DEPARTEMENT VAN LANDBOU

Similar documents
GOEWERM ENTSKENN ISGEWINGS

AANHANGSEL 1/ANNEXURE 1 TABEL 1/TABLE 1 TOELAATBARE KULTIVARS/VARIëTEIT (ALLE KLASSE)/ PERMISSIBLE CULTIVARS/VARIETY (ALL CLASSES)

AANHANGSEL 1/ANNEXURE 1 TABEL 1/TABLE 1 TOELAATBARE KULTIVARS EN KORRELGROOTTE (ALLE KLASSE)/ PERMISSIBLE CULTIVARS AND BERRY SIZE (ALL CLASSES)

No. R November MARKETING OF AGRICULTURAL PRODUCTS ACT, 1996 (ACT No. 47 OF 1996)

Verslag oor die droëbone strookproewe: 2016/17 Report on the dry bean strip trials: 2016/17. September 2017

Potential of the 'Hall s Avoscan' as a Tool to Identify Soft Fruit during Packing for Export

2016 VERITAS CLASSES / KLASSE

Stap 3 : Sorg dat die laaste periode van Augustus 2016 gedoen en gepos is.

Van hier tot daar - 05 *

OpenStax-CNX module: m Lees en Woordorde * Siyavula Uploaders

AFLEWERING VAN DG/G WYNE DELIVERY OF DG/GOLD WINES BEOORDELING - JUDGING. 8 Aug Inskrywings sluit/entries close Oct

Gmail - Fw: BOLAND REELS VIR LIGA WEDSTRYDE

WET OP DIE INDIENSNEMING VAN OPVOEDERS 76 VAN 1998 i * [GOEDGEKEUR OP 30 SEPTEMBER 1998][DATUM VAN INWERKINGTREDING: 2 OKTOBER 1998] (Engelse teks

FACULTY OF ECONOMIC AND MANAGEMENT SCIENCES DEPARTMENT OF ECONOMICS ECONOMICS 110 Semester test 1 14 March 2008 Total: 50 marks Time: 60 minutes

DEPARTMEN1": AGRICUL TURE REPUBLIC OF' SOUTH AFRICA. Directorate Plant Health and Quality, Private Bag x258, PRETORIA, 0001.

GOVERNMENT NOTICES GOEWERMENTSKENNISGEWINGS

SEKTORALE VASSTELLING 13 VIR PLAASWERKER SEKTOR GEPUBLISEER IN STAATSKOERANT VAN 17 FEBRUARY 2006

GOVERNMENT NOTICES GOEWERMENTSKENNISGEWINGS

SUMMARY. diseases on mango plants and fruit and cause major economic losses to this industry.

Afstand * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Bonnie en Tommie gaan see toe 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

VERITAS TOEKENNINGS / AWARDS INSKRYWINGS INLIGTING / ENTRY DETAILS

Beleid oor die aanmelding van wanbestuur en ongerymdhede en die beskerming van bekendmaking daarvan

VENUE CHECKLIST. Venue pas in by julle tema (bv rustic- plaas, city-chic en modern, natuurlik, klassiek, medieval of iets heeltemal uniek ens)

Witblaarvlek (ook bekend as Grysstam) PJA Lombard en L Nowers Wes-Kaapse Departement van Landbou, Direktoraat Plantwetenskappe

FOLPAN 500 SC. Reg. No. / Nr. L 4662 Act No. / Wet No. 36 of / van 1947 N AR g / l NET VOLUME / NETTO VOLUME

Before using this product read the label carefully MAXIBOOST. Reg. No. B3815, Act No. 36 of 1947 Namibian Reg. No. N-F 237 Botswana Reg. No.

RIGLYNE VIR DIE KEUSE EN GEBRUIK VAN SPRINKELAARS

Indicate client(s) to whom this final report is submitted. Replace any of these with other relevant clients if required. FINAL REPORT FOR 2001/2002

Page 1 of 8

MONIQUE SE LEKKER PEANUT BUTTER FUDGE

OpenStax-CNX module: m Gedigte * Siyavula Uploaders

KEURINGSHANDLEIDING 1 INLEIDING INTRODUCTION 2 KEURDERS INSPECTORS 3 TIPES KEURING TYPES OF INSPECTION 4 ADMINISTRATIEWE VOORBEREIDING VIR KEURING

Marieta van Bladeren Nigella se aartappel blini. Maar ek dress hom soos die foto

Gevaarlike afval in huishoudelike afval: n gevallestudie

Droëboonkultivaraanbevelings Dry Bean Cultivar Recommendations

Fruitcare. Reg. No.: L 9204 Act No. 36 of 1947 Reg. Nr.: L 9204 Wet Nr. 36 van 1947 Namibian Reg. No. N-AR 1513 Namibiese Reg. Nr.

