PAASWEEK 05 tot 12 April 2009

Size: px
Start display at page:

Download "PAASWEEK 05 tot 12 April 2009"

Transcription

1 PAASWEEK 05 tot 12 April 2009 Paasfees is die grootste jaarlikse fees van die christelike godsdiens - aangesien dit sentreer rondom die primêre van ons geloof, naamlik Jesus se kruisdood en Sy opstanding. Vanjaar se vieringe in Kraggakamma begin met 'n Jesus Passie op Sondag 05 April - 'n opvoering onder leiding van Danie Matthee. Dit word die oggend (09:00) aangebied én die aand (18:30) herhaal. Gedurende die volgende week (bekend as die Groot Lydensweek) word elke dag gefokus op n gebeurtenis uit die ooreenstemmende dag van Jesus se laaste week as mens op aarde. Van Maandag 06 tot Donderdag 09 is daar elke aand om 18:30 'n Paasweekbyeenkoms, met Nagmaal tydens Donderdag-aand se byeenkoms, en op Goeie Vrydag 10 April is die Kruisigingsdiens om 09:00 die oggend. Vir al hierdie byeenkomste wat gewyd en meditatief is is somber kleredrag (swart, grys) verkieslik. Die volgende dag, Stil Saterdag, is daar geen byeenkoms nie. Die Paasweek word dan afgesluit met die oorwinningsfees van die Opstandingsdiens op Sondag-oggend 12 April om 09:00 waartydens helder, vrolike klere en kleure gepas sal wees! Al hierdie geleenthede word gelei deur dr Leon Steenkamp. Die Paasweek verloop DV as volg:- Sondag 05 09:00 Jesus Passie Opvoering 18:30 Jesus Passie (Herhaling) Maandag 06 18:30 Jesus maak die tempel skoon Joh. 2: Dinsdag 07 18:30 Jesus gee liefde en lewe Joh. 2: 23 3: 21 Woensdag 08 18:30 Jesus verwag herinneringe Matt. 26: 2 13 Donderdag 09 18:30 Jesus word verraai Matt. 26: Vrydag 10 09:00 Jesus word gekruisig Joh. 19: 1 17 Saterdag 11 Jesus in die graf Joh. 19: Sondag 12 09:00 Jesus staan op! Joh. 20: Spesiale kollektes vir Sending word tydens die Paasweek opgeneem - vir Cala op Sondag 05 en vir Wêreldsending van Maandag 06 tot Sondag 12.

2 Maandag 06 (18:30): Jesus maak die tempel skoon = Joh. 2: Sing Wydingslied = 391: 1, 3, 4 (Sittende) Lees Ps. 22: Sing Lied 390: 1, 2 (Sittende) Hiedie week aandag aan momente uit Jesus se laaste week --> Maandag (onder andere): Jesus maak die tempel skoon --> Lees Joh. 2: Dink daaraan en Glo dit. Dink aan Jesus en Glo in Hom. Hy maak nie net die tempel skoon, maar mense se lewens skoon = reinig, kan ook sê: verlos nie net van sonde, ook van die wet. Joodse wette (Ou Testament) bepaal: Offers na die tempel Konteks: mense moes vêr reis, primitief: te voet of donkie --> kon nie offerdiere saambring nie OF: offerdiere afgewys as onrein --> moes by tempel koop, ten duurste, vet winste. Jesus jaag diere en mense uit --> vernietig die wettiese offerstelsel. Deur die wet / offers / tempel (kerk) kom NIE by God uit nie NET deur Jesus Christus kom mense by God uit - Hy is die tempel = :21 Wie by Jesus is, is by God dit is primer! - alles anders (godsdienstige handelinge) is sekondêr. Ou Testament: Waar die tempel is, is God spesiaal teenwoordig Nuwe Testament: Waar Jesus is, is God spesiaal teenwoordig. In Jesus se teenwoordigheid ervaar ons God In Jesus is ons rein, skoon om voor God te verskyn --> vrye toegang tot God - bevry, verlos van die wet en offers - WANT: Jesus bring Self die Offer! Lees Lied 382: 2, 3

3 Dinsdag 07 (18:30): Jesus gee liefde en lewe = Joh. 2: 23 3: 21 Sing Wydingslied = 391: 1, 2, 5 (Sittende) Lees Ps. 22: Verwys na Ps. 22: 31 nageslag en Lied 388: 1 deur die eeue --> Jesus heers oor alle eeue, alle mense Sing Lied 388: 1, : 3 (Volg direk, dieselfde melodie) Verwys na Lied 387: 3 word God se kind Hoe? Deur geloof in J.C. --> Lees Joh. 2: Jesus ken jou ook Is jou geloof opreg? Dieselfde mense wat geskree het: Hosanna!, is dieselfde mense wat later geskree het: Kruisig Hom! Ons ook dalk opgesweep, meegesleur deur mense? - tussen wie jy is bepaal wat jy sê, wat jy glo? Ons kan Jesus nie bluf nie. Geen valsheid. As ek nie rêrig my vertroue in Hom stel nie, stel Hy ook nie veel vertroue in my nie - :24. Daar is baie sulke mense, was baie sulke mense - soos Leon, Tom, Dick, Harry en Nikodemus --> Lees Joh. 3: Een v/d bekendste en belangrikste verse in die Bybel = Joh. 3: 16 Jesus wat die mens ken (einde van hoofstuk 2), gee vir die mens liefde en lewe (hoofstuk 3). Omdat die Here die mens ken en liefhet, het Jesus aarde toe gekom, gely en gesterf sodat die mens kan lewe! Jesus reinig (vergelyk gisteraand) = verlos --> nie verlore, lewe, ewige lewe. Belangrik: Geloof in Jesus nie net vir ewige lewe, maar ook vir tydelike lewe - :21. Kernwoorde = lyding, liefde, lewe - Jesus se lyding is bewys van Sy liefde - deur Sy lyding en lewe gee Hy vir ons lewe + vra van ons te lewe soos Hy wil, gehoorsaam. = Lees Lied 394: 1, 2, 3

4 Woensdag 08 (18:30): Jesus verwag herinneringe = Matt. 26: 2 13 Lees Matt. 26: 2 + Lied 397: 1, 2, 3 Sing Wydingslied = 391: 1, 5, 6 (Sittende) Lees Ps. 22: Lees Matt. 26: > Jesus verwag herinneringe. Wat doen ek wat herinneringe sal wees? Ek ys soms! Wat vertel mense van my? Hoe word met die Evangelie verbind? - :13 Evangelie = Goeie nuus Herinnering = Goeie dade (?) Wat se dade van herinnering moet ons doen? --> Liefdesgebod = vir God bo alles en naaste soos self - dit is hoe hierdie verhaal verstaan moet word. Dissipels se verontwaardiging (:8, 9) is begryplik - gaan oor liefde vir naaste. Jesus wys egter daarop: éérs liefde vir God (grootste gebod) - :10b = aan My gedoen. Liefde vir die Here is nie altyd logies, rasioneel nie - maak soms geen sin, onbesonne. Dissipels se verontwaardiging was logies Die vrou se vermorsing was teo-logies. Teologiese liefde (άγάπή) nie altyd logies nie inderdaad blind! - dit doen net: spontaan, entoesiasties, oordadig. Moenie geleenthede mis om liefde vir die Here te wys nie. My lewensgeskiedenis: Tragedie van verlore kanse? OF: Loflied vir die liefde, vir die Here? - DIT is die herinneringe wat die Here verwag! Gisteraand: nie net vorentoe kyk na ewige lewe, maar ook die tydelike = wat doen ek vandag? Wat ek vandag doen --> wat more gesien word as terugkyk. Dus: Make memories! loving memories Leef n lewe en doen dinge wat sal herinner aan liefde vir die Here - Jesus verwag dit. Sing Lied 393: 1, 4

