DASBERG BOERDERY BESIGHEIDSPLAN

Similar documents
Van hier tot daar - 05 *

Verslag oor die droëbone strookproewe: 2016/17 Report on the dry bean strip trials: 2016/17. September 2017

VENUE CHECKLIST. Venue pas in by julle tema (bv rustic- plaas, city-chic en modern, natuurlik, klassiek, medieval of iets heeltemal uniek ens)

SUMMARY. diseases on mango plants and fruit and cause major economic losses to this industry.

FACULTY OF ECONOMIC AND MANAGEMENT SCIENCES DEPARTMENT OF ECONOMICS ECONOMICS 110 Semester test 1 14 March 2008 Total: 50 marks Time: 60 minutes

OpenStax-CNX module: m Lees en Woordorde * Siyavula Uploaders

Stap 3 : Sorg dat die laaste periode van Augustus 2016 gedoen en gepos is.

JERSEY SA. Nuusbrief

Primêre Skool Jordania

Potential of the 'Hall s Avoscan' as a Tool to Identify Soft Fruit during Packing for Export

Afstand * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Bonnie en Tommie gaan see toe 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Spreek pizza so uit: pietsa. bak: to bake; om iets in n oond gaar te maak

DE VETTE MOSSEL STRAND GROOTBRAKRIVIER

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. In die saak tussen:- ANNA SUSANNA ELIZABETH VAN DER MERWE

FERTIFLO (19) 96 g/kg 63 g/kg 32 g/kg 10 g/kg mg/kg 500 mg/kg 500 mg/kg 500 mg/kg 200 mg/kg 5 mg/kg

Indicate client(s) to whom this final report is submitted. Replace any of these with other relevant clients if required. FINAL REPORT FOR 2001/2002

OpenStax-CNX module: m Gedigte * Siyavula Uploaders

Happiness is a cup of coffee. July 2016 Newsletter

Mari Wasserman Berakah Makadamia Proewe

Skool Vakansie Sorg Bring die kinders om te kom SPEEL. Ons pas u kind op terwyl u werk.

2016 VERITAS CLASSES / KLASSE

Beleid oor die aanmelding van wanbestuur en ongerymdhede en die beskerming van bekendmaking daarvan

WINE INDUSTRY STRATEGIC EXERCISE (WISE) Survey Feedback

KEURINGSHANDLEIDING 1 INLEIDING INTRODUCTION 2 KEURDERS INSPECTORS 3 TIPES KEURING TYPES OF INSPECTION 4 ADMINISTRATIEWE VOORBEREIDING VIR KEURING

AANSOEK OM NIE-LID REKENING. Aangeheg vind u die ondergenoemde relevante vorms vir voltooiing van u aansoek:

OORSIG: CANOLA IN SUID-AFRIKA

Droëboonkultivaraanbevelings Dry Bean Cultivar Recommendations

Goeie bestuur gee jou n voorsprong

INMAAKVRUGTE PERSPEKTIEF 2 AD COLLINS TOEKENNING 3 VERBRUIKERSTUDIES OLIMPIADE 4 VRUGMONSTER NEMING VIR RESIDU ONTLEDING 4

Makadamia bemesting beginsels

Hoe het Coke ontstaan? *

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Marieta van Bladeren Nigella se aartappel blini. Maar ek dress hom soos die foto

SEKTORALE VASSTELLING 13 VIR PLAASWERKER SEKTOR GEPUBLISEER IN STAATSKOERANT VAN 17 FEBRUARY 2006

AFLEWERING VAN DG/G WYNE DELIVERY OF DG/GOLD WINES BEOORDELING - JUDGING. 8 Aug Inskrywings sluit/entries close Oct

VOORWOORD. Lallemand: Natural solutions that add value to the world of winemaking DIE GESKIEDENIS EN AGTERGROND DIE LALLEMAND FILOSOFIE

RIGLYNE VIR DIE KEUSE EN GEBRUIK VAN SPRINKELAARS

Before using this product read the label carefully MAXIBOOST. Reg. No. B3815, Act No. 36 of 1947 Namibian Reg. No. N-F 237 Botswana Reg. No.

Mari Wasserman Avokado Proewe

Werklike prestasie moet gemeet word teen die koste van,

VOORWOORD. Lallemand Inc. is n private. Lallemand Inc. is n Kanadese. Lallemand Inc. glo dat GESKIEDENIS & AGTERGROND VISIE & MISSIE LALLEMAND

DIE QUINTUS PORK BELLY

DAAR IS NOG 15 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS

Die geskiedenis van onderstokke in Suid-Afrika (Deel 1)

Gevaarlike afval in huishoudelike afval: n gevallestudie

Gmail - Fw: BOLAND REELS VIR LIGA WEDSTRYDE

DEPARTEMENT VAN LANDBOU

BOER. want boere is die beste. GRATIS Uitgawe Januarie

Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Grondslagfase Graad R-3

Wêreld en Plaaslike nuus

VERITAS TOEKENNINGS / AWARDS INSKRYWINGS INLIGTING / ENTRY DETAILS

Bruin gesinne se belewenisse van die negatiewe uitwerking van ouerlike alkoholmisbruik

Witblaarvlek (ook bekend as Grysstam) PJA Lombard en L Nowers Wes-Kaapse Departement van Landbou, Direktoraat Plantwetenskappe

KOMPAS. N.G. Kerk Kraggakamma. Wat almal van ons nou in ons lewenslêer moet reg hê. 'n Handleiding vir wanneer 'n geliefde sterf.

