWOORD. Lallemand: Natural solutions that add value to the world of winemaking DIE GESKIEDENIS EN AGTERGROND DIE LALLEMAND FILOSOFIE

VOORWOORD. Lallemand Inc. is n private. Lallemand Inc. is n Kanadese. Lallemand Inc. glo dat GESKIEDENIS & AGTERGROND VISIE & MISSIE LALLEMAND

ReTain. Reg No./Nr. L 6141 Act/Wet No./Nr.36 of/van 1947 WATER SOLUBLE POWDER / WATEROPLOSBARE POEIER. Active Ingredient / Aktiewe bestanddeel

Republiek van Suid Afrika Published online: 29 Oct 2010.

OpenStax-CNX module: m Lees en Woordorde * Siyavula Uploaders

Primêre Skool Jordania

JERSEY SA. Nuusbrief

OORSIG: CANOLA IN SUID-AFRIKA

Die geskiedenis van onderstokke in Suid-Afrika (Deel 1)

Makadamia bemesting beginsels

DIE INVLOED VAN SPESIFIEKE GROND EN KLIMAATS PARAMETERS OP WINGERDPRESTASIE, WYNKWALITEIT EN KARAKTER. deur F. A. ROUX

Potential of the 'Hall s Avoscan' as a Tool to Identify Soft Fruit during Packing for Export

MEDIAVRYSTELLING (English below) 24 Maart 2018 Vir onmiddellike vrystelling. Woolworths se kaas maak geskiedenis met twee in n ry

Marieta van Bladeren Nigella se aartappel blini. Maar ek dress hom soos die foto

FACULTY OF ECONOMIC AND MANAGEMENT SCIENCES DEPARTMENT OF ECONOMICS ECONOMICS 110 Semester test 1 14 March 2008 Total: 50 marks Time: 60 minutes

VENUE CHECKLIST. Venue pas in by julle tema (bv rustic- plaas, city-chic en modern, natuurlik, klassiek, medieval of iets heeltemal uniek ens)

van Suid Afrika Published online: 29 Oct 2010.

Ken jou wynterme. Brut Droë vonkelwyn.

GRONDBOONBOTTER FIX KOEKIE

DIE INVLOED VAN MELKSUURVORMENDE BAKTERIE~ OP DIE KWALITEIT EN SAMESTELLING VAN. DROe ROOIWYN

Afstand * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Bonnie en Tommie gaan see toe 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

INMAAKVRUGTE PERSPEKTIEF 2 AD COLLINS TOEKENNING 3 VERBRUIKERSTUDIES OLIMPIADE 4 VRUGMONSTER NEMING VIR RESIDU ONTLEDING 4

Die wynmakerfamilie van Zonnebloem, Simondium,

AANHANGSEL 1/ANNEXURE 1 TABEL 1/TABLE 1 TOELAATBARE KULTIVARS EN KORRELGROOTTE (ALLE KLASSE)/ PERMISSIBLE CULTIVARS AND BERRY SIZE (ALL CLASSES)

RIGLYNE VIR DIE KEUSE EN GEBRUIK VAN SPRINKELAARS

Nuusbrief / Newsletter

Per Serving: 310 Calories; 16g Fat; 36g Protein; Carbohydrate; 1g Dietary Fiber; 2g Net Carbs

FOLPAN 500 SC. Reg. No. / Nr. L 4662 Act No. / Wet No. 36 of / van 1947 N AR g / l NET VOLUME / NETTO VOLUME

Before using this product read the label carefully MAXIBOOST. Reg. No. B3815, Act No. 36 of 1947 Namibian Reg. No. N-F 237 Botswana Reg. No.

Gmail - Fw: BOLAND REELS VIR LIGA WEDSTRYDE

MONIQUE SE LEKKER PEANUT BUTTER FUDGE

1. PROPOSED DEMARCATION OF CAPE COASTAL AND AMENDMENT OF COASTAL REGION AND OLIFANTS RIVER 2. MANDATORY CALCULATION OF CARBON EMISSIONS

DE VETTE MOSSEL STRAND GROOTBRAKRIVIER

FERTIFLO (19) 96 g/kg 63 g/kg 32 g/kg 10 g/kg mg/kg 500 mg/kg 500 mg/kg 500 mg/kg 200 mg/kg 5 mg/kg

Charolais. Waarom n. kalwers groei vinnig, dus laer mortaliteit. Charolaiskoeie beskik oor genoeg melk om van die swaarste kalwers te speen.

