Erika Murray-Theron. Stippellyn

Size: px
Start display at page:

Download "Erika Murray-Theron. Stippellyn"

Transcription

1 Erika Murray-Theron Stippellyn FA Stippellyn setting.indd 3

2 Eerste uitgawe in 2014 deur Tafelberg-Uitgewers, n druknaam van NB-Uitgewers n afdeling van Media24 Boeke (Edms.) Bpk. Heerengracht 40, Kaapstad E.I. Theron Alle regte voorbehou Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, skyf- of bandopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of -ontsluiting Bandontwerp en tipografiese versorging deur Michelle Staples Gedruk en gebind deur Interpak Books, Pietermaritzburg, Suid-Afrika Produkgroep afkomstig van goed bestuurde bebossing en ander beheerde bronne. Eerste uitgawe 2014 ISBN: ISBN: (epub) ISBN: (mobi) FA Stippellyn setting.indd 4

3 Hoe het dit begin? Terwyl sy probeer onthou, skuif dit steeds verder van haar af weg. Daarby het die nóú n terug werkende effek op tóé. Elke nuwe dag verander hoe alles uiteindelik afgeloop het en plaas dit wat voorafgegaan het in n nuwe lig. Meneer N se dood was nie die begin nie. Nee. Dit was ook nie n slot nie. Behalwe vir hom, natuurlik. Vir hom was dit n slot. FA Stippellyn setting.indd 5

4 1 Daardie oggend word Lana wakker voordat die wekker lui. Sy lê nog ʼn rukkie met opgetrekte bene, handpalm onder die wang, ingeskulp in die warmte van haar bed. Soos altyd moet sy haarself ʼn bietjie staal voor sy reg is om die dag aan te durf. Toe draai sy op haar rug en strek haar arms en bene; sy vind met haar vingertoppe en tone die koel uithoekies van die bed. Sy registreer die fyn tekstuur van die katoenlakens. Sy het ʼn swakheid vir mooi linne omdat dit ʼn weelde is wat sy lank nie geken het nie. Dit is ook haar antwoord op die duisend keer dat sy al in haar lewe hospitaalbeddens moes oortrek met utilitêre, plankagtige lakens en treklakens wat na wassery ruik. Dis nog donker, maar Pretoria se vroegoggendver keer dreun al ononderbroke. Sy verbeel haar soms dat die gedruis dié van die see is. In die palmboom ver onder die hoë woonstelvenster tjilp ʼn paar stadsmossies. Opstaantyd. Klaar gelê. Sy skrik, want die wekker het begin skel voor sy dit vroegtydig kon dooddruk. Nou moet sy gou maak: badkamer toe gaan, gesig was, haarself regkry, iets eet. Sy kan dit alles amper gedagteloos doen. Sy dink eer der aan wat by die werk voorlê: ʼn nuwe langtermynopname, altyd moeilik omdat dit soveel emosie behels, 7 FA Stippellyn setting.indd 7

5 nie net by die onseker en verwarde pasiënt nie, maar ver al ook by die familie. Maar sy verwag nie dat die dag op enige manier sal verskil van al haar ander vol en verant woordelike dae nie. Voor sy haar skouersak en motorsleutels neem, kyk sy vir oulaas of sy reg lyk. Sy is netjies in haar verpleeguniform: die donkerblou langbroek, die blou oopknooptrui oor die wit hemp met die kraag en die donkerrooi epoulette. Haar hare is agter haar kop vasgemaak. Sy dra min grimering. Sy weet dat sy strenger en ontoegankliker lyk as wat sy is en dat iets aan haar voorkoms ander soms intimideer, maar sy kan niks daaromtrent doen nie. Party keer staar sy in die spieël om te probeer uitmaak waar dit lê. Dalk het dit te make met haar lengte, die bietjie somberheid van haar donker oë, haar swaar ooglede. Mis kien lees mense haar sosiale ongemak as meerderwaardigheid. Sy stoot haar voordeur se veiligheidshek met ʼn klein metaalagtige gekletter agter haar toe, draai die sleutel twee maal in die slot en staan dan eers stil, haar hand op die reling, en kyk in die trapskag af. Die trap wentel sewe verdiepings ver na onder, dit vou al hoe nouer om homself tot waar die reghoekige opening soos ʼn skoendoos lyk. Eienaardig dat diepte jou kan aantrek en ter selfdertyd jou maag laat draai. Soggens kies sy die trap, nie net uit vrees vir die donker en beknoptheid van die hysbak as ʼn kragonderbreking haar daarin vaskeer nie, maar omdat sy dan ook nie by die kliniek sal kan uitkom nie. Haar bene is sterk en nog jeugdig genoeg, haar asem jaag nie, haar voete is gemaklik in haar werkskoene. Om 8 FA Stippellyn setting.indd 8

6 en om na onder. Sy daal áf. Op ʼn trap lê n leë tjipspakkie, sy buk om dit op te tel, en ʼn beeld uit ʼn film wat sy jare gelede gesien het, kom by haar op. Dit speel in Rio de Janeiro af. Sy onthou die karnavaltonele, en die swart Orpheus wat sy Eurydice die onderwêreld in volg, af en af en af met ʼn stel trappe, met iewers ʼn figuur met ʼn besem wat derduisende swewende velle papier probeer saamvee: die name en besonderhede van verlore mense. Buite vou Lana haar arms om haar lyf: dis maar die begin van Mei, maar daar is al ʼn goeie knyp in die lug. Sy wil die tjipspakkie in een van die ry asblikke langs die woonstelgebou gooi, besef dan dat die pakkie nie heeltemal leeg is nie. Sy aarsel voordat sy die asblikdeksel daarop laat terugsak. As jy met min grootgeword het, blý dit teen jou grein om kos weg te gooi. Maar wanneer die asblikke vanaand uitgestoot word straat toe vir môre se vuilgoedverwyderaars, sal van die vergaderaars wat snags of donkeroggend verbykom om dit vir karton en verkoopbare artikels te fynkam, wel daarop afkom. So troos sy haarself. Soos elke oggend is sy verlig dat haar ou wit Toyota nog op die woonstel se oop parkeerterrein is. Haar motor huis is stampvol meubels en gestapelde bokse wat sy vier maande gelede van haar ma se huis laat aanry het. Toe sy wegtrek, steek sy al haar hand uit na die knoppie van die motorradio. Dis op die klassiekemusiekstasie gestel. ʼn Deel van Bach se Goldberg-variasies, Glenn Gould, herken sy dadelik. Maar die musiek word onderbreek deur die dag se eerste verkeersverslag en daarna die vroegoggendnuus. Sy het nie eintlik krag 9 FA Stippellyn setting.indd 9