Van hier tot daar - 02 *

FINALE NAVORSINGSVERSLAG (2000/2001): WINETECH

SERTIFISERINGSHANDLEIDING VIR DEELNEMERS AAN DIE WYN VAN OORSPRONG-SKEMA

Spreek pizza so uit: pietsa. bak: to bake; om iets in n oond gaar te maak

Happiness is a cup of coffee. July 2016 Newsletter

'N BEDRYFSIELKUNDIGE ONDERSOEK NA DIE VERBAND TUSSEN GEHALTE VAN WERKLEWE EN PERSOONLIKHEID BY 'N GROEP ALKOHOLISTE. ANDRe JOHAN SWANEPOEL

GRONDBOONBOTTER FIX KOEKIE

FERTIFLO (19) 96 g/kg 63 g/kg 32 g/kg 10 g/kg mg/kg 500 mg/kg 500 mg/kg 500 mg/kg 200 mg/kg 5 mg/kg

Primêre Skool Jordania

Packaging / Verpakking: 1 L CAUTION VERSIGTIG SIEN INGESLOTE PAMFLET VIR VOLLEDIGE BESONDERHEDE SEE ENCLOSED PAMPHLET FOR FULL PARTICULARS

1. PROPOSED DEMARCATION OF CAPE COASTAL AND AMENDMENT OF COASTAL REGION AND OLIFANTS RIVER 2. MANDATORY CALCULATION OF CARBON EMISSIONS

SOME ASPECTS OF THE OIL AND MOISTURE CONTENTS OF AVOCADO FRUIT

Skool Vakansie Sorg Bring die kinders om te kom SPEEL. Ons pas u kind op terwyl u werk.

DE VETTE MOSSEL STRAND GROOTBRAKRIVIER

Per Serving: 310 Calories; 16g Fat; 36g Protein; Carbohydrate; 1g Dietary Fiber; 2g Net Carbs

Wêreld en Plaaslike nuus

MADELEINES MADELEINES

DIE INVLOED VAN BESIGHEIDSRISIKO OP DIE OMV ANG VAN 'noudit

DIE QUINTUS PORK BELLY

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February No.

JERSEY SA. Nuusbrief

Hoe het Coke ontstaan? *

TAMELETJIES GIDEON SE TAMELETJIE

THE INFLUENCE OF WET PICKING ON POST HARVEST DISEASES AND DISORDERS OF AVOCADO FRUIT

Makadamia bemesting beginsels

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 9 SEPTEMBER 2011 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not r

Handleiding. Saamgestel deur. Leslie Bergh & Tim Pauw. Kopiereg voorbehou deur BenguelaSoft BK. Weergawe

WINE INDUSTRY STRATEGIC EXERCISE (WISE) Survey Feedback

Republiek van Suid Afrika Published online: 29 Oct 2010.

No-Blite. No-Blite. Packaging / Verpakking: 5 kg

means any vehicle or container in which bulk sunflower seed is transported or stored;

GOVERNMENT NOTICES GOEWERMENTSKENNISGEWINGS

INSEKPLAE/INSECT PESTS

INMAAKVRUGTE PERSPEKTIEF 2 AD COLLINS TOEKENNING 3 VERBRUIKERSTUDIES OLIMPIADE 4 VRUGMONSTER NEMING VIR RESIDU ONTLEDING 4

OORSIG: CANOLA IN SUID-AFRIKA

UTZ CERTIFIED Good Inside Gedragskode. Vir Rooibosproduksie Weergawe 1.0 Februarie 2011

LION. Reg. No.: L 6622 Act /Wet No. 36 of/van 1947

BIOMECTIN. Reg. No. L 7979 Act/Wet No. 36 of/van 1947 N-AR 1112

GEDRAGSKODE ROOIBOS MODULE. Weergawe 1.1

VOORWOORD. Lallemand: Natural solutions that add value to the world of winemaking DIE GESKIEDENIS EN AGTERGROND DIE LALLEMAND FILOSOFIE

Ligte gedigte en dinge

van Suid Afrika Published online: 29 Oct 2010.