AANHANGSEL 1/ANNEXURE 1 TABEL 1/TABLE 1 TOELAATBARE KULTIVARS/VARIëTEIT (ALLE KLASSE)/ PERMISSIBLE CULTIVARS/VARIETY (ALL CLASSES)

Mari Wasserman Berakah Makadamia Proewe

Stap 3 : Sorg dat die laaste periode van Augustus 2016 gedoen en gepos is.

Packaging / Verpakking: 1 L CAUTION VERSIGTIG SIEN INGESLOTE PAMFLET VIR VOLLEDIGE BESONDERHEDE SEE ENCLOSED PAMPHLET FOR FULL PARTICULARS

DIE ANCHOR WYNSPAN Ons lewer altyd diens met n glimlag.

TALENDO. Reg. No. L8116 Act No. 36 of 1947 Reg. Nr. L8116 Wet Nr. 36 van 1947 FUNGICIDE GROUP CODE U7 SWAMDODER GROEP KODE. UN No. / VN Nr.

Happiness is a cup of coffee. July 2016 Newsletter

WINE INDUSTRY STRATEGIC EXERCISE (WISE) Survey Feedback

SA Terroir Wine Awards 2008 Concept and Catalogue (catalogue, contact details on pages 3, 4)

MADELEINES MADELEINES

TEGNIESE TECHNICAL BULLETIN. Creating a progressive, equitable and sustainable table grape industry AUGUST 2018

Karamel Brownies. Karamel: 32 cream caramels (daardie caramel toffies wat in die lang boksies is) ½ k. botter 1 blik kondensmelk.

Isomate F C M CAUTION VERSIGTIG. Pamphlet

OpenStax-CNX module: m Gedigte * Siyavula Uploaders

Mari Wasserman Avokado Proewe

Spreek pizza so uit: pietsa. bak: to bake; om iets in n oond gaar te maak

2015/2016 VKB LANDBOU-ONTWIKKELING NAVORSINGSVERSLAG

TAMELETJIES GIDEON SE TAMELETJIE

No-Blite. No-Blite. Packaging / Verpakking: 5 kg

TEGNIESE TECHNICAL BULLETIN

BIOMECTIN. Reg. No. L 7979 Act/Wet No. 36 of/van 1947 N-AR 1112

THE CALCIUM ACCUMULATION PATTERN IN AVOCADO FRUIT AS INFLUENCED BY LONG-TERM IRRIGATION REGIME

Chlorpyrifos 480 EC. Reg. No.:L6272 Act /Wet No. 36 of/van 1947

THE INFLUENCE OF WET PICKING ON POST HARVEST DISEASES AND DISORDERS OF AVOCADO FRUIT

GEDRAGSKODE ROOIBOS MODULE. Weergawe 1.1

DEPARTEMENT VAN LANDBOU

SOME ASPECTS OF THE OIL AND MOISTURE CONTENTS OF AVOCADO FRUIT

SCHOEMANSDAL: 'N VOORTREKKERGRENSDORP, JOCHEMUS JOHANNES DE WAAL DOCTOR LITTERARUM ET PHILOSOPHIAE GESKIEDENIS

die M.Sc. (La.ndbou)-gra.a.d aan die Universiteit van Stellenbosch. Stellenbosch. Maa1't 196}. deur Verhandeling ingelewer ter verkryging van

ANCHOR PARSBOEK 2012 WINE YEAST THE LEADING NEW WORLD WINE YEAST BRAND

Welkom by Koekela Huiskafee

Pork belly roast. Ingredients. Method

SLAAI UITDAGING SALAD CHALLENGE

BOER. want boere is die beste. GRATIS Uitgawe Januarie

KEURINGSHANDLEIDING 1 INLEIDING INTRODUCTION 2 KEURDERS INSPECTORS 3 TIPES KEURING TYPES OF INSPECTION 4 ADMINISTRATIEWE VOORBEREIDING VIR KEURING

Robert Amundus Stolk. Thesis presented in partial fulfilment of the requirements for the degree of Master of Science in Agriculture

DE KRANS. 16 tot 28 Desember perskepluk, Sarel-taaipitperskes by De Krans, teen R8/kg. 4 tot 28 Februarie 2017, Hanepootpluk by De Krans

SEKTORALE VASSTELLING 13 VIR PLAASWERKER SEKTOR GEPUBLISEER IN STAATSKOERANT VAN 17 FEBRUARY 2006

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. In die saak tussen:- ANNA SUSANNA ELIZABETH VAN DER MERWE

Goeie bestuur gee jou n voorsprong

DIE QUINTUS PORK BELLY

DAAR IS NOG 15 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS

DASBERG BOERDERY BESIGHEIDSPLAN

CERCOSPORA SPOT OF AVOCADOS

AFLEWERING VAN DG/G WYNE DELIVERY OF DG/GOLD WINES BEOORDELING - JUDGING. 8 Aug Inskrywings sluit/entries close Oct

Skool Vakansie Sorg Bring die kinders om te kom SPEEL. Ons pas u kind op terwyl u werk.