7 hiervoor nie, maar luister tog na die dag se vraggie internasionale ongedurigheid en moles. Israelse troepe wat sou onttrek, sit steeds in Libanon. n Wolk van korrupsie hang om die kop van die Israeliese eerste minister. Rewolusionêre magte in Sierra Leone het honderde VN-soldate gevange geneem, van hulle is dood. Rebelle het twee Suid-Afrikaners in die Filippyne ontvoer. Hul storie vang haar aandag vas omdat sy haar met hulle kan vereenselwig. Strydom nogal haar ma se nooiensvan. Hoe moet dit wees om die een dag bederf en versorg in n poskaart- idilliese omgewing vakansie te hou, met skoon onderklere in jou tas en n boek langs jou hotelbed en jou lipstiffie en donkerbril in jou handsak, en die volgende dag sonder bedekking in die oopte op die grond te slaap, uitgelewer aan die duister agendas van vegters met gewere, létterlik nie van jou lewe seker nie? Hoe is oorlog regtig? Dis die begin van ʼn splinternuwe eeu, maar niks klink juis anders as voorheen nie, dink sy. Miskien bewys dit maar net hoe die mensdom inherent is. Selfs in die kliniek waar sy werk, op die oog af ʼn hawe van rustigheid, waar dood en oorlewing nie aan geweld van buite gekoppel is nie, merk sy die tekens daarvan. Die aggressiewe selfsug van party oumense se eise, die fokus op die ék. Die sekuriteitsman by die kliniek se hek groet haar met ʼn glimlag. So vroeg in die oggend is haar gewone parkeerplek onder ʼn karobboom nog oop. Bekend is die knars van die gruisklippies onder haar voete, die sementpaadjie en die skuinste vir rolstoele, die glasvoordeur van die aftreeoord, die roomkleurige vloer teëls in die 10 FA Stippellyn setting.indd 10

8 portaal, die dienskamer met die matrone se kantoor langsaan, die skrape en duikies op die metaaldeur van die hysbak. En dan, wanneer sy op die amper oorverwarmde derde verdieping uitklim, die intensiewe reuk van hospitaal en oumense. Dit is haar wêreld. Sy is hoof van die dagpersoneel, wat bestaan uit nog n verpleegster, drie hulpverpleegsters en die twee skoonmakers. By die toonbank kyk die groot, tam, permanent gekrenkte nagsuster, Rita, opsigtelik na haar horlosie. Lana is nie laat nie. Sy trek onverstoord haar trui uit en bêre dit en haar handsak in haar sluitkassie in die dienskamer voordat hulle saam die nagregister afteken en Rita huis toe kan gaan. Toe sy alleen is, kyk sy die register nog ʼn keer noukeurig deur voordat sy haar oggendronde by die pasiënte doen. Hier, tussen die arme kwesbares, word sy spontaan en warm. Word haar stem laer, kan sy troos en paai en aanmoedig en gerusstel en terg. Ouderdom intimideer haar nie en versper ook nie haar pasiënte se menslikheid nie. Sy het nogtans gunstelinge. Sy bêre meneer Nicolić se hoekkamer vir laaste. Hy herinner haar aan iemand, maar sy weet nie aan wie nie. Hy raak haar, hy haal iets besonders uit haar. Dalk omdat sy beroerte dit vir hom onmoontlik maak om vir enigiets te vra, is sy skerper ingestel op sy gemak of ongemak. Dit is sy gordyne wat sy self verstel sodat die somerson nie in sy oë skyn nie, sodat die wintersonnetjie na binne kan straal, sodat hy die esdoringboom in die tuin beter kan sien. Dit is aan hom dat sy liefderik raak: aan sy skouer, aan sy hand, aan sy kop. Dit is hy wat die diepste klank uit haar roep. 11 FA Stippellyn setting.indd 11

9 Daarom staan sy verstar in sy kamerdeur toe sy sien wat gebeur het. Haar hand gaan van skrik na haar bors. Haar vingers raak aan haar naamplaatjie, aan die ogies van die skêr in haar bosak. Sy voel die vol sagtheid van haar borste onder haar voorarm. Klein, bekende sensasies, n gerusstelling. Sy is nie ongewoond aan dood nie. So vanselfsprekend en natuurlik soos geboorte in n kraamafdeling, is die teenwoordigheid van dood hier. In die sorgsentrum gaan dit nie gewoonweg om ouderdom nie. Ekstreme ouderdom is iets anders. ʼn Aparte menslike stadium. Daar is geen versagting, geen eufemismes vir die aftakeling en vernedering daarvan nie. Dikwels wonder sy hoe jy mense se blootstelling daaraan moet beskryf. Sê jy byvoorbeeld iemand word die slagoffer van ouderdom? Kan jy sê dat iemand aan ouderdom ly? Meneer Nicolić sou binnekort vier en negentig geword het. In die maande wat hy in die kliniek was, het van die ander personeel begin om hom in sy sprakeloosheid soos n kind te behandel, om in verkleinwoordjies met hom te praat. Nooit sy nie. Nou lê hy op sy rug in ten volle herstelde waardigheid. Sy kyk na sy profiel en soek die regte woord daarvoor. Hoogheid. Wat n indrukwekkende ou man is hy nie, ten spyte van die gevlekte, perkamentgeel vel wat oor sy gesig en skedel en oor sy lang hande span. Sy sien die vorm van sy kop, sy prominente wangbene, die streng kromming van sy neus, die skoon vlakke van sy slape en wange. Sy oë is met finaliteit toe, sy mond effens oop. Sy bene is reguit gestrek, sy hande lê oorkruis op sy bors asof hy ander die moeite wou spaar om hom uit te lê. 12 FA Stippellyn setting.indd 12

OpenStax-CNX module: m Gedigte * Siyavula Uploaders

OpenStax-CNX module: m Gedigte * Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m26270 1 Gedigte * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL Graad

More information

OpenStax-CNX module: m Lees en Woordorde * Siyavula Uploaders

OpenStax-CNX module: m Lees en Woordorde * Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m25753 1 Lees en Woordorde * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 AFRIKAANS HUISTAAL Graad 4 Module

More information

VENUE CHECKLIST. Venue pas in by julle tema (bv rustic- plaas, city-chic en modern, natuurlik, klassiek, medieval of iets heeltemal uniek ens)

VENUE CHECKLIST. Venue pas in by julle tema (bv rustic- plaas, city-chic en modern, natuurlik, klassiek, medieval of iets heeltemal uniek ens) VENUE CHECKLIST VENUE CHECKLIST *print en neem saam na venues ALGEMENE OORWEGINGS & PRYSE: *Van hierdie dinge kan jy dalk reeds uitvind en invul voordat jy enige venues besoek sodoende elimineer jy alreeds