5 Donderdag 09 (18:30): Jesus word verraai = Matt. 26: Stukkie Brood en kelkie Wyn/Druiwesap vir elke lidmaat met inkom. Sing Wydingslied = 391: 1, 3 (Sittende) Tydens lyding en kruis, Jesus identifiseer met Ps 22: > Lees. Lees Lied 386: 1, 2 + Sing direk daarna Lied 384 (Sittende) Mag d Here aan ons dink. Mag ons aan d Here dink, hier by Nagmaal. Kort voordat Jesus die Nagmaal ingestel het, het een v/d 12 dissipels --> Lees Matt. 26: Lees nou verder van gebeure op d/d Don.dag --> Matt. 26: Dit is soos jy sê! Wat sou op daardie oomblik deur Judas se gedagtes en gemoed gaan? Gierigheid? liefde vir geld, meer as liefde vir God. Mag? om te kan heers oor mense en situasies. Manipulering? Jesus is nie die leier wat Judas verwag het nie - Judas wou hê Hy moes sterker optree, polities --> probeer Hom daartoe dwing. Belangrike boodskap uit h/d geskiedenis waar Jesus verraai word: Oppas vir geldgierigheid dit kan jou vreeslike dinge laat doen! Strewe na mag maak jou egosentries, net eie belange. Moenie die Here probeer manipuleer volgens jou eie verwagtinge nie Hy moenie verander om my te pas nie - ék moet verander om Hom te pas. Verkeerde denke en dade, sonde, kan vir mense weggesteek word, maar nie vir die Here nie Hy weet! Met dit in gedagte, behoort elkeen van ons ook te vra: Is dit miskien ek? - :25 + :22 (selfs die ander was nie seker) Is ék miskien gierig, magsugtig, manipulerend, sondig? Is ek nie dalk ook maar soos Judas nie? Verraai ek nie ook maar vir Jesus nie? Moet baie ernstig hieroor nadink voordat Nagmaal gebruik - want, volgens 1 Kor. 11: > Lees Terwyl nadink oor sonde, dit bely en vra vir vergifnis --> Luister na CD: Nagmaallied (Juanita du Plessis)

6 Lees nou verder uit Matt. 26 [ Gebruik Nagmaal] :26a --> neem brood + vra seën :26b --> eet brood :27a --> neem beker + dankgebed :27b 29 --> drink wyn :30 --> lofsang = Kraggakamma Nagmaallied 1. Ons vier in Kraggakamma Nagmaal om, Here Jesus, te onthou: U het vir elke mens gesterwe en in U liefde toegevou. Ek weet vir seker dis vir my ook - daarop sal ek gelowig bou. Dié brood en wyn is vir ons tekens - dit dien as waarborg van U trou. 2. Om hierdie tafel is ons almal aan U en aan mekaar verbind. Deur U versoeningsdood, Heer Jesus, is ons vir altyd eensgesind. Omdat U lewe en ook weer kom, kan elkeen lewensvreugde vind. Vorentoe bly steeds die vooruitsig - ek is vir ewig God se kind. 3. Ons vier hier fees en ons sê dankie deur hoe ons bid en dink en leef. Ook deur ons woorde en ons dade wil ons getuig dat U vergeef. Mag ons geloof in U versterk word, U as die Vader, Seun en Gees. Ons glo U s vír ons, bý ons, ín ons. Op Pad vir Christus wil ons wees! [Melodie: Lied 200, Liedboek van die Kerk, N G Kerk-Uitgewers, 2001] [Woorde (n.a.v Nagmaalsformulier): Leon Steenkamp, Augustus 2004]

7 Vrydag 10 (09:00): Jesus word gekruisig = Joh. 19: 1 17 ( ) Hierdie, vir ons, Goeie Vrydag was vir Jesus n Slegte Vrydag = hoogtepunt (laagtepunt!) van Sy lyding = toe Hy aan n kruis gesterf het Die herdenking van hierdie dag = Goeie Vrydag - Goed = Jesus sterf in my plek - Vry = Jesus verlos my, ek is vry Dink daaraan --> Sing Wydingslied = 391: 1, 3, 5 (Sittende) Lees Lied 377: 1, 2, 3 Lees Ps. 22: 2 12 H/d psalm deur Jesus aangehaal toe Hy aan kruis hang (Matt. 27: 46): My God, My God, waarom het U My verlaat? In Aramees: Eli, Eli, lema sabagtani? --> Luister na CD: Eli Lema Sabagtani (Prophet) Lees Joh. 19: 1 17 Geen aakliger manier om te sterf as kruisdood nie: spykers, liggaamsgewig, brandende son, aasvoëls en kraaie Erger nog vir Jesus as voorafgaande in ag geneem word: gegésel, doringkroon, geklap, gespoeg, bespot, verneder, moes self kruis dra, verraai deur mense, verlaat deur God Hoekom? = Liefde en Lewe! Omdat Jesus ons liefhet, wil Hy ons lewe gee Hy maak dood seker --> Lees 1 Petr. 2: 24 Sien vir Jesus aan die kruis Hy hang daar vir jou!!, vir my!! Vir al ons skuld het Hy betaaal my skuld, jou skuld --> ons is vrygespreek, verlos, nuwe mens --> Sing Lied 396: 1, 3, 4. Saterdag 11(GEEN Byeenkoms): Jesus in die graf = Joh. 19: 38 42

8 Sondag 12 (09:00): Jesus staan op! = Joh. 20: 1 10 Staande: Lied 422: 1, 2 Seëngroet Lied 421: 1, 2, 3 Lees Joh. 20: 1 10 Die Sondagmore vroeg Die afgelope week verwys na verskil wat Jesus gemaak het - belangrikste = verskil aan mense se lewens - ook: verskil tussen Ou en Nuwe Testament - vir vandag: Opstanding --> sabbat nie meer Sat., maar Son. = weeklikse herdenking deur die kerk Lees Lied 419: 1, 2 Sing Lied 409: 1, 2 (Sittende) Op Jesus kan ons hoop. Hy het opgestaan. Hy lewe en gee lewe. Ons sê dit so maklik, maar verstaan ons dit? - :9. Jesus se opstanding = basiese van die christelike geloof --> Lees 1 Kor. 15: 14, 17 Ons glo in, aanbid, dien, volg n lewende Here - geen ander godsdiens het dit nie. My standpunt: Omdat Jesus leef, behoort kruis nie primêre simbool te wees v/d christendom nie - eerder die opstanding! - weet nie eintlik hoe nie Son? --> Have fun in the Son! Loop onsself soms te pletter teen die kruis - ons eie kruis, lyding. As ons Jesus se opstanding verstaan --> hoop, krag, oorwinning, moed, inspirasie, motivering = positiewe ingesteldheid teenoor die lewe én die dood! --> Lees Efes. 2: 18 20a dieselfde krag!! Jesus se opwekking wek ons op tot n opgewekte lewe. Offergawes Slotlied = Triomlied = 407: 1, 2 Seën Musikale AMEN.