Per Serving: 310 Calories; 16g Fat; 36g Protein; Carbohydrate; 1g Dietary Fiber; 2g Net Carbs

DE KRANS. 16 tot 28 Desember perskepluk, Sarel-taaipitperskes by De Krans, teen R8/kg. 4 tot 28 Februarie 2017, Hanepootpluk by De Krans

No. R November MARKETING OF AGRICULTURAL PRODUCTS ACT, 1996 (ACT No. 47 OF 1996)

DIE INVLOED VAN BESIGHEIDSRISIKO OP DIE OMV ANG VAN 'noudit

SUID-AFRIKAANSE WYNOESVERSLAG 2004

UTZ CERTIFIED Good Inside Gedragskode. Vir Rooibosproduksie Weergawe 1.0 Februarie 2011

SLAAI UITDAGING SALAD CHALLENGE

'N STOCHASTIESE BESLUITNEMINGSMODEL VIR TAFELDRUIFPRODUKSIE TOEGEPAS IN DIE WES- KAAP

2015/2016 VKB LANDBOU-ONTWIKKELING NAVORSINGSVERSLAG

ReTain. Reg No./Nr. L 6141 Act/Wet No./Nr.36 of/van 1947 WATER SOLUBLE POWDER / WATEROPLOSBARE POEIER. Active Ingredient / Aktiewe bestanddeel

Nuusbrief / Newsletter

NATIONAL STUDENT FINANCIAL AID SCHEME

Page 1 of 8

Van hier tot daar - 02 *

SAND DUNES OVERRUNNING BRANDER STREET AND REPAIRS TO THE SLANG RIVER MOUTH

CULTIVAR INFO : RUBY STAR * (PR00-33) ARC

Market comment Markkommentaar. May/Mei 2018

MEDIAVRYSTELLING (English below) 24 Maart 2018 Vir onmiddellike vrystelling. Woolworths se kaas maak geskiedenis met twee in n ry

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 RELIGIESTUDIES V1

Pork belly roast. Ingredients. Method

WYN- EN SPIRITUSRAAD. Skema vir Geïntegreerde Produksie van Wyn. Geïntegreerde Produksie Van Wyn: Handleiding vir die Plaas.

CHISTIANA DELWERSFEES

'N BEDRYFSIELKUNDIGE ONDERSOEK NA DIE VERBAND TUSSEN GEHALTE VAN WERKLEWE EN PERSOONLIKHEID BY 'N GROEP ALKOHOLISTE. ANDRe JOHAN SWANEPOEL

Moet nie agter. gelaat word nie. Ons is in vlug, is jy aan boord?

Tegniese Technical. Bulletin. Volume 3:1

DAAR IS NOG 15 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS

GEDRAGSKODE ROOIBOS MODULE. Weergawe 1.1

GRONDBOONBOTTER FIX KOEKIE

Karamel Brownies. Karamel: 32 cream caramels (daardie caramel toffies wat in die lang boksies is) ½ k. botter 1 blik kondensmelk.

WET OP DIE INDIENSNEMING VAN OPVOEDERS 76 VAN 1998 i * [GOEDGEKEUR OP 30 SEPTEMBER 1998][DATUM VAN INWERKINGTREDING: 2 OKTOBER 1998] (Engelse teks

Cheesy Bacon Ranch Pull Apart Bread

Karoofees. 28 Feb - 2 Mrt MINé OLIVIER KANTOOR: FAKS: SELFOON:

Welkom by Koekela Huiskafee

MONIQUE SE LEKKER PEANUT BUTTER FUDGE

TEGNIESE TECHNICAL BULLETIN. Creating a progressive, equitable and sustainable table grape industry AUGUST 2018

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL

Belastingvrye Effektetrust Aansoekvorm Individuele beleggers (slegs nuwe beleggers)

DIE INVLOED VAN MELKSUURVORMENDE BAKTERIE~ OP DIE KWALITEIT EN SAMESTELLING VAN. DROe ROOIWYN

Republiek van Suid Afrika Published online: 29 Oct 2010.

AANHANGSEL 1/ANNEXURE 1 TABEL 1/TABLE 1 TOELAATBARE KULTIVARS EN KORRELGROOTTE (ALLE KLASSE)/ PERMISSIBLE CULTIVARS AND BERRY SIZE (ALL CLASSES)

Seisoene - 03 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Seisoene 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

SERTIFISERINGSHANDLEIDING VIR DEELNEMERS AAN DIE WYN VAN OORSPRONG-SKEMA

Charolais. Waarom n. kalwers groei vinnig, dus laer mortaliteit. Charolaiskoeie beskik oor genoeg melk om van die swaarste kalwers te speen.