More information

Spreek pizza so uit: pietsa. bak: to bake; om iets in n oond gaar te maak

Spreek pizza so uit: pietsa. bak: to bake; om iets in n oond gaar te maak 6 Mm-Mm, dis lekker Woordpret: Ontdek die woorde Jy gaan n storie oor n pizza lees: Die grootste pizza Wil jy weet wat n pizza is? Wil jy ook weet watter ander woorde in die storie is? Kyk na die foto

More information

Ligte gedigte en dinge

Ligte gedigte en dinge 2 Ligte gedigte en dinge Luister en praat: n Gedig Luister en praat Pre-luister: Probeer voorspel waaroor die gedig gaan deur na die titel te kyk. Tydens luister: Luister na die gedig waarin die spreker

More information

Van hier tot daar - 05 *

Van hier tot daar - 05 * OpenStax-CNX module: m26927 1 Van hier tot daar - 05 * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Van

More information

Afstand * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Bonnie en Tommie gaan see toe 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Afstand * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Bonnie en Tommie gaan see toe 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum OpenStax-CNX module: m32005 1 Afstand * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Bonnie en Tommie gaan see toe

More information

Cheesy Bacon Ranch Pull Apart Bread

Cheesy Bacon Ranch Pull Apart Bread Cheesy Bacon Ranch Pull Apart Bread Ingredients adapted from How Sweet Eats 1 3/4 cups all-purpose flour 1 cup whole wheat flour 1 tablespoon sugar 2 1/4 teaspoons instant yeast 1 teaspoon salt 1 packet

More information

Marieta van Bladeren Nigella se aartappel blini. Maar ek dress hom soos die foto

Marieta van Bladeren Nigella se aartappel blini. Maar ek dress hom soos die foto Potato blini Marieta van Bladeren Nigella se aartappel blini. Maar ek dress hom soos die foto Potato blini Ingredients 3 eggs 1/2 cup full fat milk 2 spring onions/scallions finely sliced 2 tablespoons

More information

Karamel Brownies. Karamel: 32 cream caramels (daardie caramel toffies wat in die lang boksies is) ½ k. botter 1 blik kondensmelk.

Karamel Brownies. Karamel: 32 cream caramels (daardie caramel toffies wat in die lang boksies is) ½ k. botter 1 blik kondensmelk. Karamel Brownies 1 kop botter 2 kop suiker 3 eiers 2 teelepel. vanielje ½ kop kakao ½ tl sout 2 kop meel 1 kop melk 1 kop gekapte pekanneute (opsioneel) Karamel: 32 cream caramels (daardie caramel toffies

More information

GRONDBOONBOTTER FIX KOEKIE

GRONDBOONBOTTER FIX KOEKIE GRONDBOONBOTTER FIX KOEKIE Voorverhit oond @ 180 2k fyn grondboonbotter 1½k strooisuiker 2,5ml sout 3 eiers geklits *Meng alles *Maak bolletjies *Druk platter met n garetolletjie *Bak 15min Lewer 5dosyn

More information

Per Serving: 310 Calories; 16g Fat; 36g Protein; Carbohydrate; 1g Dietary Fiber; 2g Net Carbs

Per Serving: 310 Calories; 16g Fat; 36g Protein; Carbohydrate; 1g Dietary Fiber; 2g Net Carbs PIZZA CHICKEN 1 boneless chicken breast, pounded flat if thick Salt, pepper, garlic powder and Italian seasoning, to taste 1 tablespoon pizza sauce 4 1 2 2 1 slices pepperoni teaspoon butter or oil fresh

More information

MONIQUE SE LEKKER PEANUT BUTTER FUDGE

MONIQUE SE LEKKER PEANUT BUTTER FUDGE DIAMANT-KRISPIES DIAMANT-KRISPIES 200 g malva lekkers 1 385 g blik kondensmelk 30 ml botter 5 X 250 ml rysvlokkies ( rice Krispies ) 50 g donker sjokolade Smelt die malva lekkers, kondensmelk en botter

More information

SLAAI UITDAGING SALAD CHALLENGE

SLAAI UITDAGING SALAD CHALLENGE SLAAI UITDAGING SALAD CHALLENGE SLAAI UITDAGING SALAD CHALLENGE Ek het n lekker uitdaging vir julle, almal begin slaaie maak en ons soek altyd na iets nuuts, hier is 25 heerlike resepte, maar sonder foto

More information

DIE QUINTUS PORK BELLY

DIE QUINTUS PORK BELLY DIE QUINTUS PORK BELLY DIE QUINTUS PORK BELLY Verhit oond op die hoogste rooster stelling. Sny die vet in klein blokkies sonder om die vleis raak te sny. (gebruik maar n lekker skerp mes) Sprinkel bietjie

More information

Welkom by Koekela Huiskafee

Welkom by Koekela Huiskafee Welkom by Koekela Huiskafee Ek vertel graag die Koekela storie Koekela se deure het geopen in Junie 2010, Carol-Anne het n droom laat waar word, die wonderlike juweel blink gevryf en ander mooi krale bygevoeg.

More information

MADELEINES MADELEINES

MADELEINES MADELEINES MADELEINES MADELEINES Sponge cake cookie in shell shaped molds. Ingredients 2 eggs 3/4 teaspoon vanilla extract 1/8 teaspoon salt 1/3 cup white sugar 1/2 cup all-purpose flour 1 tablespoon lemon zest 1/4

More information

Mushroom and Blue Cheese on Toasted Ciabatta

Mushroom and Blue Cheese on Toasted Ciabatta Mushroom and Blue Cheese on Toasted Ciabatta Ingredients for about 4 open sandwiches 250g mushrooms sliced 1 tbsp olive oil 1 clove of garlic crushed 125ml cream blue cheese use as mush as you like I used

More information

Kos en advertensies. Luister- en praattyd: Wat sal jy koop? Voorbeeld: Ek sal koeldrank, brood,... koop. appels. tee. aartappels.