Suurlemoengegeurde malvapoeding

Muffins Steak & Ale Tin Pies

Mushroom and Blue Cheese on Toasted Ciabatta

sweetcorn tert Metode:

Kerrie perskes. Pickled Fish

Tegniese Technical. Bulletin. Volume 3:1

Celtis Africana May The environmental awareness publication of Sterkfontein Country Estates

VERITAS TOEKENNINGS / AWARDS INSKRYWINGS INLIGTING / ENTRY DETAILS

Transcription:

SUID-AFRIKAANSE WYNOESVERSLAG 2004 Inligting verskaf deur VinPro en SAWIS Saamgestel en geskryf deur Romi Boom I. ALGEMENE OORSIG Herfs 2003: Goeie reën na die parsseisoen, gevolg deur warm droë weerstoestande, het tot laat blaarval aanleiding gegee. Dit het baie goeie opbou van reserwes tot gevolg gehad. Winter 2003: Koel maar heelwat droër as gewoonlik. Lae reënval het in al die streke voorgekom met die gevolg dat winter opgaardamme en ook grondwater in droëlandwingerde nie tot hul volle kapasiteit aangevul is nie. Die 2003 groeiseisoen: Die winter is deur n koue lente gevolg en die wingerde het 10 tot 14 dae later as gewoonlik begin bot. Danksy die goeie weerstoestande en goeie reserwevlakke het die wingerde besonder goed aan die begin van die groeiseisoen gegroei. Koeler toestande in Oktober en November het n lang blomperiode tot gevolg gehad, wat ook tot ongelyke korrelset en trosse wat nie egalig ontwikkel het nie, aanleiding gegee. Dit was een van die grootste uitdagings in die wingerd vanjaar en wingerdspanne het heelwat tyd en aandag aan die verwydering van groentrosse gespandeer om egalige rypwording te bevorder. Deurslaan was ook 10-14 dae later as gewoonlik. Die 2003/2004-seisoen sal ook as een van die gesondste ooit onthou word, wat hoofsaaklik aan die afwesigheid van reën toegeskryf kan word. Slegs in die laer gedeelte van die Breërivier vallei het sporadiese suid-oosreën en hoë humiditeit aan die begin van die seisoen probleme met Botritis veroorsaak. Die oes: Een lang beproewing is hoe talle produsente en werkers die 2004-oes sal onthou. Koel weersomstandighede het baie goeie groei- en rypwordingstoestande tot gevolg gehad, maar het alles vertraag. Vroeg in Maart het die grootste deel van die oes nog aan die stokke gehang terwyl dit gewoonlik reeds in die kelder is. Rypwording het 7 tot 14 dae later as in 2003 plaasgevind met n hittegolf in Februarie en reën aan die begin van Maart wat die oes verder vertraag het. Gedurende die lang hangtyd het die druiwe stadig ryp geword en kompleksiteit ontwikkel, maar dit het nimmereindigend gevoel en senuwees van staal geverg om geduldig te wag vir die druiwe om die optimum