Hou die herfskommandowurm enige risiko in vir aartappelproduksie?

WYN- EN SPIRITUSRAAD. Skema vir Geïntegreerde Produksie van Wyn. Geïntegreerde Produksie Van Wyn: Handleiding vir die Plaas.

Sjokolade-mousse-terrien

8. If the cookies still seem a little soft don t worry it will set more as they cool. 9. Enjoy!!! 10. PS Very delicious with coffee and tea!

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 RELIGIESTUDIES V1

Die geskiedenis van onderstokke in Suid-Afrika (Deel 1)

WAT DIE BYBEL LEER OOR SONDE Dr Arnold Fruchtenbaum

Karamel Brownies. Karamel: 32 cream caramels (daardie caramel toffies wat in die lang boksies is) ½ k. botter 1 blik kondensmelk.

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL VAN SUID-AFRIKA

SLAAI UITDAGING SALAD CHALLENGE

Muffins Steak & Ale Tin Pies

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. In die saak tussen:- ANNA SUSANNA ELIZABETH VAN DER MERWE

Mushroom and Blue Cheese on Toasted Ciabatta

SUID-AFRIKAANSE WYNOESVERSLAG 2004

Moet nie agter. gelaat word nie. Ons is in vlug, is jy aan boord?

Reg. No. L3945 Act No. 36 of 1947 Reg. Nr. L3945 Wet Nr. 36 van 1947 INSECTICIDE GROUP CODE 1A INSEKDODER GROEP KODE

Vark wors VARKWORS METODE: Nota

HOSPITALITY STUDIES GRADE 11

Johanna J.E. Messerschmidt Departement Kurrikulumstudie, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein

Isomate F C M CAUTION VERSIGTIG. Pamphlet

Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Grondslagfase Graad R-3

Transcription:

DEPARTEMENT VAN LANDBOU No. R. WET OP LANDBOUPRODUKSTANDAARDE, 1990 (WET No. 119 VAN 1990) REGULASIES MET BETREKKING TOT DIE GRADERING, VERPAKKING EN MERK VAN SORGHUM BESTEM VIR VERKOOP IN DIE REPUBLIEK VAN SUID AFRIKA Die Adjunkminister van Landbou, handelende kragtens artikel 15 van die Wet op Landbouprodukstandaarde, 1990 (Wet No. 119 van 1990), namens die Minister van Landbou -- het die regulasies in die Bylae uitgevaardig; en bepaal dat die genoemde regulasies op die datum van publikasie in werking sal tree. BYLAE Woordomskrywing 1. In hierdie regulasies het enige woord of uitdrukking waaraan 'n betekenis in die Wet geheg is, daardie betekenis en, tensy uit die samehang anders blyk, beteken -- "ander groep" met betrekking tot -- sorghum van Klas GM en Klas GL, sorghum wat 'n donker onderhuidlaag het; en sorghum van Klas GH, sorghum wat nie 'n donker onderhuidlaag het nie; "besending" n hoeveelheid sorghum van dieselfde klas, wat aan dieselfde eienaar behoort, wat op n bepaalde tydstip afgelewer word onder dekking van dieselfde vragbrief, afleweringsbrief of ontvangsbewys, of gelewer word deur dieselfde voertuig of losmaathouer, of wat uit dieselfde buis van n graansuier of n skeepsruim gelaai word; in die geval waar n hoeveelheid in paragraaf bedoel, ingedeel is in verskillende grade, elke sodanige hoeveelheid van die verskillende grade; "die Wet" die Wet op Landbouprodukstandaarde, 1990 (Wet No. 119 van 1990); "donker onderhuidlaag" die onderhuidlaag van die sorghum wat tanniene van die gekondenseerde tipe bevat; "gebrekkige sorghum" -- stukkies van, en gebreekte sorghumpitte; of sorghumpitte -- (i) (ii) (iii) (iv) wat deur swamme of siektes aangetas is; waarvan die kiemskede as gevolg van ontkieming gebars is; wat 'n groen kleur het of ander tekens van onrypheid toon; of wat deur insekte, knaagdiere, koue, hitte of op enige ander wyse beskadig is, maar nie ook weergevlekte sorghum nie;