Kos en advertensies. Luister- en praattyd: Wat sal jy koop? Voorbeeld: Ek sal koeldrank, brood,... koop. appels. tee. aartappels. 11 Kos en advertensies Luister- en praattyd: Wat sal jy koop? Voorbeeld: Ek sal koeldrank, brood,... koop. brood koeldrank aartappels tee appels pampoen suiker sjokolade pasta lekkers kaas piesang boontjies

More information

INTERACTIVITY GUIDE. Kalahari Water is an interactive electronic magazine. Every article is packed

INTERACTIVITY GUIDE. Kalahari Water is an interactive electronic magazine. Every article is packed FEBRUARY '17 INTERACTIVITY GUIDE Kalahari Water is an interactive electronic magazine. Every article is packed Hover over the icons to learn more about their functions. with interactive content designed

More information

VOORWOORD VOORWOORD. Kos en samesyn gaan hand aan hand. Gesellige. Together. Die reuk van moerkoffie op die stoof, saam met die van eiers, spek en

VOORWOORD VOORWOORD. Kos en samesyn gaan hand aan hand. Gesellige. Together. Die reuk van moerkoffie op die stoof, saam met die van eiers, spek en COFFEE SHOP VOORWOORD VOORWOORD Hitios nis doluptat illuption rest, ut vendist que volupta sum est, corrovit volum haria vent voluptate porpori taesciis millorp orerum et volorecust, odis aditatem utem

More information

Vark wors VARKWORS METODE: Nota

Vark wors VARKWORS METODE: Nota Vark wors VARKWORS 3kg Varkvleis 30g fyn sout (25ml) 5ml varsgemaalde witpeper 2ml fyn naeltjies 15ml heel koljander 2ml gerasperde Neutmuskaat 150ml asyn 90g derms METODE: Skroei eers die koljander, maal

More information

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 RELIGIESTUDIES V1

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 RELIGIESTUDIES V1 Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 RELIGIESTUDIES V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur *RLSDM1* Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. 2 RELIGIESTUDIES V1

More information

Celtis Africana May The environmental awareness publication of Sterkfontein Country Estates

Celtis Africana May The environmental awareness publication of Sterkfontein Country Estates Celtis africana Sterkfontein Country Estates May/Mei 2016 Good day Celtis friends! Early mornings and late afternoons have become rather nippy, but the clear blue skies - so typical of the Highveld at

More information

Skool Vakansie Sorg Bring die kinders om te kom SPEEL. Ons pas u kind op terwyl u werk.

Skool Vakansie Sorg Bring die kinders om te kom SPEEL. Ons pas u kind op terwyl u werk. Skool Vakansie Sorg Bring die kinders om te kom SPEEL. Ons pas u kind op terwyl u werk. Skool Vakansie Sorg Datums (slegs weeksdae Maandae tot Vrydae): Publieke Vakansie is ons gesluit. Besprekings is

More information

SUMMARY. diseases on mango plants and fruit and cause major economic losses to this industry.

SUMMARY. diseases on mango plants and fruit and cause major economic losses to this industry. SUMMARY In Chapter one of this thesis, the literature on Botryosphaeria spp. associated with mango is reviewed. From this review, it is clear that Botryosphaeria spp. are responsible for diseases on mango

More information

FACULTY OF ECONOMIC AND MANAGEMENT SCIENCES DEPARTMENT OF ECONOMICS ECONOMICS 110 Semester test 1 14 March 2008 Total: 50 marks Time: 60 minutes

FACULTY OF ECONOMIC AND MANAGEMENT SCIENCES DEPARTMENT OF ECONOMICS ECONOMICS 110 Semester test 1 14 March 2008 Total: 50 marks Time: 60 minutes FACULTY OF ECONOMIC AND MANAGEMENT SCIENCES DEPARTMENT OF ECONOMICS ECONOMICS 110 Semester test 1 14 March 2008 Total: 50 marks Time: 60 minutes Internal examiners: Mr CJ Lotter Mr R de Lange Mr FJ Scholtz

More information

DAAR IS NOG 15 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS

DAAR IS NOG 15 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS DAAR IS NOG 15 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS INDIEN JUL NIE HIERDIE BRIEWE WIL ONTVANG NIE, LAAT WEET MY DAN STUUR EK NIE VERDER VIR JULLE NUUS NIE. DAMES EN DIE HANDJIE VOL MANS ASSEBLIEF INDIEN

More information

sweetcorn tert Metode:

sweetcorn tert Metode: sweetcorn tert 4 eetlepels botter 4 eetlepels suiker 4 eiers 3 eetlepels mazena 2 teelepels bakpoeier 1 teelepel aromat 375 ml melk 2 blikkies sweet corn Metode: 1.Klits die botter, suiker en eiers tot

More information

STUDIEVELD B LETTERKUNDE 1: FABELS EN MITES LES 1

STUDIEVELD B LETTERKUNDE 1: FABELS EN MITES LES 1 STUDIEVELD B LETTERKUNDE 1: FABELS EN MITES LES 1 Fokus: Tradisionele literatuur. Nota: Luister en praat is die middelpunt van leer in alle vakke. Luister- en praatvaardighede word deur middel van letterkunde

More information

Happiness is a cup of coffee. July 2016 Newsletter

Happiness is a cup of coffee. July 2016 Newsletter Happiness is a cup of coffee July 2016 Newsletter 1 CONTENTS Editor s Note 3 Eldoglen Office / Kantoor: Eldoglen Welcomes Magda Cloete 4 A Double Knot In The Ear 5 Shed Light on It / Werp Lig daarop Building

More information

JERSEY SA. Nuusbrief

JERSEY SA. Nuusbrief JERSEY SA Nuusbrief Januarie - 2014 Jersey SA Kontak besonderhede: Tel: 051 430 8020 Faks: 051 430 7719 Epos: info@jerseysa.co.za ABS Nasionale Jersey Jeugskou 2014 Die jaar merk die 10de Nasionale ABS

More information

Hoe het Coke ontstaan? *

Hoe het Coke ontstaan? * OpenStax-CNX module: m23728 1 Hoe het Coke ontstaan? * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE

More information

Stap 3 : Sorg dat die laaste periode van Augustus 2016 gedoen en gepos is.

Stap 3 : Sorg dat die laaste periode van Augustus 2016 gedoen en gepos is. ORANJE LONE IRP5 PROSEDURE VIR AUGUSTUS 2016 Stap 1 : Werk altyd op die heel nuutste Oranje Lone opdatering. Daar mag gereelde opdaterings verskyn om u werk makliker te maak of om indien nog bestaan, program

More information

Sjokolade-mousse-terrien

Sjokolade-mousse-terrien Sjokolade-mousse-terrien Maak die poeding die vorige dag sodat dit oornag in die yskas kan stol. maak 1 x 32 cm-terrien Koek: 280 g (500 ml) koekmeel 400 g (500 ml) suiker 80 g (200 ml) kakao 10 ml bakpoeier

More information

INTERACTIVITY GUIDE. Kalahari Water is an interactive electronic magazine. Every article is packed

INTERACTIVITY GUIDE. Kalahari Water is an interactive electronic magazine. Every article is packed APRIL '17 INTERACTIVITY GUIDE Kalahari Water is an interactive electronic magazine. Every article is packed Hover over the icons to learn more about their functions. with interactive content designed to

More information

Suurlemoengegeurde malvapoeding

Suurlemoengegeurde malvapoeding Suurlemoengegeurde malvapoeding Manda Kahts Badenhorst Die TUKKA Spens ivm Ozziekaners Remix Suurlemoengegeurde malvapoeding Genoeg vir 8 mense Bereidingstyd: 15 minute Gaarmaaktyd: 30-35 minute POEDING