Handleiding. Saamgestel deur. Leslie Bergh & Tim Pauw. Kopiereg voorbehou deur BenguelaSoft BK. Weergawe

Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Verdere onderwys- en opleidingsfase Graad 10-12

Executive Synthesis Design for a Wine Industry Foresight and Business Intelligence Service 2007

Transcription:

DASBERG BOERDERY BESIGHEIDSPLAN Inleiding Geskiedenis en Agtergrond Besigheidstruktuur Bestuurstruktuur en Uiteensetting Strategiese vennote Profiel van Begunstigdes Menslike Hulpbronne Finansiele plan en befondsing Aansoeke om finansiele hulp Opleiding en Mentorskap Besigheid se Visie en Misie SWOT Analise Samevatting Addendums

Ineiding Landbou is die lewensaar van die Overberg en is dus grootliks verantwoordelik vir die sosio en ekonomiese stabiliteit in die omgewing. Hierdie uiters suksesvolle boerdery onderneming (S W Viljoen Boerdery), sal graag wil bydrae tot hierdie stabiliteit deur betrokke te raak in grondhervorming en die opheffing van voorheen benadeelde persone in die omgewing. Ons wil die inisiatief neem tot n model waarby ander kan leer en waar werk geskep word in die gemeenskap. Ons wil pro aktief optree. Dit is uiters belangrik dat ons grondhervorming maak werk. Dit alles wil ons in die model saamvat en binne die raamwerk van die Nasionale Ontwikkelingsplan implimenteer. Die boerdery sien n geleentheid om n volhoubare boerdery te vestig met behulp van addisionele waterregte. Om te boer is n voorreg, nie n reg nie en hierdie boerdery sal graag hierdie voorreg ook na ander wil uitbrei sodat ons nageslag in harmonie en respek met mekaar kan saamleef en bydrae tot stabiliteit en voedselsekuriteit in ons land. Die son moet oor almal skyn. Hopelik sal die grondhervormings insiatief/bemagtigingsprojek, wat in omset en hektare waarskynlik die grootste vir hierdie tipe boerdery in die omgewing kan wees, dien as loodsprojek wat ander as model kan gebruik in verdere bemagtigingsprojekte in die Overberg. Die boerdery plant ongeveer

2300 ha graan en boer met ongeveer 8000 teelooie. Sekere tye van die jaar dra die boerdery meer as 15000 skape. Die boerdery wil n verdere sitrusvertakking vestig, wat nie net werk skep nie, maar ook die huidige boerdery risiko beter verskans. Die water wat verkry word vanuit n serwituut uit die Eksteenskloof kan hiervoor gebruik word. Geskiedenis en Agtergrond S W Viljoen Boerdery het sy beskeie ontstaan gehad as deelsaai boerdery van 120 ha groot in die Riviersonderend omgewing en later is grond gehuur waarop daar ook met vee geboer is. In 1992 was die eienaar, Schalk Viljoen gelukkig om n huurplaas te kon koop; sy eerste plaas. Hierna volg verskeie huur en kooptransaksies in die daaropvolgende jare en brei die boerdery sy belange uit tot die huidige 4160 ha bewerkbare grond met `n omset van ongeveer R50 miljoen en n gemiddelde nettowins(voor belasting) van ongeveer R15 miljoen. Die boerdery huur slegs 550 ha en die res is eie grond. Nuwe boerdery besigheidsgeleenthede word voortdurend ondersoek. S W Viljoen Boerdery het egter in beginsel besluit om geen verdere uitbreidings te doen indien bemagtiging nie deel daarvan kan wees en die bemagtigdes daaruit voordeel kan trek nie. Na verskeie gesprekke met rolspelers in die Witzenberg PALS projek en konsultasies met Gerrit van Vuuren, projekleier, is besluit om hierdie model, die PALS model, te gebruik as grondhervormingsmodel vir hierdie boerdery. Daar word later volledig na die struktuur verwys, asook uiteengesit hoe die besigheidstrukture in mekaar steek. Mnr. Schalk Viljoen het uit n beskeie begin en met baie Genade n groot en suksesvolle boerdery opgebou en wil graag meehelp om dit ook vir sy werkers te kan doen.

BESIGHEIDSTRUKTUUR SW VILJOEN BOERDERY (PTY)LTD 70% shares after 5 year less then 50%. 20% shares after 5 years minimum of 31%.No cap on EKSTEENSKLOOF shareholding up to BOERDERY (PTY/LTD) 80%. DASBERG BOERDERY (PTY)LTD 100% 10% shares after 5 years max 20%.cap Mentor: Commercial Farmers (Pty) Ltd for assistance with management and transfer of skills to New Farm (Pty) Ltd and Black Farmers (Pty) Ltd SW VILJOEN PERSONEELTRUST All workers and families of the group involved.