2 "insek" enige lewende insek wat skadelik vir sorghum is, ongeag die stadium van ontwikkeling van die insek; "kleinpitsorghum" heel, sorghumpitte wat deur die standaardsif gaan; "kultivarlys" die lys van kultivars jaarliks deur die Uitvoerende Beampte: Landbouprodukstandaarde in samewerking met die Sorghumforum vasgestel en wat vanaf die Uitvoerende Beampte: Landbouprodukstandaarde, Privaatsak X258, Pretoria, 0001 verkrygbaar is; "ongedorste sorghum" sorghum of stukkies sorghum wat nog gedeeltelik deur doppies gedek is; "skadelike sade" die sade of gedeeltes van sade van plantspesies wat 'n risiko vir menslike of dierlike gesondheid kan inhou indien dit verbruik word, insluitende sade van Argemone mexicana L., Convolvulus spp., Crotalaria spp., Datura spp., Ipomoea purpurea, Lolium temulentum, Ricinus communis of Xanthium spp.; "sorghum" die gedorste ryp saad van plante van Sorghum bicolor (L.) Moench, maar uitgesluit besemsorghum, hooisorghum en soetrietsorghum; standaardsif n Ronde handsif wat bestaan uit n gleufsif, vervaardig van 1,0 mm vlekvrye staal wat in duursame plastiek gemonteer is, met openings van 1,8 mm wyd en 12,7 mm lank, wat in n aluminiumpan met n soliede bodem pas en n binne-deursnee van 300 mm en n buite-deursnee van 314 mm het. "vreemde materiaal" enige materiaal of stof anders as sorghum; "weergevlekte sorghum" sorghumpitte waarvan meer as een-derde van die oppervlakte van die opperhuid duidelik deur die weer verkleur is, maar nie ook sorghumpitte met pers antosianienvlekke in of op die opperhuid nie; en "wit sorghum" sorghum waarvan die opperhuid geen skakerings van bruin, rooi of geel vertoon nie, afgesien van enige pers antosianienevlekke in of op die opperhuid. Beperkings op verkoop van sorghum 2. (1) Niemand mag 'n besending sorghum in die Republiek van Suid-Afrika verkoop nie -- (e) (f) tensy die sorghum verkoop word volgens die klasse in regulasie 3 uiteengesit; tensy die sorghum voldoen aan die standaarde vir die betrokke klas soos in regulasie 4 uiteengesit; tensy die sorghum voldoen aan die grade van sorghum en standaarde vir die grade in regulasies 5 en 6 onderskeidelik uiteengesit; tensy die sorghum verpak is in ooreenstemming met die verpakkingsvereistes in regulasie 7 uiteengesit; tensy die houers of verkoopsdokumente, na gelang van die geval, gemerk is in ooreenstemming met die merkvereistes in regulasie 8 uiteengesit; en indien sodanige sorghum 'n stof bevat wat dit ongeskik maak vir menslike verbruik of vir verwerking tot of aanwending daarvan as voedsel of voer. (2) Die Uitvoerende Beampte kan iemand skriftelik, in die geheel of gedeeltelik, op die voorwaardes wat hy of sy nodig ag, van die bepalings van subregulasie (1) vrystel.

3 DEEL I GEHALTESTANDAARDE Klasse sorghum 3. Sorghum word geklassifiseer as -- Klas GM; Klas GL; Klas GH; en Klas Ander Standaarde vir klasse 4. (1) 'n Besending sorghum word as Klas GM-sorghum geklassifiseer indien dit -- bestaan uit moutsorghum wat nie 'n donker onderhuidlaag het nie; van 'n GM-kultivar is soos gespesifiseer in die kultivarlys; en voldoen aan die standaarde vir die graad van Klas GM sorghum soos in regulasie 6 uiteengesit. (2) 'n Besending sorghum word as Klas GL-sorghum geklassifiseer indien dit -- bestaan uit sorghum wat nie 'n donker onderhuidlaag het nie; van 'n GL-kultivar is soos gespesifiseer in die kultivarlys; en voldoen aan die standaarde vir een van die grade van Klas GL sorghum soos in regulasie 6 uiteengesit. (3) 'n Besending sorghum word as Klas GH-sorghum geklassifiseer indien dit -- bestaan uit moutsorghum wat 'n donker onderhuidlaag het; van 'n GH-kultivar is soos gespesifiseer in die kultivarlys; en voldoen aan die standaarde vir een van die grade van Klas GH sorghum soos in regulasie 6 uiteengesit. (4) 'n Besending sorghum word as Klas Ander sorghum geklassifiseer indien dit nie voldoen aan die standaarde vir Klas GM, Klas GL en GH sorghum nie. Grade sorghum 5. Klas GM (i) GM1 (ii) GM2 Klas GL (i) GL1 (ii) GL2 Klas GH (i) GH1 (ii) GH2