More information

DAAR IS NOG 15 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS

DAAR IS NOG 15 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS DAAR IS NOG 15 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS INDIEN JUL NIE HIERDIE BRIEWE WIL ONTVANG NIE, LAAT WEET MY DAN STUUR EK NIE VERDER VIR JULLE NUUS NIE. Dankie vir Lorraine 1971 inname wat gehelp het

More information

Pork belly roast. Ingredients. Method

Pork belly roast. Ingredients. Method Pork belly roast Ingredients 1.3 kg higher-welfare pork belly 15 g fennel seeds 5 g sea salt 100 ml olive oil carrots celery onions garlic cloves, skin on fresh thyme 1 bottle white wine 75 g plain flour

More information

Leseenheid 10. Aktiwiteit 1: Kom ons luister. Aktiwiteit 2: Ons skryf. Opdrag. Prettige Pizza Plek. Groepopdrag. Doughie moet invul:

Leseenheid 10. Aktiwiteit 1: Kom ons luister. Aktiwiteit 2: Ons skryf. Opdrag. Prettige Pizza Plek. Groepopdrag. Doughie moet invul: Leseenheid 10 Aktiwiteit 1: Kom ons luister Opdrag Luister met aandag na die voorlesing (Luistertoets 1). Doughie moet invul: Voltooi daarna die vormpie wat Prettige Pizza Plek Klant se naam en van: Klant

More information

COCONUT WAFERS. Variation Omit the coconut and add choc chips/ cherries

COCONUT WAFERS. Variation Omit the coconut and add choc chips/ cherries COCONUT WAFERS 1¾ Cup flour 125 gram margarine or butter (soft) 1 Cup sugar 1 teaspoon vanilla 1 egg ¾ Cup coconut ½ teaspoon salt 1 ½ teaspoons baking powder Method Cream margarine and sugar until light

More information

PAASWEEK 05 tot 12 April 2009

PAASWEEK 05 tot 12 April 2009 PAASWEEK 05 tot 12 April 2009 Paasfees is die grootste jaarlikse fees van die christelike godsdiens - aangesien dit sentreer rondom die primêre van ons geloof, naamlik Jesus se kruisdood en Sy opstanding.

More information

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 MODEL 2014 PUNTE: 180 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye en 'n aparte inligtingsblad. Rekenaartoepassingstegnologie/V1

More information

Primêre Skool Jordania

Primêre Skool Jordania Primêre Skool Jordania Posbus 474, Bethlehem, 9700 Tel: 058 303 4116 / Faks: 058 303 4264 Epos: jordania@jordaniapri.co.za www.jordaniaprimer.co.za Nr. 34/2018 16 November 2018 Die belangrikheid van lees

More information

VETKOEK OR BREAD DOUGH

VETKOEK OR BREAD DOUGH VETKOEK OR BREAD DOUGH VETKOEK OR BREAD DOUGH Hi everyone. Just want to share my husbands baking skills. 3 cups white cake flour 3 cups brown bread flour 4 tsp sugar 3 tsp salt 1 pkt yeast (purple) 700

More information

Verslag oor die droëbone strookproewe: 2016/17 Report on the dry bean strip trials: 2016/17. September 2017

Verslag oor die droëbone strookproewe: 2016/17 Report on the dry bean strip trials: 2016/17. September 2017 77 Verslag oor die droëbone strookproewe: 2016/17 Report on the dry bean strip trials: 2016/17 September 2017 D Fourie LNR-Instituut vir Graangewasse / ARC-Grain Crops Institute Inleiding/Introduction

More information

DE VETTE MOSSEL STRAND GROOTBRAKRIVIER

DE VETTE MOSSEL STRAND GROOTBRAKRIVIER English version below - with more photos. 05/2018 DE VETTE MOSSEL STRAND SEEKOSRESTAURANT @ GROOTBRAKRIVIER ALGEMENE VRAE EN ANTWOORDE VIR TROUES EN ONTHALE TE DE VETTE MOSSEL STRAND-SEEKOSRESTAURANT Baie

More information

Van hier tot daar - 02 *

Van hier tot daar - 02 * OpenStax-CNX module: m26924 1 Van hier tot daar - 02 * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Van

More information

IDEES VIR FONDANT IN VORMS

IDEES VIR FONDANT IN VORMS IDEES VIR FONDANT IN VORMS IDEES VIR FONDANT IN VORMS Janine Stander: Hi ek wil graag weet ek wil fondant in n mould gebruik. Watter fondant werk die beste: die fondant wat klaar gekleur is of die poeier

More information

Kerrie perskes. Pickled Fish

Kerrie perskes. Pickled Fish Kerrie perskes Koringslaai met Kerrie Perskes: 200gram koring, 50ml olie, 1grt soetrissie gekap, 3ml borrie, 6ml matige of sterk kerrie na smaak, 1grt ui gekap, 1grt blik perskes gedreineer, 25ml bladjan,25ml

More information

Seisoene - 03 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Seisoene 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Seisoene - 03 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Seisoene 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum OpenStax-CNX module: m29878 1 Seisoene - 03 * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Seisoene 3

More information

Spieëltjie, Spieëltjie aan die wand -

Spieëltjie, Spieëltjie aan die wand - OpenStax-CNX module: m29769 1 Spieëltjie, Spieëltjie aan die wand - * 01 Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS

More information

Gmail - Fw: BOLAND REELS VIR LIGA WEDSTRYDE

Gmail - Fw: BOLAND REELS VIR LIGA WEDSTRYDE 1 of 6 2011/04/09 05:39 PM Karen Müller Fw: BOLAND REELS VIR LIGA WEDSTRYDE Kalie van Heerden To: Sekretaris.uspluimbal@gmail.com, Voorsitter.uspluimbal@gmail.com

More information

TAMELETJIES GIDEON SE TAMELETJIE

TAMELETJIES GIDEON SE TAMELETJIE TAMELETJIES TAMELETJIES 250g pine kernels/dennepitte 1 piece dried ginger root/1stul droe Gemmerwortel 12.5ml butter/botter 750ml sugar/suiker 375ml water 1. Rapidly boil together sugar, butter ginger

More information

GEBAKTE KAASKOEK MET GEMENGDE BERRIES

GEBAKTE KAASKOEK MET GEMENGDE BERRIES GEBAKTE KAASKOEK MET GEMENGDE BERRIES GEBAKTE KAASKOEK MET GEMENGDE BERRIES Kors: 200 gr digestive beskuitjies fyngemaal en met gesmelte botter gemeng. Druk met agterkant van houtlepel vas op die boom