UITEENSETTING: Die struktuur kan van die besigheid kan as volg verduidelik word: Drie nuwe strukture is gevorm saam met die bestaande struktuur van S W Viljoen Boerdery (Pty) Ltd. Dasberg Boerdery (Pty) Ltd waarin daar 100% aandele in die boerdery gehou word. Boerdery aktiwiteite sal in hierdie maatskappy plaasvind. Eksteenskloof Boerdery wat aanvanklik slegs 20% aandeelhouding in Dasberg Boerdery (Pty) Ltd het. Hierdie maatskappy het drie swart aandeelhouers wat almal werkers is van S W Viljoen. Hulle is Gerswin Louw, Simon van Wyk en Joromias Visser. Daar is ook tans voorsiening gemaak vir n moontlike vierde swart aandeelhouer. Hierdie aandeelhouers mag aandele tussen mekaar verhandel. Eksteenskloof Boerdery moet saam met die S W Viljoen Werkerstrust minstens 51% (meerderheidsaandeel) van die Dasberg Boerdery (Pty) Ltd besit na vyf jaar volgens die aandeelhouersooreenkoms. Eksteenskloof boerdery mag aandele in Dasberg Boerdery (Pty) Ltd koop tot n totaal van 80% vanaf S W Viljoen Boerdery (Pty) Ltd. Dit is juis die einddoel van die oefening.

S W Viljoen Werkerstrust besit aanvanklik 10% van die aandeel in Dasberg Boerdery (Pty) Ltd, maar mag aandele koop tot n maksimum van 20%. Saam met Eksteenskloof Boerdery maak dit dus uiteindelik 100% van die aandeelhouding uit. Die werkerstrust se begunstigdes is die permanente werkers van die S W Viljoen Boerdery groep. STRATEGIESE VENNOTE Strategiese vennote in die Dasberg Boerdery sal soos volg daarna uitsien: 3.1 Schalk Viljoen Schalk Viljoen is die eienaar van S W Viljoen Boerdery (Pty) Ltd, die besigheid wat die inisiatief neem om die bemagtigingsprojek te begin en wat sal pa staan vir die nuwe besigheid. Nadat hy sy landbou diploma aan die Landboukollege Grootfontein behaal het, begin hy as deelsaaier in die Riviersonderend omgewing te boer in 1991 en brei hy sy boerdery verskeie kere uit met uitstekende ondervinding in die tipe boerdery. Schalk dien huidiglik op die direksie van die landboubesigheid SSK, was voorheen onder meer hoofbestuurslid van GraanSa vir die streek, direkteur by Agri Weskaap Trustee van die Wintergraantrust, Voorsitter van die CPAC vir graan, dien op die bestuur van die Garsspesialiswerksgroep en Canola bedryskomittee. Hy is verskeie kere in die geskiedenis aangewys as die grootste graanprodusent van die landboubesigheid SSK asook as lid met die grootste omset by SSK. In 2014 is hy aangewys as die grootste wolprodusent (meeste wol en grootste omset) van die bemarker Cape Mohair and Wool op nasionale vlak. As garsprodusent was hy sewe uit die agt jare aangewys as kategorie((groot)

finalis vir garsprodusent van die jaar, n inisiatief deur SAB/M en in 2008 aagewys as Nasionale Wenner. Schalk Viljoen sal as hoof mentor optree in hierdie projek. 3.2 Joubert van Vuuren ing Prokureurs Ceres Hierdie prokureursfirma het onder leiding van Gerrit vanvuuren die inisiatief geneem om n model te ontwerp waarbinne die kommersiele boere in die Witzenberg omgewing in samewerking met die Witzenberg distriks munisipaliteit grondhervormingsprojekte kan implementeer. Verskeie kundige persone, waaronder prof. Nick Vink, Mnr. Ismail Motala, AFASA, Mnr. David Nasson, Munisipale bestuurder van Witzenberg, Munisipalteit, Raymond Koopstad, en verskeie kommersiele boere waaronder Pieter du Toit van die Du Toit groep en David Graaf het help bou aan die model. Die model word ook deur Minister Nkwinti aangehaal en voorgehou as n voorbeeld vir die res van die land. Hy verwys gereeld in die parlement na hierdie model as die beste oplossing vir grondhervorming. Joubert van Vuuren het reeds al die ooreenkomste en dokumentasie in plek t en help ook met die monitering van die projek, sowel as mentorskap en finansiele bestuur monitering. 3.3 Gerswin Burton Louw Gerwin is n plaasbestuurder in diens van S W Viljoen Boerdery en is hoof van die lewende hawe vertakking, die eerste kleurling plaasbestuurder van die boerdery. Gerswin is n boorling van Merweville, met n drie jaar Landboudiploma aan die Landboukollege Grootfontein as hoogste akademiese kwalifikasie. Hy was vir net minder as drie jaar in diens van Cape Mohair en Wool en wel as wolwaardeerder en later junior wol afslaer. Gerswin is een van die begunstigdes van die nuwe boerdery, maar sal ook as mentor optree om sy kennis van skaap en wol aan die ander begunstigdes oor te dra. Dit is sy droom om eendag volwaardige kommersiele boer te kan wees. Voorwaar n potensiele kommersiele boer. 3.4 Sentraal Suid Kooperasie