OpenStax-CNX module: m Lees en Woordorde * Siyavula Uploaders

OpenStax-CNX module: m Lees en Woordorde * Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m25753 1 Lees en Woordorde * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 AFRIKAANS HUISTAAL Graad 4 Module

More information

Van hier tot daar - 05 *

Van hier tot daar - 05 * OpenStax-CNX module: m26927 1 Van hier tot daar - 05 * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Van

More information

VENUE CHECKLIST. Venue pas in by julle tema (bv rustic- plaas, city-chic en modern, natuurlik, klassiek, medieval of iets heeltemal uniek ens)

VENUE CHECKLIST. Venue pas in by julle tema (bv rustic- plaas, city-chic en modern, natuurlik, klassiek, medieval of iets heeltemal uniek ens) VENUE CHECKLIST VENUE CHECKLIST *print en neem saam na venues ALGEMENE OORWEGINGS & PRYSE: *Van hierdie dinge kan jy dalk reeds uitvind en invul voordat jy enige venues besoek sodoende elimineer jy alreeds

More information

Spreek pizza so uit: pietsa. bak: to bake; om iets in n oond gaar te maak

Spreek pizza so uit: pietsa. bak: to bake; om iets in n oond gaar te maak 6 Mm-Mm, dis lekker Woordpret: Ontdek die woorde Jy gaan n storie oor n pizza lees: Die grootste pizza Wil jy weet wat n pizza is? Wil jy ook weet watter ander woorde in die storie is? Kyk na die foto

More information

OpenStax-CNX module: m Gedigte * Siyavula Uploaders

OpenStax-CNX module: m Gedigte * Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m26270 1 Gedigte * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL Graad

More information

DAAR IS NOG 15 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS

DAAR IS NOG 15 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS DAAR IS NOG 15 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS INDIEN JUL NIE HIERDIE BRIEWE WIL ONTVANG NIE, LAAT WEET MY DAN STUUR EK NIE VERDER VIR JULLE NUUS NIE. DAMES EN DIE HANDJIE VOL MANS ASSEBLIEF INDIEN

More information

Afstand * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Bonnie en Tommie gaan see toe 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Afstand * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Bonnie en Tommie gaan see toe 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum OpenStax-CNX module: m32005 1 Afstand * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Bonnie en Tommie gaan see toe

More information

Primêre Skool Jordania

Primêre Skool Jordania Primêre Skool Jordania Posbus 474, Bethlehem, 9700 Tel: 058 303 4116 / Faks: 058 303 4264 Epos: jordania@jordaniapri.co.za www.jordaniaprimer.co.za Nr. 34/2018 16 November 2018 Die belangrikheid van lees

More information

Ligte gedigte en dinge

Ligte gedigte en dinge 2 Ligte gedigte en dinge Luister en praat: n Gedig Luister en praat Pre-luister: Probeer voorspel waaroor die gedig gaan deur na die titel te kyk. Tydens luister: Luister na die gedig waarin die spreker

More information

Kos en advertensies. Luister- en praattyd: Wat sal jy koop? Voorbeeld: Ek sal koeldrank, brood,... koop. appels. tee. aartappels.

Kos en advertensies. Luister- en praattyd: Wat sal jy koop? Voorbeeld: Ek sal koeldrank, brood,... koop. appels. tee. aartappels. 11 Kos en advertensies Luister- en praattyd: Wat sal jy koop? Voorbeeld: Ek sal koeldrank, brood,... koop. brood koeldrank aartappels tee appels pampoen suiker sjokolade pasta lekkers kaas piesang boontjies

More information

DAAR IS NOG 15 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS

DAAR IS NOG 15 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS DAAR IS NOG 15 WEKE OOR VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS INDIEN JUL NIE HIERDIE BRIEWE WIL ONTVANG NIE, LAAT WEET MY DAN STUUR EK NIE VERDER VIR JULLE NUUS NIE. Dankie vir Lorraine 1971 inname wat gehelp het

More information

Welkom by Koekela Huiskafee

Welkom by Koekela Huiskafee Welkom by Koekela Huiskafee Ek vertel graag die Koekela storie Koekela se deure het geopen in Junie 2010, Carol-Anne het n droom laat waar word, die wonderlike juweel blink gevryf en ander mooi krale bygevoeg.

More information

Per Serving: 310 Calories; 16g Fat; 36g Protein; Carbohydrate; 1g Dietary Fiber; 2g Net Carbs

Per Serving: 310 Calories; 16g Fat; 36g Protein; Carbohydrate; 1g Dietary Fiber; 2g Net Carbs PIZZA CHICKEN 1 boneless chicken breast, pounded flat if thick Salt, pepper, garlic powder and Italian seasoning, to taste 1 tablespoon pizza sauce 4 1 2 2 1 slices pepperoni teaspoon butter or oil fresh

More information

Stap 3 : Sorg dat die laaste periode van Augustus 2016 gedoen en gepos is.

Stap 3 : Sorg dat die laaste periode van Augustus 2016 gedoen en gepos is. ORANJE LONE IRP5 PROSEDURE VIR AUGUSTUS 2016 Stap 1 : Werk altyd op die heel nuutste Oranje Lone opdatering. Daar mag gereelde opdaterings verskyn om u werk makliker te maak of om indien nog bestaan, program

More information

Marieta van Bladeren Nigella se aartappel blini. Maar ek dress hom soos die foto

Marieta van Bladeren Nigella se aartappel blini. Maar ek dress hom soos die foto Potato blini Marieta van Bladeren Nigella se aartappel blini. Maar ek dress hom soos die foto Potato blini Ingredients 3 eggs 1/2 cup full fat milk 2 spring onions/scallions finely sliced 2 tablespoons

More information

Verslag oor die droëbone strookproewe: 2016/17 Report on the dry bean strip trials: 2016/17. September 2017

Verslag oor die droëbone strookproewe: 2016/17 Report on the dry bean strip trials: 2016/17. September 2017 77 Verslag oor die droëbone strookproewe: 2016/17 Report on the dry bean strip trials: 2016/17 September 2017 D Fourie LNR-Instituut vir Graangewasse / ARC-Grain Crops Institute Inleiding/Introduction

More information

DE VETTE MOSSEL STRAND GROOTBRAKRIVIER

DE VETTE MOSSEL STRAND GROOTBRAKRIVIER English version below - with more photos. 05/2018 DE VETTE MOSSEL STRAND SEEKOSRESTAURANT @ GROOTBRAKRIVIER ALGEMENE VRAE EN ANTWOORDE VIR TROUES EN ONTHALE TE DE VETTE MOSSEL STRAND-SEEKOSRESTAURANT Baie

More information

Hoe het Coke ontstaan? *

Hoe het Coke ontstaan? * OpenStax-CNX module: m23728 1 Hoe het Coke ontstaan? * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE

More information

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 RELIGIESTUDIES V1

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 RELIGIESTUDIES V1 Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 RELIGIESTUDIES V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur *RLSDM1* Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. 2 RELIGIESTUDIES V1

More information

FACULTY OF ECONOMIC AND MANAGEMENT SCIENCES DEPARTMENT OF ECONOMICS ECONOMICS 110 Semester test 1 14 March 2008 Total: 50 marks Time: 60 minutes