More information

Witblaarvlek (ook bekend as Grysstam) PJA Lombard en L Nowers Wes-Kaapse Departement van Landbou, Direktoraat Plantwetenskappe

Witblaarvlek (ook bekend as Grysstam) PJA Lombard en L Nowers Wes-Kaapse Departement van Landbou, Direktoraat Plantwetenskappe Junie 2016 No. 64 Witblaarvlek (ook bekend as Grysstam) PJA Lombard en L Nowers Wes-Kaapse Departement van Landbou, Direktoraat Plantwetenskappe Witblaarvlek word veroorsaak deur die swam Pseudocercosporella

More information

Potential of the 'Hall s Avoscan' as a Tool to Identify Soft Fruit during Packing for Export

Potential of the 'Hall s Avoscan' as a Tool to Identify Soft Fruit during Packing for Export South African Avocado Growers Association Yearbook 1998. 21:97-99 Potential of the 'Hall s Avoscan' as a Tool to Identify Soft Fruit during Packing for Export F.J. Kruger 1 & A.W. Rowell 2 1 ARC-lnstitute

More information

WINDMEUL KELDER KERRIE AFVAL

WINDMEUL KELDER KERRIE AFVAL WINDMEUL KELDER KERRIE AFVAL WINDMEUL KELDER KERRIE AFVAL 1 Skoon skaap afval 2 Medium uie in ringe gesny 8 Medium aartappels 20ml Matige Kerrie poeier 10ml Borrie 750ml Sterk getrekte Rooibos tee 5 Eetlepels

More information

Celtis Africana June The environmental awareness publication of Sterkfontein Country Estates

Celtis Africana June The environmental awareness publication of Sterkfontein Country Estates Good day all! Celtis africana Sterkfontein Country Estates July 2016/Julie 2016 Time certainly flies, here we are in the middle of winter and yet, just the other day I read in the newspaper that 2016 will

More information

MOVEMBER NOVEMBER '17

MOVEMBER NOVEMBER '17 MOVEMBER NOVEMBER '17 INTERACTIVITY GUIDE Kalahari Water is an interactive electronic magazine. Every article is packed Hover over the icons to learn more about their functions. with interactive content

More information

Easy Breakfast Sandwich Pudding with Crispy Bacon

Easy Breakfast Sandwich Pudding with Crispy Bacon Easy Breakfast Sandwich Pudding with Crispy Bacon Yield: Serves 4 to 6 Prep Time: 10 minutes Cook Time: 25 minutes Ingredients: 5 slices bacon 4 English Muffins cut into cubes 3/4 cup whole milk 3/4 cup

More information

SELFGEMAAKTE DEEG VIR SAMOOSAS

SELFGEMAAKTE DEEG VIR SAMOOSAS SELFGEMAAKTE DEEG VIR SAMOOSAS (maak 3 4 ) ½ k koekmeel ½ k bruismeel ¼ k karringmelk ¼ k groente-olie ¼ t sout Meng al die bestanddele saam totdat dit n deeg vorm en knie 5 minute. Laat rus 15 minute.

More information

Voorverhit die oond tot 200 C. Smeer 6 losboom-pannetjies.

Voorverhit die oond tot 200 C. Smeer 6 losboom-pannetjies. Pana Cota Tertjies Lewer 6 tertjies Bereiding: 20 min. Bak: 10 min. Stol: 4 uur of oornag KORS 125 g botter paar druppels roosstroop 125 ml (½ k) versiersuiker 250 ml (1 k) koekmeel 45 ml (3 e) mielieblom

More information

Muffins Steak & Ale Tin Pies

Muffins Steak & Ale Tin Pies Muffins Steak & Ale Tin Pies 1.7 pounds stewing beef, diced 3 tbsp plain flour 1 tbsp salt 1 bottle pale ale 1 tin chopped tomatoes Small bunch of thyme 2 carrots 3 sticks of celery 1 onion, halved How

More information

Hussar Grill - Going from strength to strength

Hussar Grill - Going from strength to strength 4th Year - Our Birthday Edition! SEPTEMBER 2015 GRAHAM S Tel:021-872 1418/9 Fax:021-872 9489 38 WESTHOVEN STR. PAARL Email:info@grahamsautobody.co.za www.grahamsautobody.co.za 24hr BREAKDOWN SERVICE TEL:

More information

ROMANY CREAMS. Method

ROMANY CREAMS. Method ROMANY CREAMS Ingredients 300 grams of butter ( room temperature ) 1 cup of sugar 1 egg 1/4 cup of oil 3 &1/2 cups of cake flour 1 tsp baking powder 1 tablespoon of vanilla essence 1 cup of cocoa powder

More information

8. If the cookies still seem a little soft don t worry it will set more as they cool. 9. Enjoy!!! 10. PS Very delicious with coffee and tea!

8. If the cookies still seem a little soft don t worry it will set more as they cool. 9. Enjoy!!! 10. PS Very delicious with coffee and tea! MALT COOKIES MALT COOKIES Hey julle ek het op die lekker koekie resep afgekom! As julle nie dalk weet wat is malt nie dit kom voor in Whispers en malt extract kan gekry word by DisChem! Hoop julle geniet

More information

SPINASIE, SAMPIOEN, SPEK EN FETA QUICHE

SPINASIE, SAMPIOEN, SPEK EN FETA QUICHE SPINASIE, SAMPIOEN, SPEK EN FETA QUICHE Kors: 240 g Koekmeel 230 g Botter 150 g Cheddarkaas Vulsel: 500g Spinasie 45 ml olie 250 g Spek 1 groot Ui 1 Knoffelhuisie 300 g Sampioene Sout, peper en aromat

More information

Focaccia met baba-aartappels en geroosterde knoffel

Focaccia met baba-aartappels en geroosterde knoffel Focaccia met baba-aartappels en geroosterde knoffel Genoeg vir: 4-6 Bereidingstyd: 40 minute, plus rystyd Bak: 40 minute Oondtemperatuur: 220 C 500g (900ml) witbroodmeel 10g droë kitsgis 20ml suiker 10ml

More information

Dulche-de-leche Gevriesde Kaaskoek

Dulche-de-leche Gevriesde Kaaskoek Dulche-de-leche Gevriesde Kaaskoek Dulche-de-leche Gevriesde Kaaskoek 125 ml pynappelsap 10ml gelatin poeier 1 bakkie roomkaas (250g) 1 blik karamel treat 250ml room Geroosterde klapper skaafsels Tropiese

More information

Chocolate Chip Peanut Butter

Chocolate Chip Peanut Butter chocklate koek 3 k Melk 200 gm botter 1/2 koppie olie 1 k kokao 2 koppies Self Raising 2 eiers 1 t baking soda ( weet nie wat is in Afr. nie ) 2 koppies suiker 2 eetlepels koffie verhit oond. 180. Verhit

More information

Heide-Mari Dissel Tamatie en uie slaai gebottel heerlik oor en in ENIGE gereg.