4 (iii) Geen grade word vir Klas Ander Sorghum bepaal nie. Standaarde vir grade 6. (1) Alle grade sorghum -- (e) (f) (g) moet vry wees van swart besmering as gevolg van brand en; mag nie 10 of meer brandballe of gedeeltes van brandballe wat gesamentlik gelyk is aan 10 of meer brandballe, per 100 g sorghum bevat nie; moet vry wees van 'n muwwe, suur of ander ongewenste reuk; moet vry wees van 'n stof wat dit ongeskik maak vir menslike verbruik of dierlike verbruik of vir verwerking tot of aanwending daarvan as voedsel of voer; mag nie meer skadelike sade bevat as wat toegelaat word kragtens die Wet op Voedingsmiddels, Skoonheidsmiddels en Ontsmettingsmiddels, 1972 (Wet No. 54 van 1972) nie; moet vry wees van insekte; en mag 'n voginhoud van hoogstens 14 persent hê. (2) Grade GM1, GM2, GL1, GL2, GH1 en GH2 mag nie die toelaatbare afwyking gespesifiseer in kolomme 2, 3, 4, 5 en 6 van die Tabel in die Aanhangsel, onderskeidelik, ten opsigte van die afwyking gespesifiseer in kolom 1 van die genoemde tabel, oorskry nie. (3) Die aanwesigheid van pers antosianienvlekke in of op die opperhuid van sorghum word nie in aanmerking geneem wanneer die graad van 'n besending sorghum bepaal word nie. Verpakkingsvereistes DEEL II VERPAKKINGS- EN MERKVEREISTES 7. Sorghum van verskillende klasse en grade word in verskillende houers verpak. Merkvereistes 8. (1) Elke houer of die meegaande verkoopsdokumente van 'n besending sorghum word gemerk of geëndosseer met die toepaslike klas of graad van daardie sorghum of in die geval van ingevoerde sorghum, met die gewone naam en die naam van die land van herkoms daarvan;

5 DEEL III MONSTERNEMING Verkryging van monster 9. (1) 'n Monster van 'n besending sorghum word -- in die geval van sorghum in sakke gelewer en behoudens regulasie 10, verkry deur minstens tien persent van die sakke, ewekansig in daardie besending gekies, met 'n graansteker te bemonster: Met dien verstande dat minstens 25 sakke in 'n besending bemonster word en waar 'n besending uit minder as 25 sakke bestaan, al die sakke in daardie besending bemonster word; en in die geval van sorghum in losmaat gelewer en behoudens regulasie 10, verkry deur daardie besending deur die volle diepte, by minstens ses verskillende plekke, ewekansig in daardie losmaathoeveelheid uitgekies, met 'n losmaatmonsternemings-apparaat te bemonster. (2) Die gesamentlike monster in subregulasie (1) of verkry, moet -- 'n totale massa van minstens 10 kg hê; en deeglik gemeng word voor verdere ondersoek. (3) Indien vermoed word dat die monster in subregulasie (1) bedoel, nie verteenwoordigend van daardie besending is nie, word 'n addisionele vyf persent van die oorblywende sakke, ewekansig uit daardie besending gekies, in 'n geskikte losmaathouer uitgegooi en bemonster op die wyse in subregulasie (1) beoog. (4) 'n Monster ingevolge hierdie regulasies geneem, word geag verteenwoordigend te wees van die besending waaruit dit geneem is. Monsterneming indien inhoud verskil 10. (1) Indien dit blyk, na 'n ondersoek van die sorghum wat ingevolge subregulasie 9(1) uit verskillende sakke in 'n besending geneem is, dat die inhoud van daardie sakke ooglopende verskil, word -- die betrokke sakke van mekaar geskei; al die sakke in die betrokke besending met 'n saksteker bemonster ten einde sodanige skeiding te doen; en elke groep sakke met 'n soortgelyke inhoud in daardie besending vir die doeleindes van hierdie regulasies geag 'n afsonderlike besending te wees. (2) Indien, nadat met die aflaai van 'n besending sorghum in losmaat begin is, daar vermoed word dat die besending van 'n ander klas of graad kan wees as wat met behulp van die aanvanklike bemonstering bepaal is, word die aflaaiproses onmiddellik gestaak en word die deel van die besending wat in die losmaathouer oorbly asook die sorghum wat reeds in die opvangbak gestort is, van vooraf met 'n losmaatmonsternemingsapparaat bemonster of deur met 'n geskikte houer, met gereelde tussenposes, uit die stroom van die sorghum wat in losmaat vloei, op te vang. Werkmonster 11. 'n Werkmonster word verkry deur die verteenwoordigende monster van die besending volgens die ICC ("International Association for Cereal Chemistry 101 (Goedgekeur 1960)) metode, te verdeel.