FACULTY OF ECONOMIC AND MANAGEMENT SCIENCES DEPARTMENT OF ECONOMICS ECONOMICS 110 Semester test 1 14 March 2008 Total: 50 marks Time: 60 minutes FACULTY OF ECONOMIC AND MANAGEMENT SCIENCES DEPARTMENT OF ECONOMICS ECONOMICS 110 Semester test 1 14 March 2008 Total: 50 marks Time: 60 minutes Internal examiners: Mr CJ Lotter Mr R de Lange Mr FJ Scholtz

More information

STUDIEVELD B LETTERKUNDE 1: FABELS EN MITES LES 1

STUDIEVELD B LETTERKUNDE 1: FABELS EN MITES LES 1 STUDIEVELD B LETTERKUNDE 1: FABELS EN MITES LES 1 Fokus: Tradisionele literatuur. Nota: Luister en praat is die middelpunt van leer in alle vakke. Luister- en praatvaardighede word deur middel van letterkunde

More information

INTERACTIVITY GUIDE. Kalahari Water is an interactive electronic magazine. Every article is packed

INTERACTIVITY GUIDE. Kalahari Water is an interactive electronic magazine. Every article is packed APRIL '17 INTERACTIVITY GUIDE Kalahari Water is an interactive electronic magazine. Every article is packed Hover over the icons to learn more about their functions. with interactive content designed to

More information

MONIQUE SE LEKKER PEANUT BUTTER FUDGE

MONIQUE SE LEKKER PEANUT BUTTER FUDGE DIAMANT-KRISPIES DIAMANT-KRISPIES 200 g malva lekkers 1 385 g blik kondensmelk 30 ml botter 5 X 250 ml rysvlokkies ( rice Krispies ) 50 g donker sjokolade Smelt die malva lekkers, kondensmelk en botter

More information

Cheesy Bacon Ranch Pull Apart Bread

Cheesy Bacon Ranch Pull Apart Bread Cheesy Bacon Ranch Pull Apart Bread Ingredients adapted from How Sweet Eats 1 3/4 cups all-purpose flour 1 cup whole wheat flour 1 tablespoon sugar 2 1/4 teaspoons instant yeast 1 teaspoon salt 1 packet

More information

Karamel Brownies. Karamel: 32 cream caramels (daardie caramel toffies wat in die lang boksies is) ½ k. botter 1 blik kondensmelk.

Karamel Brownies. Karamel: 32 cream caramels (daardie caramel toffies wat in die lang boksies is) ½ k. botter 1 blik kondensmelk. Karamel Brownies 1 kop botter 2 kop suiker 3 eiers 2 teelepel. vanielje ½ kop kakao ½ tl sout 2 kop meel 1 kop melk 1 kop gekapte pekanneute (opsioneel) Karamel: 32 cream caramels (daardie caramel toffies

More information

INTERACTIVITY GUIDE. Kalahari Water is an interactive electronic magazine. Every article is packed

INTERACTIVITY GUIDE. Kalahari Water is an interactive electronic magazine. Every article is packed FEBRUARY '17 INTERACTIVITY GUIDE Kalahari Water is an interactive electronic magazine. Every article is packed Hover over the icons to learn more about their functions. with interactive content designed

More information

Skool Vakansie Sorg Bring die kinders om te kom SPEEL. Ons pas u kind op terwyl u werk.

Skool Vakansie Sorg Bring die kinders om te kom SPEEL. Ons pas u kind op terwyl u werk. Skool Vakansie Sorg Bring die kinders om te kom SPEEL. Ons pas u kind op terwyl u werk. Skool Vakansie Sorg Datums (slegs weeksdae Maandae tot Vrydae): Publieke Vakansie is ons gesluit. Besprekings is

More information

Witblaarvlek (ook bekend as Grysstam) PJA Lombard en L Nowers Wes-Kaapse Departement van Landbou, Direktoraat Plantwetenskappe

Witblaarvlek (ook bekend as Grysstam) PJA Lombard en L Nowers Wes-Kaapse Departement van Landbou, Direktoraat Plantwetenskappe Junie 2016 No. 64 Witblaarvlek (ook bekend as Grysstam) PJA Lombard en L Nowers Wes-Kaapse Departement van Landbou, Direktoraat Plantwetenskappe Witblaarvlek word veroorsaak deur die swam Pseudocercosporella

More information

Van hier tot daar - 02 *

Van hier tot daar - 02 * OpenStax-CNX module: m26924 1 Van hier tot daar - 02 * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Van

More information

Leseenheid 10. Aktiwiteit 1: Kom ons luister. Aktiwiteit 2: Ons skryf. Opdrag. Prettige Pizza Plek. Groepopdrag. Doughie moet invul:

Leseenheid 10. Aktiwiteit 1: Kom ons luister. Aktiwiteit 2: Ons skryf. Opdrag. Prettige Pizza Plek. Groepopdrag. Doughie moet invul: Leseenheid 10 Aktiwiteit 1: Kom ons luister Opdrag Luister met aandag na die voorlesing (Luistertoets 1). Doughie moet invul: Voltooi daarna die vormpie wat Prettige Pizza Plek Klant se naam en van: Klant

More information

SLAAI UITDAGING SALAD CHALLENGE

SLAAI UITDAGING SALAD CHALLENGE SLAAI UITDAGING SALAD CHALLENGE SLAAI UITDAGING SALAD CHALLENGE Ek het n lekker uitdaging vir julle, almal begin slaaie maak en ons soek altyd na iets nuuts, hier is 25 heerlike resepte, maar sonder foto

More information

Potential of the 'Hall s Avoscan' as a Tool to Identify Soft Fruit during Packing for Export

Potential of the 'Hall s Avoscan' as a Tool to Identify Soft Fruit during Packing for Export South African Avocado Growers Association Yearbook 1998. 21:97-99 Potential of the 'Hall s Avoscan' as a Tool to Identify Soft Fruit during Packing for Export F.J. Kruger 1 & A.W. Rowell 2 1 ARC-lnstitute

More information

DIE QUINTUS PORK BELLY

DIE QUINTUS PORK BELLY DIE QUINTUS PORK BELLY DIE QUINTUS PORK BELLY Verhit oond op die hoogste rooster stelling. Sny die vet in klein blokkies sonder om die vleis raak te sny. (gebruik maar n lekker skerp mes) Sprinkel bietjie

More information

SUMMARY. diseases on mango plants and fruit and cause major economic losses to this industry.