Heide-Mari Dissel Tamatie en uie slaai gebottel heerlik oor en in ENIGE gereg. MARKDAG IDEES MARKDAG IDEES Rina Kleinhans Ek het een tyd so mooi materiaal sakkie met so paar mooi velletjies skryfpapier en 5 klein kaartjie met koeverte in gekoop, en op die materiaal sakkie was n pragtige

More information

MOZAMBIQUE PERI PERI CHICKEN

MOZAMBIQUE PERI PERI CHICKEN MOZAMBIQUE PERI PERI CHICKEN Take your chickens and cut them through the breast flatten them out and cut under the wing and slice through the thigh to the bone and leg score the breasts. Then make a simple

More information

Beleid oor die aanmelding van wanbestuur en ongerymdhede en die beskerming van bekendmaking daarvan

Beleid oor die aanmelding van wanbestuur en ongerymdhede en die beskerming van bekendmaking daarvan Beleid oor die aanmelding van wanbestuur en ongerymdhede en die beskerming van bekendmaking daarvan Verwysingsnommer Verantwoordbare uitvoerende bestuurder Beleideienaar Verantwoordelike afdeling Status

More information

BOER. want boere is die beste. GRATIS Uitgawe Januarie

BOER. want boere is die beste. GRATIS Uitgawe Januarie BOER want boere is die beste GRATIS Uitgawe 39 21 Januarie 2019 www.boerhier.co.za is Inhoud 2 Volhard en pluk die vrugte 4 Sien die kleure van die lewe raak 7 CLAAS: Never look back ever again! 11 Statistiek:

More information

Lentil Curry. Ingredients

Lentil Curry. Ingredients Aartappel koekies 220g aartappels, skil, kook, en maak fyn 220g aartappels, skil, en rasper rou 200ml koekmeel 1 t sout 1/2 t bakpoeier 1 eier Meng alles tot sagte deeg Skep lepels vol in pan met vlak

More information

French Onion Zoodle Bake

French Onion Zoodle Bake French Onion Zoodle Bake Yield: Serves 4 Prep Time: 20 minutes Cook Time: 45 minutes Ingredients: 2 1/2 cups zucchini noodles 1 large yellow onion, sliced thinly 1 teaspoon granulated sugar 1 teaspoon

More information

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. In die saak tussen:- ANNA SUSANNA ELIZABETH VAN DER MERWE

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. In die saak tussen:- ANNA SUSANNA ELIZABETH VAN DER MERWE VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA Saaknommer: 7475/2008 In die saak tussen:- ANNA SUSANNA ELIZABETH VAN DER MERWE Eiser en PADONGELUKKEFONDS Verweerder UITSPRAAK DEUR: KRUGER,

More information

ASYN-POEDING MENG SAAM

ASYN-POEDING MENG SAAM ASYN-POEDING MENG SAAM kop suiker 2 eiers 2 el asyn 1 desertlepel appelkooskonfyt VOEG BY: 1 kop meel 1 tl bakpoeier sout 1 kop melk gemeng met 1 tl koeksoda Bak op hoog vir 12 minute. BESTANDELE SOUS:

More information

2016 VERITAS CLASSES / KLASSE

2016 VERITAS CLASSES / KLASSE 2016 VERITAS CLASSES / KLASSE A DRY WHITE WINE DROë WITWYN 1 Cultivar blend - Non-Muscat Kultivarversnit - Nie-muskaat Max RS 5g/l 2 Cultivar blend Non-muscat (wooded) Kultivarversnit - Nie-muskaat (met

More information

Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Grondslagfase Graad R-3

Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Grondslagfase Graad R-3 Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) Afrikaans HUISTaal Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring Grondslagfase Graad R-3 KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING graad R-3 afrikaans HUIStaal KABV

More information

Bacon Wrapped BBQ Chicken Bundles

Bacon Wrapped BBQ Chicken Bundles Bacon Wrapped BBQ Chicken Bundles Ingredients: 1 lb of boneless skinless chicken breast cut in half or in thirds (depending on how large your breasts are) 1 cup of your favorite BBQ sauce (I like Sweet

More information

Something. PAVLOVA 8 eierwitte (kamertemperatuur) 500g strooisuiker 2 eetl maizena 15 ml asyn 15 ml karamel/vanilla geursel Knippie sout

Something. PAVLOVA 8 eierwitte (kamertemperatuur) 500g strooisuiker 2 eetl maizena 15 ml asyn 15 ml karamel/vanilla geursel Knippie sout 61 62 Delighful Something PAVLOVA 8 eierwitte (kamertemperatuur) 500g strooisuiker 2 eetl maizena 15 ml asyn 15 ml karamel/vanilla geursel Knippie sout METODE: Klop eierwitte tot stywe puntstadium. Sif

More information

SEKTORALE VASSTELLING 13 VIR PLAASWERKER SEKTOR GEPUBLISEER IN STAATSKOERANT VAN 17 FEBRUARY 2006

SEKTORALE VASSTELLING 13 VIR PLAASWERKER SEKTOR GEPUBLISEER IN STAATSKOERANT VAN 17 FEBRUARY 2006 SEKTORALE VASSTELLING 13 VIR PLAASWERKER SEKTOR GEPUBLISEER IN STAATSKOERANT 289518 VAN 17 FEBRUARY 2006 MIMIMUM LONE RSA 1.3.2010 28.2.2011 UURLIKS WEEKLIKS DAAGLIKS R11,66 R 525,00 R 150,00 PLAASWERKERS

More information

Indicate client(s) to whom this final report is submitted. Replace any of these with other relevant clients if required. FINAL REPORT FOR 2001/2002

Indicate client(s) to whom this final report is submitted. Replace any of these with other relevant clients if required. FINAL REPORT FOR 2001/2002 CFPA Canning Fruit Producers' Assoc. Submit to: Wiehahn Victor PO Box 426 Paarl, 7620 Tel:+27(0)21 872 1501 DFPT Deciduous Fruit Producers' Tmst Submit to: Louise Kotzé Suite 275, Postnet X5061 Stellenbosch,

More information

WAT DIE BYBEL LEER OOR SONDE Dr Arnold Fruchtenbaum

WAT DIE BYBEL LEER OOR SONDE Dr Arnold Fruchtenbaum Dr Arnold Fruchtenbaum INHOUD I. HEBREEUSE, GRIEKSE, EN AFRIKAANSE WOORDE...3 A. Die Hebreeuse Woorde...3 B. Die Griekse Woorde...4 C. Die Afrikaanse Woorde...4 II. DIE DEFINISIE VAN SONDE...5 A. Die Komponente...6