Sentraal Suid Kooperasie (SSK) is die plaaslike landboubesigheid wat Dasberg Boerdery gaan gebruik om insetkoste finansiering te bekom. SSK sal ook die besigheid wees wat alle graanprodukte gaan ontvang, alhoewel hulle slegs opbergers en nie kopers van die graan is nie. SSK gee ook tegniese ondersteuning deur hulle landboukundiges, Pieter Blom as akkerboukundige, Casper Swart as vee en voerkundige en Willem Burger as landbou ekonoom en kredietbestuurder. Die direksie van SSK het ook in beginsel besluit dat Dasberg Boerdery die nodige ondersteuning moet kry van SSK, sodat hierdie model gebruik kan word vir toekomstige grondhervormingsmodelle. Indien hierdie model suksesvol is, oorweeg SSK om n Swellendam PALS projek soortgelyk aan die Witzenberg projek in samewerking met die plaaslike Munisipaliteit te doen. 3.5 Anker Agri Adviseurs Andre Fourie, landbou ekonoom en eienaar van Anker Agri Adviseurs, van Bredasdorp, speel n belangrike rol in die S W Viljoen Boerdery se finansiele beplanning. Andre het ongeveer 150 kommersiele boerderye vanaf Heidelberg tot Botrivier se data en syfers en kan daarom met groot akkuraatheid bepaal wat die norm is vir verskillende insette en wat die potensiele marges per ha en per bedryfsvertakking behoort te wees. Elke boerdery kan gemeet word in terme van die groep om sterk en swak punte uit te lig. Hierdie ontledings is uiters noodsaaklik vir die sukses van so n groot boerdery. 3.6 Piet Blom Piet Blom is n UAP gewasbeskermingsagent met 25 jaar ondervinding van graansiektes en onkruidbeheer. Hy is ook vennoot in die Agri Dwala bemagtigingsprojek en sal optree as mentor vir die begunstigdesvan Dasberg Boerdery op sy vakgebied. Piet is bekend vir sy goeie werk en opheffing van lede van die voorheen benadeelde gemeenskap.

3.7 Agrimotion Tans is die Agrimotion Consulting Group raadgewend met n volledige analise en aanbeveling vir die produksie kant, wat insluit klimaatsanalise, grondkartering, grondchemie, grondvoorbereiding, besproeiingstelsel en kultivar aanbeveling vir die sitrus vertakking. Mnr. Nicholas Wasserfall, MSc Agric, Grondkundige; Mico Stander, MSc Agric, (cum laude), Hortologie; Luan le Roux, MSc Agric, Grondkunde; Tiaan Snyman, Bsc Hons. Enviromental Science (Hortologie) is almal betrokke as kundiges in die vestiging van die boerdery. PROFIEL VAN BEGUNSTIGDES Uiters belangrik is om te besef dat dit slegs die aandeelhouers van die Eksteenskloof Boerdery, soos in die organogram verwys en die begunstigdes van die S W Viljoen Personeeltrust is, wat kwalifiseer as begunstigdes vir enige vorm van finansiele vergoeding deur n buite instansie. S W Viljoen Boerdery wat aanvanklik 70% van Dasberg Boerdery besit, kan dus nie aanspraak maak op enige vorm van vergoeding nie. Die idee is dat die begunstigdes van die Eksteenskloof Boerdery en die S W Viljoen Personeeltrust hulle leningsrekening aan S W Viljoen Boerdery so spoedig moontlik sal aflos, ten einde in staat te wees om so gou as moontllik meerderheidsaandele in Dasberg Boerdery te bekom. Die aandeelhouers van Eksteenskloof Boerdery kan tot n maksimum van 80% van die aandele in Dasberg Boerdery besit en die S W Viljoen Werkerstrust 20%. S W VILJOEN WERKERSTRUST