2 rypheidsgraad te bereik. Suikers was goed met sure en ph s wat nie altyd so gewens was nie, maar wel in die gistenke deur die wynmakers reggestel kon word. Die kleur van rooiwyn kultivars was vanjaar besonder goed en intens danksy die koel nagtemperature. Die wyne: Weens die goeie gehalte van die druiwe wat gepars is, lyk die wyne belowend. Dit is tans nog te vroeg om te sê hoe die wyne gaan ontwikkel, maar ondervinding het geleer dat die wyne van n koeler seisoen stadiger ontwikkel as wyne van n warm droë seisoen. Oesgrootte: 2004 was n jaar wat almal die oes onderskat het. Aanvanklike skattings en aanduidings was dat dit n baie gemiddelde oes gaan wees. Uiteindelik was dit die grootste oes ooit in die Suid-Afrikaanse wynbedryf! Die geraamde totale wynoes van 1 018,50 miljoen liter (1 314 364 ton) verteenwoordig n toename van 6,54%. Bogenoemde syfers sluit in sap en konsentraat vir nie-alkoholiese doeleindes, rabat en distilleerwyn, teen n herwinningskoers van 775 liter per ton druiwe. Dit is veral die Oranjerivier- en Worcester streke wat die grootste toenames toon. Die somerreën in die Oranjerivier streek het heelwat tafel- en droogdruiwe in kelders laat beland terwyl uitbreiding en n besondere goeie jaar n rekord oes vir Worcester gebring het. Stellenbosch: Goeie gemiddelde oesjaar met wyngehalte wat van baie goeie tot gemiddelde rooi- en witwyne wissel. Paarl: Ondanks n uiters droë winter is n groot oes ingesamel. Wynmakers sien uit na baie goeie wyne. Baie mooi vrugtige Chenin blanc en Chardonnay. Goeie Cabernet Sauvignon en puik Shiraz. Swartland: Een van die droogste seisoene in jare. Baie mooi vrugtige Chenin blanc en Chardonnay. Goeie Cabernet Sauvignon en puik Shiraz. Robertson: Warm, bedompige toestande en sporadiese reënval. Chardonnay soos gewoonlik baie goed. Vrugtige Colombar. Die kleur en gehalte van die rooiwyne is goed, veral Merlot. Shiraz en Cabernet Sauvignon baie belowend. Worcester: Die grootste oes in Worcester/Rawsonville se geskiedenis. Meer komplekse wyne; witwyne met effens minder vrug. Chardonnay uitstekend. Klein Karoo: n Warm, droë somer met min reën. Die gehalte van die wyne lyk baie belowend.

3 Olifantsrivier: Heelwat kleiner oes weens kwaai droogte. Die gehalte van die rooi en die vroeë wit kultivars lyk baie belowend. Die streek se potensiaal vir die verbouing van gehalte rooidruiwe is nogmaals bevestig deurdat n aansienlike persentasie van die oes aan kelders in die Boland gelewer is. Oranjerivier: n Rekordoes 16% meer wyndruiwe as die vorige grootste oes (2002) is gepars. Die suikers en gehalte van druiwe gelewer aan die kelders was goed ten spyte van die reën. II. VERNAAMSTE WYNSTREKE STELLENBOSCH Die oes is sowat 7% groter as 2003 wat na aan n gemiddelde oes vir die streek is. Groter drag het veral by Shiraz (groter trosse), Merlot en Pinotage voorgekom. Cabernet Sauvignon het gemiddeld tot laer geproduseer. Die wit kultivars se oeste was gemiddeld tot wisselvallig. Die 2003 klimaat is deur n warm en droë herfs en vroeë winter gekenmerk. Goeie reën het in Augustus en September voorgekom. Die lente en vroeë somer was koel met goeie reën in Desember. In Januarie en die eerste gedeelte van Februarie het bogemiddelde temperature met geen reënval voorgekom. Daarna het koeler temperature met goeie reën aan die begin van Maart voorgekom. Die kenmerkende suid-ooste winde in die groeiseisoen was afwesig. Gereelde suid-suidweste winde het wel voorgekom, wat matige temperature in die groeiseisoen veroorsaak het. Goeie bot het voorgekom, maar aanvanklike lootgroei was ongelyk, hoofsaaklik as gevolg van die uitwerking wat die droë warm herfs (vroeë blaarval) en vroeë winter op stokreserwes gehad het. Die ongelyke lootgroei het n ongelyke en lang blomperiode veroorsaak. Die faktore het tot ongelyke kleurvorming en rypwording gelei en oesbeheer was van belang om meer gelyke rypwording te bevorder. Die goeie reën deur die groeiseisoen het uitstekende lowers tot gevolg gehad. Geen noemenswaardige swamsiektes het voorgekom nie, met uitsondering van oïdium op blare en lote laat in die seisoen.