6 DEEL IV ONDERSOEKMETODES Bepaling van klas en teenwoordigheid van brand, ongewenste reuke, nadelige stowwe, skadelike sade en insekte 12. 'n Besending of 'n monster van 'n besending sorghum word sintuiglik beoordeel of skeikundig ontleed ten einde te bepaal -- (e) (f) wat die klas daarvan is; of dit deur brand swart besmeer is of brandballe bevat; of dit 'n muwwe, suur of ander ongewenste reuk het; of dit 'n stof bevat wat dit ongeskik maak vir menslike verbruik of vir verwerking tot of aanwending daarvan as voedsel of voer; of dit skadelike sade bevat; en of dit enige insekte bevat. Bepaling van persentasie vreemde materiaal 13. Die persentasie vreemde materiaal in 'n besending sorghum word soos volg bepaal: Verkry 'n werkmonster van minstens 100 g materiaal van die monster van die besending. Verwyder alle vreemde materiaal uit die werkmonster met die hand en bepaal die massa daarvan. Sodanige persentasie verteenwoordig die persentasie vreemde materiaal in die betrokke besending. Bepaling van persentasie ongedorste sorghum 14. Die persentasie ongedorste sorghum in 'n besending sorghum word soos volg bepaal: Verkry 'n werkmonster van minstens 50 g materiaal van die monster waaruit alle vreemde materiaal verwyder is. Verwyder alle ongedorste sorghum uit die werkmonster met die hand en bepaal die massa daarvan. Sodanige persentasie verteenwoordig die persentasie ongedorste sorghum in die betrokke besending. Bepaling van persentasie gebrekkige sorghum en persentasie kleinpitsorghum 15. Die persentasies gebrekkige sorghum en kleinpitsorghum in 'n besending sorghum word soos volg bepaal: Verkry 'n werkmonster van minstens 50 g materiaal van 'n monster waaruit al die vreemde materiaal en ongedorste sorghum verwyder is.

