01/07/2012 ISSUE 10 UITGAWE 10 BLWK/CAWC Nuusbrief / Newsletter Inside this issue: Inhoud: Oumansoutbos 2 Permanente Lusern 4 Clubroot 6 Nuwe wapen 8 Hallo Almal 2012 Wat is aan die gebeur in die vereniging Baie van julle is dalk met vakansie en ons vertrou dat almal veilig sal ry en vernuwe sal terug kom. Vir die wat met Jan Tuisbly se karretjie moet ry sterkte. In hierdie nuusbrief word die wapen wat ontwerp is vir die vereniging bekend gestel. Ons sal graag insette wou kry oor moontlike kleure en dalk byvoegings. In hierdie aflewering van die nuusbrief kyk ons weer so bietjie na weidings en ook n waarskuwing vir produsente oor n moontlike siekte. Lekker lees. Groete Johann Strauss Upcoming farmers days and events: Roodebloem Overberg Agri boeredag, 30 Augustus Riversdal Boeredag 5 September SKOG boeredag 6 September Besprekings Indien julle vrae het oor enige onderwerp of iets pla in jou bewaringsprogram kan julle die vrae deurstuur en ons kan dit dan vir algemene bespreking (anoniem) oopstel vir almal om insette te lewer. Stuur vrae aan: johannst@elsenburg.com
Page 2 Oumansoutbosbenutting op Langtermyn Wisselbouproef te Langgewens Samie Laubscher en Johann Strauss Instituut vir Plantproduksie Wes-Kaapse Departement van Landbou Navorsing en ondervinding het gewys dat die beskikbaarheid van goeie kwaliteit weiding gedurende die laat herfs- en vroeë wintermaande n wesenlike probleem in die Swartland is. Die tydperk ter sprake, strek gewoonlik vanaf die eerste moontlike reën in April en Mei totdat daar genoeg natuurlike weiding beskikbaar is. Die natuurlike weiding wat gedurende die droë tydperk (somer tot vroeë winter) beskikbaar is, wissel van koringstoppelreste na strooptyd (waarvan die kwaliteit vinnig afneem soos die seisoen vorder) tot medicstoppelreste, laasgenoemde hoofsaaklik in die vorm van peule. Onder gunstige toestande word massas voedsame medicpeule (tot soveel as 2000 kg ha -1 ) in die lente geproduseer op produktiewe medicweiding, wat dan in die somer en herfs deur die vee benut word. Wat egter belangrik is, is om die hoeveelheid peule op die weiding voortdurend te monitor om te verseker dat voldoende hoeveelhede saad (500 kg ha -1 peule minimum) tot die saadbank bygevoeg word (MB Hardy, persoonlike kommunikasie.). Die volhoubaarheid van peulgewas weidings word gemeet aan die sukses van hervestiging in n weidingsjaar wat meestal n funksie van n voldoende saadbank is. Die bestuur van die weiding met hervestiging en tydens blomtyd en peulvorming is ook van kritieke belang vir die sukses van die stelsel. Met die vestiging van die langtermyn wisselbouproef te Langgewens Navorsingsplaas in die Swartland in 1995 en 1996, is gepoog om tesame met die kontantgewasstelsels, wat gewasse insluit soos koring (K), canola (C) en lupiene (L), ook weidingstelsels te implimenteer wat van die bestuursaspekte, soos bo genoem, sal aanspreek. Die weidingsgewasse sluit in medics (M) en n mengsel van medics en klawers (Mk). n Gedeelte van die beskikbare grond wat as lae-potensiaal grond beskou is, is afgestaan aan die vestiging van Oumansoutbos (S). Die stelsels wat geëvalueer word, en waaraan spesifiek n weidingskomponent gekoppel is, elk in n vierjaarsiklus, is: KMKM, KMkKMk, KMCM en KMkKMk+S. n Weidingstelsel soos die KMkKMk+S-stelsel word spesifiek gebruik om volhoubaarheid van peulgewas weidings te verhoog. Wanneer daar n natuurlike kosskaarste is voor, tydens en net na lamtyd word die spesifieke stelsel se ooie na die soutbosgedeelte verskuif. Die ooie se verskuiwing na die soutbos word gedoen sodra planttyd n aanvang neem, en bly gewoonlik daar tot ongeveer middel Junie. Terwyl die ooie in die soutbos is, word die bosse geknip tot op die skape se vreethoogte wat meebring dat bosse beter benut word, en ook verhoed dat soutbosstruike te hoog en onbeheerbaar wild groei. Die ooie van die ander stelsels word direk na die weidings geskuif wat besig is om te hervestig. Dit plaas geweldige druk op dié weidings, veral as dit nie n vroeë reënvaljaar is nie. Gevolglik kry die weidingskampe waarvan die skape in die soutbos is behoorlik kans om te hervestig en kan die weiding beter groei, wat later tot beter peulvorming sal lei.