SUMMARY. diseases on mango plants and fruit and cause major economic losses to this industry. SUMMARY In Chapter one of this thesis, the literature on Botryosphaeria spp. associated with mango is reviewed. From this review, it is clear that Botryosphaeria spp. are responsible for diseases on mango

More information

Happiness is a cup of coffee. July 2016 Newsletter

Happiness is a cup of coffee. July 2016 Newsletter Happiness is a cup of coffee July 2016 Newsletter 1 CONTENTS Editor s Note 3 Eldoglen Office / Kantoor: Eldoglen Welcomes Magda Cloete 4 A Double Knot In The Ear 5 Shed Light on It / Werp Lig daarop Building

More information

JERSEY SA. Nuusbrief

JERSEY SA. Nuusbrief JERSEY SA Nuusbrief Januarie - 2014 Jersey SA Kontak besonderhede: Tel: 051 430 8020 Faks: 051 430 7719 Epos: info@jerseysa.co.za ABS Nasionale Jersey Jeugskou 2014 Die jaar merk die 10de Nasionale ABS

More information

GRONDBOONBOTTER FIX KOEKIE

GRONDBOONBOTTER FIX KOEKIE GRONDBOONBOTTER FIX KOEKIE Voorverhit oond @ 180 2k fyn grondboonbotter 1½k strooisuiker 2,5ml sout 3 eiers geklits *Meng alles *Maak bolletjies *Druk platter met n garetolletjie *Bak 15min Lewer 5dosyn

More information

Mushroom and Blue Cheese on Toasted Ciabatta

Mushroom and Blue Cheese on Toasted Ciabatta Mushroom and Blue Cheese on Toasted Ciabatta Ingredients for about 4 open sandwiches 250g mushrooms sliced 1 tbsp olive oil 1 clove of garlic crushed 125ml cream blue cheese use as mush as you like I used

More information

Indicate client(s) to whom this final report is submitted. Replace any of these with other relevant clients if required. FINAL REPORT FOR 2001/2002

Indicate client(s) to whom this final report is submitted. Replace any of these with other relevant clients if required. FINAL REPORT FOR 2001/2002 CFPA Canning Fruit Producers' Assoc. Submit to: Wiehahn Victor PO Box 426 Paarl, 7620 Tel:+27(0)21 872 1501 DFPT Deciduous Fruit Producers' Tmst Submit to: Louise Kotzé Suite 275, Postnet X5061 Stellenbosch,

More information

WAT DIE BYBEL LEER OOR SONDE Dr Arnold Fruchtenbaum

WAT DIE BYBEL LEER OOR SONDE Dr Arnold Fruchtenbaum Dr Arnold Fruchtenbaum INHOUD I. HEBREEUSE, GRIEKSE, EN AFRIKAANSE WOORDE...3 A. Die Hebreeuse Woorde...3 B. Die Griekse Woorde...4 C. Die Afrikaanse Woorde...4 II. DIE DEFINISIE VAN SONDE...5 A. Die Komponente...6

More information

Gmail - Fw: BOLAND REELS VIR LIGA WEDSTRYDE

Gmail - Fw: BOLAND REELS VIR LIGA WEDSTRYDE 1 of 6 2011/04/09 05:39 PM Karen Müller Fw: BOLAND REELS VIR LIGA WEDSTRYDE Kalie van Heerden To: Sekretaris.uspluimbal@gmail.com, Voorsitter.uspluimbal@gmail.com

More information

sweetcorn tert Metode:

sweetcorn tert Metode: sweetcorn tert 4 eetlepels botter 4 eetlepels suiker 4 eiers 3 eetlepels mazena 2 teelepels bakpoeier 1 teelepel aromat 375 ml melk 2 blikkies sweet corn Metode: 1.Klits die botter, suiker en eiers tot

More information

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 MODEL 2014 PUNTE: 180 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye en 'n aparte inligtingsblad. Rekenaartoepassingstegnologie/V1

More information

VETKOEK OR BREAD DOUGH

VETKOEK OR BREAD DOUGH VETKOEK OR BREAD DOUGH VETKOEK OR BREAD DOUGH Hi everyone. Just want to share my husbands baking skills. 3 cups white cake flour 3 cups brown bread flour 4 tsp sugar 3 tsp salt 1 pkt yeast (purple) 700

More information

Heide-Mari Dissel Tamatie en uie slaai gebottel heerlik oor en in ENIGE gereg.

Heide-Mari Dissel Tamatie en uie slaai gebottel heerlik oor en in ENIGE gereg. MARKDAG IDEES MARKDAG IDEES Rina Kleinhans Ek het een tyd so mooi materiaal sakkie met so paar mooi velletjies skryfpapier en 5 klein kaartjie met koeverte in gekoop, en op die materiaal sakkie was n pragtige

More information

WINE INDUSTRY STRATEGIC EXERCISE (WISE) Survey Feedback

WINE INDUSTRY STRATEGIC EXERCISE (WISE) Survey Feedback WINE INDUSTRY STRATEGIC EXERCISE (WISE) Survey Feedback Contents Introduction Analysis of response Economic Empowerment and development Social development and upliftment HR development and training Market

More information

MADELEINES MADELEINES

MADELEINES MADELEINES MADELEINES MADELEINES Sponge cake cookie in shell shaped molds. Ingredients 2 eggs 3/4 teaspoon vanilla extract 1/8 teaspoon salt 1/3 cup white sugar 1/2 cup all-purpose flour 1 tablespoon lemon zest 1/4

More information

VOORWOORD VOORWOORD. Kos en samesyn gaan hand aan hand. Gesellige. Together. Die reuk van moerkoffie op die stoof, saam met die van eiers, spek en

VOORWOORD VOORWOORD. Kos en samesyn gaan hand aan hand. Gesellige. Together. Die reuk van moerkoffie op die stoof, saam met die van eiers, spek en COFFEE SHOP VOORWOORD VOORWOORD Hitios nis doluptat illuption rest, ut vendist que volupta sum est, corrovit volum haria vent voluptate porpori taesciis millorp orerum et volorecust, odis aditatem utem

More information

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. In die saak tussen:- ANNA SUSANNA ELIZABETH VAN DER MERWE

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. In die saak tussen:- ANNA SUSANNA ELIZABETH VAN DER MERWE VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA Saaknommer: 7475/2008 In die saak tussen:- ANNA SUSANNA ELIZABETH VAN DER MERWE Eiser en PADONGELUKKEFONDS Verweerder UITSPRAAK DEUR: KRUGER,

More information

Seisoene - 03 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Seisoene 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Seisoene - 03 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Seisoene 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum OpenStax-CNX module: m29878 1 Seisoene - 03 * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Seisoene 3

More information

IDEES VIR FONDANT IN VORMS

IDEES VIR FONDANT IN VORMS IDEES VIR FONDANT IN VORMS IDEES VIR FONDANT IN VORMS Janine Stander: Hi ek wil graag weet ek wil fondant in n mould gebruik. Watter fondant werk die beste: die fondant wat klaar gekleur is of die poeier

More information

Die agtergrond en ontstaansgeskiedenis van Hubert du Plessis se Duitse en Franse liedere

Die agtergrond en ontstaansgeskiedenis van Hubert du Plessis se Duitse en Franse liedere Die agtergrond en ontstaansgeskiedenis van Hubert du Plessis se Duitse en Franse liedere Heinrich van der Mescht Departement Musiek Universiteit van Pretoria PRETORIA E-pos: vdmescht@postino.up.ac.za Abstract

More information

Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Grondslagfase Graad R-3

Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Grondslagfase Graad R-3 Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) Afrikaans HUISTaal Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring Grondslagfase Graad R-3 KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING graad R-3 afrikaans HUIStaal KABV

More information

Hussar Grill - Going from strength to strength

Hussar Grill - Going from strength to strength 4th Year - Our Birthday Edition! SEPTEMBER 2015 GRAHAM S Tel:021-872 1418/9 Fax:021-872 9489 38 WESTHOVEN STR. PAARL Email:info@grahamsautobody.co.za www.grahamsautobody.co.za 24hr BREAKDOWN SERVICE TEL:

More information

MOZAMBIQUE PERI PERI CHICKEN

MOZAMBIQUE PERI PERI CHICKEN MOZAMBIQUE PERI PERI CHICKEN Take your chickens and cut them through the breast flatten them out and cut under the wing and slice through the thigh to the bone and leg score the breasts. Then make a simple

More information

GEBAKTE KAASKOEK MET GEMENGDE BERRIES

GEBAKTE KAASKOEK MET GEMENGDE BERRIES GEBAKTE KAASKOEK MET GEMENGDE BERRIES GEBAKTE KAASKOEK MET GEMENGDE BERRIES Kors: 200 gr digestive beskuitjies fyngemaal en met gesmelte botter gemeng. Druk met agterkant van houtlepel vas op die boom

More information

Celtis Africana May The environmental awareness publication of Sterkfontein Country Estates

Celtis Africana May The environmental awareness publication of Sterkfontein Country Estates Celtis africana Sterkfontein Country Estates May/Mei 2016 Good day Celtis friends! Early mornings and late afternoons have become rather nippy, but the clear blue skies - so typical of the Highveld at

More information

Before using this product read the label carefully MAXIBOOST. Reg. No. B3815, Act No. 36 of 1947 Namibian Reg. No. N-F 237 Botswana Reg. No.

Before using this product read the label carefully MAXIBOOST. Reg. No. B3815, Act No. 36 of 1947 Namibian Reg. No. N-F 237 Botswana Reg. No. MAXIBOOST Reg. No. B3815, Act No. 36 of 1947 Namibian Reg. No. N-F 237 Botswana Reg. No. LIQUID MICRO NUTRIENT MIXTURE FERTILIZER GROUP 2 ACTIVE INGREDIENTS: Magnesium (Mg)... 9,9 g/kg (11.3 g/l) Iron*

More information

Dulche-de-leche Gevriesde Kaaskoek

Dulche-de-leche Gevriesde Kaaskoek Dulche-de-leche Gevriesde Kaaskoek Dulche-de-leche Gevriesde Kaaskoek 125 ml pynappelsap 10ml gelatin poeier 1 bakkie roomkaas (250g) 1 blik karamel treat 250ml room Geroosterde klapper skaafsels Tropiese

More information

No-Blite. No-Blite. Packaging / Verpakking: 5 kg

No-Blite. No-Blite. Packaging / Verpakking: 5 kg Reg. No. L6681 (Act No. 36 of 1947) A contact fungicide with translaminar and systemic action in new growth, formulated as a water dispersible granule, for the control of: Early and late blight in potatoes

More information

8. If the cookies still seem a little soft don t worry it will set more as they cool. 9. Enjoy!!! 10. PS Very delicious with coffee and tea!

8. If the cookies still seem a little soft don t worry it will set more as they cool. 9. Enjoy!!! 10. PS Very delicious with coffee and tea! MALT COOKIES MALT COOKIES Hey julle ek het op die lekker koekie resep afgekom! As julle nie dalk weet wat is malt nie dit kom voor in Whispers en malt extract kan gekry word by DisChem! Hoop julle geniet

More information

KOMPAS. N.G. Kerk Kraggakamma. Wat almal van ons nou in ons lewenslêer moet reg hê. 'n Handleiding vir wanneer 'n geliefde sterf.

KOMPAS. N.G. Kerk Kraggakamma. Wat almal van ons nou in ons lewenslêer moet reg hê. 'n Handleiding vir wanneer 'n geliefde sterf. KOMPAS N.G. Kerk Kraggakamma Wat almal van ons nou in ons lewenslêer moet reg hê. 'n Handleiding vir wanneer 'n geliefde sterf. Die grootste deel van hierdie dokument is opgestel deur die N.G. Kerk Elarduspark.

More information

MOVEMBER NOVEMBER '17

MOVEMBER NOVEMBER '17 MOVEMBER NOVEMBER '17 INTERACTIVITY GUIDE Kalahari Water is an interactive electronic magazine. Every article is packed Hover over the icons to learn more about their functions. with interactive content

More information

Beleid oor die aanmelding van wanbestuur en ongerymdhede en die beskerming van bekendmaking daarvan

Beleid oor die aanmelding van wanbestuur en ongerymdhede en die beskerming van bekendmaking daarvan Beleid oor die aanmelding van wanbestuur en ongerymdhede en die beskerming van bekendmaking daarvan Verwysingsnommer Verantwoordbare uitvoerende bestuurder Beleideienaar Verantwoordelike afdeling Status

More information

Muffins Steak & Ale Tin Pies

Muffins Steak & Ale Tin Pies Muffins Steak & Ale Tin Pies 1.7 pounds stewing beef, diced 3 tbsp plain flour 1 tbsp salt 1 bottle pale ale 1 tin chopped tomatoes Small bunch of thyme 2 carrots 3 sticks of celery 1 onion, halved How

More information

DE KRANS. 16 tot 28 Desember perskepluk, Sarel-taaipitperskes by De Krans, teen R8/kg. 4 tot 28 Februarie 2017, Hanepootpluk by De Krans

DE KRANS. 16 tot 28 Desember perskepluk, Sarel-taaipitperskes by De Krans, teen R8/kg. 4 tot 28 Februarie 2017, Hanepootpluk by De Krans Newsletter 15 December 2016 Tel: (044) 213-3775 E-mail: tourism@calitzdorp.org.za Website: www.calitzdorp.org.za Facebook: https://www.facebook.com/calitzdorptourism/ Gebeurtenisse in en om Calitzdorp:

More information

Market comment Markkommentaar. May/Mei 2018

Market comment Markkommentaar. May/Mei 2018 Market comment Markkommentaar May/Mei 2018 Inleiding Vanaf Januarie tot Desember 2017 is 18,6 miljoen 10kg sakkies meer (19%) op die nasionale varsproduktemarkte verkoop as die ooreenstemmende tydperk

More information

Celtis Africana June The environmental awareness publication of Sterkfontein Country Estates

Celtis Africana June The environmental awareness publication of Sterkfontein Country Estates Good day all! Celtis africana Sterkfontein Country Estates July 2016/Julie 2016 Time certainly flies, here we are in the middle of winter and yet, just the other day I read in the newspaper that 2016 will

More information

Droëboonkultivaraanbevelings Dry Bean Cultivar Recommendations

Droëboonkultivaraanbevelings Dry Bean Cultivar Recommendations Excellence in Research and Development 2014 / 2015 Droëboonkultivaraanbevelings Dry Bean Cultivar Recommendations D. Fourie / Privaatsak / Private Bag X1251, Potchefstroom, 2520 Tel.: (018) 299 6312, Faks/Fax:

More information

Pork belly roast. Ingredients. Method

Pork belly roast. Ingredients. Method Pork belly roast Ingredients 1.3 kg higher-welfare pork belly 15 g fennel seeds 5 g sea salt 100 ml olive oil carrots celery onions garlic cloves, skin on fresh thyme 1 bottle white wine 75 g plain flour

More information

DIE PASTORALE BENADERING VAN DIE ALKOHOLIS

DIE PASTORALE BENADERING VAN DIE ALKOHOLIS 36 In die Skriflig DIE PASTORALE BENADERING VAN DIE ALKOHOLIS I. Wie is die alkoholis? Wie presies die alkoholis is, is glad nie duidelik as n mens m et die eerste oogopslag kennis maak m et die magdom