Begunstigdes in S W Viljoen Werkerstrust, is alle werkers met n geldige dienskontrak in die S W Viljoen Boerdery groep en hulle direkte wettige familie. (Dit behels die werkers van S W Viljoen Boerdery (Pty) Ltd; S W Viljoen en Dasberg Boerdery). Tans is daar 13 gesinne wat hieruit sal voordeel trek en drie van die werkers is vrouens wat broodwinners in die gesin is. Met die vestiging van n sitrusvertakking, sal die personeelkorps dratsies vermeerder. Die trustees van die die trust sal verantwoordelik wees vir die toedeling van die winste van die werkerstrust volgens hulle diskressie. Die doel van die wekerstrust is primer opheffing. Tipies sal geld aangewend word vir bv. medies en pesioenfondse vir werkers en studiebeurse vir potensiele sudente vir hoërskool en naskoolse opleiding en na aftrede behuising. Die trustees kan ook van tyd tot tyd besluit om enige welwillendheidsorganisasie in die omgewing finansieel te ondersteun indien die trust oor die nodige fondse beskik. Sodoende sal die hele gemeenskap voordeel trek uit die projek. Die S W Viljoen Werkerstrust kan tot n maksimum van 20% aandeel besit in Dasberg Boerdery en die eerste mikpunt behoort te wees om die aandeelhouding van die aanvanklike 10% tot 20% te vergroot. EKSTEENSKLOOF BOERDERY Daar is drie aandeelhouers in die Eksteenskloof boerdery, nl: Gerswin Louw: 25% aandele. Plaasbestuurder Lewende hawe, S W Viljoen Boerdery. 25 jaar oud. Manlik. Landboudiploma Grootfontein (3jaar) Joromias Visser: 25% aandele. Voorman: Lewende hawe, Ratelrivier (Deel van S W Viljoen Boerdery). 33 jaar oud. Manlik. Graad 9. Simon van Wyk: 25% aandele.

Assistent Plaasbestuurder Saaiery asook persoon verantwoordelik vir personeel aangeleenthede. 34 jaar oud. Manlik. Graad 10. S W Viljoen Boerdery (PTY) Ltd: 25%. Hierdie is bloot n manier om vir n vierde swart aandeelhouer wat later mag kwalifiseer ook geleentheid te gee om deel te kan wees van die Eksteenskloof Boerdery. Indien so n aandeelhouer nie realiseer nie, sal die ander drie aandeelhouers hierdie aandele ook oorneem by S W Viljoen Boerdery (Pty) Ltd. MENSLIKE HULPBRONNE Organogram (Huidiglik sonder sitrus vertakking) Schalk Viljoen CEO Simon van Wyk Personeelbeampte Bendri Groenewald Plaasbestuurder: Lewendehawe Gerwin Louw: Hoofbestuurder: Lewendehawe Nelius Otto: Hoofbestuur= der Gewasse

Joromias Visser: Lewendehawe: Voorman Kevin Klaasen: Lewendehawe: Voorman Willem Klaasen Lewendehawe Voorman Simon van Wyk: Voorman: Gewasse FINANSIЁLE PLAN EN BEFONDSING: Die S W Viljoen Groep verkoop die plaas Van der Wattskraal, Gedeelte 5 van nommer 399. Afdeling Swellendam, groot 631,7 ha aan Dasberg Boerdery (Pty) Ltd vir die bedrag van R27 000 000 (sewe en twintig miljoenrand). Die S W Viljoen Groep dra die serwituut van 40 ha water (240 000 kubieke meter) uit die Eksteenskloof ook oor aan Dasberg Boerdery vir die doel van sitrus ontwikkeling. Daar word deur die Dasberg Boerdery aansoek gedoen vir n addisionele winter waterreg uit die Eksteenskloof en n dampermit om die water wat deur die winter opgegaar word, te stoor vir die hoeveelheid van 600 000 kubieke meter water. Hierdie adissionele waterreg en dampermit kompenseer finansieel ten volle vir die leningsrekening van S W Viljoen Werkerstrust en Eksteenskloof Boerdery (Beide 100% swart aandeelhouding) in die kooptransaksie. (30% van R27 000 000). S W Viljoen Boerdery onderneem om sy hele boerdery, 4160ha aan Dasberg Boerdery te verhuur, vir n termyn van 5 jaar, in ruil dat die huurgedeelte (30%) waarvoor die Eksteenskloof Boerdery en S W Viljoen Werkerstrust verantwoordelik is, ekstern befonds word en by gebreke daarvan, as

leningsrekening teen S W Viljoen Boerdery staan. Dasberg Boerdery ontwikkel n 105 ha sitrus op hierdie plaas oor die verhuringstydperk van vyf jaar. Die wins wat gegenereer word uit die verhuringstransaksie vir vyf jaar sal gebruik word vir die vestiging van die vrugte vertakking. Voorlopige syfers dui daarop dat die vestigingskoste in die omgewing van R 250 000 per ha gaan wees, m.a.w. die vestigingskoste van die boorde beloop ongeveer R25 miljoen rand. Teen huidige projeksies kan die vrugte projek se vestigingskoste afbetaal wees in jaar drie vanuit die verhuringstransaksie en die vrugte sal in volle produksie wees in jaar vyf. n Dambouprojek van nog R8 500 000 is nog nie hierby ingereken nie, asook die moontlike koop van waterregte uit die Zonderendbesproeiingskema vir die bedrag van R6 500 000. Die totale koste beloop dus R40 0000 000 vir die projek. (Veertig miljoenrand). S W Viljoen is ook bereid om die boerdery se masjinerie en toerusting beskikbaar te stel aan Dasberg Boerdery. S W Viljoen Boerdery het, soos reeds genome, n volledige en profesionele studie deur die konsultasie maatskappy Agrimotion laat doen om die lewensvatbaarheid van vrugte boerdery op hierdie grond te toets wat onder meer n klimaat en grondstudie insluit. Daar is 350 profielgate op n hektaar basis gedoen om die mees geskikte grond te identifiseer. Die klimaatsondersoek het bevind dat die area geskik is vir onder meer sitrus, sekere kultivars pere, perskes, appelkose en pruime. n Verdere studie word nou gedoen in spesifiek die sitrusvertakking. Die mees geskikte 105 ha grond word gekarteer met in agneming van hellings en windrigtings vir moontlike aanplantings.