4 Oor die algemeen kan 2004 as n goeie oesjaar beskryf word. Die gehalte van die vroeë en mid-seisoen rooi kultivars, veral Shiraz, was baie goed. Die gehalte van die wit kultivars wissel van baie goed tot gemiddeld. Met die laat rypwording van veral Cabernet Sauvignon is hoë ph en lae sure ondervind. PAARL Die 2003/4-seisoen sal seker as een van die droogste seisoene die afgelope 15 jaar onthou word. n Groot oes is nietemin ingesamel. Die mees onlangse syfers toon dat die 2004-oes (130 639 ton) slegs ongeveer 9% minder as die rekordoes van 2003 (144 833 ton) gaan wees. Laer produksies het by Chenin blanc, Chardonnay, Sauvignon blanc en Merlot voorgekom. Die 2004-seisoen was wingerdboukundig n baie groot leerskool. Nadat die winterreëns van 2003 feitlik twee maande laat én baie minder was as die normale, het wingerde ongeveer 14 dae laat begin uitbot. Uitbot was onegalig, veral in die geval van Chenin blanc, Chardonnay, Merlot, Shiraz en Cabernet Sauvignon. Temperature die afgelope seisoen is baie goed vergelykbaar met die langtermyn gemiddeld, alhoewel dit in Wellington en Noorder-Paarl matig warmer as in 2003 was. Weens lae winter- en somerreënval was die stand van damme in die Boland baie laer as aan die begin van die seisoen. Die hoeveelheid en frekwensie van besproeiing is afwaarts aangepas. Na die aanvanklike vertraagde uitbot het wingerde baie goed begin groei en droëland wingerde het verbasend geil vertoon. Namate die lowers ontwikkel het, het die onegaligheid wat tydens en kort na uitbot voorgekom het, verdwyn (ook met die regte tip-aksies se hulp). Baie trosse is afgegooi om egalige trosrypheid in n wingerd te verkry.

5 Hittegolwe het wel voorgekom; te wete 4 Januarie asook 9-11 Februarie. Laat kultivars en blokke het baie gesukkel om die regte rypheidsvlakke te bereik en daar was groot dankbaarheid oor 10 mm reën aan die begin van Maart. Daar was byna geen donsskimmel nie, maar witroes het oral voorgekom, veral na die goeie reën tussen Kersfees en Nuwejaar (30 65 mm). Daar was geïsoleerde gevalle van Botritis. Goeie spuitprogramme in die winter het witluispopulasies tydens die groeiseisoen laag gehou. Wynmakers is optimisties oor die wyne van 2004. Gisting het baie goed verloop en veral appelmelksuurgisting is in die meeste gevalle sonder probleme voltooi. Trosmonsters het in die meeste gevalle n beter aanduiding van die rypheidsvlak van n blok gegee as korrelmonsters. Hoër ph s en laer suurkonsentrasies by dieselfde suikervlakke as in 2003 het plek-plek voorgekom. Die ontledings word grootliks aan die droë en matig warmer toestande toegeskryf. Chenin blanc Baie mooi vrugtige wyne. Chardonnay Baie vrugtige wyne. Volrypheid is by laer suikervlakke bereik (± 24 B). Sauvignon blanc Effens minder geur as in 2003, maar die gehalte is steeds goed. Pinotage Gehalte is goed. Baie rosé en Blanc de noir wyne is vanjaar vanaf sap wat van Pinotage afgetrek is, gemaak. Merlot Die meeste druiwe is na die 9-11 Februarie hittegolf gepars en het hoë suikervlakke gehad, maar nie in alle gevalle die gewenste kultivarkarakter nie. Shiraz n Puik seisoen. Wyne het goeie kleur- en kultivarkarakter. Cabernet Sauvignon Baie goeie druiwe en wyne van blokke wat vroeg geoes is. SWARTLAND Die afgelope seisoen sal as een van die droogste seisoene in jare onthou word. Ten spyte van die feit dat die 2004-oes (102 571 ton) ongeveer 6% minder is as

6 die rekordoes van 2003, is dit ongeveer 28% groter as 2002. Laer produksies het by Chenin blanc, Chardonnay, Sauvignon blanc, Merlot en Cabernet Sauvignon voorgekom. Wingerde het tot 14 dae later as normaal uitgebot. Dit kan hoofsaaklik verklaar word deur die winterreën wat eers einde Julie in die streek begin val het. Laat koue en nat toestande het onegalige bot by veral Shiraz, Cabernet Sauvignon, Merlot en Chardonnay veroorsaak. Temperature was matig koeler as in 2003. Winter- en somerreënval was heelwat laer as die langtermyn gemiddeld. Droëland sowel as aanvullend besproeide wingerde het met ʼn baie laer grondvogstatus weggespring. Desondanks het die wingerde verbasend geil gegroei. Baie trosse is afgegooi om egalige trosrypheid te verkry. Broodnodige somerreën tussen Kersfees en Nuwejaar (30 60 mm) het dwarsdeur die streek voorgekom en die oes gered. Hittegolwe het wel voorgekom; te wete 4 Januarie asook 9-11 Februarie. Laat kultivars en blokke het baie gesukkel om die regte rypheidsvlakke te bereik en daar was groot dankbaarheid oor ± 10 mm reën aan die begin van Maart. Daar was byna geen donsskimmel nie, maar witroes het oral voorgekom, veral na die goeie reën tussen Kersfees en Nuwejaar (30 65 mm). Daar was geïsoleerde gevalle van Botritis. Goeie spuitprogramme in die winter het witluispopulasies tydens die groeiseisoen laag gehou. Trosmonsters het in die meeste gevalle n beter aanduiding van die rypheidsvlak van n blok as korrelmonsters gegee. Hoër ph s en laer suurkonsentrasies by dieselfde suikervlakke as in 2003 het plek-plek voorgekom. Die ontledings word grootliks aan die droë en matig warmer toestande toegeskryf. Chenin blanc Baie mooi vrugtige wyne, veral van die vroeë blokke. Chardonnay Baie vrugtige wyne. Volrypheid is by laer suikervlakke bereik (± 24 B).

7 Sauvignon blanc Effens minder geur as in 2003, maar die gehalte is goed. Pinotage Gehalte is goed. Baie rosé en Blanc de noir wyne is vanjaar vanaf sap wat van Pinotage afgetrek is, gemaak. Merlot Die meeste druiwe is na die 9-11 Februarie hittegolf gepars en het hoë suikervlakke gehad, maar nie in alle gevalle die gewenste kultivarkarakter nie. Shiraz n Puik seisoen. Wyne het goeie kleur- en kultivarkarakter. Cabernet Sauvignon Baie goeie druiwe en wyne van blokke wat vroeg geoes is. ROBERTSON Gedurende die 2004-oes is 184 027 ton druiwe in die Robertson Wynvallei gepars. Dit is 4% meer as in 2003. Produksie van die vroeë kultivars, veral Chardonnay en Pinotage, was groter. Baie jong rooidruif wingerde het in drag gekom. Die 2003/2004-oes is deur n koue, maar droë winter voorafgegaan. Uitbot was 10-14 dae later. Vroeë bot kultivars het egaal gebot, terwyl meer onegalige bot by later bot kultivars ondervind is. Wingerde het uit die staanspoor goed gegroei danksy gunstige klimaatstoestande en die afwesigheid van gereelde sterk wind. Blom was 10-14 dae later, met gunstige weer wat tot goeie gelyke blom en goeie set by veral die vroeë kultivars gelei het. By kultivars wat later blom, is meer onegalige blom verkry en gevolglik moes groter klem op later groen trosverwydering gelê word. Na die onweer en reën in Januarie, gevolg deur bedompige toestande, het Botritis asook suurvrot problematies geraak, veral by die vroeë kultivars. Gereelde ligte reën in Bonnievale het verder tot die probleem bygedra. Min probleme met vrot is by die later kultivars ondervind. Laat in die seisoen het donsige skimmel en witroes tot vertraagde rypwording en vervroegde blaarverlies gelei. Knoppiesblaar het op die jong blare van veral Sauvignon blanc en

8 Cabernet Sauvignon voorgekom en witluis was weer eens n probleem, hoewel miere vanjaar beter beheer is. Die 2004-rypwordingsperiode sal onthou word vir die warm, bedompige toestande wat pars voorafgegaan het, met hittegolftoestande vroeg in Januarie en vroeg in Februarie. Parstyd het 7-10 dae later begin. Gedurende die tweede helfte van parstyd het suikers skielik gespring en gelyke rypwording van die meeste kultivars het veral rooiwyn fasiliteite onder druk geplaas. Sure was deurgaans laag en suuraanpassings nodig. Die algemene wyngehalte is goed. Chardonnay lyk soos gewoonlik baie goed, terwyl die Sauvignon blanc wat voor die hittegolf gepars is, baie belowend lyk. Colombar vertoon vanjaar weer heelwat vrug. Oor die algemeen is die kleur en die gehalte van rooiwyn goed, veral Merlot is heelwat beter as verlede jaar. Heelparty Shiraz en Cabernet Sauvignon hou ook belofte in. WORCESTER Die 2004-oes is die grootste oes in Worcester/Rawsonville se geskiedenis. Die oes is 17% groter as in 2003. Die produksietoename van premium wit en rooi druiwe is 28% en 31% onderskeidelik. Die groter oes kan aan gunstige weerstoestande, min/geen swamsiektes, beter produksiepraktyke, oordeelkundige besproeiing, geleidelike uitbreiding van wingerdoppervlakte en gereelde uitkap van onproduktiewe wingerde toegeskryf word. Die oes was ongeveer 10 14 dae later met party kultivars wat ongeveer 30 dae later gepars is, bv. sekere blokke Pinotage. Dit het groot druk op verwerkingskapasiteit later in die seisoen geplaas. Reënval was meer as 50% laer as die langtermyn gemiddeld. Dit het tot n besonder swam- en siektevrye jaar bygedra.

9 Gemiddelde maksimum en minimum temperature was oor die algemeen hoër gedurende die rypwordingsperiode, met minder humiditeit. Botritis het gedurende parstyd voorgekom. Witluis infestasie bly hoog. Rolblaar en vertraagde rypwording neem toe. Die groot oes het druk op keldergeriewe geplaas en n aansienlike deel van die oes is tot rabat verwerk. Meer komplekse wyne met effens minder vrugtige witwyne word verwag. Droë wit kultivars wat voor die hittegolf in die middel van Februarie gepars is, vertoon goed. Besonderse wyne van geselekteerde blokke kom voor. Chardonnay het weer eens bewys dat dit n kultivar is wat goed in die Worcester/Rawsonville area aangepas is. KLEIN KAROO Die afgelope seisoen kon die streek in twee definitiewe gedeeltes, naamlik oostelik en westelik, verdeel word. In die weste (vanaf Montagu tot Barrydale) was die produksies hoër as in 2003. Daarteenoor was die produksies in die ooste (vanaf Ladismith tot Oudtshoorn) laer as in 2003. Die produksie vir 2003/2004 beloop 43 951 ton, wat 3,9% groter as die 2003-oes is. Groter Colombar produksies, veral in die westelike deel, het veral tot die groter oeste bygedra. Die 2003/2004-seisoen is deur n droë winter met gereelde bergwind toestande voorafgegaan. Die goeie reën tydens Maart 2003 het egter tot gevolg gehad dat die seisoen met die hoogste damvlakke nog begin is. Daar was goeie opbou van koue-eenhede en ligte sneeuneerslae het teen die einde van die winter en vroeg in die lente, veral op die Swartberge, voorgekom. Die koel weer in September het veroorsaak dat die wingerde 10 14 dae later as normaal uitgebot het en die vroeë kultivars veral is beïnvloed. Wingerde het aanvanklik stadig gegroei as gevolg van herhaalde koue fronte. Vroeë kultivars het oor n baie lang periode geblom, maar daarna baie geil gegroei.

10 Die somer is deur warm, droë weer met min reën gekenmerk. Hittegolwe vroeg in Januarie het sonbrandskade, veral op die noord-suid rye in die Montaguomgewing, veroorsaak. Hittegolwe het ook op 9 en 10 Februarie voorgekom. Gereelde donderweer en reën het veral in die oostelike gedeeltes van die Klein Karoo voorgekom en vrot op die vroeë kultivars veroorsaak. Die vroeë kultivars is tot 14 dae later geoes. Dit het groot druk op die kelders tydens die middelste deel van die pars geplaas. Doprypheid was n baie beter aanduiding van optimale rypheid as suikers. Sure was oor die algemeen laag. Dit was n baie gesonde seisoen behalwe vir geïsoleerde gevalle van vroeë donsskimmel. Witroes en donsskimmel het laat in die seisoen voorgekom. Witluis bly steeds n probleem in die Klein Karoo. Wyngehalte lyk baie belowend, veral by druiwe van blokke wat die afgelope seisoen goed bestuur is. OLIFANTSRIVIER Die totale oes sal waarskynlik net minder as 180 000 ton beloop, wat ongeveer 12% minder is as die oes van 2003. Hierdie afname kan hoofsaaklik toegeskryf word aan Colombar, Chenin blanc en veral Hanepoot en Chardonnay wat vanjaar heelwat ligter oeste gelewer het. Weens die droogte van die afgelope jaar het streng waterbeperkings produsente tot minder as die helfte van hul toegekende hoeveelheid water per hektaar beperk, met n gepaardgaande afname in trosmassas teenoor verlede jaar. Hoewel bykans alle rooiwynblokke se opbrengs per hektaar beperk word, het die persentasie rooidruiwe nogtans vanaf 17% in 2003 tot 19% gestyg. Vanjaar is minstens 8 000 ton druiwe aan kelders in die Boland gelewer, waarvan ongeveer 5 000 ton rooi druiwe was, wat weer eens die streek se potensiaal om rooi druiwe van gehalte te verbou, bevestig het. Daar was slegs twee uitsonderlik warm dae in Januarie en Februarie. Die gemiddelde Februarie temperatuur was vanjaar bykans dieselfde as in 2003,