More information

PICCALILLI SLAAI EN WORTELSLAAI

PICCALILLI SLAAI EN WORTELSLAAI PICCALILLI SLAAI EN WORTELSLAAI PICCALILLI SLAAI EN WORTELSLAAI Ek het vandag die resep wat Vrydag op Tjailatyd was gemaak, dit is nogal n vreemde kombinasie, maar vrek lekker Een blikkie kondensmelk Een

More information

Travel Eating Out. Eating Out - At the Entrance. Eating Out - Ordering food

Travel Eating Out. Eating Out - At the Entrance. Eating Out - Ordering food - At the Entrance I would like to book a table for _[number of people]_ at _[time]_. Making a reservation A table for _[number of people]_, please. Asking for a table Do you accept credit cards? Asking

More information

Sell your home this Spring with our qualified Estate Agents

Sell your home this Spring with our qualified Estate Agents Mooikloof UIT DIE PERD SE BEK I s s u e 1 0 2 0 1 7 T H E O F F I C I A L P U B L I C A T I O N O F T H E M O O I K L O O F O W N E R S A S S O C I A T I O N Health Contents Uit die Perd se Bek From the

More information

Before using this product read the label carefully MAXIBOOST. Reg. No. B3815, Act No. 36 of 1947 Namibian Reg. No. N-F 237 Botswana Reg. No.

Before using this product read the label carefully MAXIBOOST. Reg. No. B3815, Act No. 36 of 1947 Namibian Reg. No. N-F 237 Botswana Reg. No. MAXIBOOST Reg. No. B3815, Act No. 36 of 1947 Namibian Reg. No. N-F 237 Botswana Reg. No. LIQUID MICRO NUTRIENT MIXTURE FERTILIZER GROUP 2 ACTIVE INGREDIENTS: Magnesium (Mg)... 9,9 g/kg (11.3 g/l) Iron*

More information

Baileys Irish Cream Cheesecake with Chocolate Ganache

Baileys Irish Cream Cheesecake with Chocolate Ganache Baileys Irish Cream Cheesecake with Chocolate Ganache Ingredients: 2 cups Oreo cookie crumbs 5 tablespoons unsalted butter, melted 3 (240g) packages cream cheese, softened 1 cup granulated sugar 3 eggs

More information

2015/2016 VKB LANDBOU-ONTWIKKELING NAVORSINGSVERSLAG

2015/2016 VKB LANDBOU-ONTWIKKELING NAVORSINGSVERSLAG i 215/216 VKB LANDBOU-ONTWIKKELING NAVORSINGSVERSLAG Deur: Robert Steynberg & Pieter de Wet Dept. Landbou-Ontwikkeling 215/216 i VOORWOORD VKB se boere- en personeelsamestelling het sedert die vorige soortgelyke

More information

TWO-MINUTE MICROWAVE FUDGE

TWO-MINUTE MICROWAVE FUDGE TWO-MINUTE MICROWAVE FUDGE Ingredients 1 lb powdered sugar 2/3 cup cocoa 1/4 teaspoon salt 1/4 cup milk 2 teaspoons vanilla 1/2 cup butter or 1/2 cup margarine 1/2 cup chopped nuts (optional) Directions

More information

Mix 1 tin john west mackrel in oil with a tin john west sardines in oil and about 3 john west anchovies blend well and serve

Mix 1 tin john west mackrel in oil with a tin john west sardines in oil and about 3 john west anchovies blend well and serve Fish Paste Mix 1 tin john west mackrel in oil with a tin john west sardines in oil and about 3 john west anchovies blend well and serve Pickled Fish Ingredients 800 g Skinless Hake or Kingklip 15 ml Oil

More information

Reg. No. L3945 Act No. 36 of 1947 Reg. Nr. L3945 Wet Nr. 36 van 1947 INSECTICIDE GROUP CODE 1A INSEKDODER GROEP KODE

Reg. No. L3945 Act No. 36 of 1947 Reg. Nr. L3945 Wet Nr. 36 van 1947 INSECTICIDE GROUP CODE 1A INSEKDODER GROEP KODE VYDATE 100 GR Reg. No. L3945 Act No. 36 of 1947 Reg. Nr. L3945 Wet Nr. 36 van 1947 A granular remedy for the protection of potatoes, tobacco, tomatoes, bananas and sugarcane against plant parasitic nematode

More information

AMARULA Sjokoladekoek

AMARULA Sjokoladekoek AMARULA Sjokoladekoek Poplap se Lekkerbek resepte with Barney Lambrechts 60 ml Kakao 125 ml kookwater 3 eiers 220 ml suiker 60 ml olie 250 ml koekmeel 10 ml bakpoeier 2 ml sout STROOP 200 ml suiker 250

More information

Carrot and Pineapple Cake

Carrot and Pineapple Cake Scons 2K Meel 4t Bakpoeier 1/2t Sout 2E Suiker of 5E As julle dit lekker soet wil hê 4E Botter 4/5K Melk Metode: Sif droë bestandele. Vryf botter in. Voeg melk by. Sny in met plat mes. Rol uit met koekroller.

More information

Die agtergrond en ontstaansgeskiedenis van Hubert du Plessis se Duitse en Franse liedere

Die agtergrond en ontstaansgeskiedenis van Hubert du Plessis se Duitse en Franse liedere Die agtergrond en ontstaansgeskiedenis van Hubert du Plessis se Duitse en Franse liedere Heinrich van der Mescht Departement Musiek Universiteit van Pretoria PRETORIA E-pos: vdmescht@postino.up.ac.za Abstract

More information

D A MüLLERKOSHUIS. KOSHUISREëLS

D A MüLLERKOSHUIS. KOSHUISREëLS D A MüLLERKOSHUIS A. ALGEMENE REëLS VIR LEERLINGE KOSHUISREëLS 1. Slaaplokale 1.1 Slaaplokale moet te alle tye netjies gehou word. 1.2 Handdoeke moet oor die voorkant van die bed gehang word. 1.3 Kaste

More information

1 lamsboud, ontbeen en soos 'n vlinder oopgesny 125 ml karringmelk 10 ml gegeurde seesout 2,5 ml gemaalde swartpeper

1 lamsboud, ontbeen en soos 'n vlinder oopgesny 125 ml karringmelk 10 ml gegeurde seesout 2,5 ml gemaalde swartpeper 1 VARKBOUD MET APPELS: 2-2.3kg varkboud, ontbeen 1 knoffelhuisie, in skywe gesny vars gekapte salie sout 2 rooi appels 30ml botter 30ml suiker 15ml koekmeelblom 300ml droë appelwyn (cider) 1. Voorverhit

More information