OPLEIDING EN MENTORSKAP Die hoofbestuur van S W Viljoen Boerdery sal grootliks verantwoordelik wees vir die Mentorskap en Opleiding van die nuwe boere. S W Viljoen (CEO) sal alle aksies koordineer en beoordeel en waar hy nie self as mentor optree in n spesifieke aksie of kursus nie, sal hy verantwoordelik wees om die mentorskap en opleiding te evalueer en sodoende toesien dat dit behoorlik gedoen word. Bedryfsorganisasies soos GSA en NWKV sal in samewerking met S W Viljoen die nodige opleidingskursusse beplan en skeduleer. SSK, die plaaslike landbou besigheid het kundiges in veevoer, gronkunde en finansiele bestuur wat bereid is om die pad met die projek te loop. Anker data sal deurlopend die besigheid se syfers evalueer om te verseker dat die finansiele bestuur van die besigheid op koers is. Die direkteure van Dasberg boerdery sal verplig wees om hierdie sessies by te woon. Gerswin Louw, Lewende Hawe bestuurder sal verantwoordelik wees vir die opleiding in skaap en wolhantering en bestuur, saam met die NWKV. Nelius Otto, bestuurder gewasse sal in samewerking met GSA verantwoordelik wees vir die fasette van die graan afdeling. Die chemiese status van grond en die toediening van kunsmis sal deur top gekwalifiseerde grondkundiges met jare se ondervinding gedoen word. Standaard prakttyk in die boerdery is die regstelling van grondchemie deur grid sampling op n een hektaar basis. Die aanbeveling van chemiese spuitmiddels vir plant en plaagbeheer word gedoen deur Piet Blom, AFCASA gekwalifiseerde agent van die Nulandis groep en ook direkteur en mentor van die Agri Dwala bemagtigingsprojek in Napier. Wat die vrugte vertakking betref, sal Agrimotion die produksie opleiding behartig. Dit sluit in grondkunde, hortologie, besproeiingstelsel en

plantmonitering. Bemarking van sitrus: Visie en Missie van Dasberg Boerdery Visie: Om vir voorheen benadeelde persone wat deel is van die S W Viljoen Boerdery groep, die geleentheid te gee om deur opheffing en kennis te groei tot volwaardige kommersiele boere en die ander lede op te hef in die proses. Om verder werk te skep in di gemeenskap waar werkloosheid n groot problem is. Missie: S W Viljoen Boerdery is bereid om die inisiatief te neem om grondhervorming en die vestiging van nuwe boere in die gebied op n vohoubare manier te maak werk. Hopelik sal die model ander kommersiele boere inspireer tot dieselfde aksie. Daar is nie n voetpad vir hierdie onbekende nie, maar iemand, (S W Viljoen Boerdery) moet bereid wees om hierdie voetpad te begin uitkap. Binne die raamwerk van die NOP wil die besigheid sosiale opheffing doen, nuwe kommersiele boere staanmaak en in die proses werk skep. Voedselsekuriteit, ekonomiese groei en sosio maatskaplike opheffing sal deur hierdie projek verkry word. Na vyf jaar, sal die boerdery, volgens huidige projeksies uiters winsgewend wees en wanneer die begunstigdes meerderheidsaandeel in hulle eie plaas besit, sal die besigheid finansieel instaat wees om die volgende groep mense op n nuwe plaas te bemagtig op dieselfde basis.

SWOT Analise Sterk punte: Die bestaande boerdery (SW Viljoen Boerdery) beskik oor uitstekende fasiliteite, masjinerie, vee en kundigheid om n volwaardige kommersiele arm van bemagtiging te help vestig. Die area waarin die boerdery bedryf word is wat klimaat betref, n stabiele gebied. Die behoorlike wisselboustelsel wat gevestig is in die bestaande boerdery, verdiskonteer die risiko van die boerdery in n groot mate. Verdere risiko verspreiding word gedoen omdat die bedryfsvertakkings so uiteenlopend is. Die grootte en omvang van die boerdery sal definitief bydra tot die sukses van die projek. (Ekonomie van skaal.) Dit dra ook by tot die daarstelling van n ekstra bedryfsvertakking (sitrus) wat n ekonomiese eenheid op sy eie gaan wees, waarvan die begunstigdes later 100% aandeel kan besit. Genoeg kundigheid en welwillendheid is beskikbaar om die nuwe boerdery te vestig.