More information

Lentil Curry. Ingredients

Lentil Curry. Ingredients Aartappel koekies 220g aartappels, skil, kook, en maak fyn 220g aartappels, skil, en rasper rou 200ml koekmeel 1 t sout 1/2 t bakpoeier 1 eier Meng alles tot sagte deeg Skep lepels vol in pan met vlak

More information

2015/2016 VKB LANDBOU-ONTWIKKELING NAVORSINGSVERSLAG

2015/2016 VKB LANDBOU-ONTWIKKELING NAVORSINGSVERSLAG i 215/216 VKB LANDBOU-ONTWIKKELING NAVORSINGSVERSLAG Deur: Robert Steynberg & Pieter de Wet Dept. Landbou-Ontwikkeling 215/216 i VOORWOORD VKB se boere- en personeelsamestelling het sedert die vorige soortgelyke

More information

FERTIFLO (19) 96 g/kg 63 g/kg 32 g/kg 10 g/kg mg/kg 500 mg/kg 500 mg/kg 500 mg/kg 200 mg/kg 5 mg/kg

FERTIFLO (19) 96 g/kg 63 g/kg 32 g/kg 10 g/kg mg/kg 500 mg/kg 500 mg/kg 500 mg/kg 200 mg/kg 5 mg/kg FERTIFLO 3-2-1 (19) Reg. No. K4473 Act No. 36 of 1947 Micronutrient solution FERTILIZER GROUP 1 A liquid fertilizer for foliar feeding and fertigation. FERTIFLO 3-2-1 (19) is a liquid fertilizer containing

More information

Makadamia bemesting beginsels

Makadamia bemesting beginsels Makadamia bemesting beginsels Elsje Joubert, SUBTROP Inleiding Die basiese voedingstowwe wat makadamia bome nodig het om te groei is Stikstof (N), Fosfaat (P), Kalium (K), Swael (S), Kalsium (Ca), Magnesium

More information

AANHANGSEL 1/ANNEXURE 1 TABEL 1/TABLE 1 TOELAATBARE KULTIVARS/VARIëTEIT (ALLE KLASSE)/ PERMISSIBLE CULTIVARS/VARIETY (ALL CLASSES)

AANHANGSEL 1/ANNEXURE 1 TABEL 1/TABLE 1 TOELAATBARE KULTIVARS/VARIëTEIT (ALLE KLASSE)/ PERMISSIBLE CULTIVARS/VARIETY (ALL CLASSES) DRAFT EXPORT STANDARDS AND REQUIREMENTS: PEARS Page 1 of 72 1998-15 AANHANGSEL 1/ANNEXURE 1 TABEL 1/TABLE 1 TOELAATBARE KULTIVARS/VARIëTEIT (ALLE KLASSE)/ PERMISSIBLE CULTIVARS/VARIETY (ALL CLASSES) Kultivars/Cultivars

More information

Karoofees. 28 Feb - 2 Mrt MINé OLIVIER KANTOOR: FAKS: SELFOON:

Karoofees. 28 Feb - 2 Mrt MINé OLIVIER KANTOOR: FAKS: SELFOON: 28 Feb - 2 Mrt 2019 MINé OLIVIER KANTOOR: 053 631 3691 FAKS: 053 631 0964 SELFOON: 071 689 0938 info@karoofees.org BAIE BELANGRIK OM HIERDIE VORM SO GOU MOONTLIK TERUG TE STUUR. IMPORTANT TO SEND THIS

More information

BOER. want boere is die beste. GRATIS Uitgawe Januarie

BOER. want boere is die beste. GRATIS Uitgawe Januarie BOER want boere is die beste GRATIS Uitgawe 39 21 Januarie 2019 www.boerhier.co.za is Inhoud 2 Volhard en pluk die vrugte 4 Sien die kleure van die lewe raak 7 CLAAS: Never look back ever again! 11 Statistiek:

More information

SAND DUNES OVERRUNNING BRANDER STREET AND REPAIRS TO THE SLANG RIVER MOUTH

SAND DUNES OVERRUNNING BRANDER STREET AND REPAIRS TO THE SLANG RIVER MOUTH Voorsitter: Walter Kurten Sel: 0824571779 Sekretaresse: Lana Pepler Sel: 0823354874 Tesourier: Hettie Jooste Sel: 0845890101 Adres: Posbus 25, Oesterbaai, 6305 September 2018 NUUSBRIEF 2/2018 Liewe Oesterbaaivriende

More information

SELFGEMAAKTE DEEG VIR SAMOOSAS

SELFGEMAAKTE DEEG VIR SAMOOSAS SELFGEMAAKTE DEEG VIR SAMOOSAS (maak 3 4 ) ½ k koekmeel ½ k bruismeel ¼ k karringmelk ¼ k groente-olie ¼ t sout Meng al die bestanddele saam totdat dit n deeg vorm en knie 5 minute. Laat rus 15 minute.

More information

Travel Eating Out. Eating Out - At the Entrance. Eating Out - Ordering food

Travel Eating Out. Eating Out - At the Entrance. Eating Out - Ordering food - At the Entrance I would like to book a table for _[number of people]_ at _[time]_. Making a reservation A table for _[number of people]_, please. Asking for a table Do you accept credit cards? Asking

More information

Erika Murray-Theron. Stippellyn

Erika Murray-Theron. Stippellyn Erika Murray-Theron Stippellyn FA Stippellyn setting.indd 3 Eerste uitgawe in 2014 deur Tafelberg-Uitgewers, n druknaam van NB-Uitgewers n afdeling van Media24 Boeke (Edms.) Bpk. Heerengracht 40, Kaapstad

More information

Sjokolade-mousse-terrien

Sjokolade-mousse-terrien Sjokolade-mousse-terrien Maak die poeding die vorige dag sodat dit oornag in die yskas kan stol. maak 1 x 32 cm-terrien Koek: 280 g (500 ml) koekmeel 400 g (500 ml) suiker 80 g (200 ml) kakao 10 ml bakpoeier

More information

FINALE NAVORSINGSVERSLAG (2000/2001): WINETECH

FINALE NAVORSINGSVERSLAG (2000/2001): WINETECH ARC LNR ARC INFRUITEC-NIETVOORBIJ LNR INFRUITEC-NIETVOORBIJ INFRUITEC Private Bag / Privaatsak XS013, Stellenbosch 7599, South Africa / Suid- Afrika Tel: (021) 809 3100 Fax (021) 809 3400. (Int: +27 21)

More information

SCHOEMANSDAL: 'N VOORTREKKERGRENSDORP, JOCHEMUS JOHANNES DE WAAL DOCTOR LITTERARUM ET PHILOSOPHIAE GESKIEDENIS

SCHOEMANSDAL: 'N VOORTREKKERGRENSDORP, JOCHEMUS JOHANNES DE WAAL DOCTOR LITTERARUM ET PHILOSOPHIAE GESKIEDENIS SCHOEMANSDAL: 'N VOORTREKKERGRENSDORP, 1848-1868 Deur JOCHEMUS JOHANNES DE WAAL V oorgele luidens die vereistes vir die graad DOCTOR LITTERARUM ET PHILOSOPHIAE in die vak GESKIEDENIS aan die UNIVERSITEIT

More information

Sell your home this Spring with our qualified Estate Agents

Sell your home this Spring with our qualified Estate Agents Mooikloof UIT DIE PERD SE BEK I s s u e 1 0 2 0 1 7 T H E O F F I C I A L P U B L I C A T I O N O F T H E M O O I K L O O F O W N E R S A S S O C I A T I O N Health Contents Uit die Perd se Bek From the

More information

TAMELETJIES GIDEON SE TAMELETJIE

TAMELETJIES GIDEON SE TAMELETJIE TAMELETJIES TAMELETJIES 250g pine kernels/dennepitte 1 piece dried ginger root/1stul droe Gemmerwortel 12.5ml butter/botter 750ml sugar/suiker 375ml water 1. Rapidly boil together sugar, butter ginger

More information

Charolais. Waarom n. kalwers groei vinnig, dus laer mortaliteit. Charolaiskoeie beskik oor genoeg melk om van die swaarste kalwers te speen.

Charolais. Waarom n. kalwers groei vinnig, dus laer mortaliteit. Charolaiskoeie beskik oor genoeg melk om van die swaarste kalwers te speen. 21 22 23 Waarom n Charolais? ERFDWANG Die gewenste eienskappe is sedert die ontstaan van die Charolais, ongeveer 400 jaar gelede, voortdurend versterk en vasgeteelt. Dit het vandag die gevolg dat enige

More information

2016 VERITAS CLASSES / KLASSE

2016 VERITAS CLASSES / KLASSE 2016 VERITAS CLASSES / KLASSE A DRY WHITE WINE DROë WITWYN 1 Cultivar blend - Non-Muscat Kultivarversnit - Nie-muskaat Max RS 5g/l 2 Cultivar blend Non-muscat (wooded) Kultivarversnit - Nie-muskaat (met

More information

INMAAKVRUGTE PERSPEKTIEF 2 AD COLLINS TOEKENNING 3 VERBRUIKERSTUDIES OLIMPIADE 4 VRUGMONSTER NEMING VIR RESIDU ONTLEDING 4

INMAAKVRUGTE PERSPEKTIEF 2 AD COLLINS TOEKENNING 3 VERBRUIKERSTUDIES OLIMPIADE 4 VRUGMONSTER NEMING VIR RESIDU ONTLEDING 4 NR/NO. 220 SEPTEMBER 2015 INHOUDSOPGAWE CONTENT BLADSY / PAGE INMAAKVRUGTE PERSPEKTIEF 2 AD COLLINS TOEKENNING 3 VERBRUIKERSTUDIES OLIMPIADE 4 VRUGMONSTER NEMING VIR RESIDU ONTLEDING 4 ONDERSTAMME VIR

More information

Griddled bavette steak with shallot and red wine sauce

Griddled bavette steak with shallot and red wine sauce Griddled bavette steak with shallot and red wine sauce Ingredients 4 shallots, sliced in thin rings 4 tbsps olive oil 240ml red wine 240ml beef stock Salt and freshly ground black pepper 1 (680g) piece

More information

KEURINGSHANDLEIDING 1 INLEIDING INTRODUCTION 2 KEURDERS INSPECTORS 3 TIPES KEURING TYPES OF INSPECTION 4 ADMINISTRATIEWE VOORBEREIDING VIR KEURING

KEURINGSHANDLEIDING 1 INLEIDING INTRODUCTION 2 KEURDERS INSPECTORS 3 TIPES KEURING TYPES OF INSPECTION 4 ADMINISTRATIEWE VOORBEREIDING VIR KEURING INHOUD INDEX 1 INLEIDING INTRODUCTION 2 KEURDERS INSPECTORS 3 TIPES KEURING TYPES OF INSPECTION 4 ADMINISTRATIEWE VOORBEREIDING VIR KEURING ADMINISTRATIVE PREPARATION FOR INSPECTION 5 AANSOEK OM KEURING

More information

MEDIAVRYSTELLING (English below) 24 Maart 2018 Vir onmiddellike vrystelling. Woolworths se kaas maak geskiedenis met twee in n ry

MEDIAVRYSTELLING (English below) 24 Maart 2018 Vir onmiddellike vrystelling. Woolworths se kaas maak geskiedenis met twee in n ry MEDIAVRYSTELLING (English below) 24 Maart 2018 Vir onmiddellike vrystelling Woolworths se kaas maak geskiedenis met twee in n ry Parmalat se 10-maande Mature Gouda, wat uitsluitlik vir Woolworths vervaardig

More information

COCONUT WAFERS. Variation Omit the coconut and add choc chips/ cherries

COCONUT WAFERS. Variation Omit the coconut and add choc chips/ cherries COCONUT WAFERS 1¾ Cup flour 125 gram margarine or butter (soft) 1 Cup sugar 1 teaspoon vanilla 1 egg ¾ Cup coconut ½ teaspoon salt 1 ½ teaspoons baking powder Method Cream margarine and sugar until light

More information

Republiek van Suid Afrika Published online: 29 Oct 2010.

Republiek van Suid Afrika Published online: 29 Oct 2010. This article was downloaded by: [University of the Free State] On: 02 October 2014, At: 01:38 Publisher: Taylor & Francis Informa Ltd Registered in England and Wales Registered Number: 1072954 Registered

More information

Suurlemoengegeurde malvapoeding

Suurlemoengegeurde malvapoeding Suurlemoengegeurde malvapoeding Manda Kahts Badenhorst Die TUKKA Spens ivm Ozziekaners Remix Suurlemoengegeurde malvapoeding Genoeg vir 8 mense Bereidingstyd: 15 minute Gaarmaaktyd: 30-35 minute POEDING

More information

Reg. No. L3945 Act No. 36 of 1947 Reg. Nr. L3945 Wet Nr. 36 van 1947 INSECTICIDE GROUP CODE 1A INSEKDODER GROEP KODE

Reg. No. L3945 Act No. 36 of 1947 Reg. Nr. L3945 Wet Nr. 36 van 1947 INSECTICIDE GROUP CODE 1A INSEKDODER GROEP KODE VYDATE 100 GR Reg. No. L3945 Act No. 36 of 1947 Reg. Nr. L3945 Wet Nr. 36 van 1947 A granular remedy for the protection of potatoes, tobacco, tomatoes, bananas and sugarcane against plant parasitic nematode

More information

OORSIG: CANOLA IN SUID-AFRIKA

OORSIG: CANOLA IN SUID-AFRIKA OORSIG: CANOLA IN SUID-AFRIKA BUS / BOX 1564 RIVONIA 2128 E-POS / E-MAIL pns@proteinresearch.net WEB www.proteinresearch.net TEL. +27 (011) 803 2579 +27 (011) 803 1894 FAKS / FAX +27 (011) 803 2287 OORSIG:

More information

DASBERG BOERDERY BESIGHEIDSPLAN

DASBERG BOERDERY BESIGHEIDSPLAN DASBERG BOERDERY BESIGHEIDSPLAN Inleiding Geskiedenis en Agtergrond Besigheidstruktuur Bestuurstruktuur en Uiteensetting Strategiese vennote Profiel van Begunstigdes Menslike Hulpbronne Finansiele plan

More information

Goeie bestuur gee jou n voorsprong

Goeie bestuur gee jou n voorsprong April 2011 Graan SA tydskrif vir ontwikkelende produsente Goeie bestuur gee jou n voorsprong LEES BINNE: 5 > Sonneblom oes, hantering en stoor 9 > 12 > Die belangrikheid van oesskattings Beheer ongewenste

More information