11 naamlik 22.5 C, met gemiddeldes van onder 19 C by meetpunte nader aan die kus. Die koeler rypwordingsperiode het gesorg dat kultivars stadiger en meer verspreid rypword, wat die druk op die kelders aansienlik verlig het. Trosmassas van rooi druiwe was vanjaar aansienlik ligter, veral by Shiraz en sekere Pinotage blokke. Die besonder kompakte trosse van Pinotage het korrekte monsterneming bemoeilik. Die seisoen was besonder siektevry met slegs enkele gevalle van donsskimmel en vrot. Witluisbesmettings het veral laat in die seisoen voorgekom. Soos verlede jaar lyk die gehalte van die rooi en die vroeë wit kultivars baie belowend. Die 2004-oes is met relatiewe gemak deur die kelders hanteer en behoort wyne van bogemiddelde gehalte op te lewer. ORANJERIVIER Die 2004-oes is n rekordoes 16,6% meer wyndruiwe as die vorige grootste oes (2002) is gepars. Groot hoeveelhede Sultanas en tafeldruiwe is gepars na die ongunstige reën wat vanaf 6 Januarie in die gebied geval het, asook die swak rosyntjieprys. Die wyndruif kultivars het uitstekend presteer en jonger aanplantings het ook in vol drag gekom. Na die 2003-oes het feitlik geen reën voorgekom nie en die wingerde het baie gesond gebly. Ligte ryp het op 26 Mei geval en strawwe ryp op 6 en 7 Junie. Die wingerde het hul blare tot die einde behou en die lote is dus goed ryp gemaak. Die winter is deur koue nagte en gematigde tot warm dae gekenmerk, met abnormale hitte vroeg in Augustus. Daarna het dit tot begin Oktober koel gebly, met reënbuie in September. Bottyd was 10 dae later en blomtyd 3 dae later. Die wingerde het oor die algemeen baie goed gebot, hoewel vertraagde bot en groeistilstand voorgekom het. Maandagoggend 22 September sal as n Swart Maandag onthou word aangesien omvangryke en ernstigste swart ryp in die gebied voorgekom het. Honderde hektare, veral sultanas, het ernstige rypskade gekry. Die wyndruiwe

12 was nog baie effens gebot (slegs aan die beginfase van bot) en het dus geringe rypskade opgedoen. Einde Oktober het haelbuie sekere streke ernstig getref. Besproeiingswater was deurlopend volop. Gedurende die na-oesperiode het donsskimmel en witroes voorgekom. Dit was n lang parsseisoen en die groot inname het enorme druk op kelders se fasiliteite geplaas. Die suikers en gehalte van druiwe gelewer aan die kelders was goed ten spyte van die reën, hoewel die gehalte van die wyne moontlik nie so goed soos verlede jaar sal wees nie. III. OESJAARGIDS Die aantal wynstreke, hul geografiese afstand en klimatologiese verskille maak dit onmoontlik om te veralgemeen, maar die oorkoepelende eienskappe van die vorige vyf oesjare kan soos volg opgesom word: 2003: n Uitstekende oesjaar, een van die heel bestes die afgelope tyd. Witsowel as rooiwyne beïndruk met volronde struktuur en kompleksiteit. 2002: Let op individuele kelders, eerder as algemene tendense. Donsskimmel het wydverspreide probleme veroorsaak. Goeie Sauvignon Blanc, Chardonnay, Shiraz, Merlot, Pinotage en nuwe kloon Cabernet Sauvignon wyne. 2001: Die somer was baie warm en droog met min siektes. Wyne was hoog in alkohol, met baie gekonsentreerde geure. 2000: Die oes was klein. n Aantal uitstekende rooiwyne wat goed sal verouder. Groot, alkoholiese witwyne. 1999: Groot oes, warm somer. Uitstekende rypwordingstoestande. Rooiwyne hoog in alkohol, sal mettertyd ontwikkel. Vrugtige witwyne.