Page 3 Opnames toon elke jaar dat lammers van KMkKMk+S-stelsel vroeër markgereed is, wat verdere druk op weidings verlig deurdat minder skape per hektaar tydens blom- en peulvorming op weidings teenwoordig is. Navorsing toon ook jaar vir jaar dat die KMkKM+S--stelsel in die geheel ekonomies die beste vaar van al die stelsels gemeet in die wisselbouproewe. ONTHOU: Soutbos is geklassifiseer as n Kategorie 2 Indringerplant volgens Regulasie 15 van die Wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne (Wet 43 van 1983). Dit beteken dat jy wel nog soutbos mag aanplant, maar binne n goedgekeurde, afgebakende gebied. Jy moet ook enige verspreiding daarvan buite die gebied beheer. Die afgebakende gebied mag nie binne 30 m van die 1:50 jaar vloedlyn van waterbane en vleilande wees nie. Toestemming moet van Nasionale Departement van Landbou verkry. Beamptes van LandCare by die Wes-Kaapse Departement van Landbou se kantore kan u behulpsaam wees met die aansoek. Kontak ersoon: Samie Laubscher samiel@elsenburg.com
Page 4 Permanente Lusern weidingstelsel wys sy staal Willie Langenhoven en Johann Strauss Instituut vir Plantproduksie Wes-Kaapse Departement van Landbou Een van die stelsels wat op die Tygerhoek Navorsingsplaas as deel van die langtermyn wisselbou proef hanteer word, is n permanente lusern weiding. Die spesifieke stelsel is in 2002 met die aanvang van die proef gevestig en sedertdien bewei. Ons is tans in die 11de jaar van beweiding. Dit moet onthou word dat die proef onder droëland verbouingstoestande geskied en daar dus nie van besproeiing gebruik gemaak word nie. Die lusernstelsel word op n wissel-weiding basis bestuur en bestaan uit 6 kampe, wat beteken dat die skape een week op elke kamp loop en die kamp dan vir vyf weke gerus word. Hierdie werkswyse te same met die bestuur van onkruid het gehelp om die lusern gesond en produsered te hou. In tabel 1 word n opsomming gegee van al die aksies wat op die stelsel gedoen is sedert die aanvang van die wisselbou proef in 2002. Tabel 1. Agronomiese aksies op permanente lusernstelse Datum Aksie Produk Dosis/Ha 5/21/2002 Saai lusern SA Standaard 14 kg 7/22/2002 Spuit Buctril DS 750 ml Jun-03 Spuit Gramoxone 2.0 liter Sep-03 Spuit Gramoxone 2.0 liter Sep-04 Spuit Gramoxone 2.0 liter Jul-05 Spuit Folimat 80 ml Sep-05 Spuit Gramoxone 2.0 liter Jul-06 Spuit Folimat 80 ml Okt-06 Spuit Gramoxone 2.0 liter Mar-07 Strooi Kalk Kalsities 1.5 ton Aug-07 Spuit Gramoxone 2.0 liter Sep-08 Spuit Gramoxone 2.0 liter Sep-09 Spuit Gramoxone 2.0 liter Sep-10 Spuit Gramoxone 2.0 liter Feb-11 Strooi Kalk Kalsities 2.0 ton Aug-11 Spuit Metribuzin 1.0 liter Ons het onlangs n interim verslag, vir die tydperk 2002 tot 2010, saamgestel ten opsigte van die ekonomiese ontleding van die langtermyn wisselbou proef. Hieronder volg n paar waarnemings wat uit die data verkry is, die volledige verslag is beskikbaar en belangstellendes kan vir Dr Johann Strauss (johannst@elsenburg.com) kontak:
Page 5 1. Die onkruidbeheerkoste verbonde aan die permanente lusern stelsel was in die meeste jare laer as enige van die ander stelsels wat getoets word. 2. Die permanente lusern het die laagste bemestingskoste getoon van alle stelsels. 3. Vanaf 2004 was die aanvullende voer koste die hoogste inset vir weiding stelsels, ten spyte van dié feit, het die lusern stelsel nog steeds die laagste inset getoon ten opsigte hiervan. 4. Die Bruto Marge van die lusern stelsel was die stabielste van alle stelsels gevolg deur n suiwer kontantgewas stelsel van 6 jaar (Koring-Gars-Lupien-Koring-Gars-Canola). Hierdie feit kan verduidelik word deurdat lusern se toedeelbare veranderlike kostes in die algemeen minder is as enige stelsel waarin kontantgewasse alleen of saam met eenjarige weidings verbou word. Te same hiermee word luserngroei gedurende die somermaande bevorder, wat beteken dat minder aanvullende voer benodig word vir die stelsel in vergelyking met ander weidingstelsels onder droëland verbouing. 5. Die permanente lusern stelsel het nooit n negatiewe bruto marge getoon oor die tydperk van die interim verslag nie. Die proefdata en bruto marge analises ondersteun die plaasstelsel van 5 6 jaar lusern gevolg deur 5 6 jaar kontantgewasse wat tans algemeen in gebruik is in die Suid-Kaap. Willie Langenhoven (williel@elsenburg.com) Permanente lusern Foto geneem in die 2012 weiding op Tygerhoek. eerste week van Mei
Page 6 Don t forget about your canola roots! Lizette Nowers Institute for Plant Production Western Cape Department of Agriculture Clubroot is a well known disease on crucifer crops in the Western Cape. The disease is a fungal infection of the roots and root hairs of cabbage, cauliflower, broccoli, Brussels sprouts, radish and also oilseed rape. Clubroot symptoms on crucifer The disease is initially difficult to detect, as an infected plant can survive the diseases during its whole life span. The soil borne fungus, Plasmodiophora brassicae (various races occur worldwide), invades the root cells where it stimulates the plant cells to multiply rapidly, resulting in the formation of galls. Normal water and nutrient uptake of the plant is inhibited, resulting in a stunted, low yielding plant. When this infection occurs at a very young stage, the plant may die, but older plants do survive, showing only wilt symptoms during water stressed periods. Clubroot symptoms on crucifer The fungus spreads by swimming in wet soils. Favourable conditions for disease development are acidic soils with temperatures between 12 C and 27 C. The importance of monitoring this disease lies in the fact that the organism can remain dormant yet
Page 7 viable for at least 7 years in infested soils! In 2006 it was reported that this disease does indeed occur on canola in Alberta, Canada. A first report of clubroot on canola has just been published by the Department of Agriculture and Food, Western Australia (2012). Producers of or visitors to local canola fields should be on the lookout for this disease when circumstances coincide with the following factors: - short canola rotation systems - low ph soils (below 7) - very wet soils (close to saturation point) - stunted growth - wilting on dry days, but recovering afterwards - fewer, smaller leaves - galls on roots Canola growers, researchers and interested parties can submit suspect samples for plant pathological examination by the Plant Pathology laboratory of the Institute for Plant Production at Elsenburg. Currently the tariff for such an examination will be R 94.60 per sample (10 plants). However, ms Lizette Nowers should be contacted before sampling : 021-8085269 or lizetten@elsenburg.com. Young crucifer plants wilting and dying of clubroot infestation
Page 8 NUWE WAPEN VIR VERENIGING Lewer asb kommentaar oor die ontwerp en die kleure en enige bykomstigheid. Epos vir Johann Strauss (johannst@elsenburg.com)