7 (e) (f) (g) (h) (i) Plaas die werkmonster op 'n standaardsif. Sif die werkmonster vir 25 tot 30 sekondes deur 30 bewegings van die gleufsif en opvangbak op 'n gelyke horisontale oppervlakte en langs die lengte-asse van die gleuwe van die sif uit te voer: Met dien verstande dat elke sodanige beweging uit 'n heen-enweer beweging van tussen 200 mm en 300 mm elk bestaan. Verwyder alle gebrekkige sorghumpitte uit daardie gedeeltes van die werkmonster wat onderskeidelik in of op die gleufsif agtergebly het en in die opvangbak opgevang is en bepaal die gesamentlike massa daarvan. Sodanige persentasie verteenwoordig die persentasie gebrekkige sorghum in die betrokke besending. Bepaal die massa van die materiaal wat in die opvangbak agtergebly het na die verwydering van die gebrekkige sorghumpitte ingevolge paragraaf. Sodanige persentasie verteenwoordig die persentasie kleinpitsorghum in die betrokke besending. Bepaling van persentasie sorghum van 'n ander groep 16. Die persentasie sorghum van 'n ander groep in 'n besending sorghum, word soos volg bepaal: Verkry 'n werkmonster van minstens 25 g materiaal van die monster waaruit al die vreemde materiaal, ongedorste sorghum, gebrekkige sorghum en kleinpitsorghum verwyder is. Verwyder alle sorghum van 'n ander groep uit die werkmonster met die hand en bepaal die massa daarvan. Druk die massa aldus bepaal uit as 'n persentasie van die massa van die werkmonster. Sodanige persentasie verteenwoordig die persentasie sorghum van 'n ander groep in die betrokke besending. Bepaling van persentasie wit sorghum 17. Die persentasie wit sorghum in 'n besending sorghum, word soos volg bepaal: Verkry 'n werkmonster van minstens 25 g materiaal van die monster waaruit al die vreemde materiaal, ongedorste sorghum, gebrekkige sorghum en kleinpitsorghum verwyder is. Verwyder alle wit sorghum uit die werkmonster met die hand en bepaal die massa daarvan. Sodanige persentasie verteenwoordig die persentasie wit sorghum in die betrokke besending.

8 Bepaling van persentasie weergevlekte sorghum 18. Die persentasie weergevlekte sorghum in 'n besending sorghum word soos volg bepaal: Verkry 'n werkmonster van minstens 10 g materiaal van die monster, waaruit al die vreemde materiaal, ongedorste sorghum, gebrekkige sorghum en kleinpitsorghum verwyder is. Verwyder alle weergevlekte sorghum uit die werkmonster met die hand en bepaal die massa daarvan. Sodanige persentasie verteenwoordig die persentasie weergevlekte sorghum in die betrokke besending. Bepaling van voginhoud 19. Die voginhoud van 'n besending sorghum kan volgens enige geskikte metode bepaal word: Met dien verstande dat die resultate aldus verkry in ooreenstemming (±0,3 persent) is met die resultate verkry deur die 72 uur oonddroogmetode teen 103 C [AACC ("American Association of Cereal Chemists") Metode 44/15A/1981]. DEEL V OORTREDING EN STRAWWE 20. Iemand wat 'n bepaling van hierdie regulasies oortree of versuim om daaraan te voldoen, is aan 'n misdryf skuldig en by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete of met gevangenisstraf in terme van artikel 11 van die Wet.

9 ANNEXURE/AANHANGSEL TABLE/TABEL PERMISSIBLE DEVIATIONS IN SORGHUM TOELAATBARE AFWYKINGS IN SORGHUM [REG. 5, 6] 1 2 3 4 5 6 7 Nature of deviation/ Aard van afwyking 1. Foreign matter/vreemde materiaal (Reg. 13) 2. Unthreshed sorghum/ Ongedorste sorghum (Reg. 14) 3. Defective sorghum/ Gebrekkige sorghum (Reg. 15) 4. Small kernel sorghum/ Kleinpitsorghum (Reg. 15) 5. Total of defective sorghum and small kernel sorghum/ Totaal van gebrekkige sorghum en kleinpitsorghum 6. Sorghum of another group/ Sorghum van 'n ander groep (Reg. 16) 7. White sorghum/wit sorghum (Reg. 17) 8. Total of sorghum of another group and white sorghum/ Totaal van sorghum van 'n ander groep Maximum extent to which defects are permissible in/maksimum mate waartoe gebreke toelaatbaar is in - GM1 GM2 GL 1 GL 2 GH 1 GH 2 1,5% 2,0% 2,0% 3,0% 1,5% 3,0% 4,0% 6,0% 6,0% 12,0% 4,0% 20,0% 3,0% 10,0% 10,0% 20,0% 3,0% 20,0% 8,0% 10,0% 10,0% 20,0% 8,0% 20,0% 10,0% 10,0% 10,0% 20,0% 10,0% 20,0% 4,0% 6,0% 8,0% 10,0% 4,0% 10% 4,0% 6,0% * * 4,0% * 6,0% 10,0% * * 6,0% *

en wit sorghum 10 9. Weather-stained sorghum/ Weer-gevlekte sorghum (Reg 18) 50% 50% 50% 75% 50% 75% * No specification/ Geen spesifikasie SF Afr