Die bestaande boerdery beskik oor uitstekende finansiele syfers en asook projeksies vir die toekoms. Die likiditeit en terugbetaal vermoë van die bestaande boerdery is uitstekend. Die begunstigdes is almal baie entoesiasties om die besigheid te maak werk. Grondwaardes groei geweldig die afgelope paar jaar, wat die balansstaat sterk maak. Die projek sal nie die staat geld kos nie, net die waterreg en dampermit is n vereiste. Swak punte: Die inkoop van die regering m.b.t. die ekstra waterregte en dampermit sal n voorbehoud bly ten einde die hele projek te maak werk. So n belegging is n langtermynbelegging en alhoewel die projeksies baie goeie potensiele winste wys, sal dit aanvanklik nie die geval wees nie. Die begunstigdes moet vooraf besef dat die winste wat die groter boerdery vir die eerste vyf jaar genereer gebruik word vir die daarstelling van n nuwe bedryfsvertakking (sitrus) wat noodsaaklik is om die Dasbergboerdery onafhankilk te laat funksioneer na vyf jaar. Die eerste vyf jaar is dus die belangrikste uitdaging om te oorkom. Geleenthede: Ons sien die geleentheid om van hierdie bemagtigingsprojek die grootste een in die saai en vee bedryf te maak, nie net provinsiaal nie, maar selfs nasionaal. Ons is reeds een van die grootste wolprodusente in die land en ook een van die grootste graanprodusente van die streek. Ons wil juis die sitrusvertakking gebruik om te diversifiseer en die winste uit dit te gebruik om ander grond vir bemagtiging in die area te kan koop. Hierdie sitrusvertakking sal noodwendig baie arbeidsintensief wees en dus wesenlik werk skep.

Werkskepping van die sitrus vertakking sal terugwerk na 250 werksgeleenthede per dag vir sewe maande van oes, 80 werksgeleenthede vir 3 maande van snoei en 20 permanente aanstellings wat oorhoofs in beheer is vir 12 maande. Indien die verdere verwerking in n pakstoor in ag geneem word, sal daar nog 100 werksgeleenthede geskep word. Die bestaande boerdery se likiditeit, geskiedenis van terugbetalingsvermoë en die diens van lenings, maak deure oop vir die nuwe besigheid om krediet te verkry. Bydraend tot dit is die feit dat die bestaande boerdery by Anker Agri Data geëavalueer word onder die grootste en effektiefste boerderye uit n databasis van 150 boerderye. Besighede in die waardeketting wil graag besigheid doen met Swart bemagtigde boerdery eenhede. Bemarkers van sitrus het reeds voelers uitgesteek na die projek. Onsekerhede oor grondhervorming het tot gevolg dat bestaande kommersiele boerdery huiwerig is tot uitbreiding. Indien daar n reg van eerste weiering beginsel in die distriksmunisipaliteit ingestel word ten einde grondhervormingsprojekte te bevorder, sal hierdie nuwe bemagtigingsbesigheid die geleentheid tot uitbreiding met groot oorgawe kan aangryp. Die geld wat gemaak word uit die boerdery sal herbelê word in die landbou en dus by implikasie weer terugkom in die distriksmunisipaliteit. Die sosiale gedeelte, (Aandeelhouding deur die Werknemertrust) kan volgens huidige projeksies R4 000 000 (miljoen) per jaar in die voorheen benadeelde gemeenskap terugploeg wanneer die sitrus vertakking klaar betaal en in volle produksie is saam met die ander vertakkings van die boerdery. In ag geneem n 20 % aandeel in Dasberg Boerdery deur personeelkorps. Dit sluit nie die 30% voordeel wat die drie nuwe swart boere hieruit kry nie, (Eksteenskloof Boerdery) wat n verdere R6 000 000 (ses miljoen) volgens huidige projeksies is.

Bedreigings: Die grootste bedreiging vir grondhervormingsmodelle soos die een is ironies genoeg die Nasionale regering se uitsprake en moontlike instel van populistiese wetgewing rondom grondplafonne en eienaarskap. Die verswakkende rand bied wel geleentheid tot prysverhogings van dit wat geproduseer word, maar sal op die langtermyn die winsgewendheid van die boerdery negatief beïnvloed weens die koste van masjinerie en insette wat ingevoer word. n Teenvoeter hiervoor is die sitrus en wol wat uitvoerprodukte sal wees. Administratiewe rompslomp met die verkryging van n waterlisensie vertraag die projek. SAMEVATTING Almal besef die belangrikheid en dringendheid van grondhervorming ten einde stabiliteit en n toekoms vir ons land te verseker. Hierdie model is 100% in lyn met die Nasionale Ontwikkelingsplan vir landbou en grondhervorming. Ons het n verantwoordelikheid teenoor elke landsburger, maar veral teenoor ons kinders om hierdie kwessie aan te spreek. Kommersiele landbou is ongelukkig nie finansieël in staat om hierdie probleem op sy eie aan te spreek nie en het die hele ekonomie dus n veranwoordelikheid om dit te maak werk. S W Viljoen Boerdery is bereid om sy deel te doen vir grondhervorming...wat doen jy? Addendums: